RSG
Radioteater
Teater van die verbeelding. Die dramas word in twee seisone uitgesaai: April tot Junie en Oktober tot Desember.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
SJARRAP EN EET JOU KOS! deur Ilné Fourie 10.11.2016 40:50
Al ooit gewonder hoekom mense kelners word? Of wat deur hulle gedagtes gaan, veral as hulle met dom vrae bestook word? Of hoeveel dit van 'n kelner verg om net 'n klein gunsie vir iemand te doen, soos om 'n foto (of ses) te neem? Maak nader kennis met die psige en die stresvolle lewe van 'n kelner.
DIE WITTEBROOD 2 deur Riana Scheepers 03.11.2016 1:01:18
Vir drie dae moet Lucas en Klara noodgedwonge in 'n omgewing vol paradyslike skoonheid, maar terselfdertyd lewensgevaarlike omstandighede, probeer oorleef. In die tyd dat hulle wag op 'n moontlike reddingspoging, gestroop van enige denkbare gerief of kos, kom die verskille in hulle persoonlikhede, asook elkeen se sterk en swak punte, dramaties na vore. Hulle bevraagteken hulle verhouding en wonder...
DIE TIKMASJIEN deur Pirow Bekker 27.10.2016 51:28
Met sy jongste radioteater probeer Pirow Bekker 'n verband lê tussen die tikmasjien en die waterboormasjien. Albei soek na water – die boormasjien regstreeks, die tikmasjien onregstreeks met die skep van lewe deur die woord. Water is immers lewe. Die liefde speel 'n prominente rol, veral die ontluikende liefde tussen twee jongmense. Maar die liefdesdraad kan ook verknoop raak en die boor- en tikma...
LITTEKENS deur Karien Polley 13.10.2016 1:39:10
Langs Coetzenburg het nie net 'n waterstroom gevloei nie, maar #SteveBiko is tragies dood in '76, en die #lawstudente en #dramastudente het #gerebel. Van hulle het onder #StilleWaters die #Duiwels laat ronddraai. 'n Storie van #Spioene vir en teen. #Veiligheidspolisie wat bedrywig was en #Liefde omgeskakel het in #Verraad en #Verwyt.
REISIGER NA KIMBERLEY deur Dolf van Niekerk 06.10.2016 56:23
Karen is 'n aktrise en geniet die wêreld van voetligte en applous. Haar man, Johan, bevind hom in die sfeer van die landbou en die wetenskap. Totdat hulle besef dat hulle huwelik nie meer is wat dit was nie. In die middel is hulle talentvolle veertienjarige dogter, Annelie. Hoe moet sy sin maak van die skielike nuus dat haar ouers se paadjies gaan skei? Intussen word Karen gekonfronteer met die ke...
AS ONS TWEE EERS GETROUD IS deur Gerhard J. Beukes 30.06.2016 59:40
Frans en Malie van der Merwe is op die vooraand van hulle silwer huweliksherdenking, maar besef dan dat hulle nie 'n huweliksertifikaat het nie. Is hulle werklik getroud, of leef hulle al die jare in “sonde” saam? Die klein Kallie het boonop sy “dieretuin”, bestaande uit 'n koggelmander, muis, spinnekop, padda en slang, in die voorkamer laat ontsnap. Wat is Oupa besig om uit sy broek te skud? En w...
KANNA HY KÔ HYSTOE deur Adam Small 29.06.2016 48:35
Kanna is die grootmaakkind van Makiet, 'n arm bruin vrou uit die werkersklas. Kanna se aanneem-ouers sien sy potensiaal raak en moedig hom aan om 'n opvoeding te kry en te ontsnap van die onderdrukking in Suid-Afrika en Distrik Ses. Hy presteer bo verwagting, maar in die buiteland. Vir Makiet, sy vriende en sy familie word sy terugkeer 'n simbool van hoop. Die drama wentel rondom hierdie afwagting...
RAGEL deur Fanie Viljoen 23.06.2016 47:59
Luan Loots hou daarvan om ander mense se weggooigoed by pandjieswinkels te koop. Hy beplan om alles te verkoop wanneer hy aftree, om vir hom en sy vrou te sorg vir hulle oudag. Dan kom hy op iets af wat hy dalk liewers op die winkelrak moes gelos het, want vandat hierdie ding in sy huis staan, gebeur daar vreemde goed... soms sommer helder oordag!
LEWE NA DIE NOOT deur Wilken Calitz 15.06.2016 1:12:06
Uit die pen van Wilken Calitz kry ons 'n verhaal van 'n sukkelende jong opkomende sanger, Johnny (Andre Terblanche), wat eers teologie studeer het en agv sy seksuele voorkeure in konflik met die kerk se gay-beleid kom. Sy lewensmaat, James (Marlow Minnaar) word gediagnoseer met kanker en dit is waar die papaja die waaier tref, want hulle het dringend geld nodig vir die chemo-behandeling. Hiervoor...
TEERLING 6: DIE PES deur PG du Plessis 02.06.2016 37:34
'n Dominerende skoolhoof ontvang 'n dringende SMS van haar onderdanige broer, wat as 'n laboratoriumassistent werk, om hom by 'n sekere adres in 'n krotbuurt te ontmoet. Uit die staanspoor is alles nie pluis nie, veral nie wanneer hy 'n video-opname van 'n nuusberig oor 'n reeksmoordenaar aan haar voorspeel nie...
SIEMBAMBA deur Marion Erskine 26.05.2016 58:58
Elri is Bertus en Rentia se enigste kind, en haar pa se oogappel. Hy sal enigiets vir haar doen, maar dit gaan nie goed tussen Bertus en Rentia nie, en vir Rentia is dit moeilik om te aanvaar dat hulle huwelik op die rotse is…
DIE WITTEBROOD deur Riana Scheepers 19.05.2016 59:59
Lucas en Klara is pas getroud. Lucas het die romantiese droom om sy bruid 'n ongerepte deel van Afrika te wys. Hy beplan hulle wittebroodsbestemming as 'n verrassing vir haar, wel wetende dat sy nie 'n natuurmens is nie, en dat sy eintlik hou van gerieflike vakansies in “beskaafde” plekke. Iets onverwags gebeur en hulle bevraagteken hulle verhouding. Hulle leer ken hulleself en mekaar, dalk vir di...
DIE REBELLIE VAN LAFRAS VERWEY deur Chris Barnard 12.05.2016 1:29:18
Lafras is 'n Jan Alleman wat vasgevang is in 'n burokratiese stelsel. Hy is 'n dromer en begin mettertyd lugkastele bou om van die sleurwerk te ontsnap. By die werk word hy gespot en hy sluit uiteindelik by 'n groep ondergrondse rebelle aan. Hy vervaardig vir hulle plofstof en smokkel wapens vir 'n rewolusie wat kom. Wanneer Lafras op sy fiets ry of selfs die badkamer besoek, marsjeer hy saam met...
JANE EYRE deur Charlotte Brönte 05.05.2016 1:14:47
Jane Eyre is 'n weeskind, maar ook 'n goewernante, wat later in Thornfield vir die jong Franse meisie, Adele, private klasse aanbied. Hier raak sy op meneer Rochester verlief. Die veel ouer Rochester vra haar om te trou, maar hulle troudag ontaard in 'n nagmerrie wanneer 'n gas aanvoer dat Rochester steeds met 'n ander vrou getroud is... Sal Jane en meneer Rochester ooit skuiling in mekaar se arms...
VERGIFNIS deur Charles J. Fourie 28.04.2016 58:58
Muriel, 'n ouerige vrou, kom woon op Touwsrivier. 'n Jong werker help haar in die tuin en steel haar beursie, omdat hy ook graag iets luuks en lekkers by die vulstasie wou gaan koop om te eet. Hy spandeer 'n nag in die tronk, en Muriel trek die saak van diefstal teen hom terug, mits... Wie is die eksentrieke vrou en hoekom het sy op Touwsrivier kom aftree?
GENADE deur Marita van der Vyver 21.04.2016 1:06:03
Kas Stuurman is 'n afgetrede koerantman en lief vir woordspeletjies, wyn, blokkiesraaisels en sy vrou. Door Stuurman is 'n afgetrede Afrikaans-onderwyseres en lief vir lees, reis, dans en haar man. Hul seun, Vic, woon in Kalifornië en is ver van sy geliefde ouers wanneer hulle lewens stadig maar seker begin verbrokkel weens Door se stadige agteruitgang.
DIE NAG VAN DIE WYSES deur Zenobia Kock 13.04.2016 59:11
Die drama, wat die derde plek behaal het in die RSG/Sanlam Radiodrama-skryfkompetisie vir 2015, handel oor ʼn wanaangepaste oujongnooi (wat sommige simptome toon van Asperger se sindroom) wat die wêreld van ʼn afstand beloer. Dan gebeur iets wat haar buitengewoon laat optree en almal rondom haar verstom. Dit is ʼn soort Kersverhaal met heelwat kinkels en onthullings.
DIE EKSENTRIEKES deur Erica Harris 07.04.2016 50:02
'n Vereensaamde vrou in 'n ouetehuis en 'n jong, eksentrieke student, wat nie aanklank vind by haar medestudente nie, bevriend mekaar toevallig en beïnvloed en begeester mekaar se lewe.
DIE IDEALE MINNARES deur Niel Steenkamp 31.12.2015 44:22
Is die romanse uit jou huwelik of verhouding? Dan gaan hierdie drama dit vir jou terugsit! Dit was een van die inskrywings vir die RSG/SANLAM Radiodramaskryfkompetisie van 2012 wat die aandag getrek het met sy tema waarmee baie volwasse luisteraars sal kan identifiseer. En daar is 'n verrassende slot...
BLINDEMOL deur Chris Barnard 29.12.2015 44:03
Om Chris Barnard te eer, saai RSG sy bekroonde drama Blindemol uit. In 2008 het hy die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se erepenning vir radiodrama daarmee ontvang. Barnard het die medium baie goed geken en verstaan en het die stemmingsvolle werk oor 'n blinde klavierstemmer, Dolf, geskep. Dolf is reeds oorlede. Nou kan hy die kleindorpenaars sien en met hulle in gesprek tree, veral...
‘N KERSSPEL VIRRIE KIND deur Willem Fransman Junior 25.12.2015 42:48
Die Kaapse Bergies, Miester Brand, Myra en Bekkies, besluit om 'n Kersspel op te voer vir 'n jong seun wat gom snuif.
TUSSEN STASIES deur Henriette Fowler 17.12.2015 53:22
Die drama kyk na die lewe van 'n sestienjarige tweeling, Santie en Rika, wie se ouers oorlede is. Hulle beland by 'n tante en haar geweldadige dronklap minnaar. Santie neem die leiding neem aangesien Rika in die ongeluk waarin hulle ouers gesterf het, breinbeserings opgedoen het. Wanneer dit te ondraaglik raak by hulle tante, klop hulle by die buurvrou aan om hulp. Hulle lewe word egter net moeili...
WILDE ROOSMARYN deur Daleen Krüger 10.12.2015 45:14
'n Violis kom uit die buiteland terug na Suid-Afrika en die dorpie waar hy sy geliefde verlaat het om 'n loopbaan in die buiteland te bou. Hier ontdek hy dat soveel veranderinge plaasgevind het, maar dat daar tog baie is wat herinnerings by hom oproep.
HASHTAG HASEPAD deur Marion Erskine 03.12.2015 48:44
'n Pragtige jong kelnerin bedien die man van haar drome by die restourant waar sy werk. Hulle raak aan die gesels en dit blyk gou dat sy 'n meisie met ambisie is. Sy wil verder studeer, reis en meer met haar lewe doen as om kelnerin te speel. Maar sy weet ook wanneer 'n droomman niks meer as net 'n droom sal bly nie. Min het sy egter kon raai dat haar toekoms reeds besig was om te verander... Die...
BLOEDLYN deur Martyn le Roux 26.11.2015 1:38:42
Kaptein Eugene de Vries word een nag wakker gebel en opgekommandeer om 'n onverklaarbare geval in Duiwelskloofpas te ondersoek. Die verhaal wat ontvou is een van feite en fantasie waarin die volmaan die hoofrol speel. Die akteurs is Robbie Wessels, Marina Coetzee, Johny Klein, Karen Wessels, Rouel Beukes, Bradley Olivier en Sue Pyler.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.