RSG
RSG Kuns
Onderhoude met uitvoerende en beeldende kunstenaars oor die teater- en die kunswêreld.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Antoinette du Plessis - Random Variables 06.05.2025 9:58
Christelle Webb-Joubert kuier by keramiekkunstenaar Antoinette du Plessis. Sy gesels oor haar uitstalling, Random Variables.
Nóg ‘n universiteitsorkes van die VSA in SA 06.05.2025 5:16
Terrance April gesels met Johan van Zyl van Classical Movements oor nóg ‘n universiteitsorkes van die VSA wat Suid-Afrika besoek.
Malo and the Moon Maiden 06.05.2025 10:19
Regisseur Janice Honeyman vertel van die produksie, Malo and the Moon Maiden. Sirkuselemente en teater vertel ‘n pragtige liefdesverhaal.
Atterbury Klassiek 2025 06.05.2025 14:33
Pianis en samesteller van Atterbury Klassiek dr. Charl du Plessis vertel van die konserte wat te sien is by vanjaar se fees.
DIE UITWEG debuteer by Suidoosterfees 29.04.2025 5:52
Regisseur Sjaka S. Septembir en akteur Carlo Daniëls vertel van DIE UITWEG, wat debuteer by 2025 se Suidoosterfees.
Charl-Johan Lingenfelder oor JOSEPH AND THE AMAZING TECHNICOLOR DREAMCOAT 29.04.2025 16:04
Christelle Webb-Joubert gesels met Charl-Johan Lingenfelder, die musiekregisseur van JOSEPH AND THE AMAZING TECHNICOLOR DREAMCOAT, wat te sien is in die Kaap en Johannesburg.
SA Strykerskonferensie 2025 29.04.2025 13:15
‘n Konferensie vir strykers word van 1 tot 4 Mei 2025 by die Odeion Skool vir Musiek in Bloemfontein aangebied. Christelle Webb-Joubert gesels met die stigter, Mariechen Meyer, en tjellis Anmari van der Westhuizen.
A DOLL’S HOUSE PART 2 29.04.2025 10:20
A DOLL’S HOUSE PART 2 is te sien in die Kaap en dan in Johannnesburg. Zane Meas vertel vir Christelle Webb-Joubert meer van die toneelstuk.
Elzabe Zietsman by die Suidoosterfees 22.04.2025 15:33
Die aktrise, sangeres en nou ook regisseur Elzabe Zietsman vertel waarby sy alles betrokke is by 2025 se Suidoosterfees in Kaapstad.
Hortjies dig Peter Blum produksie 22.04.2025 8:23
Peter Blum is een van ons minder bekende digters wat tog 'n belangrike bydrae gelewer het, veral in die aanloop tot die Sestigers. Die produksie, HORTJIES DIG, deur Francois Toerien kyk na van sy werk. Terrance April gesels met Francois.
Unveiled-ontBLOOT deur Beyond the frames 22.04.2025 14:54
Beyond the frames, bied ‘n groot inklusiewe uitstalling aan met die titel, Unveiled/ontBLOOT. Christelle Webb-Joubert gesels met Monique Heystek en Susa van Dyk oor die eerste.
Gamka Klassiek 22.04.2025 10:03
Die feesdirekteur, Elna van der Merwe vertel vir Christelle Webb-Joubert van Gamka Klassiek wat plaasvind in Prince Albert.
Die Blou Donki Kunsgalery en Clarence Kunstefees 15.04.2025 4:48
Gerrit Viljoen is die eienaar van die Blou Donki Kunsgalery op Clarens. Hy vertel van die galery en die Clarens Kunstefees, wat plaasvind van 1 tot 4 Mei 2025.
Classics for All 2025 15.04.2025 9:53
Die Classics for All-fees in Greyton en Genadendal word vanjaar vir die 21e keer aangebied. Christelle Webb-Joubert gesels met die feesdirekteur, Coenie Visser.
Breyten se Verwelkingslied by Suidoosterfees 15.04.2025 10:09
Die laaste toneelstuk wat Breyten Breytenbach geskryf het, Verwelkingslied, is te sien by vanjaar se Suidoosterfees. Die regisseur Mari Borstlap vertel meer.
S. Bach se Johannes Passie op Goeie Vrydag 15.04.2025 8:47
S. Bach se Johannes Passie word op Goeie Vrydag in Johannesburg uitgevoer. Terrance April gesels met die dirigent Richard Cock.
NWU-Puk Koor vier 70 jaar 15.04.2025 7:38
Die NWU-Puk Koor vier hulle 70e bestaansjaar. Die dirigent, Kobus Venter, vertel van hulle samekoms in November 2025, waar daar nie net gekuier sal word nie, maar ook gesing sal word.
Diary of a Wimpy Kid – The Musical eerste keer in SA 08.04.2025 6:32
Diary of a Wimpy Kid – The Musical word vir die heel eerste keer in Suid-Afrika opgevoer. Daphne Kuhn, medevervaardiger, vertel meer.
Nadia Beukes oor Ingrid: ‘n Vlam in die sneeu 08.04.2025 10:55
Ingrid: ‘n Vlam in die sneeu, handel oor die briewewisseling tussen Ingrid Jonker en André P. Brink. Die regisseur, Nadia Beukes, vertel wat die produksie so besonders maak.
Alan Comittie oor BLACK COFFEE 08.04.2025 4:56
Wie hou nie van 'n boeiende speurverhaal nie? Gehore in Kaapstad, en later in Johannesburg, kan hulle verlustig in die ontknoping van 'n egte Agatha Christie-verhaal. Terrance April gesels met Alan Comittie oor BLACK COFFEE.
Landmarks-uitstalling by La Motte 08.04.2025 5:54
Kurator Nina Kruger gesels oor La Motte Ateljee se uitstalling, Landmarks, en vertel van die werkswinkels wat daar aangebied word.
The Life & Times of Michael K by Markteater 08.04.2025 10:34
The Life & Times of Michael K is tans te sien by die Markteater in Johannesburg. Dit is ‘n verwerking van die gevierde skrywer, JM Coetzee, se boek. Lara Foot het dit vir die verhoog verwerk. Dis vir die eerste keer in 2021 opgevoer by die Baxter in Kaapstad. Destyds het Johan van Lill met Sandra Prinsloo en Andrew Buckland oor die stuk gesels.
Suidoosterfees 2025 skop op 30 April af 08.04.2025 9:30
Die bestuurshoof van die Suidoosterfees, Jana Hattingh, vertel wat feesgangers vanjaar kan verwag.
Nataniël se DUIF 01.04.2025 20:58
Nataniël sluit die KKNK af met die produksie, Duif. Hy vertel vir Christelle Webb-Joubert waaroor dit gaan, en wat gehore kan verwag. Die produksie is ook te sien by die Suidoosterfees.
Annie+Helen 01.04.2025 10:39
Die skrywer, vertaler en regisseur Hennie van Greunen vertel vir Sue Pyler-Slabbert van die toneelstuk, Annie+Helen.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.