RSG

Reis sonder grense

Society EN ↓ 459 episodes

Pak jou tasse en reis die wêreld plat saam met RSG.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Mar 29, 2025

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Madagaskar 12.06.2020

Madagaskar het 'n heerlike klimaat en temperatuur vir watersport. Sowat 90% van die fauna en flora is endemies. Droom jy van 'n eilandvakansie? Johan Rademan het Jody Hendricks oor sy somerervaring van Madagaskar gepols.

Salzburg en die Unterberg 12.06.2020

Johan Rademan gesels oor Salzburg en die Unterberg in Oostenryk met Mandy Uys, 'n voormalige dosent aan NWU, oor die mites en legendes waarvan selfs Hitler kennisgeneem het naby Mozart se geboortedorp.

Emile Joubert se afvalresep 05.06.2020

Martelize Brink gesels met kommunikasiekonsultant, skrywer en kos- en wynkenner Emile Joubert oor afval.

Wene se koffiekultuur 05.06.2020

Wene in Oostenryk se koffiewinkels met sachertorte en strudel bied 'n heerlike lafenis aan 'n flou gestapte toeris. Die Weense koffiekultuur het egter 'n baie interresante aanloop. Johan Rademan het Mandie Uys genooi om te praat oor die Turke se aandeel hieraan in Mozart se wêreld.

Afrika se toerismepotensiaal ná die inperking 05.06.2020

Johan Rademan gesels met onafhanklike toerismebestuurskonsultant, dr. Mike Fabricius, oor die toerismepotensiaal en -ontwikkeling in SADEK-lande en ander dele in Afrika waar toerisme ontsluit kan word.

Edinburgh onder die grond 29.05.2020

Johan Rademan gesels met Mandie Uys oor die verlore stad wat 30 jaar gelede ontdek is onder die bestaande Edinburgh in Skotland. Toeriste kan die ondergrondse stad besoek.

Toerisme ná grendeltyd 29.05.2020

Johan Rademan gesels met dr. Mike Fabricius, 'n onafhanklike toerismebestuurskonsultant, oor hoe Suidelike Afrika en Suid-Afrika die voordeel kan kry ná grendeltyd, en hoe toerismekorridors eers plaaslik en dan wyer ontwikkel sal word.

Sodwana 23.05.2020

Johan Rademan pols duikinstrukteur Ettiene Raäl van die Alpha Dive Academy oor 'n duikbesoek aan Sodwana aan die Noodkus van KwaZulu-Natal.

Praag 23.05.2020

Johan Rademan en Mandie Uys kuier in Praag. Die Tjeggiese hoofstad, wat ook die hoofstad van Bohemia was, het besondere kulturele skatte wat behoue gebly het.

Snoekbraai 23.05.2020

Martelize Brink braai snoek saam met Emile Joubert.

Die nuwe toerismelandskap 23.05.2020

Johan Rademan praat met onafhanklike toerismebestuurskonsultant, dr. Mike Fabricius, oor die veranderende terrein van toerisme in die SADEK-lande en ander Afrika-bestemmings.

Slowenië 15.05.2020

Johan Rademan gesels met Mandie Uys oor 'n besoek aan die welvarendste en mees ontwikkelde land wat uit die ou Joego-Slawië tot stand gekom het. Slowenië is klein landjie met 'n groot hart. Dis amper so groot soos die Krugerwildtuin en het net oor die tweemiljoen inwoners. Daar lê baie geskiedenis opgesluit in die land, en dit is is 'n uitverkore reisbestemming vir baie reisigers.

Duik saam in die Rooisee 15.05.2020

Waar sou jy graag wou gaan duik in die grendeltyd? Johan Rademan het 'n virtuele aanbod aan 'n duikinstrukteur vir 'n retoervlugkaartjie na enige duikbestemming in die wêreld gegee. Ons reis virtueel saam met Ettienne Raal van die Alpha Dive Academy na die Rooisee in Egipte.

Isabella Niehaus van Duinhuis se mosselpot 09.05.2020

Martelize Brink gesels met Isabella Niehaus van Duinhuis in Langebaan oor watter seekos nou volop is in die Kaap, en die geur, tekstuur en volhoubaarheid van mossels. Sy gee 'n resep vir 'n mosselpot met klappermelk oor die kole.

Grendelreis na St. Petersburg 09.05.2020

Johan Rademan pols Mandie Uys, 'n voormalige dosent aan die NWU, oor haar jaarlikse reis na Rusland, wat sy weens die grendeltyd moes afstel. Hulle gesels oor grendeltyd in Rusland toe die Russe in St. Petersburg, die Nazi's vir 900 dae moes trotseer. Die Duitsers het die stad omsingel om hulle uit te honger, en dan oor te neem. Musiek het egter die stad gered, en jy kan vandag 'n museum besoek wa...

Spektakelberg, Naries en Hardeveld 09.05.2020

Johan Rademan gesels met Dudley Bruce Wessels oor die Spektakelberg, Naries en Hardeveld.

Sakka Stone se Noord-Kaap - Deel 4 01.05.2020

Johan Rademan en Sakka Stone kuier vir die vierde en laaste keer in die Noord-Kaap, waar hierdie boorling van Namakwaland reisigers deur sy vertellinge en musiek die spesiale streek in ons land van nader leer ken. Hy noem dit Eenkantland.

Marius du Plooy se Turkye 01.05.2020

Marius du Plooy ontgrendel Turkye vir ons met 'n reisskets wat reisontvlugting bied in hierdie inperkingstyd.

Gevulde vetkoek oor die kole 01.05.2020

Filla Krige van Picardi Place op Rawsonville verduidelik hoe hy sy minivetkoeke, wat reeds gevul is, oor die kole diepbraai.

Sakka Stone se Noord-Kaap - Deel 3 18.04.2020

Johan Rademan en Sakka Stone verken die Noord-Kaap verder in die derde aflewering in die reeks. Hulle reis hierdie keer deur die Namakwaland,

Reis sonder grense 11.04.2020

Vincent van Gogh se ikoniese Starry Night hang in die Moderne Museum van Kuns in New York in die VSA. Die Nederlandse postimpressionistiese skilder het tydens sy vrywillige toelating tot 'n kliniek, ten minste 21 sketse uit die venster van sy grondvloerateljeekamer en tweedeverdieping slaapkamer waargeneem en geskets en skilder. Die enigste nocturne in die reeks is hierdie ikoniese werk wat in die...

Sakka Stone se Noord-Kaap - Deel 2 11.04.2020

Johan Rademan en Sakka Stone verken die Noord-Kaap verder in die tweede aflewering in die reeks, met die Gariep as grens tussen die Noord-Kaap en die Kamiesberge en die Richtersveld in hullle visiere. Die program word afgesluit met 'n aangrypende Namagebed, Nader my God by U, wat ook Duits en Afrikaans insluit.

Reis sonder grense 03.04.2020

Huiskok Errieda du Toit gee vir Martelize 'n resep vir 'n slaai met bruinrys en kerriesous.

Sakka Stone se Noord-Kaap - Deel 1 03.04.2020

Ons verken die Noord-Kaap en Springbok, die hoofdorp van die Namakwaland, saam met Johan Rademan en Sakka Stone.

Reis sonder grense 28.03.2020

Marius du Plooy laat ons in die grendeltyd in Suid-Afrika die verbeeldingskrag van radio ervaar met sy skets van San Gimignano.

Listen to the Reis sonder grense podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.