RSG
Reis sonder grense
Pak jou tasse en reis die wêreld plat saam met RSG.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Reis sonder grense 16.03.2018 11:12
Johan Rademan het onlangs besoek afgelê by Onze Rust, 40 km suid van Bloemfontein in die Vrystaat. Pres. M.T. Steyn het vroeër daar gebly, en dit is een van die onafgebrande plase tydens die Anglo-Boereoorlog. Jackie Steyn vertel meer van die geskiedenis van die plaas en van Ruiter,'n Griekwa-man en die president se agterryer, wat ook op die plaas begrawe is.
Reis sonder grense 16.02.2018 7:49
Het jy dit al ooit gewaag om saam met grootwithaaie te duik, maar jy is eenvoudig te bang om dit aan te durf? Marlinee Fouche was in dieselfde bootjie, totdat sy haar sokkies opgetrek het en saam met Mosselbaai se jong haaie gaan swem het. Volgens haar maak die vrees vinnig plek vir verwondering, en is dit iets wat enigiemand kan doen...
Reis sonder grense 19.01.2018 13:39
Van 1910 tot 1912 is die spoorlyn deur Michellspas van Kaapstad na Ceres gebou, en 'n 100 jaar later het die Ceres Railway Company die glorie van die stoomtreinera laat herleef. Johan Rademan is in gesprek met Derick du Toit wat van 2002 af die droom gehad het om treine vir vrag en toerisme weer deur die pas, via Wolsley en Tulbach te karwei. Water en brandgevaar was van die vernaamste uitdagings...
Reis sonder grense 29.09.2017 11:23
Johan Rademan besoek die Auwal Masjid moskee, die oudste moskee in die Bo-Kaap, as deel van Cape Town Free Walking Tours.
Reis sonder grense 22.09.2017 9:28
Navorsing van die Verenigde Nasies se Wêreld Toerisme-organisasie, waarby 54 lande geakkrediteer is, dui daarop dat 1 uit elke 11 werksgeleenthede verband hou met toerisme. Die globale Bruto Binnelandse Produk raak-raak aan 10%. Johan Rademan het met PJ Basson, wat gereeld internasionale toerisme-skoue bywoon, gesels en in Montagu, waar hy werksaam is, gaan uitvind dat die dorpie op die R62 met sy...
Reis sonder grense 15.09.2017 8:24
Die ontwikkeling van die Kaapstadse Waterkant is 30 jaar gelede begin, en vandag is dit een van die grootste suksesverhale in die Suid-Afrika se toerismegeskiedenis. Meer as 25 miljoen mense het al hierdie gesogte toerismebestemming besoek. Die afgelope drie jaar was dit die topbestemming in Suid-Afrika. Die onlangse voltooiing van die Silo-projek het die haweterminaal verbind met die V&A Waterkan...
Reis sonder grense 25.08.2017 8:29
Johan Rademan gesels met Jurgens Schoeman wat onlangs die Australiese Outback besoek het. Die gebied strek 5 000 km van suid na noord, en 5 000 km van oos na wes. Dit beslaan 73% van Australië se landoppervlakte, met Alice Springs die bekendste dorpie in die middel van die Outback.
Reis sonder grense 18.08.2017 32:40
Mosambiek en sy inwoners het deur diep waters gegaan wat sy geskiedenis betref. Eers was daar die koloniale era, gevolg deur 'n vryheidsoorlog en toe 'n burgeroorlog. Vandag kyk die terug op sy geskiedenis wat dien as inspirasie om te ontwikkel, en hulle in staat stel om hulle erfenis en kultuur te vier. Die hoofstad, Maputo, wat maklik van Suid-Afrika af bereik kan word, spog met argitektoniese s...
Reis sonder grense 11.08.2017 9:46
Johan Rademan stel Rickma Coxon aan die RSG-reisigers voor, wat ons neem na die vleispotte van Marokko en die Bedoeiene-woestyn. Sy maak ook 'n kontinentale sprong met tapas in Spanje - lles leerskole en randrekkers vir voornemende toeriste.
Reis sonder grense 05.08.2017 38:32
Johan Rademan gesels met twee Suid-Afrikaanse vroue van Ladybrand in die Oos-Vrystaat, wat met twee Franse neefs uit die Henri Bourgeois-stamboom getroud is, en nou in Sancerre in Frankryk woon. Sandra Bougeois (Malan) en haar broer David Malan, wat ook in sentraal Frankryk woon, deel saam met een van die neefs Arnaud Bourgeois en sy vrou, Sigi (Koornhof), hulle besondere lewensverhale.
Reis sonder grense 02.06.2017 7:09
Die Kgalagadi Sightings Facebook-groep hou nie van politiek of polimiek nie. Díe 35 000 lede streef daarna om deur genot net hul beste te gee vir die Nasionalepark en die gemeenskappe om die kamp. Carl Gerber vertel vir ons meer oor díe groep en hoe hulle ledetal in vyf jaar selfs internasionaal gegroei het.
Reis sonder grense 02.06.2017 9:40
Ingemar de Wet is in Kanada gebore en het daar skoolopleiding ontvang. Hy het pas saam met 'n groep van 31 afgestudeerde Mynboustudente van Brits-Colombie in Kanada deur Afrika getoer. Hoewel myne in Botswana interessant was, het die Krugerwildtuin en Kaapstad hul harte gesteel. Johan Rademan het met Ingemar wat nog 'n stewige skoot Afrikaans onder die knie het, gesels.
Reis sonder grense 19.05.2017 5:30
Sleehonde is iets wat baie Suid-Afrikaners net in flieks sien, maar Johan Rademan neem jou op 'n Noorweegse-hondesleerit die ysveld in. Johan en Susan Claassens van Delmas gee ook 'n perspektief van hulle belewenisse in hierdie Nordiese land.
Reis sonder grense 07.04.2017 12:16
Johan Rademan kuier in die Noorweegse hoofstad, Oslo, by die Nobelvredespryssentrum en raadsaal waar die oorhandigingseremonie op 10 Desember elke jaar plaasvind. Luister na uittreksels van die vier Suid-Afrikaanse Nobelvredesprysontvangers en hoor wat die gids Eric en Suid-Afrikaners, Linde van Niekerk, Linda Wallace en Barbie Bredenkamp te sê het oor die ervaring.
Reis sonder grense 17.03.2017 12:03
Kirkenes is n dorpie in Noorweë wat aangewese is op toerisme vir oorlewing. In die winter is slee-ry, koningkrap eet en 'n besoek aan die sneeuhotel van die onmisbare elemente op die toerismespyskaart. Johan Rademan het in Kirkenes by die Sneeuhotel gaan inloer. Vanjaar se hotel het 26 kamers, elk met 'n eiesoortige tema wat deur Sjinese kunstenaars gedoen word.
Reis sonder grense 10.03.2017 13:34
Tromso is 'n navorsing- en universiteitsdorpie in Noorweë waar die Aurora Borealis, ook bekend as die noorderlig, bestudeer word. Die ekostelsel in die Arktiese-sirkel is fassinerend en ysseevlakke word ook in die polaruimnavorsingsentrum gemonitor. Johan Rademan gesels met teoretiese fisikus Hendrik Geyer oor die ligverskynsels; die arktiese marinebioloog Carl Ballentine vertel van sy studieveld;...
Reis sonder grense 03.03.2017 12:59
Johan Rademan gesels met Eric Durozard, 'n gids in Noorwee oor die bekende Gustav Vigeland Park in Oslo. Die beeldhou werke toon die mens in naakte vorm van die wieg tot die graf. Ander kultuurskatte van Oslo word ook ingesluit soos, Henrik Ibsen, die skrywer wat as dramaturg as die vader van realisme bekendstaan. Edvard Grieg, waarskynlik Noorwee se bekendste komponis kom ter sprake(Grieg het jui...
Reis sonder grense 10.02.2017 15:43
Baie Suid-Afrikaners se ervaring van 'n Indiese Oseaan-eiland is Mauritius, maar daar is 'n beeldskone eweknie - die minder bekende Reunion, wat 215 kilometer suidwes daarvan lê en wag vir toeriste. Die eiland, wat deur Frankryk geadministreer word, is lid van die sogenaamde vanielje-eilandgroep, saam met Mauritius, die Seychelles, Madagaskar en Mayote. Dit kan ook as deel van 'n luukse bootvaart...
Reis sonder grense 21.01.2017 9:11
Johan Rademan gesels met Chris Schalkwyk oor die Nkabeni-, Shalati- en Malelane-gemeenskappe naby die Krugerwildtuin se inskakeling by reisprojekte.
Reis sonder grense 13.01.2017 6:03
Johan Rademan gesels met Liesl Nel , bestuurder van Le Boat SA, kanaalboottoere in Frankryk. Meer as 4 000 Suid-Afrikaners het in 2016 op die Franse kanale gaan vaar, en vanjaar word 'n groei van 20% verwag.
Reis sonder grense 02.12.2016 10:53
Johan Rademan gesels met Mark Botha van die Cederberge oor rotsklim, en plaaslike asook internasionale belangstelling in die rotsgesteentes vir klimdoeleindes in die Clanwilliam-omgewing.
Reis sonder grense 11.11.2016 17:19
Die oudste woestyn op die aarde is die Namib. Johan Rademan gesels met Jaques Delport, wat saam met sy pa die woestyn gekarteer het vir toeganklikheid vir toeriste voor daar GPS-stelsels was. Voor die kartering het die woestynbewoners, die Toppenaars, reeds daar geleef en oorleef. Len Kootjie, die seun van die bekende kultuurleier Sev Kooitjie, vertel meer oor sy siening van die woestyn en toerism...
Reis sonder grense 07.10.2016 8:51
Johan Rademan gesels met Gys Botha oor AEL-bewaring en opleiding deur benutting van die omgewing soos in die Kgalagadi en die Suide van Namibië.
Reis sonder grense 07.10.2016 8:51
Johan Rademan gesels met Gys Botha oor AEL-bewaring en opleiding deur benutting van die omgewing soos in die Kgalagadi en die Suide van Namibië.
Reis sonder grense 30.09.2016 5:27
Terrance April gesels met Ignacio Blanco van LATAM AIRLINES wat binnekort tussen Suid-Amerika en Suid-Afrika sal vlieg.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.