RSG

Radioteater

Arts AF ↓ 388 episodes

Teater van die verbeelding. Die dramas word in twee seisone uitgesaai: April tot Junie en Oktober tot Desember.

Author

RSG

Category

Arts

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jun 25, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

VERGELDING deur Susan Gaigher 09.11.2017

Wanneer iemand jou van jou kosbaarste besitting ontneem, per ongeluk of deur nalatigheid, en dit verander die res van jou lewe: wat doen jy? Vergewe jy of laat jy toe dat die boosheid in jou oorneem deur jou te wreek? Indien jy wraak kies, kan vergelding ooit regverdig word? Wat sou jy kies?

DOP deur Retief Scholtz 02.11.2017

'n Oud-Spoorwegwerker, Frank, en 'n jong kroegman, Tim, neem jou saam in 'n hartroerende ontbloting van hulle siele in 'n kroeg waar brandewyn nie brieke het nie. Frank, wat afgetree is, vier sy skrikkelverjaarsdag, maar daar is min vreugde in die aand. Hy, sy pa en sy pa se pa was almal Spories wat uit die arm deel van die dorp gekom het. Frank se idiomatiese taalgebruik sorg vir komiese momente...

LOTSBESTEMMING deur S.D. Fourie 26.10.2017

Liefde is ongetwyfeld een van die heel belangrikste dinge in enige mens se lewe. Wat van liefde met die eerste oogopslag? En is ouderdomsverskil werklik belangrik? Die drama speel af in 1881 op 'n skip. Dit is 'n intrige tussen 'n beeldskone, onervare jong meisie en die veel ouer skeepskaptein.

DIE MOOI MEISIES VAN BITTERFONTEIN deur Perdita van Dijk du Bois 19.10.2017

Dit is die verhaal van 'n groep vroue van die plaas Bitterfontein, wat oorgelewer is aan die behoeftes van die werkgewers. Die skrywer hanteer die probleme waarin so 'n geslote gemeenskap, wat afhanklik is van mekaar, met groot insig en geen sentiment nie.

MYMERINGE VAN 'N OU MAN deur Dolf van Niekerk 12.10.2017

Die 88-jarige Johan gesels met sy versorger, Dalene, en mymer: “Ek het altyd gedink die lewe is 'n wonder, en die dood 'n misterie. Nou dink ek dis andersom. Die lewe is 'n misterie, die dood 'n wonder. En hier is ek nog…” Ons leer ken ons Johan as kind, later student en jong man, en nou as bejaarde wat so tussendeur sy lewe en liefdes 'n sinvolle legkaart van al sy mymeringe probeer maak.

SAND deur George Weideman 29.06.2017

Petra en haar ma Ragel woon op die afgeleë plaas Waaisand in die dorre streke van Namibië naby Sossusvlei. Petra se pa het weggeloop toe sy nog 'n baba was, en sy koester steeds 'n wrok teen hom oor hierdie verraad. Sy verwag dat hy tog eendag sal terugkeer, soos 'n misdadiger terugkeer na die toneel van die misdaad. Twintig jaar later kom 'n sekere Herman by die plaas aan, op soek na 'n potjie ro...

DAGBOEK VAN ‘N WURM deur Martyn le Roux 22.06.2017

“Liewe Dagboek, Ek weier om 'n slagoffer van my omstandighede te wees...” Cassandra Viljoen is n belowende jong liggaamsbouer wat die sportsoort gebruik om bo haar omstandighede uit te styg. Nie almal in haar familie ondersteun haar egter nie. En dan is daar haar albatros...

GESIGSEINDERS deur Wim Vorster 15.06.2017

Die aspekte wat 'n blinde gemeenskap ervaar en mee worstel, is dikwels soos die van die sogenaamde normale gemeenskap, maar daar is kwessies en vrae wat hulle kwel en diep ontstig waaraan die siendes selde dink. Kwessies soos hoe droom iemand wat blind gebore is? Hoe voel die verskillende kleure? Wie blameer jy vir jou blindheid? Die drama is 'n enkele toneel waarin vyf blindes gesels oor hulle er...

TOEKA SE DAE deur Niel Steenkamp 08.06.2017

Grootouma Annabel vier haar honderdste verjaarsdag in 'n ouetehuis. Haar agterkleinkind Anton sou sy verlowing aan die meisie van sy drome op hierdie gedenkwaardige dag aankondig, maar familiebande verhoed hulle. Altans, so vermoed hulle...

AGTER TOE DEURE deur Perdita van Dijk du Bois 01.06.2017

Engela is raadop omdat haar man, Willem, al sy tyd agter 'n geslote deur deurbring. Sy is aanvanklik onwillig om hom daaroor aan te vat, maar met aanmoediging en raad van 'n lewensafrigter, en ook van haar geliefde tante, skraap sy uiteindelik die moed bymekaar. Wat sy uitvind verander haar en haar man se verhouding vir altyd.

KROKODIL deur Kirby van der Merwe 25.05.2017

'n Groepie vriende onderneem 'n toer op die spore van die destydse Grensoorlog. In Katima Mulilo, 'n dorp in die westelike deel van die Caprivistrook in Namibië en eertydse Suid-Afrikaanse weermagbasis tydens die Grensoorlog, raak hulle egter gestrand toe die ou oor-die-muur viertrekvoertuig se enjin finaal die gees gee. Terwyl hulle wag op die motorwerktuigkundige, kom 'n paar interessante onthul...

BOSLUISIE deur Ronel Mostert 18.05.2017

'n Jong vrou, wat meestal by haar tante groot geword het, moet die verlies van haar ouers verwerk. Tot haar verbasing is sy die erfgenaam van 'n geliefde Bosveld vakansie-oord, en dis hier waar sy te doene kry met die werklikheid van die stropery van renosterhorings en ook haar gevoelens vir haar kêrel in oënskou moet neem. Die drama is 'n liefdesverhaal wat afspeel in die Bosveld, waar die wreedh...

ADOLFIE EN DIE KLAVIER deur Madelein Rust 11.05.2017

'n Bekkige boervrou probeer allerhande plannetjies om 'n arm verstote gesin weer in die gemeenskap te integreer. Selfs die nuwe dominee is nie te heilig om by haar planne ingesleep te word nie, want dit lyk asof net 'n wonderwerk sal help. Sal sy slaag? Sal die gemeenskap bereid wees om die vreeslike verlede te begrawe en te vergewe? En indien wel, waarvandaan sal die wonderwerk kom?

PADKAARTE 04.05.2017

Padkaarte is 'n samestelling van drama, poësie en prosa, spesiaal vir die radio opgevoer deur sewe van die agt finaliste van die Nasionale Toneelspelkompetisie van 2016. Dit is 'n nuwe konsep om jong talent aan RSG se luisteraars bekend stel. Die jong akteurs is Tomley van Vuuren, Wian Taljaard, Cantona James, Mia van der Merwe, Rene Cloete, Jana van der Merwe en Jeani Heyns. Hulle reis onder ande...

POINTE-NOIR (EK EN DIE MAJOOR) deur Jan Lampen 26.04.2017

Suid-Afrikaanse huursoldate word in die Kongo gevange geneem ná 'n mislukte operasie. Hulle word onder haglike omstandighede in 'n gevangenis in Pointe-Noire, in die suide van die land, aangehou. Uiteindelik, na twee jaar, slaag die laaste twee oorlewende soldate om te ontsnap. Net een oorleef om hulle storie te vertel.

DIE KIND deur Janine van der Linde 20.04.2017

'n Jong ma van die Kaapse Vlakte rou steeds oor haar seun wat op sy sewende verjaardag spoorloos verdwyn het. Sy bly glo dat hy sal terugkom en dat hy nie dood is, soos almal glo nie.

NAGMAAL VIR TWEE deur die Gebruikerskomitee van die Moot Biblioteek, Pretoria 13.04.2017

'n Bejaarde Afrikaanse plaasboer en sy swart jeugvriend, 'n oudplaaswerker, bevind hulle saam in dieselfde ouetehuis. Op die vooraand van die kerkbasaar besluit die boer om 'n paar lekkernye te gaps om langs die rivier te gaan braai. Met brood en wyn wag hulle vir die hout om kole te word, maar die gesprek neem 'n wye draai terug tot in die verlede, met verreikende gevolge vir albei. Dit is 'n sen...

KOPSKOOT deur Gerda Kriel 06.04.2017

'n Verbitterde en onstabiele polisiekaptein wat 20 jaar laas bevorder is, beland by 'n professionele sielkundige met 'n praktyk êrens in Johannesburg. In die spreekkamer word daar dramatiese onthullings gemaak, en skielik neem die storie 'n heel ander wending...

VOOS GESKAAF deur Joe Kleinhans 29.12.2016

Cor Gericke en sy vrou, Lynn, (dis 'n tweede huweliksituasie) besluit om op hulle eie vakansie te gaan hou. In werklikheid het albei van hulle skelm verhoudings en wil vakansie hou by hulle huis. 'n Soort wittebrood in die kleine. Lynn en haar liefde, Theo Barlow, is eerste daar. Tweede wat opdaag is Ria Rupert, Cor se vriendin, en nou begin die spreekwoordelike poppe 'n dansie uitvoer waaraan alm...

DIE SOMER VAN SES EN VYFTIG deur Engela van Rooyen-Linde 24.12.2016

Twee oumense wag tevergeefs vir hulle seun wat ná die Tweede Wêreldoorlog as vermis aangegee is. In hulle hartseer raak hulle vervreemd van vriende en familie, maar elke Kersfees word die Kersboom hoopvol versier en in die voorkamer uitgestal vir die groot hereniging.

DIE SNEEUMAN deur Cecilia du Toit 22.12.2016

'n Seun met Down-sindroom word op 'n Vrystaatse plaas deur sy ouma en oupa grootgemaak. Elke jaar verbeel hy hom dat sy pa, wat hy nog nooit ontmoet het nie, met Kersfees daar sal opdaag. Die spesifieke Kersfees hou hy vol dat sy pa ook saam met hom 'n sneeuman sal bou. Wanneer daar dan wel 'n man sy opwagting op die plaas maak, word die grootouers met verlies en pynlike herinneringe gekonfronteer...

MET EEN VOET IN DIE GRAF deur William Oosthuizen 15.12.2016

'n Groep plaaswerkers kry die ontstellende nuus dat daar net een graf oop is in hulle begraafplaas. Hulle sal self moet besluit watter een van hulle die gesogte rusplek verdien. Elkeen wil met waardigheid die tydige met die ewige verwissel, maar om jou eie stukkie 'grond' te bekom, moet daar dalk eers 'n paar ou koeie uit die sloot gegrawe word... Tydens die dinamika wat volg, word universele mens...

ONOPGESLOSTE SAAK deur Barbara MacArthur 08.12.2016

Wat maak van 'n mens 'n moordenaar, selfs 'n reeksmoordenaar? En is dit hoegenaamd voorspelbaar dat iemand moord sal pleeg? Of kan iemand wat gewoon voorkom, en 'n gewone lewe ly, moord pleeg sonder dat iemand ná aan die persoon dit voorsien of verwag? Hoe goed ken ons werklik ons geliefdes?

DAG VAN DIE REUSE deur Pieter Pieterse 01.12.2016

ʼn Agtienjarige Portugese seun met ʼn lam voet word in Mosambiek groot tydens die burgeroorlog in die middel jare sewentig. Sy pa is verskeur tussen die rebelle en die regeringsmagte. Wanneer sy pa verdwyn, ontmoet hy ʼn wit Afrikaanse meisie wat ʼn busramp oorleef het. Saam takel hulle die Mosambiekse bosse met al sy gevare aan. Dan hom hulle op ʼn gewonde olifant af wat die jong João (Merlin Balie) m...

DAGBOEK VAN ‘N WURM deur Martyn le Roux 24.11.2016

“Liewe Dagboek, Ek weier om 'n slagoffer van my omstandighede te wees...” Cassandra Viljoen is n belowende jong liggaamsbouer wat die sportsoort gebruik om bo haar omstandighede uit te styg. Nie almal in haar familie ondersteun haar egter nie. En dan is daar haar albatros...

Listen to the Radioteater podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.