Radio Pulpit

Perspektief

Religion AF ↓ 162 episodes

Kry 'n Goddelike perspektief oor wêreldse kwessies. Perspektief is ‘n aktualiteits program op Radiokansel 657AM, dit neem besprekingspunte verder deur daarna te kyk deur die lens van die Skrif.

Be sure to visit the podcast's website and support the creator: www.radiopulpit.co.za

Author

Radio Pulpit

Category

Religion

Podcast website

www.radiopulpit.co.za

Latest episode

Sep 30, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Die Kruis in branding 30.09.2026

Jannie Pelser en gaste, Prof. Fanie Snyman, Prof. Hennie Stander en Prof. Cobus van Wyngaard gesels oor die Kruis in branding. Die gebruik van ongeveer 3 000 kruise wat onlangs in Washington opgerig is, met die doel om volgens die organiseerders internasionale aandag op geweld teen die boerderygemeenskap te vestig, het heelwat gesprek ontlok. Dit bring ons by ’n breër vraag: Waarom die kruis? Wat...

SA en VSA: hoe het ons hier gekom? 23.09.2026

Jannie Pelser en gaste, Prof. Antoni van Nieuwkerk, Prof. Andre Duvenhage en Gert van der Westhuizen gesels oor die verhouding tussen Suid-Afrika en die Verenigde State wat die afgelope tyd weer merkbaar versleg het. Die jongste ontwikkeling is Washington se besluit om reis- en visumbeperkings teen sekere Suid-Afrikaanse persone in te stel, te midde van toenemende diplomatieke spanning tussen die...

49 Dae voor die plaaslike regeringsverkiesing - wat is op die spel? 16.09.2026

Ons is vandag 49 dae weg van die plaaslike regeringsverkiesing op 4 November 2026. Dit is die verkiesing wat sal bepaal wie in ons munisipale rade gaan sit en hoe plaaslike regering daarna saamgestel en bestuur word. Vir die meeste Suid-Afrikaners is dit die regeringsfeer wat die naaste aan hulle daaglikse lewe staan – sake soos water, elektrisiteit, paaie, vullisverwydering, infrastruktuur en pla...

Predikante SAAMkoms by Goudini – saam, stil, versterk en gestuur 09.09.2026

Nagenoeg 700 predikante en diensleraars van die NG Kerk het onlangs by ATKV Goudini bymekaargekom vir ’n besondere tyd van samesyn, lof en aanbidding, gesprek, ontspanning en onderlinge koinonia. Dit was doelbewus nie ’n sinodesitting, konferensie of gewone kerkvergadering nie. Die bedoeling was eerder om ruimte te skep waar predikante kon asemhaal, saam bid, kuier, groei en vier – en opnuut kon o...

Suid-Afrika en die wêreld - 'n besige September 02.09.2026

Die wêreld is ’n besige plek. Wat internasionaal en plaaslik gebeur, raak uiteindelik ook Jan en Alleman - die tema waaroor Jannie Pelser en gaste, Prof. André Duvenhage en Prof. Hein Willemse vandag gesels Perspektief

Skole sport onder druk 26.08.2026

Sport speel ’n groot rol in die lewe van baie Suid-Afrikaanse skole. Vir sommige leerders is dit ’n belangrike deel van hulle skoolervaring; vir ander is dit ’n ruimte waar talente ontdek en ontwikkel word. Dit bring ook skole, ouers, afrigters en gemeenskappe bymekaar. Maar die wêreld van skolesport het die afgelope tyd om verskeie redes onder die vergrootglas gekom. Jannie Pelser en gaste, Maret...

Die Christen, die Bybel en “politiek” 19.08.2026

Kan ’n mens ’n Christen in die volle sin van die woord wees en totaal onbetrokke bly by die sake van die dag? En wat, indien enigiets, het die Bybel ons te sê oor die Christen se verhouding tot politiek en openbare verantwoordelikheid? Jannie Pelser en gaste, Prof. Fanie Snyman, Prof. Jan-Albert van den Berg en Dr. Braam Hanekom gesesl oor hierdie belangrike tema Perspektief

Betereinders bou ’n lewende monument van hoop & die nuwe Gaza-vredespoging 12.08.2026

Jannie Pelser en gaste, Ds. Schalk van Heerden en Ds. Johan Erasmus gesels oor die problematiek en uitdagings wat Suid-Afrika in die gesig staar. Suid-Afrikaners uit alle lae van die samelewing word bykans daagliks daarmee gekonfronteer. Boonop verval ’n mens sommer gou-gou in ’n gees van moedeloosheid en vrees oor wat die toekoms mag inhou. Juis daarom is dit verkwiklik om te hoor van inisiatiewe...

VSA en SA Verhoudinge 05.08.2026

Jannie Pelser gesels met Roland Henwood en Dr. Guillaume Smit oor VSA en SA verhoudinge Perspektief

Midde Oosterse konflik & Afrikanerbond Bafana 29.07.2026

Jannie Pelser gesels vandag met ds Johan vd Merwe oor die Midde Oosterse konflik, asook met Jan Bosman oor die Afrikanerbond Bafana Perspektief

Afrikaners in die branding 22.07.2026

Jannie Pelser en gaste, Barend La Grange, Ds Schalk van Heerden en Frederik van Dyk gesels oor die tema: Afrikaners in Suid-Afrika: Praat ons by mekaar verby, of is daar nog gemeenskaplike grond? Perspektief

Parlement, die Madlanga-kommissie en die verhouding tussen VSA en Iran 15.07.2026

Vanoggend gesels Jannie Pelser met drie uitsonderlike gaste oor sleutelkwessies wat plaaslik en internasionaal rimpelings veroorsaak: Parlement en die Madlanga-kommissie: Senior advokaat, Adv. Botes, gee vir ons eerstehandse terugvoer oor die vordering van die Parlementêre Ad Hoc-komitee. Die fyn kuns van Diplomasie: Die bekende politieke ontleder, prof. André Duvenhage, bespreek die deurslaggewen...

Geen vervelige oomblikke in SA politiek! 08.07.2026

Jannie Pelser en gaste, Prof. André Duvenhage, Gert van der Westhuizen en Daniela Ellerbeck, gesels oor Suid-Afrika wat weereens 'n week beleef het waarin politieke ontwikkelinge mekaar teen 'n verstommende tempo opgevolg het. Van omstrede kabinetsaanstellings en diplomatieke verrassings tot Jacob Zuma se besoek aan die Gupta-familie in Indië, die regering se optrede teen ongedokumenteerde immigra...

30 Junie - 'n Waterskeidingsoomblik in die Suid-Afrikaanse sosio-politieke landskap 01.07.2026

Jannie Pelser en gaste, Ismail Joosub, Willem Els en Prof. Hein Willemse, gesels oor wat als gister 30 Junie 2026 gebeur het. 30 Junie, was ’n waterskeidingsoomblik in die Suid-Afrikaanse sosio-politieke landskap. Die selfopgelegde spertyd van die March & March-beweging het gelei tot massiewe betogings – van meer as 15 000 mense in Durban tot gespanne optogtes in Hillbrow en Kaapstad. Hoewel proak...

Kerklike eenheid in die branding 24.06.2026

kykNET het onlangs ’n omstrede en indringende gesprek in hul aktualiteitsprogram Onthul uitgesaai met die titel: "Só skeur die susterskerke." Terselfdertyd wek die bekende en invloedryke NG Gemeente Moreleta Park in Pretoria opspraak met die stelling dat ruim 90% van hul lidmate nie meer tuis voel binne die groter NG Kerkverband nie. Dit laat die dringende vraag ontstaan: Hoe verder met die kerk?...

Wat beteken 30 Junie vir Suid-Afrika, plaaslik én internasionaal? 17.06.2026

Jannie Pelser en gaste, Gert van der Westhuizen, Prof. André Duvenhage en Prof. Jan Venter, gesels oor die tema: Wat beteken 30 Junie vir Suid-Afrika, plaaslik én internasionaal? Hoe broos is die vrede tussen Iran en die VSA, en wat is die implikasies vir die Midde-Ooste? Watter impak gaan die verrassende aankondiging van die DA rakende kabinetskommeling hê? Perspektief

Vreemdelinge in Suid-Afrika en die Impak van 30 Junie 10.06.2026

Jannie Pelser en gaste, Mnr. Willem Els, Prof. Jan Venter en Mnr. Kobus Marais gesels oor vreemdelinge in Suid-Afrika en met die sperdatum van 30 Junie wat vinnig nader staan, vra almal: Wat wag op Suid-Afrika? Perspektief

Madlanga, Phala Phala en die Kongres van die linkses 03.06.2026

Jannie Pelser en gaste, Proff. Andre Duvenhage, Hein Willemse en Christo van der Rheede gesels vandag oor die tema: Vanaf Madlanga, na Phala Phala en die Kongres van linkses Perspektief

Our "Rainbow Nation" dream... 27.05.2026

Three decades later as a democratic South Africa, if we look around us with honesty and humility, the dream of the "Rainbow Nation" often feels like it is slipping through our fingers. Scripture reminds us in 2 Chronicles 7:14 of our call to humble ourselves, pray, and seek God’s face so He can heal our land. But what does that look like practically? How do we address the emotional, psychological,...

Geskiedenis as leervak op skool 20.05.2026

Jannie Pelser en gaste: Alana Bailey, Dr. Adrienne van As en Dr. Lindie Koorts geses oor die tema: Geskiedenis as leervak op skool. Soos te wagte is daar tans heelwat bespreking en debatvoering oor die voorgestelde nuwe Geskiedenis-kurrikulum vir die skoolgaande jeug. Waaroor gaan hierdie gesprek presies? Watter voorbehoude word geopper? Is daar 'n spesifieke agenda ter sprake, en indien wel, wat...

Phala Phala en aanverwante sake 13.05.2026

Jannie Pelser en gaste, Prof. Oscar van Heerden, Gert van der Westhuizen en Prof. Jan Venter, gesels vandag oor Phala Phala en aanverwante sake Perspektief

Die komende plaaslike verkiesing 06.05.2026

Jannie Pelser en gaste, Jan Bosman, Dr. Braam Hanekom en Gert van der Westhuizen, gesels oor die komende verkiesing teen die agtergrond van kieserswantroue Perspektief

Vryheids-vieringe in Suid-Afrika 29.04.2026

Jannie Pelser en gaste, Prof. Erwin Schwella, Prof. André Duvenhage en Willem Els, gesels vandag oor die Vryheids-vieringe wat sopas plaasgevind het en wat ons daarvan en daarmee moet maak Perspektief

Die Wederkoms en Geopolitieke Geweld 22.04.2026

Jannie Pelser en gaste, Prof. Jan-Albert van den Berg & Dr. André van Niekerk, vra vandag die deurslaggewende vraag: moet ons onsself gereed maak vir die immanente verskyning van die Koning van die heelal? Perspektief

Is Christene Pasifiste of Passiviste? 15.04.2026

Jannie Pelser en gaste, Prof. Fanie Snyman, Dr. Eugene Fortein en Prof. Abel Esterhuyse gesels oor die tema: Is Christene Pasifiste of Passiviste? ’n Teologiese en Geopolitieke perspektief op geweld Perspektief

Listen to the Perspektief podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.