RSG

RSG Kuns

Arts AF ↓ 2902 episodes

Onderhoude met uitvoerende en beeldende kunstenaars oor die teater- en die kunswêreld.

Author

RSG

Category

Arts

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 7, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Esther Nasser oor haar loopbaan 26.12.2023

Esther Nasser het vanjaar afgetree by Joburg Ballet. Terrance April gesels met haar oor haar loopbaan, en passie vir dans.

Uit die argief - Stefans Grove oor sy loopbaan as komponis 26.12.2023

Uit die argief - Die komponis Stefans Grovè het in 1992, 70 geword. Joubero Malherbe gesels met hom in die program Musiekposbus, oor sy lewe en loopbaan. Sy speel ook van sy komposisies voor.

Huldeblyk - Thys Odendaal 26.12.2023

Die kunsjoernalis en -resensent, Thys Odendaal is op 14 Desember oorlede. Kobus Burger, RSG se programbestuurder bring hulde aan Thys, wat ‘n groot mentor vir hom was.

Oppiwater 2024 19.12.2023

Frans Swart, feesdirekteur van die Oppiwater kunstefees vertel vir Christelle Webb-Joubert van die meer as 30 produksies te sien by 2024 se fees.

Uit die argief - Phyllis Spira 19.12.2023

Uit die argief kan jy luister na twee onderhoude met die ballerina Phyllis Spira. Sy gesels oor haar loopbaan en daar word met haar gesels op die aand waarop sy vir die laaste keer gedans het. Hullary Reynolds van die SAUK se Engelse diens is die onderhoudvoerder.

Suzette Lombard oor die SAUK se harpe 19.12.2023

Die SAUK beskik oor ‘n versameling harpe. Terrance April gaan loer in by Suzette Lombard van die Musiekbiblioteek.

A Marry Little Christmas deur Greg Homan 12.12.2023

A Marry Little Christmas deur Greg Homan is ‘n lekker-lag klug. Ilse Klink en Kim Cloete vertel wat gehore kan verwag.

Cape Town Art Fair 2024 12.12.2023

Mia Louw gee ‘n voorsmaak van wat verwag kan word by 2024 se Cape Town Art Fair. Lizelle de Bruin gesels met haar.

Kaapstad Stadsballet bied A Christmas Carol aan 12.12.2023

Kaapstad Stadsballet bied die gewilde kersverhaal, A Christmas Carol aan. Terrance April gesels met Robyn Taylor, die uitvoerende bestuurder. 

Jonathan Roxmouth vertel van Swingle Bells 12.12.2023

Jonathan Roxmouth vertel vir Christelle Webb-Joubert van die produksie, Swingle Bells.

Petru Wessels op 81 05.12.2023

Die aktrise Petru Wessels het op 26 November haar 81ste verjaarsdag gevier. Sy gesels oor waar sy groot geword het, haar loopbaan, ma-wees en huwelik met die akteur Carel Trichardt.

Prosenium Drama Kompetisie 28.11.2023

Die Proscenium drama kompetisie is ‘n nuwe kompetisie vir Hoërskool leerders. Karen Meiring vertel meer.

Richard Cock se Kerskonserte 28.11.2023

Richard Cock vertel vir Christelle Webb-Joubert van die opkomende kerskonserte waarby hy betrokke is.

Brushstrokesin Symphony 28.11.2023

Koos Bronkhorst, Anton Gericke en Deon Theron skilder nie net voltyds nie, maar is ook musikant in eie reg. Christelle Webb-Joubert gesels met hulle oor hul uitstalling, Brushstrokes in Symphony.

Joburg Ballet oor opkomende produksie van Die Neutekraker 28.11.2023

Terrance April besoek Joburg Ballet en vind meer uit oor hulle opkomende produksie van Die Neutekraker. Hy gesels met die regisseur en choreograaf Angela Malan, en een van die dansers Alice le Roux.

Produksie bring hulde aan Maria Callas 21.11.2023

Maria Callas sou vanjaar ‘n 100 geword het. Daar word hulde aan haar gebring met die produksie 1, 2, 3 Avanti! Cantaremos!

Gerhard van Rooyen se studies en produksies 21.11.2023

Gerhard van Rooyen vertel van sy studies wat hy verlede jaar voltooi het by LAMTA. Hy gesels ook oor die twee produksies waarin hy eersdaags te sien is.

Gideon Lombard oor Karatara 21.11.2023

Terrance April gesels met Gideon Lombard oor die veelbekroonde dansdrama, Karatara.

Annelise Vorster-Meyer se huisgalery 21.11.2023

Kunstenaar Annelise Vorster-Meyer vertel van hulle huis op Loxton, waar sy ook haar galery bedryf. Sy vertel dat sy steeds skilder, in weerwil van swak sig.

Palissander Kamerkoor - Kaleidoscope, everchanging journey 14.11.2023

Uit hoeveel lede bestaan ‘n kamerkoor? Dirigent Saritha Hauptfleisch van die Palissander Kamerkoor beantwoord die vraag. Sy vertel ook van hulle reis na Portugal, en hoe dit hulle huidige konsert geïnspireer het.

Peter Pan-pantomime in Johannesburg 14.11.2023

Terrance April was by die jaarlikse pantomime by die Joburg Theatre, en het met twee van die akteurs, David Johnson en Inge Breytenbach, gesels.

Sense of Place - Hanneke Benade 14.11.2023

Kunstenaar Hanneke Benade gesels oor haar uitstalling, Sense of Place. Vir die eerste keer plaas sy haar figure binne ‘n landskap.

Caleb Swanepoel in A midsummer night’s dream 07.11.2023

Caleb Swanepoel het in 2015 sy een been verloor in ‘n haaiaanval. Hy is tans te sien in Shakespeare se A midsummer night’s dream. Hy vertolk die rol van Puck, en hy doen dit sonder sy prostese of krukke.

Willie van Rensburg - Ceramics 07.11.2023

Kunstenaar Willie van Rensburg vertel van sy uitstalling, Ceramics.

Rocco de Villiers en James Grace in Nights in November 07.11.2023

Pianis Rocco de Villiers en kitaarspeler James Grace verskil soos dag en nag. Rocco vertel hoe hulle saam op die verhoog beland het.

Listen to the RSG Kuns podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.