RSG
RSG Kuns
Onderhoude met uitvoerende en beeldende kunstenaars oor die teater- en die kunswêreld.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Marion Holm is Marion Munroe 13.08.2024 14:22
Marion Holm gesels oor haar nuwe eenvrouvertoning, Marion Monroe, te sien by vanjaar se Aardklop.
Namibië se simfonieorkes 13.08.2024 7:58
Het jy geweet dat Namibië ook 'n nasionale simfonieorkes het? Gasdirigent Xavier Cloete vertel wat hulle eersdaags uitvoer.
Ilne Fourie is Verkleurvroutjie 13.08.2024 12:36
Verkleurvroutjie is Ilne Fourie se eenvrouvertoning, wat debuteer by Aardklop. Sy vertel waaroor dit gaan, en hoe die gehoor bepaal wat gebeur.
Johannesburg Filharmonies se vroeëlenteseisoen 06.08.2024 9:32
Die Johannesburg Filharmoniese Orkes bied in Augustus hulle vroeëlenteseisoen aan. Terrance April hoor by Magdalena de Vries wat alles op die program is.
Twee van Joburg Ballet se dansers teer af 06.08.2024 17:25
Dans is ‘n kunsvorm waar die kunstenaars ‘n rakleeftyd het. Twee van Joburg Ballet se dansers, Nicole Ferreira-Dill en Shannon Glover, het onlangs vir die laaste keer op die verhoog gedans. Hulle vertel vir Sue Pyler-Slabbert van hulle aftrede, loopbaanhoogtepunte en die pad vorentoe.
Wat kan ons verwag by Woordfees 2024? 06.08.2024 21:34
Saartjie Botha vertel van die hoogtepunte by vanjaar se Woordfees, wat plaasvind van 28 September tot 6 Oktober in Stellenbosch.
Plettenberg Landkuns-fees 30.07.2024 12:22
Kunstenaar Janet Botes vertel van die Plettenberg Landkuns-fees. Sy verduidelik wat landkuns is, en hoe kunstenaars en die natuur saam skep.
Ben Schoeman en Johannesburg Filharmonies 30.07.2024 15:35
Terrance April gesels met pianis Ben Schoeman na afloop van ‘n repetisie saam met die Johannesburg Filharmoniese Orkes.
Huldeblyk aan Jan Groenewald 30.07.2024 11:57
Die dramaturg, akteur en regisseur, Jan Groenewald, is op 20 Julie 2024 oorlede. Sy lewensmaat, Pieter de Vos, bring hulde aan hom.
Johann Slabbert terug as dramaturg 30.07.2024 10:52
Johann Slabbert was vir baie jare in die bedryf. Hy verlaat toe die bedryf vir ‘n korporatiewe werk, maar keer na tien jaar terug as dramaturg. Hy is die skrywer van Routrip en Vier Panados en ‘n Chardonnay waarin Elzabé Zietsman te sien is.
Vlooi en die Olimpiese vlam by Kunstekaap 23.07.2024 11:40
Vlooi en die Olimpiese vlam is te sien by Kunstekaap. Akteur Eldon van der Merwe vertel waaroor dit gaan. Christelle Webb-Joubert gesels ook met hom oor sy loopbaan as akteur.
Richard Cock oor Klein Karoo Klassique Galakonsert 23.07.2024 6:49
Terrance April gesels met dirigent Richard Cock oor die galakonsert by vanjaar se Klein Karoo Klassique.
Nuwe kamermusiekfees op Prins Albert 23.07.2024 8:08
Pianis Elna van der Merwe vertel van ‘n nuwe kamermusiekfees, Swartberg Musiek Salon, wat van 2 tot 4 Augustus op Prins Albert aangebied word.
Ver in die wêreld Kittie weer op die planke 23.07.2024 8:38
David Kramer se musiekspel, Ver in die wêreld Kittie, is weer te sien in die Kaap. David vertel waaroor dit gaan, en van die nuwe teater, Die Blik, waar dit te sien sal wees.
Koorprojek in Bloemfontein 23.07.2024 5:28
Dirigent Werner Stander is die organiseerder van ‘n projekkoor, waar die publiek genooi word om deel te word van die koor wat in November in Bloemfontein sal optree.
Charl du Plessis oor Klein Karoo Klassique 2024 23.07.2024 12:06
Die 15de Klein Karoo Klassique vind van 9 tot 11 Augustus in Oudtshoorn plaas. Die pianis en vanjaar ook die gasheer, Charl du Plessis, vertel van vanjaar se program.
Conrad van Alphen dirigeer in SA 16.07.2024 10:03
Die Nederlandse dirigent, Conrad van Alphen, wat 'n groot deel van sy kindertyd in Suid-Afrika deurgebring het, het onlangs weer voor een van ons plaaslike orkeste opgetree. Terrance April het met hom gesels.
Kalfiefees 2024 16.07.2024 9:09
Dis die 24ste en langste Kalfiefees nog! Die programbestuurder, Lisa Spaarwater, vertel van vanjaar se fees wat van 1 tot 11 Augustus in Hermanus plaasvind.
Dirkje Daling hoor kleure 16.07.2024 11:55
Die kunstenaar en komponis, Dirkje Daling, vertel van haar neurologiese toestand, chromostesia, ook bekend as “colour hearing”.
The five elements of nature 16.07.2024 12:54
Christelle Webb-Joubert maak ‘n draai by die Kunsvereniging van Pretoria om meer uit te vind van die keramiekuitstalling, The five elements of nature.
Legacy-galery by Muratie 09.07.2024 17:29
Christelle Webb-Joubert gesels met Heidi Erdmann, wat na jare weer ‘n galery open. Sy vertel van die Legacy-galery op die Muratie wynlandgoed.
Van Wyk: Die Storieverteller van Riverlea 09.07.2024 6:28
Die skrywer en akteur, Zane Meas, laat die produksie, Van Wyk: Die Storieverteller van Riverlea, herleef by die Roodepoort Teater in die weste van Johannesburg. Sue Pyler-Slabbert het hom ontmoet om uit te vind wat hierdie keer anders is aan die produksie.
Kaapstad Internasionale Balletkompetisie 2024 09.07.2024 12:52
Die Kaapstad Internasionale Balletkompetisie lok jaarliks groot belangstelling, met dansers wat van oral af kom om deel te neem. Terrance April gesels met Dirk Badenhorst, organiseerder van die kompetisie.
Opwip-galery in Bloemfontein 09.07.2024 7:05
Kunstenaar Mariaan Kotze vertel van die opwip-galery in Bloemfontein, en watter uitstallings in Julie plaasvind.
Annemie Odendaal se nuwe ateljee en galery 02.07.2024 10:08
Christelle Webb-Joubert maak 'n draai die kunstenaar, Annemie Odendaal, se nuwe ateljee en galery. Sy vertel hoe sy ‘n kunstenaar geword het.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.