RSG
RSG Kuns
Onderhoude met uitvoerende en beeldende kunstenaars oor die teater- en die kunswêreld.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Plekspesifieke teater by KKNK 2025 01.04.2025 9:11
Daar is weer ‘n plekspesifieke toneelstuk by vanjaar se KKNK. Skrywer en aktrise Stephanie Hough vertel vir Terrance April van die stuk, Wag!
KKNK 2025 visuele uitstallings 01.04.2025 13:11
Liza Grobler, die KKNK 2025 se kurator vir visuele kuns, oor vanjaar se uitstallings onder die tema, Diepe Grond.
Wessel Pretorius by die KKNK 2025 25.03.2025 15:21
Die akteur, skrywer en regisseur, Wessel Pretorius, is by vier produksies by die KKNK betrokke. Hy vertel van Die een wat bly, Kuns en Ont- en Smieg.
Henry Mylne bring hulde aan Annie Basson 25.03.2025 19:51
Die aktrise, regisseur en vervaardiger, Annie Basson, sterf op Sondag 16 Maart 2025. Regisseur Henry Mylne bring hulde aan haar.
Joburg Ballet se Dreamscapes op die planke 25.03.2025 12:34
Joburg Ballet debuteer op 28 Maart 2025 met 'n aantal kort werke onder die titel, DREAMSCAPES. Terrance April het met Dane Hurst, bekroonde danser en choreograaf, en Alice le Roux, 'n danser van die geselskap, oor die produksie gesels.
Crystal-Donna Roberts sterf 18.03.2025 12:28
Bekendes in die bedryf bring hulde aan die aktrise en skrywer, Crystal-Donna Roberts, wat op 6 Maart 2025 oorlede is.
JFO pak Beethoven se Triple Concerto 18.03.2025 7:41
Beethoven se Triple Concerto is een van die werke wat 'n tjellis graag sal wil uitvoer. Terrance April gesels met Anmari van der Westhuizen oor 'n uitvoering van dié werk as deel van die JFO se konsert op 20 Maart 2025.
Athol Fugard sterf - Deel 2 18.03.2025 35:03
As huldeblyk kan jy luister na ‘n dokumentêr uit 2008, saamgestel deur Margot Luyt.
Athol Fugard sterf - Deel 1 18.03.2025 22:55
Die gevierde dramaturg, Athol Fugard, sterf op 8 Maart 2025.
KKNK-feeskunstenaar Henk Serfontein 11.03.2025 17:04
KKNK-feeskunstenaar Henk Serfontein vertel van die drie uitstallings waarby hy betrokke is.
Amanda terug by KKNK met Tinkerbell van Tonder 11.03.2025 10:29
The Incredible Journey of Tinkerbell van Tonder is deur Amanda Strydom geskryf vir die heel eerste KKNK jare gelede. Amanda keer vanjaar terug na die fees met hierdie vertoning.
Houtblaasfees in Kaapstad 11.03.2025 6:51
Kaapstad kry sy eerste houtblaasfees, bestaande uit ‘n kompetisie, meestersklasse en konserte.
Moedswil en Muitery by KKNK 11.03.2025 10:58
Terrance April praat met Tinarie van Wyk-Loots oor die komedie, Moedswil en Muitery, wat te sien is by die KKNK. Die stuk is geskryf deur Ingrid Winterbach.
Ja vir die lewe! 04.03.2025 14:33
Dirigent Johann van der Sandt gesels oor die koorprojek, Ja vir die lewe!
Music Along the Silk Route 04.03.2025 7:23
Terrance April het onlangs 'n konsert bygewoon waar die tjellis, Bertine van Schoor, en die pianis, Megan-Geoffrey Prins, die gehoor getrakteer het op musiek uit die Ooste. Dit is 'n uitsonderlike program van minder bekende werk, wat 'n visuale prentjie skets oor 'n roete langs die antieke Syroete. Die titel is MUSIC ALONG THE SILK ROUTE.
Petru Wessels in Die vrou met 27 kinders by KKNK 04.03.2025 17:56
Petru Wessels is vanjaar te sien by die KKNK in die vertaalde toneelstuk, Die vrou met 27 kinders, wat sy laas in 1996 by die fees gedoen het.
Liewe Heksie en die Wals by KKNK 25.02.2025 9:36
Daar is ‘n nuwe Liewe Heksie-produksie te sien by die KKNK. Margit Meyer-Rödenbeck gesels oor, Liewe Heksie en die Wals.
William Berger, bariton 25.02.2025 11:58
Bariton William Berger gesels oor sy naam, sy studies en sy loopbaan oorsee. Hy vertel ook van die SHORTS-fees wat aangebied word deur Kaapstad Opera.
John Theodore deur KKNK vereer 25.02.2025 25:21
John Theodore is 'n boorling van Oudsthoorn. Dis ook waar hy sy eerste klavierlesse gekry het. Ná sy skool- en universiteitsopleiding, het sy loopbaan vlamgevat, wat verskeie pryse en optredes insluit. Hy is een van vier kunstenaars wat vanjaar deur die KKNK vereer word vir hulle bydrae tot die kunste, en in John se geval, vir sy bydrae tot musiek. Terrance April het 'n eksklusiewe onderhoud vir R...
Paul Slabolepszy se BITTER WINTER in Johannesburg 18.02.2025 9:27
Paul Slabolepszy se nuwe toneelstuk, BITTER WINTER, word binnekort by die Studio by die Pieter Toerien Teater in Johannesburg opgevoer. Terrance April het tydens 'n repetisie vinnig gaan inloer, en met André Odendaal oor die werk gesels.
Alan Committie se COMEDY GOLD 18.02.2025 9:19
Alan Committie vertel vir Christelle Webb-Joubert van sy jaarlikse eenmanvertoning, COMEDY GOLD.
Rocco en Coenie 88 by die KKNK 18.02.2025 12:09
Coenie de Villiers en Rocco de Villiers is vanjaar saam te sien op die verhoog by die KKNK. Hulle vertel vir Christelle Webb-Joubert wat gehore kan verwag, en waarom die produksie, 88, genoem word.
Stellenbosch Triennale 2025 18.02.2025 13:35
Christelle Webb-Joubert vind uit wat die Stellenbosch Triennale behels.
Cape Town Art Fair 2025 11.02.2025 8:25
Mia Louw vertel vir Christelle Webb-Joubert wat alles gebeur by die Cape Town Art Fair. Sy is die bestuurder van galerye en spesiale projekte.
Kevin Kraak, My Fair Lady se musiekregisseur 11.02.2025 9:31
Terrance April gesels met Kevin Kraak, die musiekregisseur van My Fair Lady.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.