RSG
Reis sonder grense
Pak jou tasse en reis die wêreld plat saam met RSG.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Reis sonder grense 21.03.2020 7:10
Johan Rademan gesels met Jurgens Schoeman van Live The Journey oor die impak van COVID-19 op die reisbedryf, en hoe die onderhandelinge verloop het in hulle geval om skadebeheer toe te pas.
Reis sonder grense 21.02.2020 13:51
Johan Rademan gesels met Kenny Mugariwa, 'n Zimbabwiese gids by Faery Glenn Wildreservaat, 120 km noord van Kaapstad, aan die voet van die Brandwachtberg by Worcester. Hulle sien daar om na die Groot 5 wat insluit twee olifante, twee renosters en twee leeutroppe in rehabilitasieomgewings.
Reis sonder grense 19.10.2019 14:15
Johan Rademan gesels met Andre Visser, wat onlangs Shakespears in Durbanville se kelners via die SETAS opgelei het. Min restauranteienaars of voornemende restauranteienaars is bewus van die weg wat gevolg kan word in die toerismebedryf.
Reis sonder grense 11.10.2019 22:55
Die V&A Waterkant in Kaapstad is die gewildste toerismebesoekpunt in Suid-Afrika. Daar is talle redes waarom mense 'n werkende hawe sou besoek. Een van die landmerke in die Waterfant is die Groot Wiel. Johan Rademan het saam met Rozitta de Villiers en Talitha Green in die wiel geklim om die 40 meter hoë ervaring te beleef.
Reis sonder grense 04.10.2019 9:04
Met die somervakansie in Suid-Afrika in aantog, het Johan Rademan vir Jeantelle van Staden gevra om 'n paar mooi sonsondergangplekke in die Skiereiland voor te stel. Hy het ook met haar gesels oor die Tswintalo Atlantic wat die week haar deure heropen het nadat twee brande, een in 2015 en een in Februarie 2019, die plek geteister het.
Reis sonder grense 27.09.2019 9:38
Die finansiële ineeenstorting van Thomas Cook het gelei tot geweldige ontwrigting en verliese in verskeie lande se toerismesektore. Johan Rademan praat hieroor met Karen Botha van Travel Insurance Consultants.
Reis sonder grense 21.09.2019 11:57
Johan Rademan gesels met Pierre-Jean Gerber, wat tans besig is met 'n meestersgraad in erfenis aan die Universiteit van Kaapstad. Hy het die vervalle Brandvlei Hotel aangeskaf, en is besig met 'n restourasieproses. Hy het ook 'n projek op Williston waar hy 'n ou teologiese boeke in 'n gerestoureerde kerk uitstal.
Reis sonder grense 14.09.2019 15:49
Botha en Hilda Kruger het besluit om Japan in 'n huurmotor aan te durf, en het dit heel aangenaam en toeganklik gevind. Johan Rademan pols hulle oor die moets en moenies van reis in Japan.
Reis sonder grense 06.09.2019 19:03
Johan Rademan stel ons voor aan die Breytenbachsentrum op Wellington. Hierdie multikulturele en interaktiewe sentrum is beslis 'n besoek werd. Kuier in die koffiekroeg of tuin. Loer in by die Breytenbachkunsgalery of woon 'n vertoning by in die Bordienghuisteater. Daarbenewens is daar 'n skatkis van Afrikaanse gebruikte boeke waarna jy dalk al jare soek. Luister na Esther oor die boeke, Anne-Ghret...
Reis sonder grense 31.08.2019 8:10
Johan Rademan gesels met Malcolm Mosterd van Okiep oor die eerste myn in Suid-Afrika wat deur Simon van der Stel ontdek is, deur die Khoi wat klatergoud (fool's gold) aan hom bekendgestel het. Dit het later kopermyne geword. Vandag is toerisme onontbeerlik vir die gemeenskap.
Reis sonder grense 31.08.2019 20:06
Johan Rademan gesels met Beatrix Roux wat die afgelope 15 jaar lang rukke in Kroasië woon. Sy vertel van die land se kos en kultuur, en stel 'n reisprogram vir Suid-Afrikaners voor.
Reis sonder grense 09.08.2019 17:37
Johan Rademan gesels met Azille Coetzee, skrywer van IN MY VEL – 'N REIS, oor die twee jaar wat sy in Nederland gewoon het tydens haar PhD-studies aan die Vrije Universiteit van Amsterdam. Sy gee 'n paar gunstelingplekke waar reisigers na Amsterdam kan aandoen. Sy is tans 'n nadoktorale navorser by die South Africa Research Chair in Gender Politics by Stellenbosch Universiteit.
Reis sonder grense 02.08.2019 12:32
De la Harpe de Villiers reis graag met sy motorfiets oor die wêreld heen. Op sy emmerskoplysie was die Himalajas. Haidee Muller het vir Reis Sonder Grense by hom gaan kuier om uit te vind hoe hierdie besonderse ervaring was.
Reis sonder grense 19.07.2019 18:34
Johan Rademan gesels met RSG se webmeester, Herman Steyn, oor sy reiservaringe in Noord-Thailand, Laos en Viëtnam.
Reis sonder grense 05.07.2019 9:32
Johan Rademan gesels met Karen Botha van TIC oor reisversekering. Hoekom het 'n mens reisversekering nodig en wat van ouer reisigers?
Reis sonder grense 29.06.2019 4:07
Johan Rademan vertel meer van die Trummelbachvalle. 'n Gletserdreinerende waterval in 'n grot – die enigste van sy soort in Europa in die Interlakendistrik van Switserland. Die val is is 'n UNESCO Natuurwonders van die wêreld. Die waterval dreineer die Eigger, Monnik en Jungfrau gletsers.
Reis sonder grense 22.06.2019 13:00
Johan Rademan land met 'n vliegtuig 3m onder seespieel en vertel meer van Schipollughawe in Amsterdam, Nederland.
Reis sonder grense 19.04.2019 22:18
Een van die ergste volksmoorde het 25 jaar gelede in Rwanda plaasgevind. Daar word geraam dat meer as 'n miljoen mense in 100 dae vermoor is. Die slagoffers was hoofsaaklik Tutsi's. Vandag kyk die land terug op die gebeure as 'n tragedie wat die mense byeengebring het om 'n nuwe nasie te vorm. Alhoewel Rwanda arm aan minerale en ander kosbare hulpbronne is, en ook in die binneland geleë is, het di...
Reis sonder grense 05.04.2019 17:52
Walvisse in Parow? Ken en Annerie Botes het 'n ou Joodse Sinagoge omskep in 'n Khoisan Walvis- en Maritiememuseum. Die gebou was vervalle en verwaarloos neffens die hoofstraat van Parow. Johan Rademan het daar gaan besoek aflê.
Reis sonder grense 15.03.2019 8:43
Die Oos-Vrystaatse dorpie, Paul Roux, het slegs 350 inwoners. 'n Sakeman en kunstenaar is onder andere twee mense wat deel is van 'n groepie inwoners wat met die Paul Roux Spookloop oor die naweek van 23 Maart die dorpie, wat ook 'n kunstenaarskolonie het, op die kaart plaas.
Reis sonder grense 08.03.2019 7:33
Johan Rademan gesels met Andreas Groenewald oor die Groenelandstaproete oor vier dae, berg op en af oor 60 km, in die Elgin- en Kogelberggebied. Meer as 1,200 plantspesies, waaronder meer as 20 proteasoorte, kan gesien word.
Reis sonder grense 22.02.2019 10:17
Toerisme strek veel verder terug in die geskiedenis as wat ons dink, en is ook meer omvattend as op die oog af. Teorie en praktyk is ewe belangrik. Johan Rademan gesels hieroor met Gwen Haremsen, hoof van die Departement Toerisme en Gasvryheidsdienste by die Tygerbergkampus van North Link Kollege.
Reis sonder grense 22.02.2019 12:38
Johan Rademan gesels met Andre Kilian oor die werk van die SA Kollege vir Toerisme op Graaff-Reinet. Een uit 20 elke werksgeleenthede in Suid-Afrika hou direk verband met toerisme, en een werker in die veld sorg vir vyf ander om hulle. Gasvryheid, Spoorsnyopleiding en Veewagtery word aangebied by die Kollege. As gevolg van die inheemse kennis hier, het Australië hulle genader om opleidingsmateriaa...
Reis sonder grense 15.02.2019 22:05
Woodstock is slegs 1 km van die stadsentrum in Kaapstad af. Die gebied is besig om in 'n dinamiese toerismebestemming te ontwikkel. Woodstock was tot ongeveer 1950 'n gewilde “strandgebied” met strandhuise. Ná die drooglegging van Tafelbaai het die kuslyn teruggeskuif, en is dit amper ondenkbaar dat die see geklots het aan die Kasteel van Goeie Hoop. Johan Rademan het met van die nuwe toetreders t...
Reis sonder grense 08.02.2019 9:00
Johan Rademan gesels met Sibelle Fourie oor loopbane in toerisme. Ekotoerisme, volhoubare toerisme, groentoerisme en avontuurtoerisme kry sterk voorrang in kursusse wat van 'n paar weke tot drie jaar kan duur. Maak egter seker jy studeer toerisme by 'n geakkrediteerde instansie.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.