Simondium Familiekerk
Preek Opnames
Vind hier opnames van ons mees onlangse preke.
Author
Simondium Familiekerk
Category
Podcast website
Latest episode
Apr 12, 2026
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Reis deur Efesiërs - Deel 9 (Kinderdiens - 12 April 2026) 12.04.2026 34:05
PREDIKER: Nadia Muller TEMA: Vol van Christus TEKS: Ef. 1:22-23 Laasweek het ons gevier dat die graf leeg was. Oral was daar leë paaseiers – en soms voel ons self ook ’n bietjie leeg. Maar Jesus leef, en ons is gevul met sy volheid. Wat beteken dit? Hoe lyk ons lewens dan? En hoe kyk ons nou na ander? Efesiërs leer ons dat Christus alles in almal vervul. Maar as dit waar is … hoe verander dit die...
Opstandingsondag - 05 April 2026 05.04.2026 21:42
Hierdie twee monoloë gee stemme aan Maria Magdalena en Thomas as mense wat eers stukkend en leeg by die opstanding aankom - sy met droeë oë, hy agter die deur van sy eie twyfel. In beide gevalle reageer Jesus nie met antwoorde of berisping nie, maar met Sy besondere teenwoordig-wees: Hy sê haar naam, Hy bied sy wonde aan vir Thomas se hande. Die sentrale boodskap is dat die opstanding nie pyn uitw...
Goeie Vrydag - 03 April 2026 03.04.2026 23:15
Prediker: DJ Muller Ons verken die diepte van Jesus se eie emosionele en geestelike angs - van sy trane by Lasarus se graf, tot die bloedsweet in Getsemane, tot sy kreet van verlating aan die kruis - as bewys dat Hy nie net die menslike pyn van angs verstaan nie, maar dit self ten volle beleef het. Die sentrale argument is dat Jesus in elke moment van krisis nie eers antwoorde gee of omstandighede...
Reis deur Efesiërs - Deel 8 (22 Maart 2026) 22.03.2026 25:00
PREDIKER: Nadia Muller TEKS: Efesiërs 1:18–20 TEMA: Wonderlike Erfenis Paulus praat van ’n wonderlike erfenis vir die heiliges. Maar wat beteken dit op aarde? Wie is die heiliges? Wat is hierdie erfenis? En wie is die God wat dit gee? Ons dink dikwels aan erfenis as iets wat jy eers ontvang wanneer iemand sterf. Maar Paulus se verstaan van erfenis is anders – groter, ryker, en reeds aan die gebeur...
Reis deur Efesiërs - Deel 7 (15 Maart 2026) 15.03.2026 26:50
PREDIKER: Nadia Muller TEKS: Efesiërs 1:18–19 TEMA: Hoop Paulus bid dat gelowiges God werklik sal leer ken – want wanneer ons Hom ken, begin ons ook die hoop van ons roeping raaksien. Maar hierdie hoop is nie wensdenkery nie. Dit is nie net ’n vae droom oor eendag nie. Dit is ’n seker hoop – iets wat reeds begin het. En as God se nuwe skepping reeds begin het… hoe behoort ons dan vandag te leef?
Reis deur Efesiërs - Deel 6 (08 Maart 2026) 08.03.2026 26:39
PREDIKER: Nadia Muller TEKS: Efesiërs 1:15–23 (fokus op v.15–19) TEMA: Om vir mekaar te bid Een van die mooiste dinge wat Paulus in sy briewe doen, is om vir mense te sê: Ek bid vir julle – en hy sê selfs waarvoor hy bid. Dit laat ’n belangrike vraag: Hoe bid ons vir mekaar? Bid ons net dat mekaar se probleme sal verdwyn, of bid ons – soos Paulus – dat God ons oë sal oopmaak om Hom te sien? Die gr...
Reis deur Efesiërs - Deel 5 (01 Maart 2026) 01.03.2026 39:39
PREDIKER: DJ Muller TEKS: Efesiërs 1:3–14 Wat as jy van môre af anders na jou eie lewe kyk? Wat as jy ontdek dat jy nie toevallig hier is nie – nie maar net nóg ’n naam op ’n lidmaatlys nie – maar deel van ’n groter, goddelike ontwerp wat reeds voor die grondlegging van die wêreld begin het? Wat as die Vader se wil, die Seun se werk en die Gees se teenwoordigheid nie bloot abstrakte teologie is ni...
Reis deur Efesiërs - Deel 4 (22 Februarie 2026) 22.02.2026 30:20
PREDIKER: Nadia Muller TEKS: Efesiërs 1:3–14 Wat as jy nie net wag vir eendag se aankoms in die hemel nie, maar reeds nou leef uit ’n oorwinning wat klaar behaal is? In Efesiërs 1:3–14 ontdek ons iets wat jou kop dalk effens laat kantel: jy is reeds geseën met elke geestelike seën. Hoe lyk dit wanneer gewone mense – in ’n gebroke wêreld vol pyn en chaos – begin leef as tekens van God se nuwe skepp...
Reis deur Efesiërs - Deel 3 (15 Februarie 2026) 15.02.2026 22:05
PREDIKER: Nadia Muller TEKS: Efesiërs 1:3–14 TEMA: Uitroep van Lof! Die lied waarna Nadia verwys: https://www.youtube.com/watch?v=8T2zPTpEiT8 AI-prentjies van mense doen tans oral die rondte – karikature van regte mense, maar tog nie heeltemal nie. Minder plooie en grys hare, sagter, vriendeliker en meer opwindend. Dis mos wat almal wil sien? Intussen is daar donker kolle en spinnerakke in ons har...
Reis deur Efesiërs - Deel 2 (08 Februarie 2026) 08.02.2026 24:10
PREDIKER: Nadia Muller TEKS: Efesiërs 1:1–2 en 6:21–24 TEMA: Die kerk se roeping Nota: Net voor die preek is Isabella Pollard gedoop. Nadia verwys een of twee keer ook na die doop in die preek. Wanneer daar in die kerk oor roeping gepraat word, dink baie van ons dadelik aan individuele roeping: waarvoor is ek geroep, en hoekom is ek op aarde? Paulus probeer egter juis in Efesiërs wys dat daar ’n b...
Reis deur Efesiërs - Deel 1 (01 Februarie 2026) 01.02.2026 27:31
PREDIKER: Nadia Muller TEKS: Efesiërs Vir die volgende ruk gaan ons saam uit die boek Efesiërs preek en nadink. Hierdie Sondag se erediens is ’n inleidende diens waarin ons kyk na die struktuur van Efesiërs, asook die skrywer en eerste lesers van die brief. Ons staan ook stil by belangrike temas soos: • Wie God vir Paulus is in Efesiërs • Wat ons leer oor verlossing, eenheid en heiligheid • ...
Kinderdiens - 25 Januarie 2026 25.01.2026 24:11
Prediker: Nadia Muller Teks: Markus 3:13-19 Tema: Het Jesus ’n bynaam vir jóú? Net soos met Jesus se dissipels, roep Hy elkeen van ons ook op die naam. Hy ken ons en wil ons gebruik. Hy nooi ons om saam met Hom aan tafel te sit – aan die nagmaalstafel – en werklik tuis te voel. Hoe voel dit om só geroep te word? En dink ’n bietjie hieroor: wanneer Jesus byname aan sy dissipels gegee het, was dit n...
Erediens - 18 Januarie 2026 18.01.2026 41:51
Prediker: DJ Muller Teks: Verskeie Tema: Waardes vir die kerk én die lewe Eenvoud, egtheid, inklusiwiteit en diensbaarheid is ons gemeente se waardes. Dit vind duidelik neerslag in hoe ons gemeente-dinge doen, maar wat as hierdie waardes ook in jou lewe by die huis en werk as rigtinggewers dien? Het Jesus ook hierdie waardes modelleer tydens Sy lewe op aarde?
Hervormingsdiens - 26 Oktober 2025 26.10.2025 32:23
Prediker: DJ Muller Teks: Lukas 18:9–14 Op verskillende vlakke is ons as gelowiges geanker in iets wat standvastig is. Ons protestante kerktradisie is byvoorbeeld een so anker. Ons vier vandag onder andere hierdie anker, maar ons gaan ook soek na die grootste anker waarsonder ons vir seker nie kan oorleef nie: Genade! Maar hoe gaan ons om met genade? Daar is een van drie maniere hoe ons hieroor di...
Kinderdiens - 19 Oktober 2025 19.10.2025 29:02
Prediker: Nadia Muller Teks: 2 Timoteus 3:14–17 Paulus herinner ons hoe kosbaar en lewensnoodsaaklik die Woord van God is. Die Bybel is nie net ’n boek vol reëls of stories nie – dit is God se lewende stem wat ons lei, leer en versterk. Hoe lees jy die Bybel? Net af en toe, of met ’n oop hart om werklik meer van God te leer ken en te groei as mens? Kom hoor Sondag hoe Paulus ons uitnooi om die Woo...
Erediens - 12 Oktober 2025 12.10.2025 37:58
Prediker: DJ Muller Teks: Lukas 17:11–19 Tema: Jesus “on demand” Tien siekes word in ’n oomblik genees - maar net een van hulle snap wat regtig gebeur. Is hierdie tendens vandag nog waar? Draai ons na Jesus net wanneer ons Hom nodig het? ’n Verhouding met die enigste ware God kan mos nie net gebasseer wees op ’n ekonomie van “wat ek soek en wat ek in ruil daarvoor gee” nie. Ons kyk môre onder ande...
Erediens - 05 Oktober 2025 05.10.2025 22:57
PREDIKER: Nicolette Bester TEKS: 2 Timoteus 1:1-14 TEMA: Die roeping geskenk in jou hart en menswees In 2 Timoteus 1:9 lees ons: “Hy het ons verlos en geroep met ’n heilige roeping – nie op grond van ons dade nie, maar op grond van sy eie besluit en genade. Reeds van ewigheid af is dit in Christus Jesus aan ons geskenk.” (2020-vertaling) God het vir ons deur Christus ’n onoplosbare genadegawe gesk...
Erediens - 28 September 2025 28.09.2025 27:35
PREDIKER: Nadia Muller TEKS: Psalm 146 TEMA: Waar is jou vertroue? Psalm 146 is een van die lof- of halel-psalms, die eerste van vyf aan die einde van die psalmboek. Dit daag ons uit om ernstig te wees oor waar – of by wie – ons vertroue lê. God wat van die begin tot in ewigheid daar is, moet ons vertroue en lof kry. Hierdie vertroue is nie iets wat soos ’n lig aan- en afgeskakel word nie, maar ’n...
Erediens - 21 September 2025 21.09.2025 28:22
PREDIKER: Nadia Muller TEKS: Psalm 113 TEMA: God wat afbuk en optel Ons weet God is groot en almagtig, ons weet Hy is die Skepper van hemel en aarde, maar ons vergeet soms dat dieselfde God ook afbuk en ons van die ashoop af optel, ons uit die stof ophelp en afskud. En dit is dieselfde God wat dit vir almal doen – of ons dink hulle verdien dit of nie.
Erediens - 07 September 2025 07.09.2025 31:48
PREDIKER: Nadia Muller TEKS: Psalm 1 TEMA: Gelukkig is die mens… Ons dink dikwels geluk is iets om na te streef. Ons hou dit in ons visier en dink: net nog daardie ding of prestasie gaan vir ons geluk bring. Tog voel dit soms of geluk soos ’n reënboog is – altyd net buite bereik. Psalm 1 herinner ons dat geluk nie gevang kan word nie, maar kom wanneer ons kies om anders te kyk en anders te leef as...
Erediens - 10 Augustus 2025 10.08.2025 32:56
Prediker: Nicolette Bester Teks: Hebreërs 10:1-3; 8-18 Tema: Geloof wat volhard – wat beteken dit? Geloof – ’n woord wat ons so maklik gebruik maar tog so moeilik werklik kan begryp. ’n Ander verstaan kan wees “vertroue in God”. Die twee loop hand-aan-hand. As mense is ons geneig om te wil volhard in alles wat ons aanpak, ook in ons geloof. Ons stel ons eie ideale op en probeer ons uiterste bes om...
Erediens - 03 Augustus 2025 03.08.2025 28:36
Prediker: DJ Muller Teks: Rom. 8:35-39 Tema: “Welwese” is baie meer as ’n gevoel In ons lewens is daar seisoene waarin ons geweldige swaarkry beleef. Soms is hierdie seisoene ’n paar ure lank, ander kere hou dit vir jare aan. Dikwels word ons in hierdie tye lamgelê deur bekommernis, hartseer of woede. Om dan te dink oor welwese (to be well) is soos om jou hand uit te steek na die maan en te dink j...
Erediens - 20 Julie 2025 20.07.2025 21:37
Teks: Lukas 10 Prediker: DJ Muller Tema: Wanneer is besig-wees genoeg? Produktiwiteit! Dis iets waarna ons daagliks streef. Ons gebruik hulpmiddels soos outomatisering en kunsmatige intelligensie om dit te verhoog. Waarom? Omdat ons meer wil doen. Ons wil beter presteer. Dit voel selfs goed om te vertel hoe besig ons is — dat ons nie altyd by alles uitkom nie. Selfs in die kerk jaag ons soms nóg ’...
Erediens - 13 Julie 2025 13.07.2025 35:16
Teks: Kolossense 1:9-20 Prediker: Nadia Muller Tema: Is my God groot genoeg? Ons almal ken die kinderlied: “My God is so groot, so sterk en so magtig, daar’s niks wat my God nie kan doen nie.” As kinders – of selfs as volwassenes – sing ons dit uit volle bors, maar nie altyd uit volle hart of met volle oortuiging nie. Ons beeld van God bly dikwels klein, en ons sukkel om gemaklik voor Hom te leef...
Erediens - 06 Julie 2025 06.07.2025 32:22
Tema: Geloofsonderskeiding: Wat beteken dit? Teks: Lukas 10:1–12, 16–19 Prediker: Nadia Muller Ons wens soms vir ’n stem uit die hemel of ’n vers in die Bybel wat ons sommer op die naam noem en al ons vrae beantwoord — maar dis nie hoe dit werk nie. As God dan nie altyd vir ons duidelike antwoorde gee nie, wat is die belang van geloofsonderskeiding?
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.