RSG

Middagvervolgverhaal

Arts AF ↓ 3002 episodes

'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.

Author

RSG

Category

Arts

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

DIE VERDWYING VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 25 04.01.2017

Iris Oortzen is ontroosbaar oor Schoeman se dood, en Sara tref al die reëlings vir die begrafnis. Sara maak 'n skokkende ontdekking in Mina se kamer, en Sanet wonder of Schoeman nog sou gelewe het as sy tóg maar saam met hom in sy nuwe sportmotor gaan ry het.

DIE VERDWYING VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 24 03.01.2017

Die opruiming van die wingerdhuisie is afgehandel, en Mina kry Tietser se spaarboekie in 'n handsak. Erik se broer, Stefaans, verklaar Tietser se briefie 'n wettige dokument. Mina bring weer 'n nag in die wingerdhuisie deur en beleef 'n tweede gesprek met haar geliefde Tietser. Sanet ontvang 'n oproep van 'n vriendin wat haar geweldig ontstel.

DIE VERDWYING VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 23 02.01.2017

Tietser se dood is vir die hele Vallei 'n skok. Ná die begrafnis bring Mina die nag in die wingerdhuisie deur. Tietser se teenwoordigheid is vir haar só sterk, dat Mina met haar in gesprek tree. Sara en Mietjie kom Mina help om Tietser se huisie op te ruim, en Mina maak toevallig 'n groot ontdekking.

DIE VERDWYING VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 22 30.12.2016

Iris Oortzen beveel Mina as't ware om die spyseniering vir Schoeman se agtiende verjaardag te behartig. Vleis Viljoen is beïndruk met Mina se vaardighede en erken dat die Vallei die De Grootts in die verlede veroordeel het omdat hulle Mina ingeneem het. Sara bied aan om as tussenganger op te tree toe Mina weier om by Schoeman se partytjie betrokke te wees. Ná Schoeman se geslaagde partytjie, het S...

DIE VERDWYING VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 21 29.12.2016

Mina stel Boeta Bantjies aan Sara en Erik voor. Erik vertrou Boeta se bedoelings met Mina glad nie, en Boeta glo Erik is inherent rassisties. Mina is ontwykend toe Boeta haar uitvra oor haar afsydigheid. Erik se 45ste verjaardagpartytjie, waarvoor Mina die spyseniering doen, het die hele Vallei aan die praat.

DIE VERDWYING VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 20 28.12.2016

Sanet kom kuier by Mina, maar is verstom oor hoe min belang Mina skielik by Boeta het. Mina spog by Sanet met haar resepteplakboek, en vertel meer van haar planne met Erik se verjaardagpartytjie. Terwyl Sara en Mina gesels oor aankope vir Erik se partytjie, daag die polisiesersant op...

DIE VERDWYING VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 19 27.12.2016

'n Polisiesersant wil weet of Bettie se aantygings waar is, en vir 'n tyd lank hang 'n vreeslike swaard oor Mina se kop. Mina, Elsie Lubbe en Sara word beveel om die volgende oggend verklarings by die polisiekantoor te gaan aflê.

DIE VERDWYING VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 18 26.12.2016

Dominee Venter word deur die bedeesde Elsie Lubbe geskok. Drie-uur in die môre word Mina wakker, maar nie sy of enigiemand in die Vallei sou bedag kon wees op die ervaring wat Bettie Els hulle sou besorg nie...

DIE VERDWYING VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 17 23.12.2016

Mina beleef die donkerste nag van haar lewe. Dominee Venter kom doen huisbesoek by Elsie Lubbe net toe Mina klaar les by haar gehad het. Hy besluit om ernstig met Elsie oor Mina te praat...

DIE VERDWYING VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 16 22.12.2016

Schoeman nooi Sanet en Mina om saam met hom en van sy maats na die plaaslike bioskoop te gaan. Tietser waarsku Mina teen Boeta Bantjies. Schoeman, Sanet en Mina gaan na die Vlooifliek toe en geniet die aand baie. Dan val daar egter 'n donker skadu oor die aand se vrolikheid...

DIE VERDWYING VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 15 21.12.2016

Tietser waarsku Boeta om sy hande van Mina af te hou, en Schoeman maak weer ogies vir Mina. Bettie Els is nie 'n maklike mens nie, en is nie baie gelukkig dat Mina in haar geldsake namens Elsie Lubbe kom snuffel nie.

DIE VERDWYING VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 14 20.12.2016

Sanet is bekommerd oor Schoeman se lawwe spelery, maar Mina steur haar nie aan hom nie. Boeta is haar droomman. In die maanlig by die plaasdam probeer Boeta dan ook sy gevoelens vir Mina demonstreer, maar hy loop hom vas.

DIE VERDWYING VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 13 19.12.2016

Mina vertel Tietser opgewonde van haar klasse by Elsie Lubbe. Boeta Bantjies vertel Mina ná die skoolkonsert hoe hy haar bewonder, en Mina wil by Sara weet of sy dink daar is 'n loopbaan vir 'n Bruinmens in die kosbedryf.

DIE VERDWYING VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 12 16.12.2016

Tietser vertel vir Mina en Sanet van haar jongdae. Elsie Lubbe hoor van Mina se begeerte om met kos te werk, en sy lê besoek af by Bettie Els om met haar 'n afspraak te maak om na Bettie se negosiewinkeltjie se geldsake te kyk.

DIE VERDWYING VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 11 15.12.2016

Mina verneem van Erik dat sy hulle gelukbringerkind is, en is ontsteld oor die rede vir die beskrywing. Mina is baie opgewonde, want juffrou Elsie Lubbe het ingestem om haar met 'n paar hoërskoolvakke te help.

DIE VERDWYING VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 10 14.12.2016

Sara oortuig Mina om met meer Bruinmense te meng sodat sy meer aanvaarbaar vir haar eie mense kan wees. Iris is oortuig dat die De Graaffs ongemaklik begin voel met Mina in die huis, en haar vir iemand in die bruin gemeenskap gaan gee om verder groot te maak.

DIE VERDWYING VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 9 13.12.2016

Schoeman leun oor die klimopheining en knoop 'n geselsie met Mina aan wat haar kwets. Asof Schoeman se aanmerkings nie genoeg is nie, vryf sy ma, Iris, verder sout in Mina se wonde. Tietser gesels indringend met Sara oor Mina se sosiale dilemma.

DIE VERDWYING VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 8 12.12.2016

Mina sê vir Tietser dit voel vir haar of sy nêrens inpas nie. Aletta laat Sara goed verstaan dis tyd dat sy begin om haar van Mina, wat nou al groot is, te onttrek. Dit sal vir haar aanvaarbaar wees as Mina aanbly as een van die talle huishulpe. Mina praat met Tietser oor die afdruk van die engel bo Tietser se bed.

DIE VERDWYING VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 7 09.12.2016

Dit is jare later en Mina staan op die punt om terug te gaan na Goedemoed. Sy is hartseer want niemand het haar gevra of sy sal wil teruggaan as sy in 'n buitekamer moet bly nie. Op 'n dag kuier Mina en Sanet by Tietser, en Mina praat oor die dinge wat haar grief en seermaak.

DIE VERDWYING VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 6 08.12.2016

Erik steur hom aan die ouvroustories van die Vallei dat Sara 'n miskraam sal hê, en hy gebruik die geleentheid om Sara te oortuig dat Mina by Tietser moet gaan woon. Gert Afrika, Mina se pa, trou weer, en Sara neem Mina teësinnig na Tietser, maar sweer dat Mina, wanneer sy groter is, sal terugkom na haar toe.

DIE VERDWYING VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 5 07.12.2016

Die De Graaff-familie gaan elke Kersvakansie na Kleinmond waar die patriarg, Sarel de Graaff, 'n reuse dubbelverdiepinghuis teen die see laat bou het. Sara wil Mina met alle geweld saamneem, maar moet uiteindelik besgee. Tydens die vakansie word Sara siek en lusteloos, en belowe Erik en Aletta om haar dokter te gaan spreek sodra hulle terug is op die plaas.

DIE VERDWYING VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 4 06.12.2016

Mina kruip vinnig in Erik se hart, en hulle lees om die beurt saans vir haar slaaptydstories en kinderrympies. Soms kom Gert luister na die stories. Hy kan nie glo dat sy kind in so 'n pragtige kamer ín meneer De Graaff se huis slaap nie. Aletta, hoewel betower deur die pragtige kind se persoonlikheid en intelligensie, wys Sara en Erik op die teenkanting van die ganse gemeenskap. Die kind durf nie...

DIE VERDWYING VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 3 05.12.2016

Gert se skoonma sterf skielik weens 'n beroerteaanval. Hy wend hom tot Erik om hom te hulp te kom. Sara neem die kind tot Erik se ontsteltenis, en sê dat hulle tydelik na die driejarige Mina sal omsien. Aletta lê besoek af om die onsinnigheid te beëindig. Erik probeer Sara oortuig dat die bruin kind nie by hulle durf bly nie.

DIE VERDWYING VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 2 02.12.2016

Die moeder van die pasgebore dogtertjie sterf aan 'n swak hart, en Gert wend hom tot sy skoonma in die lokasie om die kind te versorg. Sara is diepgeraak oor die aangeleentheid. Aletta kom bekla haar lot by Erik dat hulle weens Sara se ondankbaarheid so ver van haar af woon.

DIE VERDWYING VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 1 01.12.2016

Die verhaal van Mina Afrika, kind van 'n plaaswerker van die Hexriviervallei, Gert Afrika, begin op 'n stormagtige nag in 1942 op die plaas Goedemoed van die De Graaff familie: Aletta en haar oudste seun, Erik en sy vrou Sara. Baie gou blyk dit egter dat die verhouding tussen veral skoonmoeder en -dogter stram is, hoofsaaklik omdat daar nog geen erfgenaam vir die spogplaas met sy uitvoer-tafeldrui...

Listen to the Middagvervolgverhaal podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.