Simondium Familiekerk
Preek Opnames
Vind hier opnames van ons mees onlangse preke.
Author
Simondium Familiekerk
Category
Podcast website
Latest episode
Apr 12, 2026
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Pinkster 2025: Deel 4 - Skoenlapper, hoekom kruip jy nog? 08.06.2025 31:28
Vind hier opnames van ons mees onlangse preke.
Pinkster 2025: Deel 3 - Veranderkrag van Bo 04.06.2025 34:01
Vind hier opnames van ons mees onlangse preke.
Pinkster 2025: Deel 2 - Wat is ek besig om te word? 02.06.2025 39:06
Vind hier opnames van ons mees onlangse preke.
Pinkster 2025: Deel 1 - Sien jy die ooreenkoms? 01.06.2025 31:52
Vind hier opnames van ons mees onlangse preke.
Erediens - 18 Mei 2025 18.05.2025 34:33
Prediker: Nadia Muller Tema: From thanksgiving to thanksliving Teks: 1 Tess. 5:16–22; Ps. 148 Ons leer ons kinders om dankie te sê. Ons sê dankie as ons iets ontvang het of iemand iets vir ons gedoen het. Maar wat as ons leef in dankbaarheid? Hoe sal ons anders begin leef as ons in elke dag se elke oomblik bewus is van God se gawes en elke oomblik vir Hom dankie sê?
Erediens - 06 April 2025 06.04.2025 30:22
Prediker: Nadia Muller Teks: Jesaja 43:19 Tema: “Kyk, Ek gaan iets nuuts doen. Kan julle dit nie besef nie?” Ons verlede vorm ’n belangrike deel van wie ons is. Dit gee konteks, identiteit en herinneringe. Waar jy vandaan kom, beïnvloed wie jy vandag is – maar dit hoef nie te bepaal waarheen jy oppad is nie. Te dikwels hou ons aan die verlede vas op ’n manier wat ons verhinder om God se nuwe drome...
Erediens - 30 Maart 2025 30.03.2025 30:39
Nadia wys 'n video tydens die diens. In hierdie opname, sê sy wanneer jy gou na die video moet kyk. Kyk die stukkie daarvan wat hier begin (dit is omtrent so 2min lank): https://youtu.be/gYF1AsOmoW8?si=EI41w7L0RHSBheZB&t=4210 Video:
Erediens - 09 Maart 2025 09.03.2025 30:08
Prediker: Nadia Muller Teks: Deuteronomium 26:1-11 Tema: Wat was, wat is en wat kom! Met die eerste week van Lydenstyd dink ons spesifiek aan die verlede, aan Jesus, en die verlossing wat Hy bewerkstellig het. Ons word herinner aan die dankbaarheid wat ons teenoor Hom voel. Ons bevind ons tans in ’n dankseisoen in die gemeente, en Nadia sal meer inligting hieroor deel tydens die aankondigings in d...
Erediens - 02 Maart 2025 02.03.2025 28:51
Prediker: Nadia Muller Teks: Eksodus 34 Tema: Oopgevlek voor God Wat beteken dit om oopgevlek voor God te wees? Om sonder maskers, voorgee of namaak, net eerlik, eg en broos voor Hom te staan? Ons verhouding met God word dikwels verhinder deur sluiers – sluiers van tradisie, wêreldse gewoontes, skuldgevoelens en vrees. Maar eers wanneer ons hierdie sluiers oplig, kan ons God sien en herken vir wie...
Erediens - 16 Februarie 2025 16.02.2025 23:05
Prediker: Nadia Muller Teks: Jeremia 17:5-10 Tema: Die probleem van die hart, is die hart van die probleem Ons sê so maklik dat ons op die Here vertrou, maar as ’n mens kyk na die statistieke van mense wat sterf aan hartaanvalle, depressie en ander stresverwante siektes, besef ons dat ons dit dalk net sê – terwyl ons eintlik net op onsself staatmaak. God word maklik net ’n Sondagoggend-, Bybellees...
Kinderdiens - 09 Februarie 2025 09.02.2025 28:39
Prediker: Nadia Muller Teks: Jes. 6:1-8; Luk. 5:1-11 Hoe roep God ons vandag? Dit lyk dalk anders as in die Bybel – daar is nie engele met warm kole soos by Jesaja nie, en Jesus loop nie meer fisies op die aarde rond soos in Lukas nie. Tog praat God steeds met ons en roep Hy ons om vir Hom te leef en te werk! Ons gesels oor belangrike vrae soos: • Hoe weet ek as God my roep? • Hoe oud moet ek wees...
Erediens - 26 Januarie 2025 26.01.2025 29:48
Prediker: Nadia Muller Teks: Psalm 19 Psalm 19 is ’n bekende Psalm wat soveel diep en mooi waarhede bevat. Om hierdie Psalm se boodskap ten volle te verstaan, delf ons dieper in die poësie van dié Psalm. Dit sal ons help om die wonderlike prentjie wat hierdie Psalm van God skets – as die Een wat alles insluit, alles weet, en almal ken – nog dieper te verstaan. Analise van Psalm 19
Erediens - 12 Januarie 2025 12.01.2025 30:28
Prediker : DJ Muller Tema : Samaria: God se Gees was LAAT? Hoekom? Teks: Handelinge 8:14-17 In Samaria word die Gees eers heelwat later oor die gedoopte nuwe lidmate uitgestort. Dit is heeltemal verkeerdom met hoe dit normaalweg gebeur het! Hoekom was die Gees dan “laat”? Ons gesels onder andere oor die besondere waarde van getuies (soos dié van jul wat verlede Sondag die doop van die Buys tweelin...
Erediens - 05 Januarie 2025 05.01.2025 21:14
Prediker: Nadia Muller Teks: Jesaja 60
Belydenisaflegging - 21 Oktober 2024 22.10.2024 27:40
Prediker: Nadia Muller Teks: Matteus 14:22-33 Tema: “No turning back” Om belydenis van geloof af te lê, is soos Petrus wat in geloof uit die boot moes klim en saam met Jesus op die water moes loop. Dit gaan oor geloof en vertroue in Jesus, selfs wanneer ons begin sink. Dit gaan ook oor God se genade, wat juis in die ergste storms ons redding is en bly. Die volgende jongmense het belydenis van g...
Erediens - 13 Oktober 2024 13.10.2024 31:17
Prediker: DJ Muller Teks: Hebreërs 9 Tema: Die jaar van Jesus: ‘n Koning wat vir MY intree? Verlede Sondag het ons gepraat oor gebed, veral vir ander mense (intersessie). Hierdie week neem ons hierdie tema verder, maar kyk na wat dit beteken vir ons as gelowiges dat Jesus vir óns intree by God die Vader. Ons begin deur te kyk na die konsep van hoë priesterskap. Mag Sondag se diens vir jou moed g...
Erediens - 06 Oktober 2024 06.10.2024 18:32
Prediker: Nadia Muller Teks: Lukas 11
Erediens - 01 September 2024 01.09.2024 36:07
Prediker: Nadia Muller Teks: Matteus 26:36-46 Tema: Die jaar van Jesus: Pyn Ons sien ’n dokter, drink ’n pil, ondergaan ’n operasie, of gaan vir fisioterapie – enigiets om fisiese pyn te vermy, te voorkom of te oorkom. En dan probeer ons dieselfde met emosionele pyn, maar ons besef gou dat die statistieke oor verslawing en depressie so skrikwekkend is omdat emosionele pyn nie so maklik geïgnoreer...
Kinderdiens - 25 Augustus 2024 25.08.2024 31:05
Prediker: DJ Muller Teks: Verskeie Tema: Speel die lewe se groot wedstryd In hierdie diens leer ons oor hoe om ons geestelike lewens te leef deur die voorbeeld van netbal te gebruik. Net soos in ’n netbalwedstryd waar ons hard moet oefen, fokus moet hê, en nooit moet opgee nie, is ons Christelike lewens ook ’n wedloop waarin ons altyd ons beste moet gee. Ons praat oor hoe ons ons oog op Jesus moet...
Erediens - 18 Augustus 2024 18.08.2024 35:23
Prediker: Nadia Muller Teks: Johannes 4 Tema: Die jaar van Jesus: Om vir Jesus water te gee. Daar is soveel wat ons by Jesus kan leer in hierdie gedeelte, veral oor hoe Hy mense ontmoet en kies wie Hy ontmoet. As volgelinge van Jesus streef ons daarna om al hoe meer soos Hy te wees, maar dikwels is ons eerder soos die vrou in hierdie verhaal—ons sien Jesus nie raak wanneer Hy reg voor ons staan ni...
Erediens - 11 Augustus 2024 11.08.2024 28:54
Prediker: DJ Muller Teks: Rom. 12 Tema: Trio vir die wêreld: God, ek en my geloofsgemeenskap Baie keer hoor ons mense sê dat hulle nie regtig ‘n kerk of ander vorm van geloofsgemeenskap nodig het nie, want “hulle saak met God is reg”. Vandag kyk ons na hoe God, elkeen van ons en ons kerk in mekaar steek en hoe ons sáám die antwoord vir die wêreld is.
Erediens - 04 Augustus 2024 04.08.2024 27:23
Prediker: DJ Muller Teks: Joh. 10, Ps. 42 Tema: “Wanneer sal ek ooit tevrede voel?” Baie keer voel ons leeg, en onbevredig. Ons strewe na meer en groter, maar voel steeds nie beter (voller) nie. Wanneer sal ons werklik tevrede voel? Wanneer kom ons op ‘n punt waar ons voel “ek het genoeg”? Is dit eers wanneer ek die nuutste KIA ry? Begin die “lewe” dan vir my? Volgens KIA... Ja! Volgens Jesus?
Erediens - 21 Julie 2024 (Dr. Siegfried Louw) 21.07.2024 49:49
Baie keer word ons lewens té besig, té vol en té gejaag. Dan bars ons damwalle en veroorsaak dit groot skade. Siegfried gesels oor wat ons kan doen wanneer ons op hierdie punt kom. Ons kyk na wat Jesus ons leer hieroor en fokus op hoe nuwe insigte ons kan help om 'n nuwe uitsig te hê. Teks: Matteus 6:22-34 (2020-Vertaling)
Erediens - 14 Julie 2024 14.07.2024 18:54
Prediker: Nadia Muller Kategese: Tydens diens in saal Teks: Lukas 15:1-7 Tema: Die jaar van Jesus: Verlore skape Jesus vertel die gelykenis van die verlore skaap, waarin die herder 99 skape agterlaat om een verlore skaap te gaan soek. Hierdie gelykenis volg nadat die skrifgeleerdes hul ontevredenheid uitgespreek het omdat Jesus saam met sondaars kuier. Deur hierdie gelykenis probeer Jesus die diep...
Erediens - 23 Junie 2024 24.06.2024 23:16
Prediker: DJ Muller Teks: Johannes 13 Tema: Die Jaar van Jesus: Diensbare leierskap Dit gaan nie so goed met die wêreld soos was ons wil hê dit moet gaan nie. Daar is oorloë, korrupsie, hongersnood, armoede en algemene verval. Lyk die wêreld dalk so omdat ons wag vir iemand anders om dinge beter te maak? Mis ons dalk belangrike geleenthede omdat ons met ons koppe in die wolke leef? Ons gesels Sond...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.