RSG

RSG Kuns

Arts AF ↓ 2902 episodes

Onderhoude met uitvoerende en beeldende kunstenaars oor die teater- en die kunswêreld.

Author

RSG

Category

Arts

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 7, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Llandi Beeslaar in Tomboy 11.02.2025

Aktrise Llandi Beeslaar gesels oor haar vorige rolle, en haar eenvrouvertoning, Tomboy.

Charlie Bougenon in Dear Evan Hansen 11.02.2025

Sue Pyler-Slabbert het een van die musiekspel, Dear Evan Hansen, se repetisies bygewoon. Sy gesels met die akteur Charlie Bougenon.

Nataniël se verhoogbestuurder 04.02.2025

Christelle Webb-Joubert kuier agter die verhoog saam met Nataniël se verhoogbestuurder, Mariska Meyer.

DEAR EVAN HANSEN se uitdagings 04.02.2025

DEAR EVAN HANSEN is 'n aangrypende musiekspel, wat sterk gemik is op die jeug en hulle uitdagings. Dit spog met talle Tony-toekennings, en word wêreldwyd gesien as 'n werk wat groot uitdagings aan regisseurs en spelers bied. Terrance April het met die musiekregisseur, Charl-Johan Lingenfelder, gesels.

Franschoek Kamermusiekfees 2025 04.02.2025

Die jaarlikse Franschoek Kamermusiekfees vind van 13 tot 16 Februarie in die NG Kerk op die dorp plaas. Terrance April gesels met Peter Martens, een van die musikante wat daar gaan optree.

Die ontstellende THE PILLOWMAN 04.02.2025

The Pillowman is ‘n ontstellende internasionale toneelstuk, wat handel oor die fyn lyn tussen realiteit en fiksie. Die assistantregisseur, Gugu Madlabane, en akteur Wentzel Lombard vertel meer.

Musical Chairs by Theatre on the Square 28.01.2025

Terrance April gesels met Megan Carelse oor die dansproduksie, Musical Chairs, by Theatre on the Square in Johannesburg.

Maynardville Opelugfees 2025 28.01.2025

Shakespeare se The Tempest word vanjaar opgevoer by die Maynardville Opelugfees in Wynberg. Jaco van Rensburg, uitvoerende vervaardiger van VR Theatrical, vertel van dié produksie en die res van die fees.

Ndlovu Jeugkoor se Ralf Schmit gesels 28.01.2025

Sue Pyler-Slabbert praat met Ralf Schmit, koorleier van die Ndlovu Jeugkoor.

The Jungle Book in Johannesburg 28.01.2025

The Jungle Book is verwerk, en spog met splinternuwe musiek. Die musiekregisseur, Wessel Odendaal, gesels oor die produksie wat te sien is by die Pieter Toerien Teater in Johannesburg.

Kaapstad Opera se 2025-program 28.01.2025

Magdalene Minnaar, artistieke direkteur van Kaapstad Opera, gesels oor hulle program vir 2025.

Johannesburg Internasionale Mozart Musiekfees 21.01.2025

Een van die hoogtepunte op die musiekkalender in Johannesburg is die jaarlikse Internasionale Mozart Musiekfees. Terrance April gesels met Richard Cock, feesdirekteur, oor die verskillende konserte asook die kunstenaars wat sal optree.

KKNK 2025-programbekendstelling 21.01.2025

Die KKNK se program vir 2025 is bekendgestel. Hugo Theart, uitvoerende artistieke direkteur, vertel waarna gehore kan uitsien.

Megan-Geoffrey Prins se musiekpad 21.01.2025

Een van ons voorste jong pianiste, Megan-Geoffrey Prins, vertel van die pad wat hy geloop het as jong musiekstudent tot vandag waar hy in verskeie groot orkeste as solis optree.

Botha Enslin se 35 Sandveld-karakters 21.01.2025

Die akteur Botha Enslin vertolk meer as 35 karakters in die produksie, Die pomporrelkonsert. Dit gaan oor stories vanuit die Sandveld.

Michelle Botes: 1962 - 2024 14.01.2025

Aktrise Michelle Botes is op die 21 Desember 2024 oorlede. Christelle Webb-Joubert het nooit die voorreg gehad om ‘n onderhoud met haar te voer nie, en Karen du Toit kon ook geen Afrikaanse onderhoude in die klankargief opspoor nie. Sy het wel die huldeblyk opgespoor wat op SAfm uitgesaai is in die program, The-let-set-breakfast.

Die Kuns van die Afrikaanse Kunslied 14.01.2025

Afrikaans 100, in samwerking met die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, bied die produksie, DIE KUNS VAN DIE AFRIKAANSE KUNSLIED, aan by die Oppiwater Kunstefees. Christelle Webb-Joubert gesels met Giep van Zyl, Nasionale Koordineerder van Afrikaans 100, en met Linette van der Merwe, samesteller van die program.

Kaapstad Filharmonies-konserte in Januarie en Februarie 14.01.2025

Christelle Webb-Joubert gesels met  Louis Heyneman, bestuurshoof en artistieke bestuurder van die Kaapstad Filharmoniese Orkes, oor hulle konserte aan die begin van 2025.

Oppiwater Galakonsert 14.01.2025

RSG sal vir die eerste keer 'n galakonsert aangebied tydens die Oppiwater Kunstefees. Christelle Webb-Joubert gesels met die regisseur van die produksie, Frans Swart, en die musiekregisseur, Chanie Jonker.

UJ se nuwe koorleier 07.01.2025

'n Jong koorleier het vroeg verlede jaar die leisels by Renette Bouwer oorgeneem as hoof van die Universiteit van Johannesburg se koor. Terrance April gesels met Sizwe Mondlane oor dié grootse taak, en wat sy toekomsplanne vir die koor is.

Uit die argief: Arnold van Wyk 07.01.2025

In 'n argiefonderhoud uit 1972, gesels Johan Stemmet met Arnold van Wyk oor sy skeppingswerk as komponis.

Bekendes se wense vir die nuwe jaar 07.01.2025

Bekendes en belangrike rolspelers in die bedryf spreek hullle wense uit vir 2025.

Kernfisikus Paul Vaandrager se musiek 07.01.2025

Paul Vaandrager is ‘n deeltydse musikant. Hy gesels oor sy instrument, en die rol wat hy vertolk by die Pretoria Simfonieorkes.

Rita Volschenk se Kunstegrot 31.12.2024

Christelle Webb-Joubert kuier by Rita Volschenk van Thabazimbi. Sy het jare gelede die Kunstegrot begin, en is grootliks daarvoor verantwoordelik om die kunste in haar dorp lewend te hou.

Dewald Basson se kuns 31.12.2024

Kunstenaar Dewald Basson vertel hoe sy kunsloopbaan begin het, en hoe sy werk verskil van ander. Hy vertel ook van die medium waarmee hy werk – wit houtskool.

Listen to the RSG Kuns podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.