RSG

Reis sonder grense

Society EN ↓ 459 episodes

Pak jou tasse en reis die wêreld plat saam met RSG.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Mar 29, 2025

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Die Liedjieboer en die Uilhuis 12.02.2022

Johan Rademan gesels met die befaamde liedjieboer, Anton Goosen. Sy musiek is soos kiekies en vang tyd, dae en dinge in sy musikale lens vas. Een van sy gunsteling bestemmings is Nieu-Bethesda in die Groot Karoo. Daar vind hy sielsgeluk en vrede, en ‘n besoek aan die bekende Uilhuis is nooit uitgesluit of vanselfsprekend nie. Trouens, Helen Martins se Uilhuis met beeldhouer Koos Malgas, het hom on...

Koos Malgas van Nieu-Bethesda 12.02.2022

Koos Malgas (1937-2001) was een van Mies Helen Maartens (1897-1976) se beeldhouers by die Uilhuis op Nieu-Bethesda in die Groot Karoo. Johan Rademan het hierdie bydrae saamgestel uit die SAUK-klankargief.

Wellington Wine Walk 05.02.2022

Die Wellington Wine Walk is ‘n interresante manier om Wellington se besienswaardighede, wynplase en gastehuise met kort stappie te geniet. Jy slaap in gastehuise wat heerlike maaltye berei, en loop dan met gidse wat jou begelei deur die geskiedenis van Wellington, tot die nageslag van Piet Retief op sy destydse familieplaas voordat hy uit die Kaapkolonie vertrek het. Johan Rademan het met Elaine W...

Constellations by Spier 04.12.2021

Johan Rademan het onlangs ‘n voorskou ervaar van Brett Bailey se Constellations by die Spier-landgoed buite Stellenbosch langs die Eersterivier, waar hy vir Wessel Pretorius, dramaturg en akteur, gepols het oor die konsep.

Riebeekvallei-amfiteater lok toeriste 20.11.2021

Mark Graham Wilson en Donker Jonker vertel met groot entoesiasme hoe ‘n amfiteater besoekers en toeriste na die Riebeekvallei lok, maar ook hoe die gemeenskap dan betrek word en die omliggende gebied op ‘n teatrale manier voorgestel word aan binnelandse en buitelandse toeriste.

Maak jou eie versnitwyn 20.11.2021

Johan Rademan gooi ‘n draai by Chereen Notnagel om meer uit te vind van die Emporiumversnit-geleenthede vir toeriste op Riebeekkasteel. Sy vertel van die kuns van kultivarversnydings, en met watter skaars kultivars sy al te doen gehad het. Besoekers kan hulle eie versnit maak en huis toe neem. Dis ‘n heerlike uitstappie ongeveer ‘n uur se reis van Kaapstad af.

Montague se spoke 30.10.2021

Marchelle van Zyl bedryf verskeie inisiatiewe in die Montague-omgewing - staproetes, fietsroetes en spookroetes. Johan Rademan het gaan spoke.

Art Town Riebeekvallei 30.10.2021

Ann Heyns het haar onlangs in die Riebeekvallei gevestig. Sy het lank oorsee gebly, en het ná haar terugkeer ondermeer die Stellenbosch360- en Ghoemaroetes help beplan en ontwerp. Sy kon eenvoudig nie stilsit nie, en het by die toerismekantoor in Riebeek betrokke geraak en die fyn lyn tussen die toerisme, kuns en kultuur in Art Town Riebeekvallei met ander belanghebbendes geskep. Johan Rademan het...

Elsa Dickson se twee paspoorte 23.10.2021

Elsa Dickson het ‘n dubbeldoorpaspoort – een van Suid-Afrika en een van die VSA. Sy reis dikwels met Amerikaners na Suid-Afrika, en hulle is verras oor wat die land bied. Sy put ook uit die Amerikaanse-omgewing waar sy as musiekonderwyseres klas gegee het vir afstammelinge van die Afro-Amerikaners. Die spirituals is vir haar veral inspirerend. Haar nooiensvan is Van der Byl. Haar pa was Pieter van...

Ervaar die Riebeekvallei 09.10.2021

Ontdek vier roetes met verskillende gewaarwordings en ervarings in die Riebeekvallei en omgewing. Sluit aan by die Weskus, ontdek kunste, kultuur, landskappe, kookvernuf, wynbou en geskiedenis. Johan Rademan het met Shawn Hewitt hieroor gesels.

Die Du Toits en 8 Feet Village 02.10.2021

Pieter du Toit se pa, Piet Spiere du Toit, en sy seun Pieter-Steph du Toit het albei die Springboktrui gedra. So tussen die rugby deur het hy en sy vier seuns die 8 Feet Village by Riebeeck se ingang gevestig met ou skeepsvraghouers. Johan Rademan het met Pieter op Kloovenburg gesels oor die rol van rugby en toerisme.

Riebeeckvallei 02.10.2021

Anton Espos, broer van huiskok Errieda du Toit, is ‘n entrepreneur in Riebeeckvallei. Johan Rademan het met dié inwoner oor die omgewing gesels.

Rooiberg is reg vir toeriste se terugkeer 25.09.2021

Rooiberg is ‘n gebied tussen Worcester en Robertson, waar baie mense aandoen om ‘n foto te neem om deel te wees van ‘n grootstoelversameling. Dié gesogte stilhouplek vir toeriste het ook swaar gebuk gegaan onder die lang globale wintertoerisme-inperking. In die tyd van toerismehibernasie het Rooiberg besluit om ‘n paar drastiese stappe te doen. Johan Rademan het by ‘n kunstenaars-ken-mekaar met ‘n...

Porterville 25.09.2021

Porterville is so 150 kilometer se ry van Kaapstad af, en daar is ‘n paar onontdekte juweeltjies soos ‘n 22-watervalle-staproete en ‘n onmeetbare diep poel (Die hel) waarin jy kan swem. Die dorpie bied talle verrassings en geleenthede soos die Porterville Kunsfees.

Pampoenjenewer en tamatievodka! 11.09.2021

Langs die Holrivier net buite Vredendal, op pad Lutzville toe, is ‘n stukkie grond waarop verskillende bamboesspesies gekweek word. Dit is hier waar 1st Principles distilleerdery met organiese groente en vrugte voggies soos pampoen- en tamatiejenewer en –vodka optower. Anja Roux vertel hoe ‘n ou stookketel, wat as versiering in haar ouma se tuin gestaan het, herstel is en vandag die middelpunt van...

Koffie en bokkoms 11.09.2021

Bokkomlaan op Velddrif is ‘n historiese gebied waar ‘n vindingryke jong koffieman, Albert Cornelius, sy eie roostery gebou het nadat hy van Israel af teruggekom het. Johan Rademan het hom gepols oor sy liefde vir koffie.

Thornybush Wildreservaart 04.09.2021

Die groendoringboom by Thornybush Wildreservaart in die Laeveld, aangrensend aan die Krugerpark, maak in Toerismemaand die deure vir Suid-Afrikaners oop. Johan Rademan stel Gerhard en Nataly van Zyl voor aan die reisluisteraars. Hulle bestuur die Jackalberry Lodge by Thornybush bo in die noorde naby Hoedspruit.

Ivoorroete 04.09.2021

Jurgens Schoeman het pas 6 000 km afgelê in ‘n nuwe deel van Suid-Afrika wat hy ontdek het. Johan Rademan het hom gepols oor die Ivoorroete en plekke soos Crook’s Corner en Poacher’s Corner.

Kunstenaars deel hulle Oppiwater-ervaring 28.08.2021

Sandra Prinsloo, Anna Davel, Dowwe Dolla, Margit Meyer-Rödenbeck en Helenè Bester deel hulle Oppiwater-ervaring met Johan Rademan.

Die vliegtuig wag... 28.08.2021

Tienie en Harda Jonker deel die gevoel wat 'n mens kry wanneer jy toer en oppad is om die vliegtuig te verpas - daai klammigheidjie-op-die-voorkop-gevoel...

Liza Goodwin van Doornbaai 21.08.2021

Doornbaai se Jetty-restaurant is ‘n gemeenskapsprojek aan die Weskus waar die bestuurder en wynmaker, Liza Goodwin, ‘n prominente rol speel. Dié wynbougebied is die kleinste geregistreede wyngebied in Suid-Afrika. Dit is 500 meter van die see, en net minder as 30 km se waterpypaanleg maak dit ‘n besondere ervaring om in ‘n ou visfabriek fryerscove en vis en tjips met die Weskusbranders aan die kaa...

Snoekbraai! 21.08.2021

Dis snoektyd in die Kaap! Johan Rademan kuier in Nossab-visfabriek waar Henki en Elana Basson gesels oor die omgewing en snoekbraaiwenke gee.

Montagu 14.08.2021

Johan Rademan het onlangs die blokhuis in Montagu besoek waar JP Viljoen van Capedry meer daarvan vertel, en ook mense nooi vir ‘n gratis trekkerrit en besoek aan die vrugtedroogplantasies en -oonde.

Nieuwoudtville pannekoeke in blomtyd 14.08.2021

Johan Rademan besoek Nieuwoudtville se NG Kerk oor die vark in doodskis en die pannekoeke in blomtyd.

Oudste wynplaas op Stellenbosch 07.08.2021

Blaauwklippen is die oudste wynplaas op Stellenbosch. Ditis vernoem na die blou granietrotse van die omgewing. Johan Rademan het met Ben-Carl Havenga oor die geskiedenis en stand van die plaas gesels. Johnny Hamman van die Hamm en Uys restaurant vertel van Kaapse Erfeniskos. Wynmaker Nerina Cloete vertel van haar drome met Cabernet Sauvingon op Blaauwklippen, en ons leer ook meer van die Kroatiese...

Listen to the Reis sonder grense podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.