RSG
Reis sonder grense
Pak jou tasse en reis die wêreld plat saam met RSG.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
4x4-Sake 27 Augustus 2022 27.08.2022 7:32
Francois Rossouw vertel dat dit nie help jy het ‘n tweerigtingradio in die duine, en jy gebruik dit nie.
Die mense op die bus 27.08.2022 21:06
Die Kruger gesin (ma Nadia, dogters Lisa (16) en Emma (14) en seun Sion (8), deel hulle ervaring van die verrassings wat in Europa op hulle gewag het, toe hulle saam met pa Divan, ouma Lounie en oupa Chris Badenhorst gekuier het. Johan Rademan het met “die mense op die bus” gesels. Die Badehorste is van Suid-Afrika en die Krugers het hulle onlangs in die VSA gevestig.
4x4-Sake 20 Augustus 2022 20.08.2022 8:46
Francois Rossouw vertel hoe hoogmoed tot ‘n val kom, en die grappie is ten koste van homself. Daar is ook duur lesse te leer oor waterritte en motors wat te lank stilstaan.
Johannes Potgieter se reise 20.08.2022 6:38
Johannes Potgieter het lank vir die Departement Handel en Nywerheid gewerk, en dikwels oorsee gereis. Johan Rademan het onlangs, tydens ‘n Europese riviervaart, met hom oor die verskil tussen werk- en vakansieritte gesels. Hy het onlangs van Centurion na Umtentweni verhuis waar hy en sy vrou, Anna, ‘n afgetrede onderwyser, die gasvryheidsbedryf betree het.
4x4-Sake 13 Augustus 2022 13.08.2022 6:27
Grapjasse en poetsbakkers moet ligloop in die 4x4-omgewing. Francois Rossouw vertel vir Johan Rademan dat ‘n goedkoop grappie ‘n duur uitstappie kan word.
Richard van der Westhuizen se groot liefde vir die see 13.08.2022 4:33
Richard van der Westhuizen het ‘n groot liefde vir die see. Johan Rademan het met hom oor die waarde van die see gesels, en hoor toe dat Richard jare gelede ‘n lied oor die see geskryf het.
Blometiket 13.08.2022 6:11
Met blomtyd in die lug, het Johan Rademan die stigterkurator van die Hantam Nasionale Botaniese Tuin, Eugene Marinus, gevra om blomwenke en blometiket met ons te deel.
4x4-Sake 6 Augustus 2022 06.08.2022 5:43
Francois Rossouw vertel vir Johan Rademan dat sleutels bitter belangrik is om op te pas wanneer jy verskeie voertuie s’n in jou besit het.
Johan Rademan verken die Klein Karoo by Boplaas 06.08.2022 8:03
Johan Rademan verken die Klein Karoo by Boplaas, waar Carel Nel die ou opvatting dat dit soetes- en brandewynwêreld is, die nek omdraai.
4x4-Sake 30 Julie 2022 30.07.2022 6:02
Johan Rademan pols Francois Rossouw oor woonwaens wat gehaak en die veld ingesleep word, en hy waarsku jy moet nooit alleen gaan ry nie!
Pioniersroete oopgebreek in die Kuisebrivier-aardtrog 30.07.2022 8:26
‘n Boek het Jurgens Schoeman van Live the Journey só gemotiveer dat hulle met amper 20 stappers ‘n pioniersroete in die Kuisebrivier-aardtrog, of canyon, gaan oopbreek het. Johan Rademan het met hom gesels oor dié stukkie aarde in Namibië, waar die kranse oor die 800 meter hoog is, en waar twee mense vir langer as twee jaar weggekruip het omdat hulle nie aan die oorlog wou deelneem nie.
4x4-Sake 9 Julie 2022 09.07.2022 6:27
Francois Rossouw vertel vir Johan Rademan van sy slegte toergidservaring en vliegtuiglanding op die verkeerde plek.
Katar se oorgang van pêrels na olie en gas 09.07.2022 14:01
Johan Rademan gesels met ‘n Palestyn wat in Katar se hoofstad, Doha, as toergids werk. Saleh Abujundy vertel van die nywerheidsrewolusie in die 1920’s toe die pêrelduikers se werk tot stilstand gekom het, en hoe die Japanese met die kunsmatige kweek van pêrels die wêreldmarkte gekaap het. Vandag is Katar, naas Rusland en Irak, die derde grootste eienaars van gas- en olievelde ter wêreld.
Eenzaamheid 02.07.2022 13:35
Eenzaamheid het een van die oudste pionierswonings (1693) in Suid-Afrika. Adam Tas was ‘n eienaar van die plaas, en die bekende Myburghs van Meerlust het ook ‘n verbintenis met die grond in die Agter-Paarl. Christo Briers-Louw en sy skoondogter Yolanda vertel vir Johan Rademan hoe hulle deur toerisme hierdie erfenis oopstel vir besoekers.
4x4-Sake 2 Julie 2022 02.07.2022 6:33
Francois Rossouw vertel vir Johan Rademan van Noord-KwaZulu-Natal en Mosambiek, en gee belangrike raad vir ritte op sandduine.
Die Khoi bied musiek en kultuur saam met lekker kos 01.07.2022 8:11
Marshall Hartoch, ‘n oudlid van die sanggroep The Rockets, het in grendeltyd in die Paarl besluit om tot die toerismebedryf toe te tree. Hy, sy vrou en sy drie seuns het saam gebou met afvalmateriaal aan DIE KHOI. Die plek bied musiek en kultuur saam met lekker kos uit die Khoi-geskiedenis van Suid-Afrika. Johan Rademan het met Marshall gesels.
4x4 Domkragte 18.06.2022 6:14
Johan Rademan en Francois Rossouw gesels oor die beste oplossing in die sand vir ‘n ysterdomkrag wat wegsak en nie vastrapplek kan kry nie. Hoe werk die lugsakdomkrag (exhaust jack)?
Wat bied Houtbaai aan toeriste? 18.06.2022 25:08
Veteraanmotors, 45-grade wingerde en die oudste boot (1913) in Suid-Afrika word deur Niel Els van VidaNova en Petrus Roeloffze bekendgestel aan RSG-reisigers.
4x4 in die Midde-Ooste 11.06.2022 9:29
Goed opgeleide gidse neem jou in die woestyne in vir 4x4 ritte, wanneer jy bestemmings soos Doha in Katar of Abu Dhabi in die Verenigde Arabiese Emirate besoek. Francois Rossouw en Johan Rademan was passasiers in afsonderlike ritte. Johan se gids in Doha, Zaheb, het mooi verduidelik wat die verskil is om op teerpaaie of duine te ry. Francois daaenteen verduidelik hoe die bestuurders in die Midde-O...
Die beste lughawe in die wêreld 04.06.2022 9:20
Hendrik du Preez, die visepresident: kommersieel vir Afrika van Qatar Airways, vertel vir Johan Rademan hoekom die Hamad Internasionale Lughawe in Doha, deur Skytrax aangewys is as die beste ter wêreld. Dié Suid-Afrikaner en oud-Pretorianer was ook instrumenteel in die lugredery se talle toekennings deur byvoorbeeld van vernuwende sitplekkonfigurasies gebruik te maak. Johan Rademan het Du Preez in...
Suid-Afrikaner in Katar 28.05.2022 8:23
Hendrik du Preez is ‘n Suid-Afrikaner wat tans visepresident: kommersieel vir Afrika is van Qatar Airways. Hy het sy tande plaaslike in dié bedryf geslyp waarna hy via Ghana en Kenia na die lugdiens se hoofkantoor in Doha verplaas is. Johan Rademan gesels met hom teen die agtergrond van die FIFA Wêreldbeker Sokkereindtoernooi wat van 23 Nov tot 18 Des 2022 in Katar plaasvind.
Niel Els se toerismedrome 21.05.2022 10:38
Niel Els het baie jare in Oudshoorn by die Turnberry Lodge gewerk, en later mede-eienaar geword. Baie van van sy toerismedrome is verpletter deur Covid-19 en hy moes afstand doen van sy geliefde boetiekhotel. Deesdae is hy werksaam in Houtbaai waar nuwe horisonne besig is om oop te gaan in die gasvryheidsbedryf. Johan Rademan het met hom gesels.
Sutherland weer oop vir toeriste 14.05.2022 12:20
Sutherland het sowat 44 gastehuise en kan naastenby 580 mense huisves in die piek toerismeseisoen. Die dorp het uit en uit n toeristedorp geword, en almal maak staat op die een of ander vorm van toerisme, waarvan die grootste deel verblyf is. Die windplaasprojek het die beskikbaarheid vir gewone toeriste moeilik gemaak, maar volgens Jurg Wagner van Sterland is die sterrekykparadys nou weer oop vir...
SA se eerste (en enigste) Indiër wynmaker 09.04.2022 6:07
Thornton Pillay het baanbrekerswerk gedoen deur die eerste (en enigste) gekwalifiseerde wynmaker uit die Indiërgemeenskap van Suid-Afrika te word. Sy dae op Elsenburg, Stellenbosch, was deurslaggewend in sy loopbaan, en hy by verskeie pronkplase gewerk. Johan Rademan het met hom gesels waar hy in die gesogte Elim-wynbougebied werksaam is.
Namakwapark is ongerep 19.03.2022 12:29
Die Namakwapark aan die Weskus is ongerep en primitief wat geriewe betref. Staanplekke is beperk en word deur SANPARKE bestuur op die ou De Beersgronde wat aan die Parkeraad oorgedra word. As jy bereid is om jou eie water, verkoeling en kos saam te vat, kan dit ‘n unieke ervaring wees. Sommige kampplekke is geskik vir 4x2 voertuie, maar ‘n beter ervaring is gewis om ‘n paar sandpaadjies met 4x4’s...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.