RSG
Reis sonder grense
Pak jou tasse en reis die wêreld plat saam met RSG.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Reis sonder grense 20.02.2016 20:17
In die laaste episode van Terrance April se kort besoek aan Abuja, Nigerië se hoofstad, kuier hy as deel van 'n groep joernaliste by 'n kunsgallery waar verfwerk op materiaal en verskeie ander mediums vervaardig en uitgestal word. Die Wes-Afrika land is nie skaam om sy kultuur uit te beeld nie, vandaar die kleurvolle kostuums wat hulle as alledaagse drag aantrek.
Reis sonder grense 13.02.2016 11:23
Terrance April vertel van 'n heuwel wat deur die plaaslike bevolking as heilig beskou word, en waar talle legende en verhale afgespeel het. Daar is ook 'n pottemakery waar mense uit die omgewing van die mooiste kunswerke uit klei vervaardig met oeroue metodes.
Reis sonder grense 06.02.2016 17:51
Terrance April besoek Abuja, die hoofstad van Nigerië. Die besoek het saamgeval met die nooiensvlug van SAL tussen Johannesburg en Abuja. Dit is 'n regstreekse vlug en bied nou geleentheid vir sakelui en veral regeringsamptenare om direk tussen die twee belangrike stede te vlug, sonder om eers n draai in die besige Lagos te maak. Terrance en 'n groep joernaliste besoek 'n tradisionele Nigeriese re...
Reis sonder grense 30.01.2016 8:58
Johan Rademan gesels met Johan Rothmann oor Wêreld Vleilandedag op 2 Februarie, en hoe toerisme vleilande beïnvloed.
Reis sonder grense 16.01.2016 12:43
Dee Lourens van The Good Holiday gesels oor haar toptoere van 2015, en verduidelik wat vir toeriste voorlê in 2016.
Reis sonder grense 19.12.2015 19:45
In die vierde en laaste episode oor Maleisië, besoek Terrance April die bekende Batu-grotte, die koninklike paleis, 'n bekende batikfabriek en die asemrowende Petronastorings.
Reis sonder grense 07.11.2015 25:01
Terrance April sluit sy besoek aan Dar es Salaam en omgewing af met 'n besoek aan die Hoë Kommisariaat, 'n gesprek met n gids wat baie bewus is van natuurbewaring en volhoubare ontwikkeling, asook 'n straattoneel in die aand in die asemrowende Oos-Afrikastad.
Reis sonder grense 31.10.2015 24:43
Terrance April sit sy reis in Dar es Salaam voort. Ons hoor onder andere hoe 'n Rastafariër sy land beskryf, 'n Suid-Afrikaner wat baie gelukkig is in Tanzanië, en van 'n booteienaar wat baie doen om die plaaslike gemeenskap op te hef en jongmense op te lei in die toerismebedryf, veral wat bootritte betref. 'n Verteenwoordiger van SAL vertel ook hoekom verkeer tussen die twee lande so druk is.
Reis sonder grense 24.10.2015 0:58
Terrance April het onlangs 'n draai in Dar es Salaam in Tanzanië gemaak en met 'n paar interestante mense oor hulle indrukke van die land en sy mense gesels. Hierdie insetsel neem ons op die reis vanaf die O.R. Tambo-lughawe in Johannesburg tot by 'n hotel in die middestad van Dar es Salaam, wat 'n sterk verbinntenis met Suid-Afrika het.
Reis sonder grense 17.10.2015 3:31
Johan Rademan gesels met Esther Koch oor die naamgewingseremonie van die babagorillas in Rwanda.
Reis sonder grense 03.10.2015 8:03
Johan Rademan gesels met Henry en Annette Vlok oor 'n Andre Rieu-konsert wat hulle in Maastricht bygewoon het.
Reis sonder grense 03.10.2015 6:17
Johan Rademan gesels met Kaptein Theun Sybrands van Nederland oor bootvaarte.
Reis sonder grense 19.09.2015 10:43
Johan Rademan gesels met Griekwa-leier, hoofman Stanley Petersen, en lede van die SAN-gemeenskap, Jacob Rooi en Abraham Losper.
Reis sonder grense 15.08.2015 6:00
Johan Rademan gesels met 'n matrikulant, Marita van Zyl van Hoërksool Die Wilgers, oor haar ervaring van Nederland en België.
Reis sonder grense 01.08.2015 8:16
Johan Rademan gesels met Willem en Rene Fourie van Keimoes, en Sallies Botha van Botswana oor hulle ervaring van landelike Nederland, en blywende indrukke na hulle vaart op die Ysselmeer, Markenmeer en Amsterdamkanaal.
Reis sonder grense 01.08.2015 7:55
Johan Rademan praat met Andries Erwee van Themba Toere oor Suid-Afrika se nuwe visaregulasies oor onverkorte geboortesertifikate.
Reis sonder grense 25.07.2015 10:56
Johan Rademan praat met Petro Marais en Mirz Braams oor Zaanse Schans in Amsterdam.
Reis sonder grense 16.05.2015 6:18
Johan Rademan gesels met Mari Hudson oor haar ervaring van Malta as vakansie-bestemming.
Reis sonder grense 09.05.2015 15:05
Johan Rademan gesels met Jacques Hatting oor die Bucket Club se motorfiets-ervaring in die suide van Chili.
Reis sonder grense 25.04.2015 6:35
Johan Rademan in gesprek met Mareli Louw, kleindogter van Christine van Wyk, wat in die ouderdom van 97 oorlede is, oor haar liefde vir reis, en hoe haar ouma se paaie met toerisme gekruis het.
Reis sonder grense 06.12.2014 6:29
Johan Rademan besoek 'n Sihk-tempel in Nieu-Delhi saam met gids Arjen. Johan gesels ook met Annemarie de Beer van Kroonstad oor haar besoek aan die subkontinent.
Reis sonder grense 29.11.2014 9:07
Johan Rademan gesels met Maggie Steyn oor haar ervaring van Indië en Nepal. En die gids, Diwarka, vertel meer van Khatmandu in Nepal. Daarc is ook 'bn verbyvlug by Berg Everest.
Reis sonder grense 15.11.2014 9:18
Die skilder Conrad Theys en sy vrou, Elisabeth, het onlangs saam met Johan Rademan in Indië en Nepal gereis. Johan gesels met hulle oor die ervaring.
Reis sonder grense 08.11.2014 9:02
Johan Rademan gesels met Bharat Bedi van Indië, en Melanie Steyn gee terugvoer van haar besoek aan Indië en Nepal.
Reis sonder grense 25.10.2014 13:23
Johan Rademan het onlangs Indië en Nepal besoek. Hier deel Suid-Afrikaners wat saam met hom op reis was, hulle ervaring.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.