RSG
Radioteater
Teater van die verbeelding. Die dramas word in twee seisone uitgesaai: April tot Junie en Oktober tot Desember.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
DIE SEEKAT deur Tienkie Albertyn 01.12.2022 38:42
Katie en Annie is twee afgetredenes wat die wêreld vanaf hulle balkonne beskou. Oorkant hulle is Die Seekat, ‘n gewilde kuierplek. Die lawaai wat daarvandaan kom, dryf die twee ou dames egter tot raserny en hulle besluit om ‘n plan te maak… Die spelers is Rina Nienaber, Shemane Harris, Simon Bruinders, Philru van Achterberg, Izel Bezuidenhout en Johny Klein.
ONDERHOUD MET 'N BOEMELAAR deur Karin du Toit 24.11.2022 1:04:15
Hoe beland ‘n mens op straat en word ‘n boemelaar? Veral as jy ‘n professionele, gegradueerde mens is met ‘n gesin. Einstein is so ‘n mens. Hy en sy vriend Skerf woon in ‘n park onder ‘n boom. En dan, een middag daag daar ‘n joernalis en haar vriend op. Sy soek ‘n storie. En Einstein soek antwoorde. Die spelers is Sue Pyler-Slabbert, Donovan Pietersen, Pietie Beyers, Johny Klein, Karen Wessels en...
WIE NIE WIL HOOR NIE deur Maria Vos 17.11.2022 47:50
Waarskuwing: Sekere tonele en taalgebruik mag sensitiewe luisteraars aanstoot gee. Die kunssinnige Janina is saam met haar boesemvriend, Anton, in matriek. Een middag vra hy haar om vir hom ’n prentjie van hulle streng onderwyseres, Mevrou Steyn, te teken. Anton is gaande oor die karikatuur waarmee sy vorendag kom, en wil dit graag as ’n aandenking hou. Maar Janina sou nooit kon raai wat Anton met...
DOOD VAN 'N SKRYWER deur Hannes Pieterse 10.11.2022 1:08:32
Familiekonflik en verhoudings, die nagevolge van die pandemie en die vervlakking van die samelewing weens sosiale media is temas wat in die drama weerklink. Maar eerstens is dit ‘n misdaadverhaal: Wie het die moord gepleeg? Die spelers is June van Merch, Johan Nel, Hanna Borthwick, Melt Sieberhagen, André Weideman en Kay Smith.
DIE GLASDEUR deur Henriëtte Grové 03.11.2022 1:00:40
Die drama vertel die verhaal van drie oujongnooiens wat op ‘n afgeleë plaas woon. Dan kom ‘n jonger familielid by hulle aansterk. Sy teenwoordigheid krap ou wonde oop oor ‘n ander jongman wat baie jare gelede ook by hulle aangesterk het nadat hy in die oorlog gewond is. Die tweemalige Hertzogpryswenner, Henriëtte Grové, sou vanjaar 100 jaar oud wees. Die drama word as huldiging uitgesaai. Hierdie...
SOU DIE STERRE LUISTER deur Lee Doubell 27.10.2022 1:02:27
RSG bied ‘n spesiale opdragwerk aan om 85 jaar van Afrikaans op die radio te herdenk. Die drama word 'n spel, nie net met tyd nie, maar ook met ruimte waarin die hedendaagse RSG, kompleet met U eie keuse (die oudste radioprogram in Suid-Afrika) as springplank vir die intrige gebruik word. Griekse mitologie, vermeng met hedendaagse, ondermaanse gegewe, soos die Karoolandskap, sy inwoners en radiope...
DAG IN, NAG UIT deur Vincent Pienaar 20.10.2022 59:52
‘n Luitenant-kolonel in die polisie kom voor ‘n keuse te staan. Of hy gaan voort met sy gewone lewe op ‘n doodgewone salaris, gelukkig getroud met ‘n vrou en baba-dogtertjie, of hy gee hom oor aan die verleidings van ‘n gevaarlike spul booswigte wat hom wil dwing om ‘n kollega te verraai. Hierdie drama is op ‘n ware verhaal gebaseer. Die spelers is Anton Dekker, Charlie Bouguenon, André Stolz, Ste...
WAAR IS ELLIE PAUW? deur Hendie Grobbelaar 13.10.2022 1:11:38
Toe Wilhelm Pauw eers laat in sy lewe uitvind hy het 'n dogter, begin hy na haar soek. Omdat hy desperaat is, is sy metode onortodoks. Daar is net twee mense wat hom kan help met sy soektog - Sophia Marais, 'n verbitterde, ongelukkige vrou, vervreemd van haar dogter, met 'n geheim wat haar gewete opkeil - en Gwen Lotter, 'n vrolike, boheemse vrou wat ook met 'n geheim saamlewe. Die twee is beste v...
‘N WARM WIND OOR DIE VLAKTES deur Richard van der Westhuizen 06.10.2022 58:46
‘n Man stop by die hotel in ‘n klein dorpie in Namakwaland, en betaal kontant vir ‘n kamer vir vyf aande. Hy is hier met ‘n doel. In die warm, stowwerige windverwaaide wêreld ontmoet ons die garage-eienaar met sy werkswinkel, waar allerhande dinge reggemaak word, die windmaker dwelmhandelaar en sy pêl wat misbruik maak van die jongmense se ledigheid, die behulpsame hotelbestuurder, en die vriendel...
HENDRIK SE HISTEREKTOMIE deur Ilné Fourie 30.06.2022 21:21
[Wenner van RSG en NATi se eerste Kwartkomedie-skryfkompetisie vir komiese radiodramas] Dr. Marais is ’n veearts op ’n klein dorpie wat ’n tydelike ontvangsdame, Marietjie, in diens geneem het. Haar eerste dag verloop, om die minste te sê, minder geslaagd. Koos se hond, Buffel, het sy nuwe bakkie se sleutels ingesluk, en Dorette se hamster het oornag agt kleintjies gekry. Dit, terwyl dr. Marais ’n...
DIE RARE JACOBS deur Melt Sieberhagen 30.06.2022 19:00
[Naaswenner van RSG en NATi se eerste Kwartkomedie-skryfkompetisie vir komiese radiodramas] Herman is ’n onvergenoegde, middeljarige sakeman wat ná meer as drie dekades nie die bevordering kry wat hy meen hom toekom nie. Iemand van die straat af, ’n meneer Jacobs, word as sy bestuurder aangestel. Wat Herman nog erger laat voel, is dat hy bloot ’n e-pos gestuur het om die man geluk te wens met sy a...
EERBARE INTENSIES deur Benjamin Kock 23.06.2022 22:01
Katrien is ’n 27-jarige aktuaris wat baie bekommerd is oor haar ouers, Basie en Ella, twee sout-van-die-aarde plaasmense wat na Italië gereis het, maar toe skielik verdwyn het. Uiteindelik spoor Katrien hulle per telefoon op waar hulle baie opgewonde vir haar vertel hoe heerlik hulle kuier by Lorenzo se ouers, Luigi en Sofia, in Palermo, Sisilië. Lorenzo is ’n jong man wat Katrien op die internet...
KAMMA SPESIALE VRIENDE deur Niel Steenkamp 23.06.2022 24:09
Frans en Anita loop mekaar in ’n supermark raak, begin gesels en kom tot die gevolgtrekking dat Frans se weduwee-ma en Anita se wewenaar-pa albei die behoefte het om weer iemand spesiaal te ontmoet. Hulle erken dat hulle ouers baie hardkoppig is en nie ’n ontmoeting met iemand ter wille sou wees nie. Só spreek Frans en Anita toe af om te maak asof hulle op mekaar verlief geraak het, om op dié mani...
DIE SWERFJARE VAN POPPIE NONGENA deur Elsa Joubert 16.06.2022 55:28
Die verhaal handel oor die lewe van Poppie Nongena. Dit vertel hoe sy as ma rondgeskuif is weens die politieke stelsel van die tyd, en die besluite wat sy ter wille van haar kinders se opvoeding moes neem. Dit beeld haar innerlike stryd uit oor die besluite wat sy telkens moes neem. Elsa Joubert se gelyknamige roman het in 1978 verskyn. Dit is verskeie keer bekroon, en in meer as 13 tale vertaal....
BOETIE KOM KUIER deur Thomas van Niekerk 09.06.2022 13:51
Hierdie lighartige komedie was deel van die RSG/Nati Kwartkomedie-skryfkompetisie. Hope misverstande, vooroordele en mistasting loop uit ‘n verrassende ontknoping. Die akteurs is Sandra Prinsloo, Frans Swart, Marissa Claasen en Philru van Achterberg.
DIE NAGBESOEKERS deur Albert Short 09.06.2022 30:57
Twee ou mense wat naby ‘n begraafplaas woon, word toenemend met die dood gekonfronteer. Aanvaarding en ontkenning word aanvanklik ‘n speelbal tussen die twee, maar dan gebeur dít wat geen mens nog kon systap nie… Die akteurs is Elma Potgieter en Frans Swart.
ONVOLTOOID deur Ayden Kruger 02.06.2022 1:01:53
Danel, ‘n sielkundige, meen sy het ‘n goeie lewe en ‘n gelukkige huwelik. Maar dan kom sy een dag vroeg tuis en betrap haar man, Bertus, saam met ‘n ander vrou in hulle bed. Sy vlug na haar Pa toe. Hulle het mekaar vir bykans 10 jaar nie gesien nie, en Danel is nie daarvan bewus dat haar Pa siek is nie. Sy weet ook nie dat hy sy huishulp se kleinkind versorg nie. Danel en haar Pa moet die brûe na...
SONDESEEP deur Susan Marais 26.05.2022 57:16
‘n Gesiene inwoner van ‘n plattelandse dorpie iewers in die Noord-Kaap verdwyn te midde van die gemeentesusters se beplanning van ‘n kerkbasaar, ter ondersteuning van die kontrei se verarmdes. Aan die spits van hierdie filantropiese poging is Mevrou Dominee, kranige boerseepkookster. Maar is sy inderdaad besig met die Hemelse Koninkryk se werk? Die rolverdeling is Susanne Beyers, Johann Nel, Fried...
DIE MAGRIETJIE deur Jenny Pieterse 19.05.2022 51:35
'n Weduwee sukkel om oor haar man se dood te kom. Haar buurvrou sien om na haar Pa, wat terminaal siek is weens kanker. Dan kruis die twee se paaie en hulle word op onverwagse wyse by mekaar se lewe betrek. Dis ‘n verhaal oor die trauma van verlies, en heling deur medemenslikheid. Die spelers is Rika Sennett, Eloise Cupido, Luan Jacobs, Donovan Pietersen, Duncan Johnson en Renske Jacobs.
DON JUAN deur Moliére 12.05.2022 43:31
Hierdie argiefproduksie word uitgesaai ter viering van die Franse dramaturg, Moliére, se geboorte in 1622, vanjaar 400 jaar gelede. Molière was ‘n akteur, dramaturg en digter, en word beskou as een van die belangrikste skrywers in die Franse en wêreldletterkunde. Sy werk is in verskeie tale vertaal, insluitend Afrikaans, en word steeds in Frankryk opgevoer. Die spelers is Louis van Niekerk, Dana N...
KINDERS deur Erica Harris 05.05.2022 1:08:23
Natasha kry onverwags toesig oor haar tienerseun, Tiaan. Nie sy of haar lewensmaat Bella is egter gereed vir die verantwoordelikheid nie. Die spelers is Nadia Valvekens, Cintaine Schutte, Eloff Snyman, Roelien Daneel, Dan-Jacques Mouton en Charl van Heyningen.
NAAND, JOSEF deur Albert Short 28.04.2022 52:28
‘n Man verdwyn soos ‘n groot speld terwyl hy oor 'n uitgestrekte vlakte reis. Die enigste mense wat op die vlakte bly, is twee ou tannies in ‘n afgeleefde huisie. Beide is in hulle 90’s. Maar hulle weet niks… of so sê hulle wanneer die polisie bel om hulle daaroor te vra. Die spelers is Elzabé Zietsman, Rina Nienaber, Charlie Bougeunon en Eloise Cupido. Albert Short het die tweede prys in RSG en S...
STERSTOF deur Cecelia du Toit 21.04.2022 58:32
Dit is 2052 en twee mense word na Mars gestuur om daar kos te verbou. Wanneer hulle egter tydens die sending wakker word, kom hulle met ‘n skok agter dat hulle na ‘n heel ander plek op pad is. Die spelers is Rolanda Marais, Jane de Wet, Charlton George, Wilhelm van der Walt en Anrich Herbst. Die drama het die derde prys gewen in RSG en SANLAM se Radiodramaskryfkompetisie in 2021.
WAAROM, HERE? deur Joey van Niekerk 15.04.2022 44:58
Die drama vertel die verhaal van Saggeus, die tollenaar. Hy was in jy jeug opstandig omdat hy nie kon deel hê in die voorspoed en rykdom wat regeringsgesindes te beurt geval het nie. Toe word hy ‘n tollenaar, en word ryk en magtig. Toe hy Jesus van Nasaret een dag ontmoet, verander sy lewe. Met Luan Jacobs, Jakkie Groenewald, Estel de Beer en Johny Klein.
DIE DOOD VAN BITITI deur Adriaan Havenga 14.04.2022 45:14
'n Wildsplaas... 'n Familieplaas... 'n Erfplaas... Dis waar die verhaal afspeel. En, soos dit maar dikwels met familie gaan, is daar onderlinge jaloesie en afguns. Daar is ook struwelinge tussen suster en broer. En 'n moeilike ma, die matriarg, wat almal na haar pype wil laat dans. 'n Nuwe leeuwyfie word afgelewer op die plaas. Haar naam is Bititi. Die leeu word gebruik om moeilikheid te maak vir...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.