RSG

RSG Kuns

Arts AF ↓ 2902 episodes

Onderhoude met uitvoerende en beeldende kunstenaars oor die teater- en die kunswêreld.

Author

RSG

Category

Arts

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 7, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Ateljeebesoeke by Woordfees 24.09.2024

Ronel Schoombee vertel wat die ateljeebesoeke, as deel van die Woordfees, behels.

Paul Lũckhoff 1953 - 2024 24.09.2024

Die akteur Paul Lũckhoff is op 17 September 2024 oorlede. Henry Mylne en Germandt Geldenhuys bring hulde aan hom.

8 Cellos in Concert 24.09.2024

Willem Vogel vertel van 8 Cellos in Concert, wat te sien is by vanjaar se Woordfees.

Nasionale Mannekoorfees in George 17.09.2024

Paul Hoffman vertel vir Christelle Webb-Joubert van die 9de Nasionale Mannekoorfees wat vanjaar in George plaasvind. 

SALT deur Cape Ballet Africa 17.09.2024

SALT is Cape Ballet Africa se nuwe produksie. Dit bestaan uit nuwe werk deur Suid-Afrikaanse choreograwe. Die danser, Mia Coomber, vertel van die produksie.

Illness became her 17.09.2024

Dr. Nathani Lüneburg is 15 jaar gelede gediagnoseer met bipolêr tipe 2. Die afgelope twee jaar kry sy ook epileptiese aanvalle. Met haar uitstalling, Illness became her, maak sy haar toestand bekend, en hoop sy om bewustheid te skep deur middel van haar kuns.

My name is Lucy Barton 17.09.2024

Terrance April gesels met die regisseur Charmaine Weir-Smith oor die toneelstuk, My name is Lucy Barton.

Oos-Kaap Filharmoniese Orkes 10.09.2024

Terrance April gesels met die artistieke direkteur en violis, David Bester, oor die Oos-Kaap Filharmoniese Orkes. Hulle gesels ook oor ‘n opkomende simfoniekonsert wat in September plaasvind.

'N BEGIN by Woordfees 10.09.2024

‘n Begin, is ‘n vertaling van David Eldridge se teks, Beginning. Die akteurspaar, Carel Nel en Cintaine Schutte, is te sien in dié produksie by vanjaar se Woordfees in Stellenbosch.

Sasol Nuwe Handtekeninge 2024 10.09.2024

Die Sasol Nuwe Handtekeninge-kompetisie se wenners vir 2024 is onlangs aangekondig. Christelle Webb-Joubert gesels met die wenner en een van die beoordelaars.

Autoplay in Kaapstad op die planke 03.09.2024

Louise Coetzer, medestigter en choreograaf van Darkroom Contemporary Dance Theatre, vertel van Autoplay, wat te sien is van 10 tot 28 September in Kaapstad.

Speelgoed van glas by Woordfees 03.09.2024

Speelgoed van glas, is ‘n vertaling en verwerking van Tennessee Williams se baie bekende, The glass menagerie. Die regisseur, Nico Scheepers vertel wat gehore kan verwag by vanjaar se Woordfees in Stellenbosch.

Laaitie mettie biscuit by Aardklop 03.09.2024

Christo Davids se toneelstuk, Laaitie mettie biscuit, debuteer by vanjaar se Aardklop Kunstefees. Terrance April gesels met hom.

Oppiwater 2025-feesprogram 03.09.2024

Oppiwater Kunstefees 2025 se feesprogram is bekendgestel. Die feesdirekteur, Frans Swart, vertel waarna gehore kan uitsien.

Hoe mooi val die lig deur Riana Scheepers 27.08.2024

Hoe mooi val die lig is ‘n teks deur Riana Scheepers. Dit vertel die verhaal van die liefdesverhouding tussen die Franse skrywer, George Sand, en die Poolse komponis, Chopin.

-loos by Aardklop 27.08.2024

Laurinda Hofmeyr vertel van -loos, ‘n produksie by Aardklop. Sy het van die gedigte getoonset.

Rust-en-Vrede se uitstallings 27.08.2024

Die kurator van die Rust-en-Vrede Galery, Hamlin Jansen van Vuuren, vertel van al die uitstallings wat daar te sien is.

Visuele kuns by Aardklop 2024 27.08.2024

Aardklop se kunskurator, MC Roodt, vertel watter uitstallings en werkswinkels alles by die fees aangebied word.

Stinkhout deur Philip Rademeyer 27.08.2024

Philip Rademeyer is die skrywer, regisseur en stelontwerper van Stinkhout, wat debuteer by vanjaar se Aardklop Kunstefees, en daarna te sien is by die Woordfees.

Hugo Lambrechts Musiekskool se jaarlikse Concertofees 20.08.2024

Die Hugo Lambrechts Musiekskool in Parow bied hulle jaarlikse Concertofees aan, waar 14 jong musikante die geleentheid kry om saam met ‘n orkes op te tree. Die hoof, dr. Arisa Voges, vertel wat gehore vanjaar kan verwag.

Die Van Vuurens Vat Vlam 20.08.2024

Aktrise Lizz Meiring vertel van die stuk wat sy geskryf het, Die Van Vuurens Vat Vlam. Dis te sien by vanjaar se Aardklop Kunstefees in Potchefstroom.

Hessequa Harmonie 2024 20.08.2024

Dis weer tyd vir die jaarlikse Hessequa Harmonie op Heidelberg in die Wes-Kaap. Die feesbestuurder, Niël Rademan, gesels oor vanjaar se hoogtepunte.

Amalia Uys in Wolf, Wolf Hoe Laat Is Dit? 20.08.2024

Die aktrise, Amalia Uys, is te sien in die produksie, Wolf, Wolf Hoe Laat Is Dit? Sy vertel waaroor dit gaan.

Theatrix Singers se Much Ado About Swing 13.08.2024

Rika Vermeulen van Theatrix Singers vertel van hulle volgende produksie, Much Ado About Swing.

1789 by Joburg Theatre op die planke  13.08.2024

Die stel-, kostuum- en beligtingsontwerper, Wilhelm Disbergen, vertel vir Terrance April van die toneelstuk, 1789, te sien by Joburg Theatre. 

Listen to the RSG Kuns podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.