RSG

Reis sonder grense

Society EN ↓ 459 episodes

Pak jou tasse en reis die wêreld plat saam met RSG.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Mar 29, 2025

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Infasering van toerisme post Covid 22.08.2020

Johan Rademan praat met dr. Mike Fabricius, 'n onafhanklike toerismekonsultant wat saam met die Wêreld Toerisme-organisasie werk om infasering van toerisme in die na-Covid-fase in Suid-Afrika en die res van Afrika te beplan. Teen die agtergrond van die ontstellende swak syfers wat in grendeltyd uitgegee is deur Statistieke SA, verduidelik hy hoe daar met omsigtigheid te werk gegaan moet word o die...

Jan Bek se beesstertresep 15.08.2020

Martelize brink praat met Ben Momberg oor sy oom, Jan “Bek” Momberg, wat elke Oujaarsaand beesstert gemaak het op Struisbaai.

Lizelle le Roux en Ira Blanckenberg 15.08.2020

Johan Rademan praat met twee kunstenaars wat in Januarie 2021 saam vaar op die Oppiwater-boot - violis Lizelle le Roux en aktrise Ira Blanckenberg.

RSG webmeester se Instagram-reisoomblik 15.08.2020

Johan Rademan het RSG se webmeester, Herman steyn, wat al drie dekades lank reis, gevra om sy Instagram-reisoomblik met ons te deel, en ook te vertel van 'n wenslysbestemming of twee. Die “Heiligdom van Waarheid” in Thailand word aan ons bekendgestel.

Pastoriehoenderresep 08.08.2020

Amanda de Klerk, voorsitter van die Stellenbosch Fynproewersgilde, maak 'n pastoriehoenderpot.

Nicky Coetzee se Instagram-reisoomblik 31.07.2020

Nicky Coetzee deel haar Instagram-reisoomblik waar sy op 'n tapisserie uit die 12de eeu afgekom het.

Nuwe reisregulasies ingestel 31.07.2020

Johan Rademan praat met Jurgens Schoeman van Live The Journey oor die plaaslike toerisme wat intra-provinsiaal oopgestel is.

V&A Waterkant kry internasionale toekenning 31.07.2020

Rozitta de Villiers van die V&A Waterkant in Kapastad vertel vir Johan Rademan van die uitsonderlike internasionale prys wat hulle in die Covid-19-tydperk te beurt geval het.

Alfred Thorpe se kerriepot 31.07.2020

Alfred Thorpe, 'n vryskutfotograaf en sosiale mediakenner, gesels oor voetslaan en kamp, en gee 'n resep vir 'n lekker kerriepot.

Magaliesberg en Rustenburgnatuurtuin 25.07.2020

Bafokeng beteken vrede, en dit is in die vredevolle Magaliesberge en Rustenburgnatuurtuin waar Johan Rademan jou neem. Priscilla Swartz, 'n plantkundige en omgewingskundige, vertel.

Amanda Strydom en die Mossie van Parys 25.07.2020

Johan Rademan het Amanda Strydom gepols oor 'n reismoment wat haar bybly. Die graf van die Mossie van Parys, Edith Piaff, het haar in haar pelgrimstogte aan die hart gegryp.

Bun se spesery en marinade 25.07.2020

Bun Booyens gee resepte vir sy Cajun-speserymengsel en 'n marinade vir enige vleis.

Versien jou woonwa in die winter 17.07.2020

In die winter, terwyl jy en jou woonwa hiberneer, is dit dalk die aangewese tyd om die groot stormloop na die einde van die jaar te systap in terme van onderhoud aan jou woonwa. Johan Rademan het met Fanus Schoeman van Creative Caravan Works gesels.

Hoenderkebabs in gemmerbiermarinade 17.07.2020

Karen Hart van Toorkombuis se hoenderkebabs in gemmerbiermarinade.

Walter Sisulu Nasionale Botaniese Tuin 17.07.2020

Besoek die Walter Sisulu Nasionale Botaniese Tuin wes van Johannesburg saam met Johan Rademan en Priscilla Swartz, 'n plantkenner. In Roodepoort, is een van die belangrikste waterskeidings in Afrika. 'n Heerlike uitstappie vir plaaslike inwoners om hulle eie land te ontdek in Covid-19-tye.

Margite en die operahuis 10.07.2020

Die Sydney Operahuis is die ikoniese stukkie argitektuur wat haar verbeelding die meeste aangegryp het, vertel Margite Meyer-Rodenbeck.

Pretoria Botaniese Tuin 10.07.2020

Wanner toerisme begin normaliseer, moet Suid-Afrikaners gerus die rykdom van weelde in hulle eie land herontdek. Priscilla Swartz vertel aan Johan Rademan wat die Pretoriase Botaniese Tuin oplewer. Sy het die Madagaskartuin help installeer, asook die Etno-botaniese tuin met die hulp van inheemse tradisonele genesers, terwyl sy daar werksaam was.

Tayfun Aras se lamkebap 04.07.2020

Sjef en outeur, Tayfun Aras, deel 'n lamkebap-resep uit sy geboorteland, Turkye.

Nuwe strategie nodig vir toerisme 04.07.2020

PJ Basson van Montague vertel aan Johan Rademan hoe daar strategies gedink behoort te word deur private hoteleienaars en toerismemoondhede in die Covid-19-tyd. Hy praat ook oor die nuwe normaal t.o.v. toerismekongresse wat nou met virtuele metodes vervang kan word.

Werk op plase oorsee 27.06.2020

Haidee Muller gesels met Mariska Botha wat deur 'n organisasie op oorsese plase gaan werk het. Die reise het eers ná haar studies gebeur. Sy is 'n jong prokureur van Durbanville, en deel die geleenthede met ons.

Die Amasone se visse 26.06.2020

Johan Rademan het Heidi Rosseau van Durbanville gevra om haar Instagramreisoomblik met ons te deel. Sy vertel van die duiwelvisse, seilvisse en pienk rivierdolfyne van die Amasone.

Tayfun Aras se ma, Ayhan Aras, se frikadelresep 26.06.2020

Tayfun het in Ankara in Turkye grootgeword. Daar maak hulle tradisioneel van 'n vuurherd gebruik om kos te kook. By sy huis gebruik Tayfun dieselfde medium. 'n Pizza-oond kan ook vir hierdie doel gebruik word.

'n Solo deur Buddy Guy 19.06.2020

'n Reismoment wat die Blues-kitaarspeler en teatereienaar van die Boer, Jurg Human, altyd sal bybly, is toe hy die legendariese Chigago-bluesmeester, Buddy Guy, in aksie gesien het in New York, en die ikoon vir hom 'n twee minute solovertoning van die verhoog af kom lewer het. Eric Clapton beskou die 83-jarige Buddy Guy as die beste kitaarspeler op die planeet. Johan Rademan het met Jurg Human oor...

Tayfun Aras se swaardviskebab 19.06.2020

Sjef en outeur, Tayfun Aras, deel 'n swaardviskebab-resep uit sy geboorteland, Turkye.

Montmarte 19.06.2020

Die heuwel van die martelare en die heilige hart van Maria is omtrent waaruit Montmartre in Parys bestaan. Talle besoekers gaan kyk na die kerk en verlustig hulle in aankope van kuns en snuisterye op die gesogte heuwel. Mandie Uys vertel vir Johan Rademan dat as jy mooi oplet, daar 'n man deur 'n muur probeer stap het.

Listen to the Reis sonder grense podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.