RSG
Reis sonder grense
Pak jou tasse en reis die wêreld plat saam met RSG.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Toerisme en die pandemie 07.08.2021 7:30
Die toerismebedryf steier steeds onder die aanslag van die Coronavirus, maar daar is tog nog ondernemings wat ‘n geloof in die toekoms van toerisme het. Johan Rademan het met Teena Douglas van Lion Roars gepraat oor hulle fokusverskuiwing na die binnelandse mark, en hoe daar steeds in die moeilike tye uitgebrei word.
Nieuwoudtville 31.07.2021 17:22
Ons verken die bolplanthoofstad van die wêreld, Nieuwoudtville, waar Johan Rademan met Mike Spies van Namakwatoere oor die twee roetes - links of regs - gesels. Mandie Kotze van Nieuwoudtville Toerisme vertel van die waterval, Loeriesfontein en Calvinia, terwyl Eugene Marinus besoekers in die blommetyd sal verwelkom in die grootste botaniese tuin in Suid-Afrika, die Hantam Botaniese Tuin.
Bagdad Café 24.07.2021 17:16
In die mees suidelike deel van Namakwaland tussen Vanrhynsdorp en Nieuwoudtville, op die Knersvalkte, staan die Bagdad Café, wat die naam van Roete 66 in die Nevada-woestyn ontleen het. Johan Rademan het met Mike Spies en Owen Mcgregor oor die landskap en stilhouplek gesels. Die driejarige Alexander van Huysteen ken ook al ‘n hele paar blom- en plantname uit die Knersvlakte.
Koo-vallei 24.07.2021 7:32
In die Koo-vallei in die Burgerspas is ‘n ou kafeetjie, Oupa Batt se winkel, wat al 105 jaar bestaan. Johan Rademan het met Stefan Crous oor die merkwaardige plekkie gesels wat Roete 62 vanaf Montague verbind met die N1 tussen De Doorns en Touwsrivier.
Gerber Basson se Weskusvis 17.07.2021 8:26
Gerber Basson ken die Weskus se visgate, banke en see baie goed. Hy werp lig op die bedryf en gee wenke vir toeriste wat vis kom soek en braai. Johan rademan het by Sonnab Fisheries met hom gesels en ook agter die kap van die byl gekom met Bokkoms en Voetsek.
Wamakersvlei 17.07.2021 11:58
Marlene Brand het name soos Mosseltrap, Galjoenswaai en Skilpadkos laat herleef met die restourasie van Wamakersvlei langs die Rocherpanne buite Dwarskersbos. Johan Rademan het aan die Weskus met haar gesels oor toeristeskatte van die omgewing.
Seisoenale kaas en Kubaanse sigare 03.07.2021 10:12
Ons gooi ‘n draai op Franschhoek saam met Johan Rademan waar hy met Ludwig Maske oor seisoenale Franse kase en Kubaanse sigare by LaCotte gesels.
Cradock se toerismewonders 19.06.2021 12:23
Die N1 verdeel die Karoo in oos en wes. Die Cradockstreek lê oos, en Johan Rademan het met Koot van der Merwe van Linduli gesels oor die toerismewonders wat daarin opgesluit is.
Namibië 05.06.2021 14:12
Dr. Chris van der Merwe was as dienspligtige in Walvisbaai en het later as sakeman telkens ontvlug na die Namibwoestyn. Hy is op pad vir sy 19de besoek vir Faces of the Namib. Johan Rademan wou by hom weet hoekom die woestyn, en met watter basiese voertuigspesifikasies jy die duine kan aanpak. Jurgens Schoeman sluit by hom aan oor hoe konsessies in die woestyn in Namibië bestuur word, en watter pr...
Kaapstad toerimse reik uit na gesondheidswerkers 05.06.2021 9:52
Dr. Theuns Vivian van die Stad Kaapstad vertel vir Johan Rademan van die uitreik vanuit die toerismesektor na oorwerkte gesondheidswerkers met toerismegeskenke. Die kliniekbestuurder van Kasselsvlei, Sue-Ellen van Niekerk, deel haar personeel se emosies n.a.v. die erkenning vir hulle onbaatsugtige diens in hierdie uitdagende tye.
Kaapstad se toersimeplan 29.05.2021 10:03
Johan Rademan gesels met Kaapstad se burgemeesterskomiteelid, raadslid James Vos van Ekonomiese Geleenthede en Toerisme, oor die stad se 10-puntplan vir toerisme.
Ceres 22.05.2021 9:49
Johan Rademan gesels met Berdene Laubscher, bestuurder van die Ceres-togryersmuseum, n.a.v. Wêreld Museumdag en wat die museum bied en behels, maar ook wat toeriste alles in die vallei van vrugbaarheid, Ceres, kan ervaar.
Luukse tentekamp naby Gauteng 22.05.2021 11:01
Johan Rademan gesels met Natalie Durr oor ‘n uur se ontsnap buite Johannesburg en Pretoria by B’sorah, ‘n luukse tentekamp. Sy vertel ook wat die omgewing bied by die Magaliesberg en Hartbeespoortdam.
Wat van ‘n Karoo-camino om jouself weer te vind? 15.05.2021 9:09
Die Kompasberg en omgewing bied asemrowende staptogte. Johan Rademan het met Belinda du Toit van Nieu-Bethesda gesels oor drie roetes wat verskillende grade van uitdaging bied, maar nie een sal telleurstel nie.
Nieu-Bethesda 08.05.2021 15:24
Nieu-Bethesda is ‘n bekoorlike Karoo-dorpie met ‘n kunsinnige gemeenskap. Dit is so 50 km buite Graaf-Reinett, en 40 minute se ry neem jou na Helen Martin se Uilhuis en die wêreld van Atholl Fugard, maar daar is veel meer in dié toerismejuweel van die Groot Karoo. Johan Rademan het met die Verenigende Gereformeerde Kerk se Charl du Toit gesels. Hy maak ook strykstokke, en sy vrou doen Caminostapto...
‘n Kat wat al die slegte dinge wegwaai... 01.05.2021 12:03
Johan Rademan gesels met Shelagh Goodwin oor haar liefde vir die wuiwende kat, wat sy ontstaan in Japan gehad het en in baie Chinese winkels gesien word. Dis ‘n katjie wat al die slegte dinge wegwaai. Sy gesels oor haar reiservarings en die wuivende kat, asook haar liefde vir die kulinêre ervarings van reis.
Van onderwys tot vonkelwyn 01.05.2021 10:25
Oudonderwyser Paul Gerber het, nadat hy lank wiskunde gegee het, hom verder gebaai in chemie en wiskunde toe hy besluit het om vonkelwyn te maak. Vandag is hy in Franschhoek by Cormant Cap Classique & Champagne en vertel van die Franse invloed in sy lewe asook die 50 jaar sedert die eerste MCC-vonkelwyn in Suid-Afrika gemaak is. Hy ontknoop ook die raaisel oor die stryd tussen die meeste borrels…...
Franschhoek se wyntrem 24.04.2021 12:08
‘n Spoorlyn wat in 1904 in gebruik geneem is, maar sedert die jare 70 dormant gelê het in die Franschhoekvallei word vandag deur ‘n 1923-Blackwell-wyntrem gebruik. Johan Rademan het met Catharine Lombard gesels oor die Suid-Afrikaanse ingenieurs wat die trems gebou het en hoe dit nou in die toerismebedryf aangewend word.
Wolsley, Tulbach en Ceres 17.04.2021 24:51
Johan Rademan gesels met Maria en Albert Nel oor ‘n skuif van die stad na Wolsley, waar hulle die vryheid van die platteland deel met besoekers aan die gebied. Maria beplan ‘n selfonderhoudende voedselbos, terwyl Albert (‘n meganiese ingenieur) graag die passe en paaie met ‘n motorfiets aandurf. Hulle gee reiswenke uit die Wolsley-, Tulbach- en Ceres-omgewing.
Reis tussen SA en Namibië 10.04.2021 8:44
Bekommerde Suid-Afrikaners wat moet reis tussen Suid-Aafrika en Namibië word stap-vir-stap deur die prosedures van die Covid-19-periode deur die grenspos en lughawens geneem.
Valiant Swart se musiekreis 10.04.2021 8:52
Valiant Swart deel die geheim van die “reis” in sy musiek met ‘n reisgenoot soos oorlede Ollie Viljoen, en die geheime kodes vir ‘n langpad saam. Hy vertel ook aan Johan Rademan hoe hy in Amerika die invloed uit die omgewing van Bluesmusiek ervaar het.
Jan Braai se gunsteling braaibroodjie 20.03.2021 7:34
Jan Braai gesels met Martelize oor sy gunsteling braaibroodjie en braaimetode, en verduidelik hoe hy ‘n braaibroodjie maak sodat jy nie slaai by jou braai hoef te bedien nie.
Die gesondheidswaarde van aartappels 27.02.2021 7:30
Wat is die gesondheidswaarde van aartappels, en hoe moet die gaar gemaak word.
Het jy geweet? 20.02.2021 8:28
Johan Rademan gesels met ‘n internasionale toeristegids en opleier oor die Did you know?-projek. Dit is ‘n YouTube-kanaal van minder bekende stories oor Suid-Afrika om nie net plaaslike gidse te bemagtig met kennis nie, maar ook internasionale toeriste te probeer lok sodra die reisbeperkings opgehef word.
Yzerfontein 20.02.2021 13:04
Johan Rademan gesels oor Yzerfontein met Marinda en Andries Blake. Tydens die inperking was hulle braaf genoeg om in hierdie Weskusdorpie, ongeveer ‘n uur se ry van Kaapstad af, The House of Blake’s, te ontwikkel. Hulle vertel van staptogte en perderitte op die alombekende 16-myl strand en ‘n paar ander opwindende toerismemoontlikhede. Plekname soos Blomtuin, Watergate en Rooipan asook visvangeksp...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.