RSG
Reis sonder grense
Pak jou tasse en reis die wêreld plat saam met RSG.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Aartappels - gesondheid uit die grond uit 13.02.2021 4:00
Martelize Brink gee een van haar gunsteling aartappelresepte.
Maalvleispot met roosmarynkluitjies 30.01.2021 8:33
Arina du Plessis, kosredakteur van Landbouweekblad en redakteur van Boerekos, maak ‘n maalvleispot met roosmarynkluitjies.
Portugal 30.01.2021 9:31
Jose Dias, ‘n Afrikaanssprekende Portugees, gee wenke aan Suid-Afrikaners oor besoekpunte en streke in Portugal. Hy het pas teruggekeer van ‘n familievakansie uit Portugal.
V&A Waterkant is veilige hawe 30.01.2021 7:55
Die V&A Waterkant in Kaapstad is volgens Rozitta de Villiers steeds 'n veilige hawe vir toeriste.
Reg Ferreira vereer vir bydrae tot sporttoerisme 30.01.2021 11:35
Reg Ferreira is sedert 1982 in die gasvryheidsbedryf. Hy is onlangs vereer vir sy insiatiewe om sporttoerisme op die gholfbane van Kaapstad in die midwinter suksesvol deurgevoer te kry. Johan Rademan wou by hom weet waar die strategie vandaan kom.
Stap of draf by die Magaliesberg 30.01.2021 8:29
Die noordelike deel van die Magaliesberg by De Wildt Adventure Trails, bied jou verskillende geleethede om te gaan stap of draf. Ontdek skaars aalwyne en loop deur inheemse kiepersolle. Oefen vir jou lang staptogte en doen veldlope as jy 'n atleet is tot op die kruin van die berg.
Berook vleis en vis by die huis 23.01.2021 9:09
Arina du Plessis, kosredakteur van Landbouweekblad en Boerekos, verduidelik hoe jy maklik by die huis vleis en vis kan berook.
Arina du Plessis se raaibroodjies en ‘n aartappel-en-spek-kebab 16.01.2021 6:01
Arina du Plessis Huysamer, die kosredakteur van Landbouweekblad en Landbou Boerekos, maak braaibroodjies en ‘n aartappel-en-spek-kebab. Sy gee ook wenke oor goedkoper vleissnitte.
Herman van den Berg 09.01.2021 24:48
Herman van den Berg is ‘n Suid-Afrikaanse kunstenaar wat ingenieurswese aan die Universiteit van Pretoria studeer het. Reis, musiek en die ingenieurswese vind vandag weerklank in sy wêreld, want buiten sy SAMA-nominasies vir musiek het hy ook 2 MTN-toekennings ontvang vir natuurlewe-toepassings waarin hy betrokke was naamlik Birdpro en Treepro. ‘n Derde toep oor naaldekokers bring sy liefde vir mu...
Stille Nag 19.12.2020 7:22
Dr. Mandie Uys, ouddosent en wêreldreisiger, vertel van die dorpie waar die kerslied, Stille Nag, sy ontstaan gehad het.
Gestopte varkboud 12.12.2020 9:42
Ons maak gestopte varkboud saam met Marieta Human, bemarkingsbestuurder van die Varkvkeis Produsente Organisasie.
Varkvleissnitte 05.12.2020 6:45
Martelize Brink hoor by Marieta Human van die Varkvleis Produsente-organisasie van Suid-Afrika van die verskillende varkvleissnitte vir die braai of potjie.
Hoëveldtoerisme 14.11.2020 8:37
Athol Starcke van Hoëveldtoerisme vertel vir Johan Rademan van die weggesteekte juweeltjies in hierdie toerismestreek, waaroor die digter Toon van den Heever so mooi gedig het.
Paul Colditz 14.11.2020 8:48
Paul Colditz is bekend vir sy werk in die onderwyssektor. Hy is ‘n ywerige ereveldwagter, en moedig mense aan om betrokke te raak by dié liggaam wat in ‘n ondersteunende hoedanigheid SA Parke bystaan.
Sjef Chris se aartappelslaai 14.11.2020 5:09
Elke braai kort ‘n heerlike bygereg. Vandag is dit die ikoniese aartappelslaai. Martelize Brink gesels met sjef Chris Erasmus van Foliage oor sy gunsteling aartappelslaai-resep. Hy gee raad vir die aartappel gaarmaakproses en maak sy geheime bestanddeel bekend.
Nuwe wyntoep vir toeriste 07.11.2020 10:25
Die oudste wynskou in Suid-Afrika vir markklaarwyne, Veritas, moes vanjaar met nuwe inisiatiewe na vore kom weens Covid-19-beperkings. Johan Rademan praat hieroor met Kaapse Wynmeester en visevoorsitter van Veritas, Bennie Howard, en hoor van ‘n nuwe toep, Vinoveritas, wat toeriste met beplanning kan help wanneer hulle die wynlande besoek.
Rook en braai ribbetjie by die huis 31.10.2020 7:49
Sjef Chris Erasmus van Foliage verduidelik hoe jy ‘n ribbetjie by die huis kan rook en braai met die perfekte liplekker sous.
Sjef Chris se broccoli op die kole 24.10.2020 8:25
Sjef Chris Erasmus van Foliage gee ‘n meesterklas oor die kole. In die eerste insetsel bied hy ‘n bykosresep en tegniek met broccoli. Volgende week rook ons ‘n ribbetjie.
Skaapribpotjie 03.10.2020 6:13
Kosgeskiedkundige en - konsultant Hetta van Deventer-Terblanche gee haar resep vir 'n skaapribpotjie.
Erfenistoerisme in die Karoo 26.09.2020 23:27
Die afsettings en oorblyfsels in die Karoo strek na skatting 270-miljoen jaar terug. Voor dit was daar ysriviere en gletsers wat die kenmerkende landskap gelaat het wat ons vandag sien. In Khoi beteken Karoo harde of dorre wêreld. Die koloniste het dit Droogeland, ontleen van Khoi, genoem. Vandag is die landskaperfenis deel van die toerismewaardeketting. Die eienaar, bestuurder, kosman, kroegman,...
Mouton van Zyl se onontdekte agterpaaie 05.09.2020 17:51
Ons landskap is deel van ons erfenis. Die bekroonde fotograaf, Mouton van Zyl, is gaande oor motorfietsritte, ossewaens en windpompe. Johan Rademan gesels met hom oor die onontdekte agterpaaie.
Ian du Toit se ketelbraai-varklies 29.08.2020 9:19
Martelize Brink gesels met Ian du Toit oor 'n varklies wat hy in 'n ketelbraai omtower in 'n vingerleklekker dis.
Rouel Beukes se reiswenslys 29.08.2020 3:46
Na 16 jaar se optredes in meer as 2 500 produksies van The Phantom of the Opera, wonder ‘n mens wat het Rouel Beukes se asem weggeslaan, en wat is op sy reiswenslys? Die Groot Muur van China en die natuurskoon van Nieu-Seeland!
Ian du Toit se kruiebord 22.08.2020 10:08
Ian du Toit, die man van Huiskok Errieda du toit, vertel van sy kruiebord waarop jy steakrepies deur die kruisesous kan trek.
Christo Snyman se reise 22.08.2020 6:07
Johan Rademan gesels met Christo Snyman, sanger van Christo en Cobus en Broers, oor die langafstande wat hulle as kunstenaars moet ry, en bring ook hulde aan die kunstenaars wat hulle lewe opgeoffer het op reis na of van vertonings. 'n Toerismebestemming Christo aangegryp het terwyl hy tussen dorpies en stede gereis het, is Magersfontein. Hy deel daardie ervaring met ons.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.