RSG

Radioteater

Arts AF ↓ 388 episodes

Teater van die verbeelding. Die dramas word in twee seisone uitgesaai: April tot Junie en Oktober tot Desember.

Author

RSG

Category

Arts

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jun 25, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

HULLE NOEM HOM MAMBA deur Adriaan Havenga 08.04.2021

Wenner van die prys vir Beste Jong Skrywer in RSG en Sanlam se radiodrama-skryfkompetisie van 2020. Elbie is ‘n kranige skrywer wat hoop om haar eerste boek te publiseer. Vanaand se afspraak met ‘n uitgewer kan haar en haar seun se lewe heeltemal verander. Alles moet reg verloop. Sy moet net gou winkel toe ry om bestanddele vir ‘n dis te koop – op die donker kronkellende paadjie tussen die dorp en...

DIE KLEED deur Joey van Niekerk 02.04.2021

Die drama handel oor ‘n gesin se ervarings voor en gedurende die Joodse Pasga, en hulle persoonlike geloofstryd en -insig. In die sterbelaaide rolverdeling kan die stemme gehoor word van Anton Dekker, Ria Smit, Lochner de Kock, Paul Lückhoff, Johny Klein, Elma Potgieter en Pietie Beyers.

PAP EN KAVIAAR deur Isabel Martinson 01.04.2021

Die drama is die wenner van die merieteprys in RSG en Sanlam se radiodrama-skryfkompetisie van 2020. Die Bennets, Koba en Loek, gaan ontmoet hulle aanstaande skoonmense in die stad, Leana en Marius Fitzwilliam. Stella, hulle dogter, is van plan om met Gerber Fitzwilliam te trou. Tydens die besoek spat die vonke, want Leana en Marius is nie een wat hulle voorgee om te wees nie. Die moedswillige Loe...

DOLLER AS KOPAF deur William Oosthuizen 31.12.2020

Freek is verveeld in die tehuis waar hy woon, en besluit om vir hom ‘n “speelding” te bestel, al twyfel sy vriende Dawid en Hardus oor dié waagstuk. Dit maak veral vir die kuise Mara die josie in en sy en die ander vroue probeer hulle bes om die stukkie tegnologie te saboteer. Terwyl hulle reken Freek is besig om kêns te word, beraam hy ‘n plan wat Mara heeltemal onkant betrap. ‘n Vrolike, vermaak...

BRING VIR CARLI deur Janie Lighthelm 24.12.2020

Tehan Kriel is ‘n geniale student wat oor die tou trap in sy eerste jaar op kampus. Tien jaar later lyk die lewe heeltemal anders vir hom. Hy is 'n doktor. Hy en sy vrou het drie kinders. Om die uitdagings van die lewe te hanteer, neem hy sy ontvlugting in die luister na musiek, maar sal dit genoeg wees om hom staande te hou? Die spelers is Melt Sieberhagen as dr. Sebastehan (Tehan) Kriel, Rolanda...

HALLELUJA AMEN deur Ilne Fourie 17.12.2020

Dit is ‘n baie belangrike dag vir Broer Gawerjal Grootwoord. Die nuwe dominee op die dorp, ds. Hendrik Hermanus Haasbroek, word vandag verwelkom, en Broer Gawerjal het besluit om dit op ‘n gepaste wyse in te wy met lofgesang en hallelujas. Die kerkkoor het ‘n noodvergadering waar daar besluit gaan word wat hulle moet sing om die nuwe dominee te laat tuis voel. Daar is egter een probleem – die kerk...

DIE MASJIENTJIE deur Joe Kleinhans 10.12.2020

Beatrice Nortje is ‘n  werklose boekhouer en enkelouer van ‘n twintigjarige verstandelik gestremde seun, Damien. Haar posisie raak al hoe meer benard as dit duidelik word dat Damien ernstig siek is. Waar sal uitkoms vandaan kom? Van Pastoor Glen Jansen, kerkleier op Lasarusfontein? Of van oorlede Scott McFadden se raaiselagtige masjientjie? "Geloof en werke... wat beteken die een sonder die ander"...

DIE KAPTEIN EN SY VROU en DIE SPOOK VAN TANT LETJIE deur I.D. du Plessis 03.12.2020

Wanneer laas het jy ‘n goëlstorie gehoor? Die eerste mimidrama is ‘n Russiese periodestuk wat in 1852 in ‘n dorpie buite Moskou afspeel.  Die Kaptein en sy vrou beeld ‘n plattelandse bestaan uit waar goëlery gebruik word om ‘n gesin uit hulle huis te verdryf. Eers word militêre mag gebruik om dit te bestry, en dan word wywater aangewend wanneer die Roomse Priester, Vader Victor, die vertrekke wil...

BOETIE ONTMOET 'N ALIEN deur Johann Smith 26.11.2020

Stel jou voor: ‘n Doodgewone Suid-Afrikaanse plaas. Een van die gesinslede het pas teruggekeer uit die buiteland, en is redelik rebels. Die skoolseun in die gesin worstel met allerlei probleme wat nie eers die internet kan oplos nie. En dan is die ouers erg bekommerd oor hulle kinders se geestelike en emosionele welstand. Op ‘n dag is daar ‘n klop aan die deur. Daar staan ‘n vreemde, bleek man, en...

LIEFDE IS 'N ROOS deur Tennessee Williams 19.11.2020

Serafina Delle Rose is ‘n Italiaanse Amerikaner en ‘n passievolle, wispelturige, middeljarige vrou wat hard probeer om haar dogter volgens die Katolieke geloof groot te maak. Hulle woon in Mississippi, maar ná die afsterwe van haar man, besluit sy om haarself af te sonder. Sy verwag Dat haar dogter ook die luike dig moet sluit en nie enige verhoudings moet aanknoop nie. Maar dan ontlok ‘n man met...

'N TWEEDE KANS deur Ronel Mostert 12.11.2020

'n Liefdesverhaal wat aanklank sal vind by diegene wat in die liefde ontnugter is, maar wat dan, sonder dat hulle dit verwag, 'n tweede kans op geluk kry. Leah se grootste begeerte word werklikheid - sy is swanger. Haar vreugde is egter van korte duur wanneer die pa van haar kind en haar werkgewer saamspan om haar te ondermyn. Haar ma, Wilna, se steun is van onskatbare waarde. Die spelers is Karen...

JOHANNA SE ELVIS deur Hendie Grobbelaar 05.11.2020

Johanna Apolis is ‘n voorslag as dit kom by die uithaal van blinklywe. Dis haar ambisie om gereken te word onder die vistermanne deur die heel grootste vis van almal te vang. Sou dit haar beskore wees? En teen watter prys? Jy hoor Simoné Benjamin as Johanna. Dann-Jacques Mouton van Noem my Skollie-faam maak sy buiging voor die radiomikrofoon as haar sagmoedige man, Gert. Zenobia Kloppers speel Mat...

NAG VAN DIE VER MUSIEK deur Engela van Rooyen-Linde 29.10.2020

Andries Smith is emosioneel afgestomp teenoor sy gesin, bestaande uit sy vrou Alet, en hulle tweeling, Larry en Lara. Wat sou die rede daarvoor wees? Is dit omdat hy net sy ma, Gloria Smith, se woord kan neem vir wat met sy pa gebeur het, of het dit iets te doen met die beertjie-musiekboks wat hy sukkel om oop te kry. Weet Gloria meer as wat sy voorgee? Die spelers is Dawid Minnaar, Henrietta Gryf...

HUISHOU deur Philip Rademeyer 22.10.2020

Twee wit vroue in Kaapstad wil ‘n swart kind aanneem. Die ouer vrou, Dirkie, is ‘n lektor in sosiologie en dryf die aannemingsproses. Dirkie wil sorgvuldig, noukeurig ‘n huis opbou en vol maak, en dink ook hulle het ‘n politiese plig om by te dra tot die nuwe Suid-Afrika (“dis oor jou white guilt,” terg haar vrou). Die jonger vrou, Hester, is ‘n loskop wandelaar. Sy ontvang ‘n oproep wat haar dwin...

DIE PRYS deur Joey van Niekerk 15.10.2020

Susan Pretorius, tuisteskepper en ywerige lid van die VLU, wen ’n koekbakkompetisie met ’n droomprys – een wat sy en veral haar man, Hermaans, nie verwag het nie. Toe  ontdek hulle dat sy dit eintlik glad nie verdien nie. Hulle besef oneerlikheid is nie die moeite werd nie, al is die prys ook hoe aanloklik! Maar wat nou gemaak? Die spelers is Rika Sennett, Martin Jansen, Ronel Korb en Lochner de K...

MOF EN SY MENSE deur C.J. Langenhoven 08.10.2020

Frikkie van Zyl en sy aangenome suster, Poppie, woon op 'n plaas in die Klein Karoo tydens die Spaanse griepepidemie van 1918. Frikkie tree op as versorger op buurplase, en met sy terugkeer bring hy 'n klein hondjie as geskenk vir die gestremde Poppie saam. Ten spyte van al die teenspoed wat oor hulle pad kom, vind hulle troos in mekaar en in die hondjie se teenwoordigheid. Die spelers is Wessel P...

BLOEDMAAN deur Martyn le Roux 01.10.2020

Bloedmaan is is die opvolg van die veelbekroonde BLOEDLYN (2015). Die storie neem ons na die hartjie van die Tankwa-Karoo. ʼn Groot skroef is los in die Sutherland-omgewing. Dit lyk of ʼn reeksmoordenaar daar bedrywig is. Een van die moorde volg egter nie die patroon nie, en lyk baie soos ʼn herhaling van die 'wolfmoorde' wat destyds in die Boland gepleeg is - ʼn onaangename herinnering wat die polisi...

‘N TRAGIESE KÊREL, TEEN WIL EN DANK deur Anton Tjechof 01.10.2020

Anton Tjechof, Russiese dokter en dramaturg en kenner van die mens en sy pyne, ondersoek die pyne van armsalige huishouer en eggenoot, Iwan Iwvanowietsj. Hy is stuurgoed, nie slegs vir sy eie vrou en pantoffelregering nie, maar sommer die hele dorp se vrouens as hy 'n slag stad toe kom. Nico Luwes, wat die stuk verwerk het vir die radio, speel Iwan, terwyl die rol van sy stadsvriend, Alexey met di...

OU WYNTOON EN DIE WEERLOSE KREATUUR deur Anton Tjechof 24.09.2020

Anton Tjechof, Russiese dokter en dramaturg en kenner van die mens en sy pyne, gee vir ons met Ou Wyntoon en die Weerlose Kreatuur 'n kykie in die geesteslandskap van 'n jiglyer. Kistoenof, die bankbestuurder, het hom die vorige aand vergryp aan te veel rooiwyn, en dra nou die gevolge van sy vergryping. Sy lyding word haas ondraaglik wanneer 'n 'weerlose' kliënt met onredelike eise haar opwagting...

DIE AASVOËL deur Elton Louw 29.08.2020

’n Man sit rustig en rugby kyk, wanneer ’n jong inbreker hom onkant betrap. Die twee mans wil mekaar aan die keel gryp, maar besef dat hulle baie meer in gemeen het as wat hulle ooit sou kon raai… Die storie gaan oor menslikheid en kyk na van die sosiale kwessies aan wat baie mense daagliks in die gesig staar, naamlik werkloosheid en armoede. Wat as die lewe jou so druk dat ‘n misdaad soos inbraak...

BLOMME VIR DIE WINTER deur NP van Wyk Louw 20.08.2020

Blomme vir die winter speel af in Parys, Frankryk, en is 'n verhaal oor onbeantwoorde liefde. 'n Man koop blomme vir 'n vrou wat hy eendag per toeval raakgeloop het, maar soos water, glip sy keer op keer deur sy vingers. Hoe bewys hy aan haar dat hy werklik vir haar omgee en vir haar lief is? Die spelers is Richard van der Westhuizen, Rina Nienaber, Bettie Kemp, Leona Rich en Francois Stemmet. Die...

MIKE EN MAVIS deur Wessel Pretorius 25.07.2020

Mavis Kellerman is 'n weduwee wat haarself afgesluit het van die wêreld. Sy e-pos slegs haar dogter en gaan nog kerk toe. Dan word sy na die opening van 'n nuwe bioskoop wat spesialiseer in klassieke rolprente, genooi. Die eienaar, Mike Lewis, is 'n eksentrieke oujongkêrel met 'n ewige romantiese siel. Mavis besef gou dat Mike daarop uit is om haar hart te steel en bevind haarself aan die ontvangk...

KRAG deur Lee Doubell 02.07.2020

Dit is 2020. Suid-Afrika is vir die derde keer in grendelstatus, en die landsburgers is siek en sat vir die virus en die rigiede regulasies. Hester is 'n noodlynoperateur wat sedert die begin van die derde inperkingstyd besonder hard werk. Tussendeur al die oproepe waaraan sy gewoond is, kom daar een laatmiddag 'n oproep deur van 'n bejaarde vrou wat 'n noodgeval beleef. Sy't probleme met haar kra...

ELLA SE PERDE deur Charles J. Fourie 25.06.2020

Die bekroonde toneelstuk is spesiaal vir die radio verwerk, en handel oor die “perdevrou van die Overberg”, Ella Gordon Dove Colston. 'n Legende van die Hemel-en- Aarde-vallei kry hier roerend nuwe lewe.

DIE BLIKSLIM deur Martyn le Roux 18.06.2020

'n Savant wat rolprente, van die draaiboeke tot die vervaardigers en akteurs, soos die palm van sy hand ken, ontmoet 'n aanvallige nagraadse sielkundestudent tydens 'n rolprentvertoning. Aanvanklik is hy vir haar 'n interessante gevallestudie, maar kort voor lank ontwikkel daar 'n hegte vriendskap tussen hulle, wat haar lewe permanent sal verander. Savantsindroom is 'n toestand waarin iemand met '...

Listen to the Radioteater podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.