RSG
Radioteater
Teater van die verbeelding. Die dramas word in twee seisone uitgesaai: April tot Junie en Oktober tot Desember.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
DIE LYK deur Karin du Toit 11.06.2020 1:04:57
'n Aksiebelaaide donker komedie oor 'n graf, 'n kis en 'n lyk... Trudie word jare lank fisies en emosioneel deur haar man aangerand. Een aand, tydens 'n hewige argument, gebeur daar iets wat vir Trudie en haar volwasse seun, Francois, opsaal met 'n “massiewe probleem.” Die rolle word vertolk deur Elzabe Zietsman, Cobus Venter, Ria Smit, Eloïse Cupido, Hannes Müller, David Louw en Mari Molefe van H...
AS 'N KIND KOM KUIER deur Zelda Bezuidenhout 04.06.2020 1:06:50
Die bejaarde Elna Smit-Smith is ernstig siek. Haar kinders is te besig om haar dikwels te besoek, en haar versorger, Vanessa, word 'n hegte vriendin. Hulle word een aand verras deur 'n onwelkome gas, en terwyl Vanessa haar bedenkinge het, begin Elna die jong man uitvra oor sy lewe. In weerwil van Vanessa se aanvanklike vooroordele, word hy 'n gereelde besoeker en 'n belangrike deel van Elna se lew...
KOUE KAIINGS deur Lee Doubell 28.05.2020 55:03
'n Spookstorie met 'n verskil… Vyf jong mans is in die laat jare 70 op pad na Upington om vir hulle nasionale diensplig aan te meld. Hulle is almal kleurvolle uiteenlopende karakters wat nie besef wat vir hulle voorlê nie. Die intrige is meesleurend, amper filmies, en dit is 'n verhaal gevul met humor en nostalgie.
DIE HUISBESOEK deur Wilmi Wheeler 21.05.2020 53:38
Celia roep in die vroeë oggendure die hulp van hulle jong dominee op die dorp in. Sy het pas ontdek dat haar man, Paul, 'n verhouding het. Terwyl die dominee vir Celia probeer oorreed om nie haar man om die lewe te bring nie, dink sy terug aan gebeure uit hulle verlede.
MY MENSE deur Dot Serfontein 14.05.2020 46:33
“Uit die keur van Serfontein se werke neem Antoinette Kellerman jou met deernis terug na die skrywer se kosbare beskrywings van haar ouers, haar soms eksentrieke Serfontein-familie en haar jare op die plaas as jong kind en later as joernalis, getroude vrou, versorgende moeder en ouerwordende dame. Lekker aardse koekemakranka-kosgoed vir die siel,” skryf die dramaturg Nico Luwes.
WOLF-WOLF HOE LAAT IS DIT? deur Hennie Aucamp 07.05.2020 26:27
Dit is reeds meer as vier dekades sedert Hennie Aucamp se absurde eenakter op 'n verhoog in Stellenbosch gedebuteer het. Die veelbekroonde radiodrama-regisseur Margot Luyt het die stuk vir die radio verwerk en 'n groep van Suid-Afrika se teater-veterane byeengebring vir 'n roerende opvoering oor die mens se stryd teen tyd. Met Louis van Niekerk, Wilna Snyman, Lida Botha, Trix Pienaar, Kitty Albert...
TEERLING 3: DIE WIEL DRAAI deur PG du Plessis 07.05.2020 28:57
Een van die gevierde dramaturg PG du Plessis se ses kort Teerling-dramas wat voor 'n gehoor tydens die KKNK op Oudtshoorn opgeneem en uitgesaai is. Met Stian Bam en Tinarie van Wyk Loots.
VERGIFNIS deur Charles J. Fourie 30.04.2020 58:58
Muriel, 'n ouerige vrou, kom woon op Touwsrivier. 'n Jong werker help haar in die tuin en steel haar beursie, omdat hy ook graag iets luuks en lekkers by die vulstasie wou gaan koop om te eet. Hy spandeer 'n nag in die tronk, en Muriel trek die saak van diefstal teen hom terug, mits... Wie is die eksentrieke vrou en hoekom het sy op Touwsrivier kom aftree? Muriel lei 'n protesoptog van Touwsrivier...
GENADE deur Marita van der Vyver 23.04.2020 1:06:03
Kas Stuurman is 'n afgetrede koerantman en lief vir woordspeletjies, wyn, blokkiesraaisels en sy vrou. Door Stuurman is 'n afgetrede Afrikaans-onderwyseres en lief vir lees, reis, dans en haar man. Hulle seun, Vic, woon in Kalifornië en is ver van sy geliefde ouers wanneer hulle lewens stadig maar seker begin verbrokkel weens Door se stadige agteruitgang. June van Merch kan as Door Stuurman gehoor...
SJARRAP EN EET JOU KOS! deur Ilné Fourie 16.04.2020 40:51
Betree die gedagtewêreld van die kelner om vanuit daardie uiters intieme kennismaking, die (on-)heilige, nooit gehoorde dinge (met apologie aan N.P. van Wyk Louw) hóór wat kelners moontlik hulle klante hardop sou wou toesnou. Vrae soos: Wat het julle wat lekker is? Of: Waar kan ons sit waar dit nie so warm is nie? Of: Wat is in julle lemon meringue? Die vrae is genoeg om enige moeë kelner teen die...
DIE LEË GRAF deur Helena Hugo 10.04.2020 53:30
In die Paastyd herleef ons opnuut die kruisdood van Jesus, maar ook sy opstanding. Vir Nikodemus gaan dit gepaard met 'n geloofstryd. Kan hy sy posisie in die Sanhedrin prysgee om Jesus openlik te bely, of skuil hy vir die res van sy lewe onder die dekmantel van die nag? Die spelers is Richard van der Westhuizen, Lochner de Kock, Francois Stemmet, Ria Smit, Pietie Beyers en Charlie Bougeunon. Hele...
DIE GOUE KRING deur Uys Krige 09.04.2020 1:19:05
Hierdie argiefdrama is 'n liriese en poëtiese drama oor die geliefdes Ferdinand en Isabella wat graag wil trou, maar dan daag 'n aantreklike jong man op. Hy is op soek na Moeder Mart, maar weier om te sê hoekom. Die aktrise Hannah Botha vertolk die rol van Violetta. Botha was onder andere bekend om haar rolle in die TV-reekse Nommer Asseblief, Agter elke man en Egoli. Die Goue Kring handel oor die...
MIKE EN MAVIS deur Wessel Pretorius 26.03.2020 40:03
Mavis Kellerman is 'n weduwee wat haarself afgesluit het van die wêreld. Sy e-pos slegs haar dogter en gaan nog kerk toe. Dan word sy na die opening van 'n nuwe bioskoop wat spesialiseer in klassieke rolprente, genooi. Die eienaar, Mike Lewis, is 'n eksentrieke oujongkêrel met 'n ewige romantiese siel. Mavis besef gou dat Mike daarop uit is om haar hart te steel en bevind haarself aan die ontvangk...
FAAN SE TREIN deur Pieter Fourie 25.12.2019 45:32
Faan woon saam met sy pa en hulle huishoudster, Truia, in 'n klein Karoodorpie waar hy heeltemal begogel word deur treine. Faan word erg deur die skoolseuns gespot en soms raak hy self die spoor effe byster. Sy pa en die dominee dreig hom. As hy hom nie gedra nie, sal hy weggestuur word… Dis 'n aangrypende drama wat aan die rolprent, Forrest Gump, herinner.
DIE ENGELTJIE WAT AGTERBEBLY HET deur Piet Cillié 24.12.2019 21:26
Trinkie en Sussie hou saam met hulle ouers somervakansie by Willie se Baai. Op die vooraand van Kersfees neul hulle oudergewoonte vir 'n Kersverhaal, want Pappie se stories is, anders as die wat mens in boeke kry, altyd amper die waarheid... Gou sit hulle vasgenael deur die storie van die engeltjie wat aarde toe gekom het om saam met die engelekoor te sing by die geboorte van die Jesuskind, en toe...
DIE KRISMISBOKKIE deur Audrey Blignaut 24.12.2019 22:00
Die verhaal speel af in Bredasdorp gedurende die vyftigerjare. Christopher is 'n hipersensitiewe natuurkind wat moeilik aanpas op die dorp. Hy dreig telkens om weg te loop plaas toe, tot sy pa eendag by die huis aankom met 'n geskenk vir hom – 'n klein blou duikertjie, wat Christopher se lewe handomkeer verander, tot groot verligting van die res van die gesin. Maar die lewe gee en die lewe neem......
MAN OP DIE MAAN deur Helena Mellet 19.12.2019 1:10:43
Op 'n plaas op die Kaapse platteland boer Charl en sy dogter Carli met 'n klomp beeste. Die ander dogter, Bella, is die eienaar van 'n galery op Stellenbosch. Sy kom kuier vir 'n naweek op die familieplaas. Mina, die plaashuis se huishoudster, en Bella deel 'n geheim oor die “man op die maan” – een wat hulle met niemand deel nie, tot iets gebeur wat almal tot in hulle fondamente skok. Intussen het...
KULKIEKIES deur Deon Johnston 12.12.2019 1:10:57
Hannes is glad nie beïndruk met sy ma se alewige foto's van hom op haar Facebookbladsy nie. Om die waarheid te sê, hy pes dit! Een aand is daar huismoles by die bure, en Hannes verfilm die hele petalje met sy selfoon en plaas dit op sy eie sosiale media. Waar trek mens die streep met foto's en video's van jou kinders (en jou bure) op sosiale media? Wanneer word menseregte aangetas, of jou reg op p...
DIE TJELLO deur Michiel Potgieter 05.12.2019 1:04:04
'n Begaafde tjellis verbreek sy kontrak met die Sinfónica de Galicia in Spanje, vlug na sy ouers se plaas en kruip in sy kamer weg. Niks of niemand kan hom uit sy depressie lig nie, maar toe ontdek hy 'n antieke tjello op die solder van sy oupa se huis en vind sy ander helfte.
KORPORAAL LEMMER EN DIE ROWERS deur Bun en Heléne Booyens 28.11.2019 1:15:52
Jy ontvang jou oproepinstruksies om as voyeur saam met die rowers in te val wat aanmeld in die weermagkaserne. 'n Briljante teks deur die pa en dogter Booyenskombinasie wat jou met deernis, nostalgie en soms afgryse sal vervul. Die sluier op lewe in die sewentiger- en tagtigerjare van nasionale dienspligtiges word gelig op 'n manier wat weergaloos is. Elke karakter wat geskep is vir hierdie verbee...
DOLLER AS KOPAF deur William Oosthuizen 21.11.2019 1:06:05
Freek is verveeld in die tehuis waar hy woon, en besluit om vir hom 'n “speelding” te bestel, al twyfel sy vriende Dawid en Hardus oor die waagstuk. Dit maak veral vir die kuise Mara die josie in, en sy en die ander vroue probeer hulle bes om die stukkie tegnologie te saboteer. Terwyl hulle reken Freek is besig om kêns te word, beraam hy 'n plan wat Mara heeltemal onkant betrap. 'n Vrolike, vermaa...
KOELKOP deur Leon van Nierop 14.11.2019 1:00:25
'n Gesin word gedwing om vir 'n naweek in 'n afgeleë plaashuis deur te bring. Daar is geen internet- of selfoonontvangs nie. En die sosiale-media-verslaafde seun, Chase, kry onttrekkingsimptome en begin ineenstort. Dit gebeur kort nadat sy beste vriend selfdood gepleeg het nadat hy te lank aan die internet verslaaf was en skielik daarsonder moes leef. Nou moet 'n gesin 'n naweek oorleef, waarin hu...
GROOTPAD NA KLEINKOP deur Lee Doubell 07.11.2019 1:01:44
Grootpad na Kleinkop is 'n intieme dog onthutsende radiodrama oor 'n getroude paar, Gawie en Susan, wat 'n plaasaanval beleef. Die bejaarde paar word oorrompel en in die kattebak van hulle motor geboender. In hierdie beknopte ruimte na wie-weet-waar word hulle met hulle eie verhoudings en sterflikheid gekonfronteer. Al is dit 'n traumatiese belewenis, bied Doubell se verhaal ook helende salf. Bele...
STILLE WATERS deur Anton Treurnich 31.10.2019 53:47
Anna van Rooy sterf op 'n klein dorpie in die Karoo. Dit dompel nie juis die mense van die dorpie in rou nie. Sy was immers nie 'n gewilde inwoner nie, en het skynbaar oral waar sy gaan vyande gemaak. Dis wanneer die bewyse daarop dui dat sy nie dood is aan natuurlike oorsake nie, dat die inwoners van die dorpie in rep en roer is. Almal word skielik verdagtes, want elkeen het 'n verskuilde rede ge...
DIE BLIKSLIM deur Martyn le Roux 24.10.2019 1:24:56
'n Savant wat rolprente, van die draaiboeke tot die vervaardigers en akteurs, soos die palm van sy hand ken, ontmoet 'n aanvallige nagraadse sielkundestudent tydens 'n rolprentvertoning. Aanvanklik is hy vir haar 'n interessante gevallestudie, maar kort voor lank ontwikkel daar 'n hegte vriendskap tussen hulle, wat haar lewe permanent sal verander. Savantsindroom is 'n toestand waarin iemand met '...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.