Oorreageer

Oorreageer Potgooi

Comedy AF ↓ 9 episodes

Kalmeer net vir my asseblief! In hierdie podcast praat Barend Mynhardt met die Oorreageer span oor alles laf, lekker en wat ook al tussenin is. Hierdie een is nie bedoel vir jou ouma nie, maar sy kan saam oorreageer as sy wil. Luister elke week vir ons OOR-reaksie op hoe dinge tans staan in die lewe... Sonder om te ernstig te raak.

Author

Oorreageer

Category

Comedy

Podcast website

www.oorreageer.co.za

Latest episode

Aug 17, 2023

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Stylvol of Probeer Jy Net Te Hard? | Oorreageer met Barend Mynhardt, Luandri Reynders & Tiaan Nortjé 17.08.2023

In hierdie episode gesels Barend Mynhardt met aktrise, Luandri Reynders, en vervaardiger, Tiaan Nortjé, oor wat goeie styl maak. Maar hierdie drie millennials se advies mag dalk net effe uit die mode wees. Gelukkig is niks te ernstig op Oorreageer nie. Gaan loer gerus na ons produkte op ons webtuiste www.oorreageer.co.za Laat ons weet wat julle dink in die comments. Winkel: www.oorreageer.co.za/sh...

Geite en Giere? | Oorreageer met Barend Mynhardt, Tiaan Slabbert en Maynie Knoetze 14.06.2023

In hierdie episode praat Barend met Tiaan Slabbert en Maynie Knoetze oor die nuutste Geite en Giere. Maar ook daardie foefies waarmee Millennials grootgeword het. Met 'n verassing aan die einde. Subscribe vir ons nuutste episodes en sketse. Oorreageer is toegewyd aan die vervaardiging van kwaliteit en kontemporêre Afrikaanse Inhoud. Ondersteun ons graag deur ons op sosiale media te volg. Al on...

Toeris of Terroris? | Oorreageer met Barend Mynhardt en Leché Joubert 11.04.2023

Leché is nie net 'n aktrise nie, maar 'n volwaardige jet-setter! In hierdie episode praat Barend en Leché oor alles wat dit vat om 'n goeie reisiger te wees en die beste te maak van jou trip - al is dit tot hier tot Franschhoek of Frankryk. Van reiswenke tot mode-keuses wat jou nie soos 'n toeris gaan laat lyk nie. Luister saam en laat ons weet wat jy dink. Volg ons op sosiale medi...

Adulting of net van die pad af? | Oorreageer met Barend Mynhardt en Luandri Reynders 31.03.2023

In hierdie episode praat Barend met aktrise, Luandri Reynders, beter bekend as Karen Kriel op Binnelanders. Hulle gesels oor al die dinge wat grootmense veronderstel is om te doen en of hulle werklik daarin slaag om te "adult". Van balhorige tieners, belasting, plantonderhoud en vlou grappies, gaan hierdie episode ons konfronteer met die vraag: Is ons almal nie eintlik maar net van die p...

Is Jy Fiks of is Jy Kits? | Oorreageer met Barend Mynhardt en Reze-Tiana Wessels 16.03.2023

Hierdie week praat Barend met die stunning aktrise Reze-Tiana Wessels. Hulle praat oor gesondheid en wat nodig is om 'n gebalanseerde lewe te lewe om dan uiteindelik die vraag te beantwoord: Is jy fiks of is jy kits?  Luister saam en word deel van die gesprek op ons sosiale media. Gaan kyk ook graag die video op ons YouTube-kanaal. 

Snaaks of is Jy Net Hartseer? | Oorreageer met Barend Mynhardt en Maynie Knoetze 09.03.2023

In hierdie episode bespreek Barend en Maynie alles wat laf en snaaks is. Van lame grappies tot wanneer 'n joke te ver gaan.  Hulle daag ook mekaar uit met 'n 'dad joke' kompetsie. Wie se grappies gaan die lameste wees? 

Verhouding of 'n Kinderpartytjie | Oorreageer met Barend Mynhardt en Ilke König 02.03.2023

Was jy al ooit in 'n verhouding maar dit voel asof jy 'n kind entertain? Dit is presies wat Barend en Ilke hierdie week bespreek.  Van verhoudingskwale tot kommunikasietegnieke. Alles met 'n lekker drankie in die hand.  Kyk graag die video op ons YouTube kanaal en volg ons op sosiale media.  

Useless of 'n Gebrek Aan Selfvertroue? | Oorreageer met Barend Mynhardt en Jacques Adriaanse 23.02.2023

In hierdie episode praat Barend met akteur, Jacques Adriaanse, 'n gewese lid van die Ooreageer-span. Hulle gesels oor selfvertroue en die dryfkrag agter elke besluit wat in die onsekere hede gemaak word. Wat is jou motivering of is jy net useless?  Luister saam en gaan kyk na die video op ons YouTube kanaal en volg ons op sosiale media.  Subscribe en word ingelig oor ons weeklikse episodes.

Kuier Jy of Ry Jy? | Oorreageer met Barend Mynhardt en Tiaan Slabbert 15.02.2023

Ons is terug! In die eerste episode van ons potgooi, praat oorspronklike Oorreageerders, Barend Mynhardt en Tiaan Slabbert oor die hergeboortenis van Oorreageer en oor wat 'n goeie, of 'n slegte kuier behels.  Luister saam en gaan kyk na die video op ons YouTube kanaal.  Subscribe en word ingelig oor ons weeklike episodes. 

Listen to the Oorreageer Potgooi podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.