RSG
Reis sonder grense
Pak jou tasse en reis die wêreld plat saam met RSG.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Reis sonder grense 08.02.2019 12:57
Johan Rademan gesels met Dirk Coetzee oor ervarings ter see as 'n marinetoergids. Hy vertel van Buffel, die reuse rob wat sosiale media oorheers het, en wat by geleentheid met 'n kreef in die bek langs sy kajak opgeduik het. Buffel wat langer as vier meter is, sowat vyf ton weeg, en tot 'n diepte van 1,000 meter duik kom groet nie sommer enige iemand nie.
Reis sonder grense 01.02.2019 7:18
Johan Rademan gesels met dr. Pierre Brink, 'n afgetrede medikus, oor die Vriende van Verlorenvlei se pogings om die Verlorenvlei RAMSAR Vleilandgebied te red. Die vleiland is onder geweldige druk weens uitgebreide boerdery en swak bestuur van die vleilandgebied deur die owerhede. Die oerbron van vars water sal die ontspanningsterrein vir toeriste, wat fotograwe en fauna- en floraliefhebbers inslui...
Reis sonder grense 05.01.2019 24:52
Johan Rademan gesels met Jaco Powell en Ingrid van den Berg, medeskrywers van die boek KGALAGADI SELFDRIVE, ROUTES & RATINGS. Jaco is die eienaar van Cape Fox Tours en het B.Sc Dierkunde en Entomologie aan Kovsies studeer. Hy fokus as toergids vir meer as twee dekades spesifiek op die Kgalagadi, waar hy as kind reeds noukeurig begin aantekeninge maak het oor verskynsels in die oorgrenspark.
Reis sonder grense 21.12.2018 6:39
Nico Esterhuizen van die Suid-Afrikaanse Versekeringsvereniging (SAIA) vertel vir Haidee Muller van die voorsorgmaatreëls wat jy moet tref voor jy die pad vat vir jou langverwagte vakansie.
Reis sonder grense 14.12.2018 11:38
Beleef 'n trekkerrit teen die Langeberge op op die plaas Protea buite Montagu.
Reis sonder grense 01.12.2018 10:51
Johan Rademan het Johann Brits gepols oor motorfietsagterpaaie, en hoe 'n toeroperateur kop skoonmaak tydens vakansies.
Reis sonder grense 17.11.2018 8:51
Johan Rademan gesels oor die Oppiwaterkunstefees van wat van 15 tot 19 April 2019 plaasvind. Frans Swart besoek die MSC Musica, waarop die fees aangebied word, waar hy met die Italiaanse-bemanningslede gesels.
Reis sonder grense 19.10.2018 7:14
Esther Koch woon in Nieu-Seeland. Sy vertel vir Johan Rademan van plekke wat Suid-Afrikaners moet gaan besigtig wanneer hulle die land van die Silwer Varing besoek.
Reis sonder grense 21.09.2018 16:26
Doringbaai aan die Weskus was eensbekend vir kreef en vis, maar toe raak dit met die gebrek aan viskwotas 'n spookdorpie. Met die gemeenskapsingesteldheid van Fryer Cove, wat destyds hier werksaam was, is die dorpie nou 'n gewilde toerismebesoekpunt en is die visfabriek omskep in die enigste wynkelder op seevlak in Suid-Afrika. Die gemeenskap se vaardighede is opgeknap vir die toerisme-uitdagings...
Reis sonder grense 14.09.2018 14:16
Die Betlehemmuseum word gehuisves in die tweede oudste sendingkerk in die Vrystaat, wat uit 1906 dateer. Die voorsitter van die Vriende van die Museum, Erene Olivier, en haar man, die voormalige stadsklerk Johan Olivier, vertel aan Johan Rademan hoe hulle moet woeker om die museum weer in 'n sierraad te omskep en die kultuur van die omgewing te verenig in die museum. Hulle werk saam met die museum...
Reis sonder grense 07.09.2018 6:35
Johan Rademan gesels met Martin Halvorsen oor die oudste blommeskou in die land wat vanjaar 101 jaar oud is.
Reis sonder grense 07.09.2018 9:03
Johan Rademan gesels met Chantelle Marais van Graaff-Reinet oor die Kamdeboo en bekende mense soos Robert Sobukwe en dr. Anton Rupert wat deel is van hulle erfenis.
Reis sonder grense 07.09.2018 11:29
Johan Rademan gesels met die besturende direkteur van Verlorenvlei, Eric Johnson, oor die Verlorenkloof in die Foreldriehoek in Mpumalanga.
Reis sonder grense 17.08.2018 12:29
Die Perdemuseum op Richmond in die Karoo is een van net twee ter wêreld wat hulde aan die saalperd bring. Die ander een is in Kentucky in die VSA. Johan Rademan het met amateurhistorikus en opsiener van die museum, Johan Tolken, deur die gebou geloop.
Reis sonder grense 10.08.2018 11:51
Johan Rademan gesels met Bharat Bedi van Indië. Selfs al het die land 'n bevolking van 1,36 miljard mense, bly toerisme 'n reuse bron van inkomste in die snelgroeiende ekonomie.
Reis sonder grense 10.08.2018 6:19
Johan Rademan gesels met Chavonne Ellis oor bokkems, Velddrif en die Weskus-omgewing.
Reis sonder grense 27.07.2018 12:46
Dr. Mike Fabricius , 'n toerismekundige, konsulteer van China tot Zambië in toerisme-ontwikkeling. Johan Rademan het hom gepols oor die toerismesektor in Suidelike Afrika, en Zambië as 'n bestemming.
Reis sonder grense 27.07.2018 3:03
Johan Rademan gesels met Theo Olivier, die voorsitter van die Victoria-Wes museum.
Reis sonder grense 20.07.2018 11:37
Johan Rademan gesels met Annemarie Ferns, die bestuurshoof van Stellenbosch360, oor die verbreding van bestemmings deur saketoerisme. Vivian Kleynhans, direkteur van Seven Sister Vineyards, vertel van 'n bemagtigingsprojek oor transformasie in saketoerisme. En Dirk Elzenga van Nederland, 'n lid van die Nasionale Konvensieburo, praat oor die groei en ontwikkeling van bestemmings deur Saketoerisme I...
Reis sonder grense 13.07.2018 12:05
Reis op die Amberroete in Rusland saam met Johan Rademan, 'n Russiese amberkenner, en dr. Mandie Uys.
Reis sonder grense 06.07.2018 12:03
Die ou klipgebou langs die spoorlyn in Elgin, wat deur Italiaanse krygsgevangenes gebou is, is tot 'n nuwe glorie herstel, wat gekombineer word met 'n outentieke stoomtreinervaring uit Kaapstad. Deborah Smook en Derich du Toit deel hierdie opwindende nuus met Johan Rademan en voornemende toeriste aan die vrugbare vallei.
Reis sonder grense 06.07.2018 18:01
Johan Rademan gesels met dr. Mandie Uys oor die tsaardom en ikone in Rusland, met spesifieke verwysing na Uglich wat amper die hoofstad van Rusland was. Natalia, 'n Russiese gids, gee ook agtergrond oor die twee tsaardomme en die dood van Dimitri, wat gelei het tot 'n klok se klepel wat as tronkstraf hardepad in Siberië gekry het. Hoor hoe klink die klok, wat weer terug is in die Russiese-ortodoks...
Reis sonder grense 29.06.2018 11:49
Johan Rademan gesels met Maria Smorena, 'n Russiese toerismegids, en dr. Mandie Uys van die Noordwes-universiteit, waar sy as dosent in Engels 'n liefde vir Rusland ontwikkel het. Die afgelope dekade reis sy gereeld van Suid-Afrikana Rusland. Moskou of St. Petersburg (die ou Leningrad) - Wie of wat verkies jy? Luister en besluit self. Word deel van 'n 1 300 km rivier- en mere-vaart van Moskou na S...
Reis sonder grense 27.04.2018 13:03
Terrance April gesels met RSG-omroeper Christelle van Tonder oor haar onlangse reis na Egipte.
Reis sonder grense 20.04.2018 13:56
Dis altyd lekker om te verneem van reisigers en toeriste oor hoe hulle bekende en selfs minder bekende bestemmings ervaar. Terrance April gesels met 'n bekende oor haar ervarings in Zanzibar.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.