RSG
Radioteater
Teater van die verbeelding. Die dramas word in twee seisone uitgesaai: April tot Junie en Oktober tot Desember.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
ALTYD deur Anton Krueger 21.11.2013 56:12
Die drama beeld die inherente eensaamheid van ontheemde bejaardes in 'n ouetehuis uit. 'n Baie sterk…
DIE KWILTER EN DIE KELNER deur Francois Toerien 14.11.2013 37:44
'n Middeljarige reisjoernalis nooi 'n kelner met 'n BA-graad in filosofie na haar voorstedelike huis…
BAGASIE deur Marita van der Vyver 07.11.2013 1:02:33
Marita van der Vyver se eerste radiodrama vertel die verhaal van twee verliefdes wat na Parys vlieg …
STRIP deur Leon Kruger 31.10.2013 50:39
Con Motors benodig 'n nuwe werktuigkundige. 'n Advertensie word in die koerant geplaas, maar die tel…
DIE BESKERMENGEL deur Anna M. Louw 24.10.2013 54:41
Hannie se huwelik met 'n verwende skrywer lê aan skerwe. Sy sien geen lig nie, tot haar beskermengel…
DRAADWERK deur Daleen Kruger 17.10.2013 1:10:59
Dit is die verhaal van Helen Martins en Koos Malgas wat bekend is aan Suid-Afrikaners en buitelandse…
BREKING deur Fanie Viljoen 10.10.2013 45:27
Wat sou gebeur as die mediese wetenskap ons almal eendag vir ewig aan die lewe kan hou? Dit is die v…
DIE LAASTE VAN DIE TAKHARE deur C.J. Langenhoven 03.10.2013 1:11:35
DIE LAASTE VAN DIE TAKHARE is meer as 'n honderd jaar oud. Dit handel oor 'n boer, Ou Karel Venter, …
BULLETS OOR BISHOP LAVIS deur Christo Davids 27.06.2013 51:35
Dit is ’n veelvlakkige drama wat afspeel in postapartheid Suid-Afrika, met terugflitse na 1990, toe die vrylating van Nelson Mandela nog net in die vooruitsig gestel is. Ronnie het ’n prokureur geword, terwyl sy boesemvriend, Jerome, tronkstraf uitgedien het. Anél is getroud met Ronnie en woon in Tamboerskloof in Kaapstad. As verslaggewer in die Ou Suid-Afrika, het sy bevriend geraak met Malaysia,...
STILLEWE deur sir Noël Coward 20.06.2013 48:00
‘n Stukkie steenkoolstof beland in ‘n vrou se oog. ‘n Dokter help haar op ‘n besige stasie om die irritasie uit haar oog te kry. Dit is liefde met die eerste oogopslag. Die probleem is egter dat albei “gelukkig” getroud is. Hoe hanteer hulle hierdie oorrompelende én geheime liefde sonder om hul eie lewens te verwoes?
OFFER deur Charles J. Fourie 13.06.2013 57:17
Offer is ‘n drama wat in die koudste maand in Suid-Afrika uitgesaai word. Die koue word as leitmotief kundig deur die dramaturg aangewend. Errol Hendriks (Dean Balie) en Japie van Blerk (De Klerk Oelofse) se lewensverhale speel af teen ‘n koue tydperk in menseverhoudings en die geskiedenis van Suid-Afrika. Japie en sy suster Rachel (Hannah Borthwick) trotseer as kinders die koue, aangevuur deur hu...
BY VERLIES AAN WOORDE deur Fanie Viljoen 06.06.2013 44:56
Xander is ’n skrywer op soek na rus en stilte op die platteland, maar sy nuwe buurvrou laat hom nie een oomblik met rus nie. Mia se dominerende aard herinner hom gevaarlik baie aan sy gewese vrou en die houvas wat sy op hom gehad het. Hy probeer juis herstel van die traumatiese egskeiding. André Stolz, Heidi Mollentze en Sulette Thompson vertolk die rolle. Fanie Viljoen se vorige radiodramas is Di...
TOT SIENS DENISE deur Mari Snyman 30.05.2013 57:18
Colin val sy lewe lank rond en drink om sy ellende te probeer verwerk. Hy is weer eens in ‘n tronksel vir die nag om sy roes af te slaap. Hy is alleen. Sielsalleen. Maar dan hoor hy ‘n bekende stem wat sê, “Ek is hier. Jy ken my. Dis Denise”. Hy besef hy is nie alleen nie. Of is hy? Colin word noodgedwonge gekonfronteer met sy kinderjare wat allesbehalwe rooskleurig was en leer uiteindelik om eerl...
MIS deur Reza de Wet 16.05.2013 1:26:35
“Sien is glo,” sê die konstabel, met sy wit kierie, aan sy verbaasde toehoorders. Verlustig jou in hierdie “sprokie” vir oud en jonk, wat jou sal laat nadink en bespiegel. Die uitdagende vrouerolle word vertolk deur Isadora Verwey, Marga van Rooy, Annaliesa Weiland (wat haar debuut as radio-aktrise maak) en Lelia Etsebeth. Dis ook ‘n voorgeskrewe werk vir hoërskole.
GLASKAS deur Ireneusz Iredynski 09.05.2013 29:34
‘n Middeljarige aktrise beland in die hospitaal ná ‘n mislukte selfmoordpoging. Hier deel sy haar lewensverhaal, anekdotes oor haar loopbaan en gebeure uit haar kinderjare met ‘n jong psigiater. Wilna Snyman het in 1991 die Radio Artes gekry vir beste spel deur ‘n aktrise in ‘n dramatiese werk vir haar vertolking van die aktrise teenoor Nic de Jager.
Radiodramaslypskool 09.05.2013 21:59
Kobus Burger leer jou hoe om 'n radiodrama te skryf.
ONS GAAN HUIS TOE deur William Oosthuizen 02.05.2013 41:35
William Oosthuizen het met hierdie debuutwerk van hom die eerste plek verwerf in RSG en Sanlam se radiodramaskryfkompetisie. Dit is die verhaal van 'n vrou wie se dogter op die ouderdom van 18 die huis verlaat en later weer onverwags opdaag.
VEERTIG DAE deur Wilken Calitz 25.04.2013 59:55
Wat gebeur wanneer ‘n klomp skoolseuns besluit om ‘n kosbare Pierneef-skets te steel as deel van die sogenaamde 40 Days in matriek? Dit wys presies wie hulle eendag sal wees wanneer hulle volwasse is. Maar watter rol speel die volwassenes, wat veronderstel is om hulle leiding te gee, in hierdie diefstal – wetend of onwetend?
BEHOORT deur Saartjie Botha 24.04.2013 56:47
Hierdie werk, ’n eerste radiodrama vir Botha, kyk met groot deernis na die bekende situasie in soveel Suid-Afrikaanse gesinne. Die du Toits se huishulp, wat reeds 35 jaar by hulle werk, word siek en die vader, moeder, seun en dogter raak intens bewus van hulle verhoudings met mekaar en met haar.
JOHN BIRKENHEAD deur SD Fourie 18.04.2013 51:47
Die Birkenhead, haar majesteit se troepeskip, vertrek vroeg in 1852 vanaf Cork na Algoabaai. Aan boord is nie alleen tien regimente nie, maar ook vroue, kinders en agt trommels goud, wat as soldy vir die soldate bedoel is. Daar word vandag nog bespiegel oor wat van die goud geword het.
VLUG deur Ingrid Penzhorn 11.04.2013 44:06
Wim en Anja besluit om na Kanada te emigreer, maar wie se idee was dit? Hoe onskuldig is Wim se vriendskappe met verskeie mense, onder andere hulle reisagent. Anja het baie om agter te laat - haar pa, haar ma wat in ‘n inrigting is, en dan die feit dat die universiteit haar aanvaar het vir ‘n kursus wat sy graag wil doen en wat haar sal help om haar eintlike ambisie, om te skryf, te vervul. Vertro...
TEERLING 3: DIE WIEL DRAAI deur PG du Plessis 04.04.2013 36:51
TEERLING 3: DIE WIEL DRAAI deur PG du Plessis
AS VUUR SKOON BRAND deur Helena Hugo 29.03.2013 53:42
Jaco en Melissa is van Johannesburg af op pad na sy pa se veeplaas iewers tussen Vryburg en Kuruman. Die veld het tot in die aarde verbrand. Koos het by die dood omgedraai en Stienie waak langs sy bed. Faan en Christine probeer red wat te redde is. Die atmosfeer op die plaas is neerdrukkend. Sal hulle weer uit die as kan opstaan? Of het die vuur die finale woord?
LIEFIE EN POPPIE SE TJOP-TJOP JOPPIE deur Olaf van Renen 27.12.2012 56:45
Daar is drama in ‘n gesinsonderneming waar daar gemuit, gestaak en demand word. Almal voel daar word teen hulle gediskrimineer en die vroue gebruik ‘n gevreesde tegniek om die mans tot insig en oorgawe te dwing. Hoe laag kan ‘n man daal, of in dié geval, ‘n vrou? In hierdie guitige drama word gender en generasie as temas in ‘n moderne verwikkelde Suid-Afrika aangepak. Dit kan sensitiewe luisteraar...
MISDAAD EN STRAF deur Feodor Dostojefski 13.12.2012 1:26:00
Rodion Raskolnikof is ‘n arm student in St. Petersburg en droom van die volmaakte misdaad. Hy vermoor ‘n ou weduwee met ‘n byl en steel haar juweliersware, maar glo dat hy bo die sedewette verhewe is en nie regtig vir sy misdaad sal boet nie. Rodion word deur armoede gedryf en glo dat as hy die geld wat hy vir die juweliersware ontvang vir ‘n goeie doel aanwend, hy nooit gestraf sal word nie. Sal...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.