RSG

Radioteater

Arts AF ↓ 388 episodes

Teater van die verbeelding. Die dramas word in twee seisone uitgesaai: April tot Junie en Oktober tot Desember.

Author

RSG

Category

Arts

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jun 25, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

2092: GOD VAN KLANK deur Wilken Calitz 30.10.2014

Alle vorme van kuns is 40 jaar gelede verbied en die kunstenaars wat steeds hulle kuns probeer beoefen het, is terreggestel. Een pianis het 'n klavier vir 40 jaar in 'n grot weggesteek. Wat gebeur as iemand se hartstog sterker as sy oorlewingsdrang is? Die hoofspelers is Chris van Niekerk en Wilna Snyman. Ander spelers is Pedro Kruger en Albert Pretorius.

DIE PYN deur Pauline Smith 23.10.2014

'n Bejaarde kinderlose egpaar hou 50 jaar lank hulle armoedige boerdery aan die gang en woon en werk in liefde en tevredenheid saam, tot die vrou ernstig siek word en haar pyn hulle lewe binnedring en oorneem. 'n Kort verblyf in die hospitaal is vir hulle 'n ontnugtering as hulle vir die eerste keer geskei word en die pyn 'n nuwe dimensie kry.

SPLINTERGLAS deur Richard van der Westhuizen 16.10.2014

Sedert haar ouers se egskeiding weier die jong Lynelle om weer klavier te speel. Sy en haar ma trek na die platteland, waar haar ma daarop aandring dat sy les neem by 'n afgetrede komponis. Met sy ondersteuning en leiding kry Lynelle dit mettertyd reg om 'n groot trauma te verwerk.

DIE ONGELOOFLIKE REIS VAN MAX EN LOLA deur Vinette Ebrahim en Hugo Taljaard 09.10.2014

Max is 80, wit en gay. Lola is 79, bruin en nie op die mond geval nie. Hulle onwaarskynlike vriendskap strek oor dekades en het begin in 'n tyd toe sulke verhoudings verbode was, maar hulle liefde vir fliek en vir mekaar, het alles oorwin. Nou het die ouderdom hulle bekruip en dink hulle terug oor die jare.

STERIEL deur Gideon van Eeden 02.10.2014

Die titel van die drama is beskrywend van die gebied en die mense wat daar woon, enersyds, en die lewensgevaarlike en lewensbelangrike werk wat deur paramedici verrig word, andersyds. Nie alleen is dit noodsaaklikheid dat die binneruim van die ambulans steriel gehou moet word nie, ook die karakters lewer kommentaar op die sterieliteit van die gemeenskap en hulle persoonlike lewens.

HOOR JY MY? deur Jean Cocteau 19.06.2014

'n Middeljarige vrou (Rika Sennett) bel haar geliefde van die afgelope vyf jaar. Hy het intussen iemand anders ontmoet en trou die volgende dag met die nuwe vrou. In die telefoniese gesprek met haar eks probeer die vrou om weer sy liefde terug te wen, maar word verstrengel in haar eie desperaatheid en web van leuens. Die telefoongesprek is pure frustrasie wanneer dit kort-kort onderbreek word en d...

KLIPPEKLOOF deur Cecilia du Toit 12.06.2014

Marius Venter moet die klipformasies in die omgewing van die plaas Klippekloof ondersoek. Petrus en Kotie Versteen is baie gasvry en hy voel dadelik tuis... totdat hy in die nag wakker word van 'n perd wat runnik, gevolg deur 'n geweldige slag. By nadere ondersoek vind hy egter absoluut niks nie...Hierdie drama met Richard van der Westhuizen, Heidi Mollentze, Lochner de Kock, Elize Cawood en Anton...

SONSTORM deur Schalk Schoombie 05.06.2014

Niek en Miekie woon in 'n slimgebou. Alles is geoutomatiseer en geoptimaliseer – van veiligheid en sekuriteit tot voeding en klimaatbeheer. Onbemande tuie patrolleer die stad terwyl kameras en mikrofone oral opgestel is om misdaad hok te slaan. Selfs binne-in wooneenhede geld streng beheermaatreëls. Een van Miekie se frustrasies is dat daar 'n enorme versameling afstandbehere is wat alles, van die...

DIE NAG VAN LEGIO deur P.G. du Plessis 29.05.2014

Die drama is die eerste keer in 1969 opgevoer deur die destydse TRUK. In 1972 wen dit, saam met SIENER IN DIE SUBURBS, die gesogte Hertzog-prys vir drama. In 1990 verwerk die dramaturg, wat vanjaar tagtig word, die drama vir vrouespelers. Vyf vroue in 'n inrigting vir sielsiekes, kry op die vooraand van 'n skuif na 'n ander vleuel, 'n nuwe kamermaat in hulle saal by. Sy is Maluna en sy is daar om...

DIE TRAGIESE GESKIEDENIS VAN DOKTOR FAUSTUS deur Christopher Marlowe 22.05.2014

Faustus gee sy siel aan Lucifer, die duiwel, in ruil vir 'n langer lewe, wellus en alles wat hy wil hê.

AS DIE DONKER DIE SON INSLUK deur Marion Erskin 15.05.2014

Dis die verhaal van 'n klein plattelandse gemeenskap met die gewone struwelinge en 'n lang geskiedenis van haat en nyd. Hulle leef dekades met hulle eie wroeginge en geheime wat hul menswees verteer. Dan kom 'n natuurramp wat hulle dwing om mekaar te aanvaar en te omarm.

AAN STILLE WATERS: VROUTJIE WEET ALWEER BETER deur CJ Langenhoven 08.05.2014

Die drama is saamgestel uit Langenhoven se rubrieke wat hy van 1921 tot 1932 vir Die Burger geskryf het. Die moderne Afrikaans waarmee hy toe al gewerk het, is opmerklik. Die program is by die Klein Libertasteater in die Kaap opgeneem. Jannnie Hofmeyr en Susan Beyers kan gehoor word in die rolle van Neelsie en Vroutjie. Stephanie Badenhorst skep die byklanke op die verhoog.

VRYSLAG deur Marcel van Heerden 30.04.2014

Hoe lyk een chaotiese dag in die lewe van 'n vryskutakteur? Hoe hanteer hy die klein katastrofes wat elke dag oor sy pad kom? Maar nog erger: hoe balanseer hy sy lewe as vryskutwerker met die van 'n enkelouer, veral wanneer sy seun se skool hom laat weet dat sy skoolgeld agterstallig is en daar geen manier is waarop hy R20,000 binne 'n week bymekaar kan maak nie.

DIE TORINGKELDER deur Andre Kotze 17.04.2014

'n Pa (Nic de Jager) sy tienerseun (Pietie Beyers) en tienerdogter (Elanza Swart) woon in die vuurtoring waarvoor hy verantwoordelik is. Hy maak hulle alleen groot en is besonder streng. Dan verskyn 'n jong, geheimsinninge seun (Deklerk Oelofse) op 'n stormagtige nag. Sy teenwoordigheid verander hulle lewens onherroepelik. Hierdie werk herinner aan die Gotiese dramas en dit deel die derde plek in...

DIE WEBLEY deur Piet Steyn 10.04.2014

Die beskikbaarstelling van artiretrovirale middels sedert 2008 help op 'n ingrypende wyse om vigssterftes in Suid-Afrika te verminder. Nogtans kondig Statistiek Suid-Afrika in Mei 2013 aan dat daar reeds 5,26 miljoen mense met MIV/vigs in die land is—tien persent van die bevolking. En wat meer is, die syfer styg steeds. Piet Steyn speek die MIV/Vigs probleem subtiel aan en tog is daar 'n dringendh...

O Hel! deur PG du Plessis 03.04.2014

Regstreekse uitsending vanaf die KKNK: Die gegriefde Antjie (Rolanda Marais) begelei Christoffel (Deon Lotz) in sy toetrede tot die hel. Hy't dit nie verwag nie en sit hom hewig tee, maar tevergeefs. Die rot, die skare, die baba, die skroue en skreeue van die ander Teerlinge is weer daar om ds. Christoffel te laat weifel en wonder en selfs te verbyster. Sy verlede haal hom klaaglik in en hy word g...

OLIFANTIE deur PJ Haasbroek 25.12.2013

Daar is Indiese olifante en die Afrika olifante. Hulle word onderskei deur hulle grootte en veral die grootte en vorm van hulle ore. Die Afrika olifant se slurp het twee vingers teenoor die Asiese olifant se een vinger. Ou Voortrekker, die olifantbul, is 'n Afrika olifant en meer spesifiek 'n woestynolifant. Die olifant se grootste vyand is die mens. Hulle word hoofsaaklik gejag vir hulle tande. O...

DIESELFDE STORIE deur S.D. Fourie 25.12.2013

'n Afgetrede visserman se dogter vra hom om die Kersverhaal vir sy kleinkinders te vertel. Hy vra sy ou vriend om hom te help en saam besluit hulle om die storie so te vertel dat vandag se kinders daarmee kan identifiseer.

DIESELFDE STORIE deur S.D. Fourie 24.12.2013

'n Afgetrede visserman se dogter vra hom om die Kersverhaal vir sy kleinkinders te vertel. Hy vra sy ou vriend om hom te help en saam besluit hulle om die storie so te vertel dat vandag se kinders daarmee kan identifiseer.

STERREKYKERS deur Flip Loots 24.12.2013

Drie mense beleef 'n eienaardige Oukersaand op straat voor 'n supermark.

DIE IDEALE MINNARES deur Niel Steenkamp 19.12.2013

Is die romanse uit jou huwelik of verhouding? Dan gaan hierdie drama dit vir jou terugsit! Dit was een van die inskrywings vir die RSG/SANLAM Radiodramaskryfkompetisie van 2012 wat die aandag getrek het met sy tema waarmee baie volwasse luisteraars sal kan identifiseer. En daar is 'n verrassende slot...

SIBBE deur Francois van Rensburg 05.12.2013

'n Skoolseun wat die pad yster raak. 'n Onderwyseres wat probeer help. 'n Alkoholiese pa en 'n komen…

Listen to the Radioteater podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.