RSG
Radioteater
Teater van die verbeelding. Die dramas word in twee seisone uitgesaai: April tot Junie en Oktober tot Desember.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
DIE VUURVLIEGDIEF deur Madeleen Welman 07.04.2022 1:02:38
‘n Hartroerende verhaal wat die storie van die onwaarskynlike ontmoeting tussen Ria (‘n angstige, afhanklike vrou in haar tagtigs) en William (n deurwag by ‘n winkelsentrum) vertel. ‘n Diep band wat agtergrond en kultuur oorgrens, word binne ure gevorm. Die soort band wat net in die dal van doodskaduwee gesmee word. ‘n Eietydse Barmhartige Samaritaan speel hom af in en om ‘n hysbak in ‘n besige wi...
DIE WILDSBOUDJIE deur Fritz Steyn 30.12.2021 52:00
Die lollery begin wanneer dominee Gompul ongemaklike vrae het oor ‘n wildsboudjie wat spesiaal vir hom voorgesit word. Hy kuier op die plaas van Sarel du Plessis en sy dogter Lettie. Sarel wil die onderwerp van die oorsprong van die wildsboud vermy, en probeer elke keer die gesprek in ‘n ander rigting stuur. Want die jagseisoen is toe – en Sarel weet hy is in die moeilikheid as iemand uitvind hy h...
EN DAAR WAS SKAAPWAGTERS deur NP Van Wyk Louw 25.12.2021 50:35
Drie skaapwagters pas skape op in die Roggeveld, iewers tussen Calvinia en Sutherland, enkele dae voor Kersfees. Dis in die jare vyftig. Dis baie droog. Abram, Japie en Izak se hoop dat hulle vir Kersfees huis toe kan gaan, vervaag want Herklaas, Izak se Pa, sê hulle moet in die veld bly om te voorkom dat die skape vrek weens droogte en gebrek aan weiding. In die aanloop tot Kersfees sien Japie sa...
SIEN JOU WEER GISTER deur Niel Steenkamp 23.12.2021 52:40
Twee akademici, een by 'n universiteit en een by 'n privaatinstansie, wedywer om die eerste te wees om 'n suksesvolle tydmasjien te bou. Die spelers is Jakkie Groenewald, James Borthwick, Lochner de Kok, Karin Retief, Christo Compion, Luan Jacobs en Lelia Etsebeth.
DIT KLINK NA DONDERWEER deur Maria Vos 16.12.2021 48:25
Die verhouding tussen ma’s en dogters is uniek, en soos die jare aanstap verander die verhouding deurentyd. Dogters word groot. Ma’s ontdek ‘n lewe onafhanklik van hulle kinders. Dit is ‘n kuns om die verhouding suksesvol te bestuur, en genade as ma’s en dogters deur al die jare vriende kan bly. DIT KLINK NA DONDERWEER is ‘n lighartige familie-komedie wat dalk net ‘n klein bietjie hoop kan bring....
HYGEND HENNIE deur Joe Kleinhans 09.12.2021 59:11
In sommige huise word troeteldiere soos kinders behandel – en die dierekinders smokkel maklik met hulle eienaars se koppe. Die troetelhoenderhaan, Hennie, veroorsaak konsternasie. Sy eienaar, Saartjie Serfontein, beland in die hospitaal, en ‘n vriendin moet Hennie oppas. Sy bly egter in ‘n kompleks met streng reëls. ‘n Knorrige skrywer verkla haar by die voorsitter van die kompleks. En dan begin...
ONDER DIE APPELLIEFIEBOS deur Marlise Joubert 02.12.2021 53:12
‘n Sensitiewe tiener beplan ‘n begrafnis vir haar geliefde kat op hulle plaas. Haar broer bou die kissie, en haar beste vriendin staan haar by. Ma Hanna bekommer haar oor haar dogter – sy kom depressief voor, die kommunikasie tussen hulle het verswak en die kind se skoolwerk gaan agteruit. Sy probeer vergeefs uitvind wat dit is wat haar dogter so kwel. Die spelers is Elanza Swart, Wilhelm van der...
KRONKELPAD deur Ronel Mostert 25.11.2021 1:02:09
Lize Rademeyer, ‘n beelskone meisie met ‘n gebroke hart, bevind haar op ‘n gevaarlike plaasgrondpad sonder petrol en oënskynlik ‘onder die invloed’ wanneer Hugo Naudé, die dodelik aantreklike eienaar van die plaas, op haar afkom. Hy is woedend wanneer hy verneem dat sy in diens geneem is as in-huis fisioterapeut deur sy eiewys sussie, Mijke, wat die gebruik van haar bene verloor het weens ‘n motor...
DONKERHOEK deur Nicola Hanekom 18.11.2021 1:06:52
Op die plaas Donkerhoek in Kannaland speel ‘n sombere verhaal af tydens ‘n verwoestende en verterende brand, aangehits deur ‘n wraaksugtige piromaan. Sy skielike verskyning na jare se afwesigheid, krap ou wonde oop. ‘n Raaiselagtige kinderdood, seksuele afdreiging, verwerping en disfunksionele gevolge lei tot ‘n rillerverhaal wat jou vasgenael voor die radio sal hou. Die spelers s June van Merch,...
WILDE ALS deur Wessel Pretorius 11.11.2021 54:15
Hilde Kraus, ‘n legendariese skrywer in haar sestigs, sonder haarself in ‘n plaashuisie in die Karoo af om haar finale, outobiografiese roman te skryf, jare na haar laaste poging. Sy wroeg deur die kronkelpaaie van haar geheue om sin te maak van die goeie en die slegte, sodat sy dit uiteindelik in haar boek kan verwoord. Om haar te help om feite van fiksie te skei, “ontbied” Hilde haar eertydse mi...
HEMELBLOU deur Isabel Martinson 04.11.2021 45:04
Amanda Nel en Karoli Vermeulen ontmoet mekaar op 'n parkbankie op 'n wolklose dag. Amanda is op dié spesifieke dag al vir twee jaar 'n weduwee. Sy het nog nie haar verlies verwerk of daarmee leer saamleef nie. Nie net die verlies van haar eggenoot nie, maar ook in 'n sekere sin dié van haar jeug... want is weduwees dan nie veronderstel om oud te wees nie? Karoli, daarenteen, is die verpersoonlikin...
NAG KARLIEN deur Bettie Kemp 28.10.2021 57:39
Tevore het jy hulle altyd op DEURNAG OP RSG gehoor. Omroepers wat luisteraars, veral die Siele op Wiele, geselskap hou. Bettie Kemp, wat vroeër jare die skof gereeld waargeneem het, het ‘n radiodrama geskryf oor haar wedervaringe in die ateljee wanneer sy so alleen daar sit. Wat die drama spesiaal maak, is Karlien se obsessie met een spesifieke luisteraar wat telkens SMS’e stuur. En sy reaksie op...
GREEN ROOM deur Ilne Fourie 21.10.2021 1:05:59
Die drana speel af in ‘n green room waar menige akteurs al meer tyd spandeer het agter die verhoog as op die verhoog, tydens repetisies om iets te drink, te gesels, deur woordrepetisies te gaan en mekaar se lief en leed te deel. Hierdie magiese ruimte word slim benut deur die skrywer, tydens ‘n verhoogrepetisie van Daar woon mense daar, een van Athol Fugard se nie-politiese dramas. Die...
OOM WILLEM SE BANKIE deur Magdel Brand en Appel van Rensburg 14.10.2021 1:09:48
Waarskuwing: Die volwasse tema en van die taalgebruik mag sensitiewe luisteraars aanstoot gee. Dokter Willem Oberholzer se lewensverhaal lees nie soos die deursnee mens s’n nie. Om die waarheid te sê, min mense het begrip vir die dilemma waarmee hy vir meer as drie dekades moes saamleef. Ná sy aftrede bevind dié vooraanstaande sielkundige hom eensklaps op die rand van die samelewing, want ook mens...
KLIPGEBEDE deur Schalk Schoombie 07.10.2021 1:01:40
Waarskuwing: Geweld en kru taal. Marina en haar seun, Gerbrand, is slagoffers van gesinsgeweld. Marina vertel haar lewensverhaal aan haar vriendin Katryn, en herleef so die gebeure wat tot hulle huidige omstandighede gelei het. Die spelers is Elma Potgieter, Rika Sennett en Anton Schmidt.
BOERETROOS deur Erica Harris 17.06.2021 54:02
Jongmanne, wat opsoek is na hulle identiteit en plek in die samelewing, se herhaalde kwaaijongstreke word al hoe meer gewaagd, en lei uiteindelik tot moord. 'n Talentvolle siniese joernalis stem teensinnig in om agter die kap van die byl te kom, en sy probeer help om die moordenaars aan die kaak te stel. Die spelers is Karen Wessels, André Stolz, Rina Nienaber, Johny Klein, Kaz McFadden en Denver...
AS IS VERBRANDE HOUT deur Janine van der Linde 10.06.2021 1:04:54
Hester se man se laaste versoek was dat sy as gestrooi moet word op sy geliefde plaas in die Noord-Kaap, waar hulle lank terug gewoon het. Die droogte het hulle gedwing om die plaas te verlaat, met hartseer gevolge. Hester word op die rit vergesel deur haar dogter, kleinseun en ‘n wyse Nama-vrou wat vroeër op die plaas gewerk het. Dit word ‘n reis vol verrassings. Die spelers is Susanne Beyers, Fr...
DAAR'S IETS OMTRENT DAISY deur William Oosthuizen 03.06.2021 1:02:51
Die inwoners van Aftreeoord Vredendal is terug, en hierdie keer met meer opwinding. Let wel… dis ‘n aftreeoord en níé ‘n ouetehuis nie, want daarvoor is hierdie klomp gans te jonk. Wel, dalk nie almal nie… In Doller as kop-af het Freek gedink dat ‘n opblaaspop net die ding is om dinge bietjie op te kikker. Hierdie keer sorg hy vir baie meer opwinding… ‘n kaalfoto… vir ‘n kalender… om geld in te sa...
SPOOKTREIN deur Albert Short 27.05.2021 51:48
Een maal per jaar hou hy stil met dik rookwolke wat stoom... die spooktrein. Twee dolverliefde spookjagters besluit om die trein daardie aand op ’n syspoor op Bronkhortspruit in te wag... want hy kom net op daardie spesifieke aand. Dan hou die trein stil... die deur gaan oop... Wat hierna gebeur kon die twee verliefdes nie in hul wildste drome verwag nie... Cindy Swanepoel, Louis van Niekerk, Sule...
DIE BEGRAFNIS deur Rudie van Rensburg 20.05.2021 1:15:58
‘n Langdradige lykbesorger, ‘n Pretoriase paaldanseres en ‘n skottel sousboontjiebredie is maar ‘n paar van die dinge wat ‘n weduwee beproef met die ter aardebestelling van haar ontslape eggenoot... In die rolverdeling is Antoinette Kellerman, Zenobia Kloppers, Margit Meyer-Rodenbeck, Roeline Daneel, Petrus du Preez en Gerard Rudolf.
DIE LAASTE WOORD deur Lee Doubell 13.05.2021 1:09:21
Die drama speel oor drie tydperke af. Kom verlustig jou in ‘n eeu se omswerwinge van Eugene Marais se geliefde en alombekende gedig, Winternag. Eers die oordadige vertolking in 1938, dan die realistiese, naturalistiese 2021, en uiteindelik die gefabriseerde rekenaarstemme in 2138. Drie akteurs, Rolanda Marais, Jacques Bessenger en Deon Lotz vertolk die rolle van 10 akteurs in drie tydvakke. Nie ne...
ROTS VAN VERSKRIKKING, saamgestel uit die werk van Eugène Marais 06.05.2021 59:03
Die bekroonde regisseur Ilsé van Hemert se verhoogproduksie, Uit die bloute, het in die jare 90 landwyd opslae gemaak. Hierdie werk, saamgestel uit die skryfkuns van die digter en joernalis Eugène Marais het so diep in kunstefeesgangers se harte gekruip dat dit later herleef het met ’n heel nuwe rolverdeling. Luister nou na hierdie sonderlinge produksie met Anna-Mart van der Merwe, Gys de Villiers...
MAKKIE ONTHOU deur Adelle van Wyk 29.04.2021 1:01:48
Die drama is die wenner van die RSG/SANLAM Radiodrama-skryfkompetisie van 2020. Makkie Ghall word deur die polisie ondervra nadat ‘n lyk in haar werkgewer se swembad ontdek is. Vyftien jaar later maak ‘n vreemdeling onverwags sy verskyning, en kort daarna begin Makkie vreemd optree. Die waarheid kom mettertyd uit wanneer ‘n jong vriend en haar susterskind Makkie se storie begin ontrafel. Die spe...
STERREREËN deur Hendie Grobbelaar 22.04.2021 47:44
Die drama het die tweede prys ingepalm in die RSG/SANLAM Radiodrama-skryfkompetisie van 2020. 'n Student se ma vra hom om haar huis op te pas terwyl sy oorsee is met vakansie. Dis 'n gulde geleentheid vir sy pêlle om die huis op horings te neem. Waarop hy egter nie gereken het nie is 'n beeldskone, eksentrieke meisie se bekoring met die misterie vir die buitenste ruim. Dit lei daartoe dat hy 'n k...
MORGENSTER deur Philip Nolte 15.04.2021 1:12:15
Dit is 2040 en Suid-Afrika is onherkenbaar. ‘n Dispotie. Die post-pandemie regering het ekonomieë verander en kontroleer die land met ‘n diktatorshand. Provinsies is geskrap. Mure is rondom metropole gebou om die rykes en die armes te skei. Aardverwarming het veroorsaak dat somer verdwyn het, en dat winter die wêreld deur die jaar omhels. In die armsalige uitstedige uitbreiding, Morgenster, is die...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.