RSG
Middagvervolgverhaal
'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
DIE VERDWYING VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 50 (slot) 08.02.2017 14:05
Mina gaan lê besoek af by Schoeman se graf. Sy stel 'n belangrike personeellid aan om haar in die restourant by te staan en kies 'n betekenisvolle naam vir die restourant.
DIE VERDWYING VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 49 07.02.2017 13:34
Oplaas word Elsie Lubbe se huisie opgeveil en Mina se senuwees word tot die uiterste beproef. Deon daag weer by Mina op, die keer in uniform. Haar wêreld stort in duie. Iris daag by die De Graaffs op met 'n goeie proposisie vir Mina.
DIE VERDWYING VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 48 06.02.2017 15:14
Die gesprek met die ongewilde dominee Venter bereik 'n kritieke punt wat Mina op die vlug laat slaan. Oplaas kom Mina met die hele mandjie patats vorendag en kry Sara en Erik geleentheid om hulle eie menings te vorm. Deon kom kuier en dra siviele klere, nie sy uniform nie.
DIE VERDWYING VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 47 03.02.2017 14:10
Mina se skets van haar droomhuis neem 'n hoogs onverwagte wending. Mietjie kom sê vir haar dat die De Graaffs haar ontbied het, maar kwalik het Mina se gesprek met Sara begin, of 'n besoeker daag op wat 'n ware lont in die kruitvat word.
DIE VERDWYING VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 46 02.02.2017 14:44
Mina se ondervraging word gekenmerk deur verskeie uiteenlopende gewaarwordings wat nie sy óf Deon voorsien het nie. Vleis Viljoen het verrassende, opwindende nuus vir Mina.
DIE VERDWYING VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 45 01.02.2017 11:40
Mina verneem nog nuus van Mietjie omtrent die De Graaffs en besluit om maar in die wingerdhuisie te gaan bly tot hulle terugkeer. Mietjie kom benoud by Mina aan met nuus dat die polisie haar wil ondervra. Mina ontmoet Deon du Toit.
DIE VERDWYING VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 44 31.01.2017 12:32
Mina keer terug na die Vallei en word oorval met die jongste nuusgebeure op die dorp. Sy kom op Goedemoed voor dooiemansdeur te staan en verneem boonop skokkende nuus.
DIE VERDWYING VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 43 30.01.2017 11:59
Sêra vra Julie (alias Mina) of sy nie haar vertrek tot Kersfees wil uitstel nie, nadat sy nóg 'n brief van Steven ontvang het. Dylan raak ongeduldig omdat Julie hom aan 'n lyntjie hou. Drien waarsku haar om nie met Dylan se gevoelens te speel nie, veral omdat sy nie besef hoe groot die opoffering is wat hy maak nie. Mina se ervaring van Distrik Ses bereik 'n nuwe, skokkende laagtepunt.
DIE VERDWYING VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 42 27.01.2017 13:27
Mina begaan 'n reuse misstap wat verreikende gevolge sal hê. Julie (alias Mina) kondig aan dat sy na deeglike oorweging besluit het om liewer na haar ma en twee boeties op Worcester terug te keer. Iris lê 'n verrassingsbesoek by die De Graaffs af met verstommende nuus.
DIE VERDWYING VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 41 26.01.2017 14:45
Sêra se aandrang op 'n naam vir die kind, het verrassende gevolge. Steven, Sêra se seun, skryf 'n brief huis toe wat Julie (alias Mina) diep laat nadink, met byna katastrofiese gevolge.
DIE VERDWYING VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 40 25.01.2017 13:04
Sêra, Drien en Miriam is baie besorg oor Julie (alias Mina) se ingesteldheid teenoor die baba. Dylan se luitenant waarsku hom en maak 'n bedekte dreigement. Sarah's Cafe and Diner beleef ongekende vooruitgang.
DIE VERDWYING VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 39 24.01.2017 12:13
Dylan vertel Julie (alias Mina) waarom hy by bendes betrokke geraak het. Sy bewys aan Sêra hoe goed die kafee finansieel vaar en doen 'n paar voorstelle aan die hand. Julie (alias Mina) se lewe verander ingrypend en permanent.
DIE VERDWYING VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 38 23.01.2017 13:22
Mina se besoek aan Bettie lei tot 'n ontstellende ervaring. Dylan se laataandgesprek met Julie (alias Mina) neem 'n onvoorsiene wending. Mina wil weet hoekom Dylan hoegenaamd by bendes betrokke geraak het.
DIE VERDWYING VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 37 20.01.2017 13:42
Mina (alias Julie Columbus) ontvang 'n brief van Sara de Graaff wat haar ontstel. Haar ontsteltenis beweeg haar om Bettie Els in Valkenburg te gaan besoek. Dylan maak sy hart teenoor Sêra oop.
DIE VERDWYING VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 36 19.01.2017 15:26
Dylan het 'n diep gesprek met Sêra oor die meisie van sy drome, Julie Columbus (alias Mina Afrika). Julie weet nie wat Dylan in haar sien nie, veral nie met haar swanger lyf nie. 'n Swartbord om die kafee se etes op te adverteer verdwyn, maar Dylan en sy bende sorg gou vir 'n ander een en verwilder alle voornemende diewe en vandale. Hulle word die kafee se nie-amptelike beskermers.
DIE VERDWYING VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 35 18.01.2017 14:18
Mina kan nie glo dat die mees berugte bendeleier in die Kaap haar koffer vir haar gedra het tot by Sêra nie, en haar die hele tyd soos 'n dame behandel het nie. Sêra is bly om Mina weer te sien, maar kan haar nie help met verblyf nie. Sy raai Mina aan om maar liewer terug te gaan na haar mense toe, want Distrik Ses bars uit sy nate en val uitmekaar. Nes sy mense.
DIE VERDWYING VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 34 17.01.2017 11:41
Sonder werk en verblyf, bereik Mina se lewe 'n nuwe laagtepunt. Onderweg na Distrik Ses, keer 'n man haar voor wat wil weet waarheen sy op pad is. Hy dra haar swaar koffer en neem haar tot waar sy wil wees, en sê dat hy haar baie gou weer wil sien.
DIE VERDWYING VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 33 16.01.2017 11:27
Mina verloor alle hoop om terug te keer na die Vallei. Boonop kom Dollie se uitrusting uiters verdag voor. 'n Nuwe vriendin, wat ook in die woonstelgebou werk, bring gelukkig nuwe hoop. Maar dan ontdek Rose dat Mina swanger is.
DIE VERDWYING VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 32 13.01.2017 12:27
Omdat Mina beswaarlik 'n week by Rose en Mavis werk, is sy bekommerd dat sy nie tyd gegun sal word om die afspraak na te kom nie. Gatiep het 'n onfeilbare plan. Die dag waarop Mina gereken het om haar vorige lewe terug te wen, ontaard in 'n nagmerrie wat sy nooit sou kon voorsien het nie.
DIE VERDWYING VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 31 12.01.2017 12:18
Omdat Mina so intens bewus is van die gevare wat agterstraat-aborsies inhou, wil sy seker maak dat sy dit sal oorleef. Dollie belowe om 'n bekwame, professionele persoon te kry om die prosedure uit te voer. Die prys laat Mina na haar asem snak.
DIE VERDWYING VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 30 11.01.2017 13:18
Mina word teen Rose en Mavis White gewaarsku, en Miss Aucamp blyk miskien tóg nog iewers 'n tikkie menslikheid versteek te hê. Op Goedemoed is Erik en Sara al rasend omdat Mina skynbaar soos 'n groot speld verdwyn het. Met die eerste geleentheid wat Mina kry, gaan klop sy by Dollie aan om hulp.
DIE VERDWYING VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 29 10.01.2017 11:42
Asof die ontmoeting met die twee rare Engelssprekende oujongnooiens nie vir Mina al vreemd genoeg was nie, word sy boonop aan Miss Aucamp en Dollie Davids blootgestel. Sy is vasbeslote om so gou moontlik terug te keer huis toe.
DIE VERDWYING VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 28 09.01.2017 12:24
Rose en Mavis White se advertensie in die Engelse koerant blyk Mina se redding te wees. In die Vallei probeer Sara nog desperaat uitpluis wat van Mina kon geword het. Mina en Sara se verlange na mekaar is vir albei oorweldigend.
DIE VERDWYING VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 27 06.01.2017 13:40
Dankbaar om van Jerry en sy suster ontslae te wees, wag daar nuwe onaangename ervarings op Mina wanneer sy uiteindelik in die kamer is waarvoor sy so duur betaal het. In Distrik Ses se Hanoverstraat kry Mina ontbyt te koop by Sêra Adams, wat haar die pad beduie na Groenpunt en die Majestic Mansions.
DIE VERDWYING VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 26 05.01.2017 15:53
Erik en Sara daag vroegmôre met 'n foto van Mina by die stasie op in die hoop dat iemand dalk sou onthou of sy 'n treinkaartjie gekoop het en waarheen. Mina besef dat sy 'n nuwe identiteit sal moet aanneem. Sy ontdek 'n nagmerrie-wêreld waarvan sy nooit eers bewus was nie.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.