RSG
Middagvervolgverhaal
'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
VAN HINGS EN DIE SUIDERKRUIS deur Anton Treunich - Episode 40 (slot) 30.11.2015 12:21
Lizaan en Armand vind uiteindelik vrede, en dalk ʼn bietjie meer in mekaar se arms. Beilof en Jo kan kommerloos saam die res van die vaart op die Suiderkruis oor die Indiese Oseaan voortsit.
VAN HINGS EN DIE SUIDERKRUIS deur Anton Treunich - Episode 39 27.11.2015 10:06
Armand van Hings en Jamina Habib ontmoet mekaar in 'n stryd om lewe en dood. Net een sal staande bly. Maar wie?
VAN HINGS EN DIE SUIDERKRUIS deur Anton Treunich - Episode 38 26.11.2015 9:20
Dice en Victor probeer om die kosbare kunswerke in die hande te kry, terwyl Jamina en Delia fokus op die aflaai van die versteekte wapens. Intussen is Armand besig om alles in sy vermoë te doen om die Suiderkruis en sy mense te probeer red.
VAN HINGS EN DIE SUIDERKRUIS deur Anton Treunich - Episode 37 25.11.2015 10:27
Delia se ware kleure kom te voorskyn. Dit lyk of Armand en Beilof die aftog sal moet blaas. Jamina Habib kom aan boord van die Suiderkruis, en Dice en Victor saai chaos!
VAN HINGS EN DIE SUIDERKRUIS deur Anton Treunich - Episode 36 24.11.2015 10:32
Dice en Victor begin hulle planne in werking stel om chaos op die Suiderkruis te veroorsaak. Beilof vertrou Armand steeds nie, maar moet noodgedwonge saam met hom werk om Jo te probeer opspoor.
VAN HINGS EN DIE SUIDERKRUIS deur Anton Treunich - Episode 35 23.11.2015 10:26
Armand oortuig Lizaan uiteindelik om na sy kant van die verdagmakery teen hom te luister, en Dice en Victor smee 'n bose plan om chaos op die Suiderkruis te saai.
VAN HINGS EN DIE SUIDERKRUIS deur Anton Treunich - Episode 34 20.11.2015 10:50
Dice en Victor begin hulle voorberei op die uitvoering van hulle plan. Delia probeer Armand verlei, en Jo loop hom lelik vas.
VAN HINGS EN DIE SUIDERKRUIS deur Anton Treunich - Episode 33 19.11.2015 10:50
Beilof Maliaros is woedend oor wat Armand met Jo laat gebeur het. Lizaan is glad nie ingenome met die feit dat Armand sy kant van die saak probeer regstel nie, en Jo vind tot sy skok uit dat die Suiderkruis se roete deur 'n gebied van hewige Somaliese seeroweraanvalle loop...
VAN HINGS EN DIE SUIDERKRUIS deur Anton Treunich - Episode 32 18.11.2015 10:28
Jo en Armand verlaat die Suiderkruis om hulle gevaarlike ondersoek na Henriette Aggenbach se verdwyning voort te sit, terwyl Kaptein Maliaros ondersteuning by Delia Smith en Lizaan Klopper soek om die skip se veiligheid te probeer verseker.
VAN HINGS EN DIE SUIDERKRUIS deur Anton Treunich - Episode 31 17.11.2015 12:35
Jo en Armand probeer uitvind wat met Henriette Aggenbach gebeur het. Victor Vos begin met 'n verdagmakery ten einde sy duistere planne in werking te kan stel.
VAN HINGS EN DIE SUIDERKRUIS deur Anton Treunich - Episode 30 16.11.2015 11:46
Armand en Beilof probeer uitvind wat van Roelof geword het. Henriette besluit die wêreld op die Suiderkruis raak te warm vir haar. Sy wil af, maar Victor wil niks daarvan weet nie.
VAN HINGS EN DIE SUIDERKRUIS deur Anton Treunich - Episode 29 13.11.2015 13:24
Dice en Henriette moet van Roelof ontslae raak. Jo en Beilof het ʼn baie ernstige gesprek. Henriette se ware kleure kom te voorskyn. Beilof waarsku Jo om uit die moeilikheid te bly.
VAN HINGS EN DIE SUIDERKRUIS deur Anton Treunich - Episode 28 12.11.2015 11:18
Jo en Armand vind uit wie Victor Vos werklik is. Henriette kom vroeg terug van die vroue se uitstappie. Sy en Victor het ʼn baie ernstige gesprek. Roelf bevind hom in die middel van alles sonder dat hy weet wat aangaan.
VAN HINGS EN DIE SUIDERKRUIS deur Anton Treunich - Episode 27 11.11.2015 11:23
Jo moet Dice agtervolg, maar hy verloor hom. Victor doen sy bes om ʼn goeie indruk op Beilof te maak. Roelof daag Armand uit om saam met hom te oefen, maar dit ontwikkel spoedig in ʼn strawwe kompetisie.
VAN HINGS EN DIE SUIDERKRUIS deur Anton Treunich - Episode 26 10.11.2015 11:10
Armand en Beilof bespiegel oor die redes vir Nina se onverwagse oorplasing na 'n ander skip. Dice moet 'n plek aan die kaptein se tafel vir Victor probeer organiseer. Armand ontmoet Jo Lipton, kaptein Beilof Maliaros se susterskind.
VAN HINGS EN DIE SUIDERKRUIS deur Anton Treunich - Episode 25 09.11.2015 10:16
Armand raak bekommerd oor Nina se veiligheid. Dice smokkel Victor na sy kajuit toe, en die twee begin hulle planne beraam. Armand en Roelof maak nader kennis.
VAN HINGS EN DIE SUIDERKRUIS deur Anton Treunich - Episode 24 06.11.2015 10:05
Delia is op die oorlogspad. Sy konfronteer Armand oor sy verhouding met Nina, en Dice loop ook deur omdat hy haar nie met die toergroep gehelp het nie. Armand en Nina probeer uitwerk wie die persoon is wat direkte toegang tot die geheime wapenkluis het.
VAN HINGS EN DIE SUIDERKRUIS deur Anton Treunich - Episode 23 05.11.2015 12:31
Victor Vos draai Roelof om sy pinkie. Delia is in ʼn verknorsing met ʼn groep besoekers wat net Frans praat, maar gelukkig kom Henriette tot haar redding.
VAN HINGS EN DIE SUIDERKRUIS deur Anton Treunich - Episode 22 04.11.2015 10:41
Victor Vos maak kontak met Dice. Nina en Armand beplan hulle volgende skuif, maar die toneelstuk hou hulle besig. Roelof en Dice het ʼn onderonsie.
VAN HINGS EN DIE SUIDERKRUIS deur Anton Treunich - Episode 21 03.11.2015 10:14
VAN HINGS EN DIE SUIDERKRUIS deur Anton Treunich - Episode 21
VAN HINGS EN DIE SUIDERKRUIS deur Anton Treunich - Episode 20 02.11.2015 12:11
VAN HINGS EN DIE SUIDERKRUIS deur Anton Treunich - Episode 20
VAN HINGS EN DIE SUIDERKRUIS deur Anton Treunich - Episode 19 30.10.2015 11:20
VAN HINGS EN DIE SUIDERKRUIS deur Anton Treunich - Episode 19
VAN HINGS EN DIE SUIDERKRUIS deur Anton Treunich - Episode 18 29.10.2015 10:38
VAN HINGS EN DIE SUIDERKRUIS deur Anton Treunich - Episode 18
VAN HINGS EN DIE SUIDERKRUIS deur Anton Treunich - Episode 17 28.10.2015 11:08
VAN HINGS EN DIE SUIDERKRUIS deur Anton Treunich - Episode 17
VAN HINGS EN DIE SUIDERKRUIS deur Anton Treunich - Episode 16 27.10.2015 11:10
VAN HINGS EN DIE SUIDERKRUIS deur Anton Treunich - Episode 16
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.