RSG
Reis sonder grense
Pak jou tasse en reis die wêreld plat saam met RSG.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Reis sonder grense 24.09.2016 9:24
Johan Rothman vertel vir Martelize Brink van sy voortgesette RAMSAR-Vleiland ontdekkings in Botswana en Namibië.
Reis sonder grense 09.09.2016 9:05
Afrikaburn, Suid-Afrika se Burning Man weergawe, vind jaarliks langs die Tankwa Karoo Nasionale Park op die plaas, Stonehenge, plaas. Verlede jaar het meer as 12 000 mense 'n Boheemse tydelike dorpie gestig waar musiek, kuns en vrye kreatiewe uitinge hoogty vier. Die Amerikaanse Burning Man het laasjaar meer as 60 000 mense getrek na die Black Rock Desert in Nevada. Die eerste samekoms was in 1986...
Reis sonder grense 02.09.2016 16:41
Johan Rademan kuier langs die Breerivier tussen Malgas en Kaap Infanta waar hy met Elizabeth Pieterse, Harry Pieterse en Magrieta Loff gesels.
Reis sonder grense 26.08.2016 26:29
Johan Rademan besoek die stasiebevelvoerder van die NSRI op Stilbaai, Rico Menesies en sy span vrywilligers. Hy gesels met verskeie lede oor die Junior Akademie en maak ook 'n roetine-oefenlopie op die see mee.
Reis sonder grense 20.08.2016 2:48
David Kramer praat vertel van sy drie gunsteling wêreldstede waarheen hy graag reis.
Reis sonder grense 23.07.2016 7:10
Die De Hoop Natuurreservaat bied 'n puik walviskykervaring gedurende die blomseisoen. Johan Rademan gesels met Hannes Uys van Waterkloof-gastehuis in die Wes-Kaap oor die weggesteekte juweel.
Reis sonder grense 01.07.2016 8:39
Johan Rademan praat in Kuba 'n reisgids, Abelito, oor Guantanamobaai en die lied Guantanamera.
Reis sonder grense 24.06.2016 21:58
Terrance April kuier vir oulaas in Georgië. Hy doen aan by die Stalin-museum in Gori waar die Russiese leier gebore is; besoek 'n gebied waar oorblyfsels van grotte uit 'n oeroue-tydperk te sien is, asook die gewilde ski-oorde hoog in die Kaukasiese Gebergte wat aan Rusland grens.
Reis sonder grense 03.06.2016 7:40
Johan Rademan gesels met Marcelle Hammans van Immenhof oor die heuningboerdery in Nederland
Reis sonder grense 03.06.2016 24:20
Terrance April het die hoofstad, Tbilisi, in Georgië besoek en verneem ons van n ou gebruik om skaapwol te weef en van die kleurvolste produkte te maak. Ons verneem van die geskiedenis van die stad en sy mense en hoe hulle oorleef het ten spyte van talle aanslae deur vreemde magte in daardie geweste.
Reis sonder grense 27.05.2016 15:58
Johan Rademan gesels met Heinrich en Yvette Uys van Pretoria oor hul Kuba-ervaring. Heinrich vertel ook van sy jaarlikse besoek aan 'n F1 Grand Prix. Ons snorkel saam in die karribiese Eilande en Abelito, ons reisgids, vertel deur wie kuba ontdek is.
Reis sonder grense 27.05.2016 10:28
Martelize Brink het onlangs Tanzanie besoek en Johan Rademan het met haar gesels oor haar wortels in Arusha.
Reis sonder grense 20.05.2016 20:12
Terrance April kuier verder in Istanboel, Turkye. Een van die interessantste plekke wat hy aangedoen het, is die hoofkwartier van die Turkse Lugdiens. Daar het hy en 'n groep joernaliste die voorreg gehad om n kykie te kry in die streng opleiding van hulle vlieëniers en vlugkelners.
Reis sonder grense 20.05.2016 14:22
Johan Rademan het tydens die RSG Oppiwater Kunstefees 2016 by Wallvisbaai aan wal gegaan en die naburige Swakopmund besoek. Wessie van der Westhuizen vertel van die Strandhotel-konsep. Stephan Cook, 'n Duitse mini-bierbrouer, vertel van hierdie kunsvorm en Paulus Filipus soek 'n pasmaatgereg vir 'n eksotiese boetiekstylbier.
Reis sonder grense 13.05.2016 9:30
Johan Rademan gesels met Johann Rothmann oor die 21 uit 22 Ramsarvleilande van Suid-Afrika wat hy al besoek het.
Reis sonder grense 13.05.2016 21:43
'n Mens kan nie uitgekuier raak in 'n ou wêreldse stad soos Istanboel nie. Terrance April sit sy reis in Turkye voort, en vertl van die argitektuur die Ottomaanse Ryk en watter invloed die Sultans van destyds op die stad en sy mense gehad het. Daar word gekuier by 'n indrukwekkende vyfster hotel aan die oewer van die Straat van Bosporus, asook die Somerpaleis van die Sultans. Die gebou is vandag '...
Reis sonder grense 07.05.2016 6:16
Johan Rademan gesels met Elna Ritten oor haar ervaring van Kuba. Sy is 'n Suid-Afrikaner wat nou in Nieu-Seeland woon en onlangs saam met 'n groep Suid-Afrikaners in Kuba gekuier het.
Reis sonder grense 06.05.2016 23:10
Terrance April was in Istanboel in Turkye. Hy wys ons die prag en swier van hierdie wêreldstad.
Reis sonder grense 30.04.2016 18:07
Johan Rademan gesels met 'n paar Suid-Afrikaners oor hulle besoek aan Kuba.
Reis sonder grense 22.04.2016 12:31
Johan Rademan het op sy onlangse besoek aan Kuba met Yolandi Roets van Orania gesels oor die persepsies teenoor die werklikheid van Kuba.
Reis sonder grense 15.04.2016 22:06
Terrance April kyk na die oorwegend Katolieke bevolking van Mosambiek en die feit dat daar oral pragtige kerkgeboue is waar die voorgeskrewe liturgieë vir gebeure, soos 'n troue, streng gevolg word. Maputo, die hoofstad, is ook bekend vir sy argitektuur soos die Polana Hotel, wat spog met fasades en vleuels wat uit die Britse koloniale era dateer, asook talle ander geboue wat goeie voorbeelde van...
Reis sonder grense 09.04.2016 21:13
Maputo spog met die beste voorbeelde van Art Deco-argitektuur in die wêreld. Talle van die geboue is deur Mosambiek se voorste argitek, Pancho Degga, ontwerp. Nog 'n uitstaande kenmerk van die koloniale glorie is die fyn mosaïekwerk wat oral te sien is. Die bekende ebbehoutboom kom ook volop hier voor en daar is talle voorbeelde van hoe hierdie duursame hout aangewend is – nie net in klaviere nie,...
Reis sonder grense 09.04.2016 21:13
Maputo spog met die beste voorbeelde van Art Deco-argitektuur in die wêreld. Talle van die geboue is deur Mosambiek se voorste argitek, Pancho Degga, ontwerp. Nog 'n uitstaande kenmerk van die koloniale glorie is die fyn mosaïekwerk wat oral te sien is. Die bekende ebbehoutboom kom ook volop hier voor en daar is talle voorbeelde van hoe hierdie duursame hout aangewend is – nie net in klaviere nie,...
Reis sonder grense 09.04.2016 6:36
Johan Rademan kuier met die gids, Abelito, en verskeie Suid-Afrikaners in Kuba.
Reis sonder grense 09.04.2016 6:36
Johan Rademan kuier met die gids, Abelito, en verskeie Suid-Afrikaners in Kuba.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.