RSG
RSG Kuns
Onderhoude met uitvoerende en beeldende kunstenaars oor die teater- en die kunswêreld.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Lena Hugo oop ateljee 12.11.2024 27:24
Kunstenaar Lena Hugo bied weer ‘n oop ateljee aan. Christelle Webb-Joubert kuier by haar om uit te vind waarna besoekers kan uitsien.
How to date like a F@#$&*! Grownup 05.11.2024 7:50
Wessel Odendaal van VR Theatrical vertel van die nuwe musiekspel, How to date like a F@#$&*! Grownup.
Beauty and the Beast-pantomime in Johannesburg 05.11.2024 9:39
Dit is weer tyd vir die pantomieme by die Joburg Theatre. Vanjaar is dit BEAUTY AND THE BEAST wat deur Janine Honeymon aangebied word. Terrance April gesels met twee van die akteurs, Jock Kleynhans en Dylan du Plessis.
Huldeblyke aan drie grotes 05.11.2024 21:41
Ons neem afskeid en bring hulde aan Christo Compion, prof. Hans du Plessis en Danie Odendaal.
Elwin Buchel - Back Then 05.11.2024 12:47
Elwin Buchel is al langer as 50 jaar ‘n geneesheer, maar kuns bly sy passie. Hy vertel van sy uitstalling, Back Then, by die Kunsvereniging van Pretoria.
Marinda du Toit se ateljee 29.10.2024 9:27
Christelle Webb-Joubert se laaste ateljeebesoek tydens vanjaar se Woordfees in Stellenbosch was by die kunstenaar Marinda du Toit.
Fanie Marais se kuns 29.10.2024 18:13
Fanie Marais het op 50-jarige ouderdom, ná sy beroep as predikant, besluit om die verfkwas op te tel. Hy gesels oor kuns as terapie en sy solo-uitstalling in Bellville.
Splash and Leap by Staatsteater 29.10.2024 10:46
Choreograaf en regisseur Janelle Claassen vertel van haar dansproduksie, Splash and Leap, wat te sien is by die Staatsteater in Pretoria.
Pretoria Simfonieorkes se dirigent speel Franse horing in konsert 29.10.2024 10:54
Benewens die groot stadsorkeste, is daar ook 'n hele aantal baie bedrywige amateur of ad hoc orkeste wat gereeld musiek aan gehore bekendstel . Een van dié orkeste is die Pretoria Simfonieorkes. Terrance April gesels met die dirigent, Jaco van Staden. Hy tree op as solis in hulle volgende konsert, waarin hy die Franse horing speel.
Die Afrikaner Maak Só 22.10.2024 8:22
Jannes Erasmus, medeskrywer, regisseur en akteur gesels oor die musiekspel, Die Afrikaner Maak Só.
Strijdom van der Merwe se ateljee 22.10.2024 39:56
Landskapkunstenaar Strijdom van der Merwe se ateljee is die natuur. As deel van sy ateljeebesoek by vanjaar se Woordfees het hy deur middel van foto’s oor sy werk gesels.
Ingrid Winterbach se ateljee 15.10.2024 18:41
By die Woordfees kon feesgangers die ateljees van kunstenaars besoek. Luister na ‘n opname deur Christelle Webb-Joubert tydens haar besoek aan Ingrid Winterbach.
Johanna Roos en Roelof Temmingh in konsert 15.10.2024 5:49
Violis Johanna Roos vertel van die konsert waarin sy en pianis Roelof Temmingh te sien is.
Watter instrumente is deel van die vryriet-groep? 15.10.2024 13:17
Weet jy watter instrumente deel is van die vryriet-groep? Leon Oosthuizen, president van die Suid-Afrikaanse Vryriet Assosiasie vertel meer. Hy vertel ook van ‘n Duitse akkordeonorkes wat Suid-Afrika besoek.
The Drama Factory 15.10.2024 8:44
Sue Diepeveen is die stigter en eienaar van The Drama Factory. Sy vertel vir Christelle Webb-Joubert hoe die teater begin is in 2017.
Joshwin Dyson in Laaitie mettie biscuits by die Mark 08.10.2024 7:39
Sue Pyler-Slabbert gesels met die akteur Joshwin Dyson oor sy rol in die toneelstuk, Laaitie mettie biscuits, wat te sien by die Markteater in Johannesburg. Hy vertolk die rol van ‘n gestremde seun.
Andries Gouws se ateljee 08.10.2024 21:19
Tydens ‘n ateljeebesoek by vanjaar se Woordfees in Stellenbosch, het Christelle Webb-Joubert, Andries Gouws se ateljee besoek. Jy kan saam met haar en ander besoekers deur die ateljee stap.
Kamermusiekkonsert vir twee klarinette en klavier 08.10.2024 7:26
Terrance April gesels met Lizet Smith oor ‘n kamermusiekkonsert vir twee klarinette en klavier.
TUKS Camerata gaan VSA toe 08.10.2024 11:41
TUKS Camerata het onlangs baie goeie nuus ontvang, en is volgende jaar op pad Amerika toe. Die dirigent Michael Barrett deel die goeie nuus.
Joburg Ballet doen Charlie and the Chocolate Factory 01.10.2024 9:55
Die boek, Charlie and the Chocolate Factory, is verwerk as ballet, en word vir die eerste keer opgevoer deur Joburg Ballet. Terrance April gesels met die bestuurshoof, Elroy Fillies-Bell, choreograaf Mario Gaglione en assistentregisseur Nicole Ferrreira-Dill.
Johannesburg Simfoniekoor in die Linder 01.10.2024 5:21
Die Simfoniekoor van Johannesburg tree op 3 Oktober in die Linder Ouditorium op, waartydens hulle twee groot werke vir koor, soliste en orkes sal uitvoer. Terrance April gesels met die koorleier en dirigent, Richard Cock.
Hedda Gabler by Woordfees 01.10.2024 11:17
Hendrik Ibsen se Hedda Gabler is te sien by vanjaar se Woordfees in Stellenbosch. Terrance April gesels met die regisseur Christiaan Olwagen.
Michele Nigrini se nuwe galery 01.10.2024 10:41
Kunstenaar Michele Nigrini het na die Kaap verhuis, en gesels oor haar nuwe galery in Stanford. Sy vertel ook van die produksie, Eendagsvlieg en ander vlietende gedagtes, en hoe sy daarby betrokke is.
Die stand van die Teaterbystandfonds 01.10.2024 13:00
Christelle Webb-Joubert gesels met Lizz Meiring oor die Teaterbystandfonds om te hoor hoe dit deesdae met die fonds gaan.
Grootste uitstalling by Woordfees 24.09.2024 7:19
Die uitstalling in Stellenbosch se Stadsaal is die grootste uitstalling by vanjaar se Woordfees. Teresa Lizamore vertel meer.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.