RSG
Radioteater
Teater van die verbeelding. Die dramas word in twee seisone uitgesaai: April tot Junie en Oktober tot Desember.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
DROSTERS deur Herschelle Benjamin 17.10.2019 26:11
Michelle is alweer besig om te dros, of in haar eie woorde: “ek staak skool...” Haar maats Ruben, Sammy-Jo, Nicolaas en Pietie word egter vir die eerste keer, en uit die bloute na haar huis genooi vir 'n partytjie. Hier ontdek hulle 'n heel ander Michelle en 'n “geheim” wat 'n reuse-impak op hulle lewe het. Die spelers is Greteli Fincham as Michelle, Graeme Watson as Ruben, Adri Waterboer as Sammy...
DIE PRYS VAN GLO-STOF deur Retief Scholtz 17.10.2019 31:21
Hierdie darma bied aan hoërskoolleerders die unieke geleentheid om hulle talente voor die mikrofoon te wys. RSG, ATKV en die Nasionale Toneelspelkompetisie bied met trots 'n tienerstorie aan waarin individualisme, koppigheid, voortvarendheid en dryfkrag lei tot 'n baldadige avontuur. Vier deelnemers aan die Toneelspelkompetisie speel die rolle van drie uiteenlopende kinders en 'n elf wat in 'n bos...
OP DIE PAD NA ACAPULCO deur Chris Barnard 10.10.2019 1:00:18
Simon en sy vrou, Mia, swerf deur 'n oorloggeteisterde land op pad na Acapulco, 'n simbool van die paradys of utopie. Die paradys bly onbereikbaar en hulle bly uitgelewer aan die geweld, maar die hoop hou hulle tog aan die gang. Die tragiese radiodrama word 'n skrikwekkende voorstelling van hoe magteloos mens teen oorlog en geweld is, waar die vlug weg daarvan nie help nie, maar teengeweld ook nie...
DIE VROU OP DIE SKUIT deur Elise Muller 03.10.2019 48:56
'n Gesin neem hulle jong onskuldige huishulp, Bessie, saam met vakansie na Duinebaai. Sy sien vir die eerste keer die see, ry vir die eerste keer op 'n boot en ontmoet 'n jong boer en visserman, wat haar lewe onherroeplik verander. Die gesin keer na agt jaar weer terug na Duinebaai, en spoor vir Bessie weer op. Tot hulle verbasing moet hulle hoor dat haar lewe, noodgedwonge, 'n heel ander wending...
BESOEK VAN DIE GRENSBREKER deur Manie Groenewald 27.06.2019 1:00:02
Die radiodrama is 'n verhaal oor drie susters, hulle onsekerhede en hulle diepste geheime. Die rolle word vertolk deur Elma Potgieter, Karen Wessels en Heidi Mollentze. Na hulle ma se dood kry 'n besoek van 'n man wat nie is wat hy voorgee nie. Dit verander hulle lewens ingrypend, en stel hulle in staat om hulle drome te verwesenlik.
GERT GARRIES - ‘N BAAISIEKEL BLUES deur Pieter Fourie 20.06.2019 1:23:03
Gert Garries wat in opdrag van RSG Drama deur Eben Cruywagen van verhoogteks na ‘n radioteater getransponeer is, bring amper ‘n derde dimensie na vore uit die oorspronklike Leroux-stof wat herbewerk is deur Fourie en dan nog ‘n bietjie genre-bemesting gegee word deur Cruywagen via sy aanpassing vir die radiomedium, sodat ‘n vrugbare uitvloeisel tot wasdom kom as radioteater. Die verteller/regisseu...
AFKOELING deur Martyn le Roux 13.06.2019 49:30
Die Vermaak-gesin is in 'n doodloopstraat. En dit is steeds snikheet in die Kaap. Amanda is in matriek, sy verwag 'n baba en is geskors. 'n Dwelmbaas is op die gesin se spoor en soek die boks met sy “ware”. Arme Danie se studies is opgeskort en hy sit sonder werk. En boonop het ma Linda en ouma hul laaste bietjie geld uitgedobbel. Om alles te kroon, het pa Fanus toe nie die bure se kefferbrak Elvi...
ERFPORSIE deur Ronel Mostert 06.06.2019 54:07
Lilian is 'n bobaas-sjef wat oorreed word om haar suksesvolle bistro te verruil vir 'n posisie by 'n gastehuis op 'n spoggerige wynplaas. Gou blyk dit 'n positiewe verandering te wees, as sy nuwe hoogtes bereik met haar verruklike geregte... Maar is alles so idillies as wat dit voorkom?
KAREL SE OUPA deur Retief Scholtz 30.05.2019 1:24:41
Negejarige Karel du Toit kan met sy oupa oor enige iets gesels. Oupa Karel beantwoord rustig sy kleinseun se vrae, behalwe een vraag wat hy nie weet hoe om te antwoord nie. Met gesprekke wat nie meer vermy kan word nie, en die realiteit wat ongenooid aan die voordeur klop, raak die aand vir almal betrokke een wat hulle nooit sal vergeet nie. Karel se oupa is ʼn stuk wat met deernis delf in die lew...
OUMA OP HAAR BESEM deur Annika Swanepoel 23.05.2019 59:41
Die liefde tussen twee jongmense kom te staan voor 'n toets van ouerdruk en vorige verhoudings. Wanneer Marinda, 'n duikinstrukteur, en Jay-Z, 'n sakeman wat eintlik wil skilder, se liefde in gedrang kom, deel Marinda se Ouma 'n belangrike les met Jay-Z se beherende ma. Sal dit genoeg wees om hulle liefde te red, en sal Jay-Z mans genoeg wees om te veg vir die een waarvoor hy lief is?
KLIPPE WAT VAL deur Philip Rademeyer 16.05.2019 1:22:14
Abrie en Kannetjie het saam grootgeword op ‘n afgeleë plaas. Kannetjie se geestesgetremdheid en die feit dat Abrie die seun van plaaswerkers was, het nie gepla nie. Hulle was boesemvriende. Toe gebeur daar dinge, en Abrie is weg stad toe. Jare later, toe Kannetjie se ma op sterwe lê en niemand anders na hom kan omsien nie, keer Abrie terug plaas toe. Tydens die dinamika wat volg word universele me...
WILHELM TELL deur Friedrich Schiller 09.05.2019 1:05:47
Goewerneur Gessler se perderuiters jaag 'n boer tot in die meer, maar die Switserse baasskut Wilhelm Tell probeer die man red. Dit lei tot 'n onderonsie tussen hom en die goewerneur. Die boere, jagters en vissers is eenvoudige, godvresende mense wat glo dat elkeen sy menseregte uit die Hand van die Skepper ontvang. Geen keiser of koning kan hulle hul vryheid skenk nie. Tell word deur die goewerneu...
ANDERS GEVEER deur Sophia van Taak 02.05.2019 1:07:01
'n Tienerseun met met Aspergersindroom begin 'n ongewone vriendskap met 'n moeilike ou man op 'n klein plattelandse dorpie waarheen hy en sy enkelma verhuis. Nadat hulle vir die hoeveelste keer van vooraf moet probeer om in te pas en 'n bestaan te maak, voel hulle algaande meer tuis en leer die seun alles oor vlugduiwe by die ou man. Die vriendskap neem egter 'n tragiese wending.
DIE SELLE deur Herman Cronjé 18.04.2019 57:20
'n Welgestelde, spoggerige vrou kom te hore van 'n rewolusionêre prosedure waarvolgens die kloning van 'n mens vervolmaak is deur varke te transmuteer om uiteindelik die voorkoms en persoonlikheid van 'n gasheer-mens aan te neem. Sy is ongelukkig getroud met 'n bombastiese narsis, en besluit om die nuwe prosedure (sonder haar man se medewete) op die proef te stel...
ONTRUIM deur Esta Steyn 11.04.2019 54:10
Manus en Willemien is sewentig, en moet hulle groot huis opgee en afskaal. Om weg te gooi en op te pak nadat hulle hulle lewe lank versamel het, is nie maklik nie. Hulle het soveel goeie herinneringe, maar in die proses ontdek hulle ook 'n paar lelike geraamtes, en vlam ou verwyte weer op.
LIEWE PYNAPPEL deur Anna Greenfield 04.04.2019 1:05:42
Elsa is hoogswanger, en haar ginekoloog het voorgestel sy begin skryf vir "Pynappel" (Elsa se naam vir haar baba omdat sy nie die geslag wil weet voor die tyd nie) om haar gewaarwordinge en gevoelens in hierdie tyd met haar te deel. Die idee is om dan die briewe as e-posse te stuur na 'n rekening toe, en om eendag, as haar kind 18 is, vir hom of haar die wagwoord te gee sodat hy of sy die briewe k...
MIKE EN MAVIS deur Wessel Pretorius 27.12.2018 40:03
Mavis Kellerman, ʼn weduwee wat haarself afgesluit het van die wêreld, behalwe vir haar e-posse met haar dogter, en haar weeklikse kerkdiens, ontvang 'n uitnodiging vir die opening van 'n nuwe bioskoop wat spesialiseer in klassieke rolprente. Die eienaar, Mike Lewis, is 'n eksentrieke jongkêrel met ʼn ewige romantiese siel. Mavis besef gou dat Mike daarop uit is om haar hart te wen, en bevind haarse...
ELKE POT deur Perdita van Dijk du Bois 20.12.2018 1:01:53
Martie, 'n kunssinnige en verfynde vrou in haar vyftigs, is verbaas en effe onthuts dat haar jonger laatlam-suster vir haar probeer man soek. Wanneer sy uitvind dat haar sus kanker het, verander dit die prentjie. Tydens die dinamika wat volg, word universele menslike gedrag uitgebeeld in 'n teer verhaal van liefde en menslikheid in die aangesig van die dood.
GEBLIK deur Esther von Waltsleben 13.12.2018 47:21
Die grootbaas van De-Lish besluit om sy franchise se sakebelange te beskerm, en stuur sy seun en jong ambisieuese werksvriend na Blikfontein om op die De-Lishrestaurant daar te spioeneer. Slim vang sy baas wanneer die twee jong jukkerige mannetjies met hulle eie agendas hulle vasloop teen die restauranteienaar en sy oorlede vrou se twee dogters. Die twee jaag die hormone behoorlik op, en Abel se t...
ROAD TRIP deur Corné Joubert 06.12.2018 58:38
Twee vroue wat ry agter vryheid aan. Een pad wat lelik skeefloop. Jana en Stephanie, stadsmeisies en beste vriendinne, vat die pad die Karoolandskap in om hulle koppe skoon te kry en nuwe avonture te beleef. Die avontuur wat hulle inwag, is nie heeltemal die soort wat hulle in gedagte gehad het nie. Daar skuil meer om die volgende draai as net rustige plase met hubare boere.
LIGTER AS DIE WIND deur André Kotzé 29.11.2018 1:08:17
Dirk Ligter was 'n berugte skaapsteler uit die Hantam se wyk. Hy het van plaas tot plaas beweeg, soms fluks gewerk, al wat vroumens is, beïndruk, dikwels skaap gesteel, geslag en gebraai, maar nooit sommer homself laat vang deur die polisie nie… ten minste nie as hulle hom te perd probeer jaag het nie. Daarvoor het hy te vinnig gehardloop. Maar soms, net as hy wou, het hy hom laat vang, en self aa...
DIE JUDASBOK deur Dalene Matthee 22.11.2018 49:31
ʼn Jong bruin man raak in die jare tagtig verlief op 'n wit onderwyseres. Weens apartheidswetgewing is hulle verhouding nie net gedoem nie, dit is onwettig en strafbaar. Die paartjie beplan om hulle in Londen te gaan vestig, maar eers wil die jongman sy ma, 'n kombuishulp op 'n plaas in die Klein-Karoo, gaan groet. Sy besoek het verreikende en onvoorsiene gevolge vir al die betrokkenes...
NOG NET TWEE WEKE deur Helena Hugo 15.11.2018 48:33
Esta is sewentien, en haar ouers se enigste kind. Sy is mooi, slim en talentvol. Haar toekoms blink, maar dan tuimel haar drome inmekaar. Moet sy haar ouers in haar vertroue neem of nie? Die uitkoms verg byna bo-menslike dapperheid en die grootste opoffering denkbaar.
DIE VOËLHOK deur William Oosthuizen 08.11.2018 56:32
'n Polisie ondersoekspan probeer die oorsaak van die dood van 'n bejaarde vrou bepaal, wie se lyk in 'n voëlhok in die agterplaas van haar huis gevind is. Wanneer wyle Edith Visagie se seun, Niel, uit Kanada aankom vir sy ma se begrafnis, blyk dit gou dat sy pa, Bertus Visagie, nie regtig jammer is sy vrou het hom ontval nie. Het hy haar hulpkrete daardie koue nag geïgnoreer, of was daar dalk iets...
DIE FIETSTOER deur Joa Bekker 01.11.2018 58:37
Wat het hulle besiel? Oom Jannes op 64 (Dirk Stoltz) en die bloedjong Chilli op 22 (Christopher van der Westhuizen) besluit om per fiets saam deur die Karoo oor Prins Albert na George te ry. Hulle gee hulleself net tien dae tyd om die rit te voltooi. Elkeen het sy eie motief oor waarom hy op die toer gaan. Kort voor lank blyk dit dat nie elkeen is wie hulle voorgee om te wees nie, en aan die einde...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.