RSG

Radioteater

Arts AF ↓ 388 episodes

Teater van die verbeelding. Die dramas word in twee seisone uitgesaai: April tot Junie en Oktober tot Desember.

Author

RSG

Category

Arts

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jun 25, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

SOEK deur Madeleine Volschenk 25.10.2018

Letsie verdwyn spoorloos uit 'n gastehuis op die Kaapse platteland. Wat het met haar gebeur? Die ander gaste leer mekaar en die eienaars beter ken terwyl hulle bespiegel oor haar en die land se veiligheid. Wanneer Hester Ruiters by 'n plattendse gastehuis kom kuier om te skryf aan haar eerste boek, verdwyn een van die ander gaste en kry sy baie idees vir haar nuwe boek. Is Letsie in gevaar? Het sy...

DIE TESTAMENT deut Rhona Peens 18.10.2018

Oom Josef Rossouw sterf, en sy familie en werkers word na die prokureur se kantore genooi sodat die testament vir hulle gelees kan word. Daar is miljoene rand in die boedel, maar dan word oom Josef se lys voorwaardes gelees... Skielik klink die belofte van 'n stewige erfporsie eerder na 'n nagmerrie, en veral Herman en Katinka se dogter, Zenobia, begin kapsie maak. Oom Josef dirigeer die gebeure m...

LAAT HERFS deur Richard van der Westhuizen 11.10.2018

Andrew Beyers se lewe het, soos die meeste mense s'n, nie heeltemal verloop soos wat hy graag sou wou hê nie. Dan ontmoet hy, heel toevallig, 'n sprankelende jong kunstenaar, en sy verander sy lewe ingrypend…

ONTYDIGE TYDINGS deur Albert Short 04.10.2018

Ontydige Tydings is 'n opvolg op 'n Voorlopige Begrafnis. Dis alweer begrafnistyd, maar die kis is swaar en die begraafplaas lê ver op 'n hoogte. Dan bedink iemand 'n plan. Dalk kan hulle die kis sommer met die lugballon soontoe vlieg? Dis veilig. Niks kan verkeerd gaan nie. Of kan dit?

WAAR IS TOMAS? deur Zoë Ras 28.06.2018

Emma le Roux is 'n jong versorger wat na 'n bejaarde wewenaar, Giel Vermaak, moet omsien. Hulle verhouding is uit die staanspoor problematies. Tog kom Emma gou agter dat haar tyd saam met Giel haar lewe handomkeer gaan verander. Giel neem mettertyd vir Emma op verskeie avonture, wat haar dwing om haar verbeelding op speels dog kragtige maniere te gebruik. Emma leer dat 'n mens se verbeelding jou k...

DIE REINE WAARHEID deur Eleanor Lombard 21.06.2018

Wanneer 'n poskantoorwerker in 'n klein dorpie 'n storie oor een van die inwoners oorvertel, kry die storie stertjies by en word dit al hoe meer sensasioneel soos dit versprei. In 'n verrassende wending sorg die slagoffer later vir komiese gevolge.

KOLSKOOT VISAGIE deur Christopher Joynt 14.06.2018

Hierdie drama vertel die tragiese verhaal van Barend Visagie en sy seun, Willie. Dit speel in 1948 in die Swinburne-distrik af. Hoewel dit n fiktiewe storie is, is die drama is geskoei op die Suid-Afrikaanse volkslegende waarop C.M.van den Heever sy gedig, Waar ruwe rotse, gebasseer het.

DIE GANG deur Joe Kleinhans 07.06.2018

Die dag nadat wewenaar Jakob Swart by die Tuisbes-tehuis intrek, word hy in 'n kantoor betrap waar hy, selfoon in die hand, in 'n kabinetlaai krap. Dis in dieselfde tyd waar daar 'n veldtog in die plaaslike koerante losbars oor die agteruitgang in die tehuis, met stawende foto's. Matrone Malan kan nie anders as om te dink dat Tuisbes met hulp van binne gesaboteer word nie. Jakob is en bly haar ver...

SKINK VIR MY 'N WHISKY deur Deon Johnston 30.05.2018

Die bestuurder van 'n supermarkgroep word koelbloedig deur 'n gemaskerde rower doodgeskiet, enkele dae voor sy tweede huweliksherdenking. Vir sy jong weduwee is die skok en verlies te groot, en sy pleeg selfmoord. Haar broer sweer om die skuldiges aan die pen te laat ry. Hy roep sy jarelange vriend en privaatspeurder se hulp in. Die vriend se lewe is egter in 'n warboel as gevolg van sy leefstyl,...

HITTEGOLF deur Martyn le Roux 24.05.2018

Fanus en Linda Vermaak woon in Belville saam met Fanus se ma en hulle twee “amper groot” kinders. Die “koors” van aardverwarming slaan toe wanneer die noodlot dit so wil hê dat klomp dinge op een baie warm dag skeefloop. Die gevolg is 'n absurde kruis met realisme in 'n sitkom-styl tragiekomedie wat kontemporêre temas soos dwelms, drank en dobbel aanraak. 'n Lag met 'n traan daarby.

KOP deur Schalk Schoombie 17.05.2018

Set Niemand is 'n belowende pianis. Hy word gediagnoseer met 'n vernietigende siektetoestand wat sy liggaam aanval. 'n Russiese gimnas word breindood verklaar en siedaar, Set se kop word op die gimnas se lyf oorgeplant deur 'n span Suid-Afrikaanse geneeshere in Moskou in die Kremlin. Aanvaar die kop en die lyf mekaar? Hoe reageer die medici daarop? En wat van eie belang? Is dit moontlik en volhoub...

‘N POPHUIS deur Henrik Ibsen 10.05.2018

Noora Helmer kan as 'n tipiese bedorwe en opgepiepte ryksmansvrou beskryf word. Haar man, Toorwald, is 'n bankbestuurder en hulle huwelik lyk op die oog af gevul met geluk. Maar op Oukersaand klop 'n skuldeiser aan Noora se deur en eis sy pond vleis. Dit bring haar nie net in konfrontasie met haar man nie, maar ook met haarself. Sy besef dat sy tot dusver net almal se speelding was. 'n Skadelose p...

'N VOORLOPIGE BEGRAFNIS deur Albert Short 03.05.2018

'n Man skryf 'n brief aan sy naasbestaandes om te vra dat hulle hom hierdie keer met die nodige respek sal begrawe. Waarom word hierdie man twee keer begrawe, en wat het fout gegaan tydens die eerste begrafnis?

ROMMEL, ROMMEL deur Lee Doubell 26.04.2018

Drie gesoute rowers – of is dit dalk eerder veteraantronkvoëls – beplan hulle eerste rooftog in twee jaar ná hulle laaste besoek aan die staatshotel. 'n Naïewe jongman, kraakvars van die plaas af, word aangestel om 'n swaarvragmotor in die rooftog te bestuur. Aanvanklik word die jongman met groot agterdog bejeën, maar uiteindelik moet hulle erken dat hulle 'n goeie belegging in die plaasjapie gema...

VLERKE VIR JASON deur Janine van der Linde 19.04.2018

Die verhaal belig die wrede situasie waarin die mense van die Kaapse vlakte hulleself bevind, die angs waarmee 'n moeder terugkeer van die werk af as sy haar kind tuis moes los, en haar stryd met die gevolge van 'n doodgewone Saterdaguitstappie. Hierdie drama is met die tweede prys in RSG en SANLAM se radiodramaskryfkompetisie van 2017 bekroon.

SPRINGGETY deur Sophia van Taak 12.04.2018

'n Talentvolle haikoedigter en kopieskrywer wat sukkel met depressiewe gedagtes, besluit sy het genoeg gehad van die lewe. Sy hou egter nie rekening met haar nuwe buurman en sy sagte hart nie. Wanneer Lena Dreyer leer om die lewe te aanvaar vir wat dit is, vind sy haarself weer op die pad van hoop en nuwe vriendskappe. Die lewe het egter ander planne met haar...

OORLEWING – C-BLOK deur Erica Harris 05.04.2018

Daniel en Klara bly in dieselfde woonstelblok waar 'n eksentrieke hawelose ou vrou gereeld met haar winkeltrollie vol nuttelose stofgaarders kom smous. Sy blyk egter oor veel meer te beskik as net haar trollie vol negosieware. Haar ryk lewenservaring het 'n blywende en ingrypende invloed op die twee jongmense, wie se lewens skynbaar nie volgens plan verloop nie.

QUINTIN ROY EN DIE PAASHAAS deur Helena Hugo 29.03.2018

Speel die Bybelse oorsprong van die Paasgebeure nog die rol wat dit behoort te speel, of word dit vertroebel deur heidense simbole en fantasieë oor die Paashaas en sy ware? Quintin Roy is 'n jong akteur wat sy bes doen om sjokolade te verkoop en kinders gelukkig te maak. Maar dan kom hy te staan teen ouddominee Broderick en die waarheid…

SJARRAP EN EET JOU KOS! deur Ilné Fourie 28.12.2017

Al ooit gewonder hoekom mense kelners word? Of wat deur hulle gedagtes gaan, veral as hulle met dom vrae bestook word? Of hoeveel dit van 'n kelner verg om net 'n klein gunsie vir iemand te doen, soos om 'n foto (of ses) te neem? Maak nader kennis met die psige en die stresvolle lewe van 'n kelner.

DIE NAG VAN DIE WYSES deur Zenobia Kock 24.12.2017

Die drama, wat die derde plek behaal het in die RSG/Sanlam Radiodrama-skryfkompetisie vir 2015, handel oor ʼn wanaangepaste oujongnooi (wat sommige simptome toon van Asperger se sindroom) wat die wêreld van ʼn afstand beloer. Dan gebeur iets wat haar buitengewoon laat optree en almal rondom haar verstom. Dit is ʼn soort Kersverhaal met heelwat kinkels en onthullings.

SEA POINT MANSIONS deur Annemarie Roodbol 21.12.2017

In 'n deeltitel-woonstelkompleks in Seepunt vind die inwoners uit dat die deelnemingskwota nie volgens die deeltitelwet toegepas word nie. Omdat 35% van die gebou uit winkels bestaan. en die residensiële en kommersiële komponente dus verskillende belange het, is daar gedurig konflik tussen die inwoners.

SPIEËLBEELD deur Ronel Mostert 14.12.2017

Andrea is een van 'n tweeling wat altyd aan die korste ent trek. Haar liefde vir haar suster maak dat sy gereeld toegee, aanvaar, die ander wang draai en keer op keer vergewe. Maar waar trek sy die streep en wanneer is genoeg, genoeg? Nadat die lewe en haar tweelingsuster haar weer eens teleurstel, gaan kruip sy by 'n vriendin weg om haar wonde te lek. Sal sy die lewe, die mense naaste aan haar en...

AKWARIUS deur Marion Erskine 07.12.2017

Baasspeurder Sakkie Joubert het al 'n hele paar reeksmoordenaars aangekeer. Dis sy spesialiteitsgebied. maar die laaste een, die een wat hy ten alle koste wil vastrek voor hy aftree, bly hom ontwyk. Dit word 'n dodelike kat-en-muis-speletjie tussen die jagter en die gejagte.

DIE JUDASBOK deur Dalene Matthee 23.11.2017

ʼn Jong bruin man raak in die jare tagtig verlief op 'n wit onderwyseres. Weens apartheidswetgewing is hulle verhouding nie net gedoem nie, dit is onwettig en strafbaar. Die paartjie beplan om hulle in Londen te gaan vestig, maar eers wil die jongman sy ma, 'n kombuishulp op 'n plaas in die Klein-Karoo, gaan groet. Sy besoek het verreikende en onvoorsiene gevolge vir al die betrokkenes...

…MY SKUILPLEK DIE KAAPSE STRATE deur Ilona Edwards 16.11.2017

'n Jong seun wie se ouers in die tronk is, besluit om die pad te vat omdat hy reken dis beter om op straat te woon as om heeltyd deur sy ouer broer afgeknou te word. Hy word deur bendelede geteiken, en ondervind 'n paar dinge waarop hy nie gereken het nie. Hy word deur 'n inisiasie geneem, wat hom laat terugverlang na sy veilige huis by sy ouma.

Listen to the Radioteater podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.