jacostrydom

Moeilikheid is ons besigheid! met Jaco Strydom

Society EN ↓ 93 episodes

Jaco Strydom gesels met vreemde wesens oor eienaardige dinge

Author

jacostrydom

Category

Society

Podcast website

jacostrydom.podbean.com

Latest episode

Jun 15, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

Jaco Strydom gesels oor DAKA 21.06.2024

"En nou gaan ek jou die storie vertel van my dood en hoe ek die hemel en die hel van solitary confinement in die wildernis ontdek het - en  hoe ’n waterwese my gered het . . ." Penguin Random House, Luca Exclusive Books, Bargain Books, Graffiti . . .  LifeFM ondehoud 21/6/2024 Borg 'n bed in een van ons Echo-huise      

Jaco Strydom gesels met Jacqueline De Lange - Moeder Teresa van die Moot 16.06.2024

Reeds vroeg in haar lewe het sy kennis gemaak met die wrede kant van die lewe en ’n belangrike besluit geneem. Die storie oor haar kinderjare is tragies, om die minste te sê. Maar ironies genoeg — omdat haar verhaal nie daar eindig nie — is dit ook dié tipe storie wat jou weer in God se goedheid laat glo, en aan die wonderwerk van ’n nuwe begin en dat die lig steeds mag het oor duisternis  . . . D...

Jaco Strydom gesels met Jan Venter oor rugby op Clarens - onder andere 19.05.2024

Clarens is nie net ’n mooi plek nie, daar gebeur ook mooi dinge! Soos die storie van die Clarens Eagles. . . . toe Jan weer sien was hy nie net die nuwe dominee op die dorp nie, maar ook die afrigter van ’n rugbyspan bestaande uit jongmanne waarvan meeste nog nooit voorheen op ’n rugbyveld was nie . . . Clarens Eagle op FB Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode

Jaco Strydom gesels met Sharaine Steenberg wat in Nieu-Seeland woon 14.04.2024

“As dit maklik is doen jy dit verkeerd!” sê Sharaine Steenberg. “Na 8 jaar dink ek nog baie daaraan om eerder terug te gaan Suid-Afrika toe. Ons het getrek vir 'n toekoms vir ons kinders, en sodat ek naby my ma kan wees - hulle het ’n jaar voor ons getrek. Maar nou dat ek terugkyk, was dit regtig God se plan vir ons. My impulsiewe, en somtyds selfsugtige, neigings het gemaak dat ons op die vliegtu...

Jaco Strydom gesels met die mense van NetACT in Nairobi, Kenia 12.03.2024

“Waarom doen ek dit? Liefde vir Afrika! En omdat God se liefde my dring. Ek ontdek soveel van myself, van ander mense en van God in hierdie betrokkenheid in Afrika,” sê Hannes Theron, die programkoördineerder van NetACT.  “Ek is eintlik 'n gerehabiliteerde pensionaris,” lag hy en vertel dat hy nooit gedink het hy gaan op sy ouderdom weer 'n draai in die akademie maak nie. Hy was onder andere voorh...

Jaco Strydom gesels met Peet Botma wat oor die Atlantiese Oseaan geroei het 11.02.2024

“My boot was rooi van die sand, so ook al die vlaggies op die dek, én my sonpanele. En dis nie goed nie! Want jy is ongelooflik afhanklik van die paar elektroniese goed op die roeiboot,” vertel Peet Botma. Dit was sy tiende dag op die Atlantiese oseaan, reeds meer as 700km van die naaste droë grond af. Daar was 'n sandstorm in die Sahara Woestyn en die Oostewind het dit die diepsee in gewaai.  Chr...

Jaco Strydom gesels met Johan Erasmus 12.01.2024

Johan Erasmus is die leier van 'n geloofsgemeenskap genaamd, Dialogue Community, en een van die stigterslede van Betereinders. Hy vertel hoe hy na skool teologie wou studeer. Maar, soos dit daai jare op Potchefstroom gewerk het, moes hy eers 'n paar vrae van die kuratorium-ooms antwoord. Toe die een dosent vra, waarom hy teologie wil studeer, het hy geantwoord: “want ek wil sien of dit waar is.” D...

Katleho Ncaphe 26.11.2023

"For me to be confirmed as the service minister in NG Kerk is the continuation of what God started before I was born. I am just becoming part of the big picture of God. One wagon of the laager has made space for those, who they used to only reach out too by going on outreaches, but were never included inside the laager. And this for me is the manifestation of God's divine grace. The language of th...

Maartje en Zander van der Westhuizen 10.11.2023

Maartje van der Westhuizen is pas verkies as assessor van die algemene sinode. Sy is  predikant by NG kerk Elarduspark. Zander is predikant by NG Gemeente Tygerpoort;  hy is 'n dominee, radio-omroeper by Groot FM, musikant, skrywer en dien op die Oostelike Sinode se SDR. Om net 'n paar dinge te noem . . . Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode   Borg 'n bed in een van ons Echo-huise  

Jaco Strydom gesels met Stephan De Beer 06.10.2023

Ek wens meer dominees en pastore wil na die ou luister sê iemand nou die dag, en ek onthou 'n ander ou wat eenkeer opgemerk het: “David Bosch is dood maar ons het darem nog vir Stephan De Beer!”    Ek vra hom waar alles begin het.   “Die grootste draaipunt was die Elim-kerk in Sunnyside wat afgebrand het op 12 Maart 1992. Dit was ’n skuiling vir straatkinders wat ek help begin het. Agt seuns is di...

Jaco Strydom gesels met Johan Robyn 18.09.2023

“Ek het diep in die oë gekyk van daai ouens wat die gun op my gehad het en ek het regtig daai dag die pyn van armoede gesien, die pyn van swaarkry, die pyn van dis kersfees en ek moet iets huis toe vat ek moet iets hê om vir my kinders te gee,” sê Johan Robyn wat die laaste 23jaar in Hillbrow werk . . . Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode

Jaco Strydom gesels met Rethie Van Niekerk 14.08.2023

“Ek dink daai broosheid wat ek ervaar het, het my op 'n fundamentele manier gevorm. Ek het geleer om dit te embrace. In daai hele tyd wat ons werkloos was, het ek dit as my taak begin beskou om te werk daaraan om nie hard te word nie. Om sag te bly en toe te laat dat die seerkry my mooi maak. Eerder as lelik. Dis nie eenvoudig nie. Dis vrek harde werk. En om nie bitter te raak nie! Maar ek dink da...

Jaco Strydom gesels met Niel en Marietjie Steyn 17.07.2023

Marietjie is 'n dominee by die oudste kerk in die land en Neil die leier van een van die jongste geloofsgemeenskappe, Isibindi . . . Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode   Isibindi

Jaco Strydom gesels met Ruhan Fourie 16.06.2023

Die kerk was nog nooit goed met mag nie, en politici het 'n manier om godsdiens tot voordeel van hulle eie groep te manipuleer. Ek voel effe deurmekaar oor die saak en besluit om raad te vra by dié een ou wat ek ken wat die meeste van sulke dinge weet.   Ruhan Fourie, is 'n historikus in Bloemfontein wat al heelwat geskryf het oor die geskiedenis van die NG Kerk en die politiek in Suid-Afrika; hy...

Jaco Strydom gesels met Hanneri De Wet 12.05.2023

Sy vertel stories met fotos . . .   Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode   Borg 'n bed in een van ons Echo-huise  

Jaco Strydom gesels met Ronell Bezuidenhout 14.04.2023

“Ek is gebore in Welkom, op 'n dag dat dit gesneeu het in Augustus, en vir 'n oomblik is ek omgeruil en vir die verkeerde ma gegee.  My eerste moedersmelk was dus van  'n ‘Mev van Vuuren’ af en nie van Mev Bezuidenhout nie; en van daai dag af was ek reeds ‘anders’,” vertel Ronell.    Sy was deel van die eerste groep vroue wat destyds in die NGKerk bevestig is as predikant. Ronell het deur die jare...

Jaco Strydom gesels met Ivor Swartz en Rudi Swanepoel 17.03.2023

Nie vervelige mense nie! Jaco Strydom gesels met Ivor Swartz en Rudi Swanepoel oor hulle 2de TV reeks en die paradoks van dominee- en kerkwees in Suid-Afrika vandag.  Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode   Borg 'n bed in een van ons Echo-huise  

Jaco Strydom gesels met Eddie Le Roux 02.02.2023

Eddie Le Roux gesels oor sy pad met die kerk, letterlik 'n dag na hy afgetree het as predikant.  Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode   Borg 'n bed in een van ons Echo-huise

Danie en Esther Van Niekerk, vreemde wesens wat die wêreld ’n beter plek maak 16.01.2023

“Waar is Danie . . . en waar is ons kruiwa?” het Esther gewonder.  Meer en meer desperate, moeë, moedelose vlugtelinge uit Sirië het elke dag deur hulle stad beweeg. En waar was Danie? Hy was besig om oumense wat te swak is om te loop oor die grens te stoot in hulle kruiwa.  Masedoniërs groet mekaar met die woorde “каде си?” (uitgespreek “kade si?”) wat beteken “waar is jy?” Danie en Esther van Ni...

Jaco Strydom gesels met Danie Mouton oor sy pad met die kerk 14.11.2022

“Die skool se leuse was ‘Ons eie eerste’, 'n leuse waarvan ek my hele volwasse lewe probeer afskeid neem,” sê Danie. Hy was al oral betrokke in die kerkomgewing, van gemeente dominee en hoof van 'n kinderhuis tot die direkteur van Bybel-Media, om net 'n paar plekke te noem, tans is hy die uitvoerende beampte van die Sinode van Oos-Kaapland. Hy is hoopvol oor die toekoms, sien 'n klomp mooi goed ra...

Jaco Strydom gesels met Enrique Hermanus 07.11.2022

Enrique het onlangs sy vier en twintigste verjaarsdag gevier, maar moenie dat sy ouderdom jou bluf nie, hy is een van daai ouens wat dit regkry om 'n groot klomp lewe in 'n kort leeftyd in te pak . . . Hy het onlangs 'n toekenning gekry as een van die Mail & Guardian se twee honderd jongmense wat die grootste verskil in Suid-Afrika maak. As jy sy storie hoor, of 'n kans kry om hom dop te hou, sal...

Johan Brits, die eenvoudige lewensstyl van ’n finansiële slim ou 08.10.2022

Dis nie net wát Johan Brits doen wat fassinerend is nie, maar veral die plek vanwaar hy kies om dit te doen. As jy byvoorbeeld hoor wat die ou se day-job is, sal jy dink hy ry 'n duur kar en woon in 'n luukse huis van sy eie in 'n veilig omheinde kompleks. Maar Johan is 'n vreemde ou. Hy sal die eerste een wees om uit te wys dat hy is geen St Franciscus van Assisi is nie, maar sy lewensstyl het ie...

Wynand Breytenbach 26.09.2022

Wynand Breytenbach is predikant met opdrag jongmense en uitreik, sy Facebook blad sê: Story Teller at Durbanville Gemeente. Sy eie storie is vol intriges, verwondering en nuwe ontdekkings, allermins ’n vervelige verhaal . . . Borg 'n bed in een van ons Echo-huise

Retha Kruidenier, die dominee met ’n groot hart 05.09.2022

'n Mens kan die emosie in haar stem hoor as Retha praat oor die weerlose mense in die gemeenskap, veral die mense wat sy daagliks raakloop in publieke hospitale as deel van haar werk by HospiVisie . . .  Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode   Borg 'n bed in een van ons Echo-huise  

Die worsteling en verwondering van Pierre Du Plessis 02.08.2022

Pierre Du Plessis het destyds modeontwerp geswot, later vir 'n tyd lank in die advertensiebedryf gewerk en onder andere ’n alternatiewe geloofsgemeenskap genaamd 3rdPlace gehelp vestig in Pretoria. Hy was ook al meer as een keer 'n spreker by TED X en hy is 'n skrywer . . . om net 'n paar goed te noem. Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode   Borg 'n bed in een van ons Echo-huise    

Listen to the Moeilikheid is ons besigheid! met Jaco Strydom podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.