jacostrydom
Moeilikheid is ons besigheid! met Jaco Strydom
Jaco Strydom gesels met vreemde wesens oor eienaardige dinge
Author
jacostrydom
Category
Podcast website
Latest episode
Jun 15, 2026
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
Rikus van Zyl, ’n dominee op die platteland 15.06.2026 18:43
“Ek wil nooit ’n dominee op die platteland wees nie!” Hoe baie moes ek dit al hoor. Of iets soortgelyks. Veral onder jonger dominees deesdae. Ja, hulle sien dalk nog kans vir “’n klein plekkie langs die see”, sal hulle dan opmerk — die roeping Kaap toe loop al sterker — maar nie sommer vir ’n klein plekkie in die Vrystaat of Noordkaap nie. “Ek sal gaan,” sê iemand, “maar net as ’n Engel self di...
Jaco Strydom gesels met Santie en Henry Tyrer 18.05.2026 43:20
“Ja, so ons doen maar sulke goeters,” sê Santie Tyrer en lig haar skouers. Sy vertel van ’n vrou wie se man onlangs oorlede is: “Dit was ’n reënerige Dinsdag, en dis koud en die vrou is soos amper in ’n trans . . . jy weet. Maar dis maar hoe sy is. Om te oorleef. Want haar man het haar vreeslik . . " Hoop op wiele! ministryonwheelsnelspruit@gmail.com Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode
Rudolph Scharneck, die vlieënde dominee 12.04.2026 17:43
Rudolph Scharneck is ’n dominee wat graag die misterieuse stiltes van die hoogtes opsoek. Soms vind hy dit in die wilde vrede van hoë bergpieke, ander kere in die klank van die wind wanneer sy gemotoriseerde sweefgtuig die ideale hoogte bereik en hy uiteindelik die enjin kan afskakel . . . Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode Borg 'n bed in een van ons Echo-huise
Jaco Strydom with Mike and Megan Ribbens 15.03.2026 1:02:59
20 years ago they moved from the USA to Africa . . . “I enjoy God's abundant goodness in South Africa through great people, majestic landscapes and animals, and top-tier food, wine, and coffee. I am recharged by a meaningful conversation, trying a new vibey restaurant, and having a braai with friends as well as strangers,” says Mike . . . Kerkbode
Jaco Strydom gesels met Sané Leach 13.02.2026 24:56
“Waarom doen jy dit?” vra ’n besoeker. Sy was ’n welaf vrou, onthou ek, uit die Ooste van Pretoria. En ’n mens kan haar vraag verstaan. Dit was waarskynlik moeilik om te glo dat iemand doelbewus sal kies om die tipe lewe te leef . . . Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode Borg 'n bed in een van ons Echo-huise
Annatha Nel is dominee weerskante van die Oranje 19.01.2026 30:26
Annatha is ’n besige dominee en ’n entrepreneur. Sy het onder andere ’n skoenwinkel, Voetspore van Hoop, en haar man boer . . . Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode Borg 'n bed in een van ons Echo-huise
Hendrico Ockhuys se bediening in Ysterplaat 30.11.2025 14:33
Hendrico Ockhuys is deesdae ietwat van ’n legende in die Kaapse kerkomgewing, ’n mens loop hom orals raak. “Ek woon in Ystrplaat by Isibindi. Ons “huis” is uniek want dit is gebou op die verhoog van die kerksaal, my kamer is agter die verhoog in die aantrek kamers — omdat ek te dramaties is om op die stage te bly,” lag hy. Hy is ’n leier by die koshuis op die terrein vir jongmense in nood, he...
Sanré Benadé, die dominee wat groot dinge met min regkry 17.11.2025 30:44
Die vroeë kerk het die gawe gehad om baie te doen met min, en dis iets wat die groter kerk vandag ook by Sanré Benadé kan leer . . . Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode
Zakhe Mazibuko: Preacher, Let My People Go! 18.10.2025 50:15
Jaco Strydom talks to Zakhe Mazibuko about his interresting life and the new book on church and money that caused a stir amongst pastors . . . Kerkbode
Lizelle de Bruin, die mens agter die stem op RSG 15.09.2025 37:08
Lizelle de Bruin “bedien” tot 450 000 mense op ’n slag. Praat van ’n groot gemeente! Gewoonlik is sy aan die ander kant van die mikrofoon. Die keer kon ek die vrae vra. Ons gesels oor haar eie pad, radiojoernalistiek, haar liefde vir kuns en skryf, die kerk, die media en ’n hele lot ander goed. Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode Borg 'n bed in een van ons Echo-huise
Die drie passies van Nico Smit 18.08.2025 13:59
Verbeel ek my of ervaar ’n al groter groep van my dominee-vriende deesdae ’n roeping van die Here Europa toe? Of na Kaapstad? En jy is reg, wie is ék om te oordeel. Ek self het al menigmaal gebid, Here stuur my asseblief na een of ander mooi plekkie in die berge of langs die see! Toe Nico Smit agt jaar gelede die roepstem hoor, wie sal Brakpan toe gaan? Het hy geantwoord: Hier is ek Here stuur...
Jaco Strydom gesels met Reggie Peace 12.07.2025 12:14
Gee ons meer vredemakers soos Reggie Peace! Meeste Suid-Afrikaners ken Reggie Peace as akteur en sanger. Maar hy word toenemend ook geken as skrywer. Sy eerste draaiboek is in 2021 verfilm en hy het ook al verhoogstukke geskryf. Sy boek, Vredemaker, het pas die lig gesien. En Vredemaker is ’n goeie titel, want Reggie het ’n manier om die vreemdste mense bymekaar te bring . . .
Nic Grobler se beelde vertel stories 17.06.2025 45:04
. . . Nic is soos ’n ontdekkingsreisiger en hierdie is net een van die vreemde reise van verwondering waarop sy beelde hom geneem het. Elke beeld het ’n storie. Oor en oor vertel hy hoe hy die Here se hand, nie net in die oorspronklike inspirasie nie, maar ook in die proses van die maak van ’n betrokke beeld ontdek. Al dikwels sou ’n beeld wat breek of in sy oë aanvanklik misluk, hom na ’n nuwe,...
Jaco Strydom gesels met Len Muller 19.05.2025 20:46
Jare later hoor ek Len Muller en Steff Bos se verwerking van Sarie Marais op die radio en gooi amper die kar om. Die ou se droom het waar geword, het ek gedink en gewens ek kan hom high-five . . . https://lenmuller.co.za/ Borg 'n bed in een van ons Echo-huise
Ivor Swartz en Jaco Strydom oor Eendag Is Te Ver 13.05.2025 55:06
Ivor Swartz en Jaco Strydom gesels op Netwerk24 oor ’n hordes dinge, o.a. jeugbediening, moeilikheid in die nuus, die kerk en die nuwe boek, Eendag is te ver ... Borg 'n bed in een van die Echo-huise
Jaco Strydom gesels met Ashe Steenbok 13.04.2025 42:56
“Hoe word jy toe ’n Anglikaanse priester?” vra ek. “Wel, toe gebeur God!”sê hy. Hy vertel van die groot indruk wat die woorde van ’n ryloper op sy lewe gemaak het. Die ou het gegroet toe hy hom aflaai en gesê: “So terloops jy doen nie wat jy veronderstel is om te doen nie.” Hy het die vreemdeling op die snelweg opgelaai maar die ou het toevallig net twee strate van sy tannie af gewoon. “Tien uur...
Jaco Strydom gesels met Gerald Kamfer 17.03.2025 36:31
“My wêreld het in duie gestort. Ek het net by myself gedink, ek gaan my vrou verloor, ek gaan hierdie rots waarop ek tans staan verloor. En toe, vir so vir ’n wyle, vergeet ek van Jesus, die eintlike rots is in albei van ons se lewens. Vir ’n wyle het ek gesê, Here wat is U besig om te doen. Ek is dan die een wat verkeerd was, die een wat in die wrong was, en nou gebeur dít met my vrou? Wat gaan h...
Jacques De Villiers van Joshua na die Reën 17.02.2025 40:28
Jaco Strydom gesels met Jacques De Villiers van Joshua na die Reën “In graad drie het my ma my eerste kitaar les geboek en toe later vir my ’n keyboard gekoop. In die hoërskool het ek ’n band begin. Dit was uit en uit ’n Worship band met die naam Sovereign, en ons het gesuck!” Hy, sy vrou Danél en hulle drie kinders woon op ’n plaas tussen Johannesburg en Parys — waar hy geword het. Baie het...
Lerisa Meyer oor die see en die kerk en die dieper dors 13.01.2025 23:19
“Ek en Handré bly in Uvongo met ons twee hondekinders, Leo en Teddie,” sê sy en vertel hoe hulle in 2020 van Pretoria as see toe getrek het. Dit was wonderlik en rof. Sy en Handré was pas gertoud en hy het kort daarna Covid gekry. Handré het ook teologie geswot. Hy vandag ’n onderwyser en help dikwels met preekbeurte in die gemeente . . . Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode Borg 'n bed in e...
Jaco Strydom gesels met Erick van Breda oor ou ysters en kerkmense 25.11.2024 24:48
Na skool het ek letterlik alle tipe besighede probeer terwyl ek swot. Van ń karwas, tot drom dienste, van besproeiing installeer tot groente verkoop — noem dit en ek het dit probeer! Vandag is ek mede-eienaar van twee suksesvolle besighede in die skrootmetaal bedryf en ek dank die Here vir alles wat ek geleer het uit my vorige probeerslae,” sê Erick van Breda wat onlangs bevestig is as diensleraar...
Jaco Strydom gesels met Henning Mostert in Ghanzi 08.11.2024 33:03
Henning Mostert is een van daai mense wat jou beter laat voel oor die wêreld, die kerk, jouself en sommer die hele lewe. Hy is dominee op ’n klein dorpie in Botswana, maar ook ’n meganiese ingenieur, met ’n Meestersgraad in Veeartsenykunde en hy kan orrel en klavier speel en hy hou van seil — and that's just scratching the surface! “Ghanzi is net mooi in die middel van alles,” lag hy. “Ons is 100...
Jaco Strydom gesels met Ben en Elise Klut oor kerkwees in die stad en die berge 15.10.2024 32:03
Hulle het mekaar in die hart van Hillbrow ontmoet. Vandag kerk die twee tussen die berge. Die gemeente waarvan hulle deel is, is in Winterton in mooie Noord Natal, aan die voet van die Dransberge. “Ons het begin dink dis dalk tyd vir ’n skuif. Toe op ’n dag besluit ons, ons gaan net een CV opstel en sê: ons is ’n package-deal, so of julle vat ons altwee of nie een van ons nie! So toe het hierdie g...
Jaco Strydom gesels met Charlene Grobler 15.09.2024 41:15
Charlene Grobler is die hoof van Jakaranda en Louis Botha kinderhuise. Jakaranda huisves 200 kinders in 20 huise; Louis Botha 90 kinders in 9 huise. Hulle het 10 maatskaplike werkers en ’n groot klomp ander personeel. “’n Skoolhoof het een keer vir my gesê, moeilikheid is jou besigheid Charlene! My groot werk is om mense te bestuur en te ontwikkel en die regte sisteme in plek te sit.” Hoe lyk jou...
Scherlize se Ysterplaat storie 19.08.2024 24:31
“Toe dink ek, ja, die saal word nou gebruik en die verhoog lankal ingerig in kamers waar van ons mense bly. Wat kan ons nog gebruik? Ons stoor is nou klaar die kantoor, die ander kantoor is al die maatskaplike werker se plek, Hendriko bly reeds backstage in een van daai ou aantrekkamers, die gat onder die verhoog is die huiswerkkamer en die ou moederskamer is die crèche . . . Wat is daar nog? Toe...
Stefaans se nuwe lewe is vol boeke 17.07.2024 21:24
Sy lewe lees soos ’n storie vol erg uiteenlopende genres. En dis ’n verhaal vol eens ondenkbare verassings wat steeds besig is om geskryf te word. Baie het gebeur in die nege jaar ná Stefaans Coetzee vrygelaat is. Daar was ’n tyd toe jy, as jy sy naam hoor of iewers iets oor hom raaklees, dadelik gedink het aan die verregse tiener bomplanter wat lewenslank in die tronk sit. Toe breek daar ’n nuwe...
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.