jacostrydom
Moeilikheid is ons besigheid! met Jaco Strydom
Jaco Strydom gesels met vreemde wesens oor eienaardige dinge
Author
jacostrydom
Category
Podcast website
Latest episode
Jun 15, 2026
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Stefaans Coetzee het bomme geplant, nou plant hy groente 15.11.2020 1:14:50
Die fassinerende verhaal van Stefaans Coetzee wat destyds 'n bom geplant het in Shoprite. Hy gesels oor sy kinderdae, die Isreal Visie, oor sy tyd in die tronk en die vreemde dinge wat daar gebeur het wat sy lewe verander het . . . Kliek hier vir sy boek WIT WOLF
Schalk Van Heerden en die brûe wat hy bou 02.11.2020 48:55
Behalwe vir “kerkkantoortannie”, dominee en Scalk se betrokkenheid by FSSA, is hy aan die stuur van Betereinders. “Ons is eintlik skaam oor hoe eenvoudig ons plan is,” verduidelik Schalk. Dit gaan oor “staan saam" – die verhoudingselement – en “werk saam" om aktief 'n verskil te maak. Suid-Afrikaners moet eers inspring, mekaar leer ken en verstaan voor ons kan leer saamwerk. Armoedeverligting is...
Jaco Strydom chat met Johrné van Huyssteen 27.08.2020 1:02:13
Ons praat oor sy huis in Sunnyside, die kere toe hulle geroof is, sy weirdste geestelike ervaring in 'n vreemde kerk, politiek en oor wanneer Ddisselblom weer gaan show . . .
Jaco Strydom en Bouwer Bosch chat (die Covid updated version) 23.08.2020 1:12:35
Ons praat oor donker tye, happy tye, hate mail, die keer toe Bouwer Bosch actually kwaad geword het (for real!), Suid-Afrika, Steve Hofmeyr, sy kinderjare, Steve Biko, onderwysers, vakansie, die NG Kerk, die nuwe musiek video, #Politees, die siekte, die toekoms . . . Borg 'n bed in een van ons Echo-huise
Die sterre, die planete en die verwondering van Hennie Maas 02.08.2020 55:57
As mens Hennie Maas se naam hoor, dink jy aan “sterre en planete”. Die naam van sy gewilde program op RSG. Hy verwys graag na homself as 'n nuuskierige agie. 'n Mens sou hom nogal kon beskryf met die woord: verwondering. “Daai speelgroepies van kleintyd gaan steeds aan! Ons het dikwels sulke speelgroepies hier by my, mense kom speel hier by ons huis. Ons luister musiek en kyk video's en gesels daa...
Jaco Strydom gesels met Stephan Joubert 17.07.2020 1:12:13
Ek vra Stephan Joubert 'n klomp vrae oor dinge waaroor ek nog altyd wonder, hy gesels oor sy eie geloofspad, oor die kerk, die akademie, mooi dinge wat hy raaksien wat hom hoop gee, dinge wat hom frustreer, nuwe geleenthede, die vroeë kerk, groot uitdagings in ons tyd . . . Ekerk Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode Borg 'n bed in een van ons Echo-huise
Reggie Peace se fassinerende storie 03.07.2020 1:05:56
Reggie Peace is 'n akteur, 'n skrywer en 'n sportman met 'n fassinerende verhaal wat 'n mens help om weer te droom. Reggie se musiek videos: Move Kos op die tafel Borg 'n bed in een van ons Echo-huise
Cas Wepener 29.05.2020 38:47
Cas Wepener is professor in Praktiese Teologie in Stellenbosch, ons gesels oor sy skryfwerk, die unieke uitdagings en geleenthede in die tyd waarin ons leef en sy eie pad . . . LINKS: Ongekaart Slaghuis Kerkbode B org 'n bed in een van ons Echo-huise
Søren Kierkegaard, Paulus en my kajak-trip om Zanzibar 24.05.2020 11:28
10 min chat oor lesse wat ek geleer het by Søren Kierkegaard, Paulus en op my solo kayak-trip laas jaar om Zanzibar . . . Fotos van die trip: Instagram #kayakaroundzanzibar2019 Borg 'n bed in een van ons Echo-huise , My Blog:Anderkant die Doringdraad ,
Ivor Swartz 15.05.2020 54:16
Ivor is 'n man met 'n groot storie, die tipe verhaal wat oral in Suid-Afrika mense se lewens verander. Hy is op 14 toegesluit vir moord, maar dis net 'n klein deeltjie van sy storie . . . LINKS: https://web.facebook.com/ivor.swartz Kerkbode artikel met foto van Ivor en sy vrou B org 'n bed in een van ons Echo-huise
Sy gee haar hart vir Hillbrow - Leona Pienaar se storie 01.05.2020 26:42
Leona Pienaar vertel hoe sy destyds met 'n klein karretjie uit die Kaap uit in Hillbrow aangekom het - en hoe die stad haar hart gesteel het . . . As meer mense die wêreld soos sy gesien het was die wêreld vandag 'n beter plek. Leona is onlangs verkies as die nuwe CEO van MES: Meer info oor MES en hoe jy kan help Artikel en fotos
Kerkmense en ander Sondaars ('n Liedjie - nie net vir jou nie . . .) 18.04.2020 3:36
" . . don't judge me because I sin differently than you . . ." Het hom lank terug geskryf, iemand het my ge-record toe ek dit iewers gesing het, nie seker waar nie, maar hier is hy nou op die podcast (want ek is in lockdown, soos die res van die mensdom, en ek wil eintlik mense one on one interview en nou kan ek nie - en ek hou van die liedjie), want daar moet eintlik voor elke kerk 'n bord wees...
Anna Emm en die magic van stories 19.03.2020 1:09:44
"Ek glo in die krag van stories. Ek glo dat ‘n goeie storie kan inspireer, motiveer, aktiveer en genees soos geen ander medium op aarde nie," sê Anna Emm. Sy het 'n hordes boeke geskryf en sy boks . . . Hier is 'n link na haar eie Podcast waar sy tips gee vir nuwe skrywers: In The Meantime Borg 'n bed in een van ons Echo-huise ,
Jaco Strydom gesels met Bouwer Bosch 04.03.2020 1:02:36
Ons praat oor freaken alles! Die nuwe album, sy kinderjare, donker tye, hate mail, happy tye, die keer toe hy kwaad geword het, Suid-Afrika, Steve Hofmeyr, Steve Biko, onderwysers, vakansie, #Politees, die toekoms . . . Links: Borg 'n bed in een van ons Echo-huise , My Blog:Anderkant die Doringdraad ,
A conversation with Leonard Sweet - Jaco Strydom 04.03.2020 1:08:30
“What is the difference between a living thing and a dead thing? In the medical world, a clinical definition of death is a body that does not change. Change is life. Stagnation is death. If you don't change, you die. It's that simple. It's that scary.” ― Leonard Sweet Leonard I. Sweet is an American theologian, semiotician, church historian, pastor, and author. Links: Borg 'n bed in een van...
Jaco Strydom gesels met Tom Smith 19.02.2020 58:48
'n Chat met Tom Smith wat Raw Spirituality geskryf het, oor Suid-Afrika en rykdom en armoede en die sondes van kerkmense en sy eie persoonlike worstelinge en dinge wat hom opgewonde maak en sy terugkeer na die NG Kerk . . . Meer wat Tom doen: www.rhythmoflife.co.za Links B org 'n bed in een van ons Echo-huise , My Blog: Anderkant die Doringdraad , Kerkbode artikel oor Tom
Jaco Strydom gesels met Regter Eberhard Bertelsmann 17.02.2020 1:46:03
Regter Eberhard Bertelsmann vertel sy storie. Sy moeilikheid met die veiligheidspolisie as student in Stellenbosch in die laat 1960's, die aanslae op sy lewe, die sake waarby hy betrokke was - die Dawid Webster saak, sy verdediging van die Vrye Weekblad . . . Sy ontnugtering met die destydse Nasionale Party-regering en sy frustrasies met die ANC-regering vandag. Hy vertel van die donkerste oomblik...
Aubrey Thompson se storie 10.02.2020 54:36
Ek gesels met Aubrey Thompson, terwyl hy besig is om 'n baby shower te reël, hy was voorheen op tik en in die tronk (onder andere . . .) sy verhaal kan jou weer laat glo dat verandering moontlik is - dat dit nooit te laat is vir 'n nuwe begin nie. Artikel met foto's in Kerkbode Link: Borg 'n bed in een van ons Echo-huise
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.