RSG

Middagvervolgverhaal

Arts AF ↓ 3002 episodes

'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.

Author

RSG

Category

Arts

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

DIE TUISKOMS VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 25 15.03.2017

Mina se verlange na Jantjie laat haar oor die dae in De Doorns gesels. Myra is vol stories, en Jana maak haar reg om minder-welkome gaste te ontvang.

DIE TUISKOMS VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 24 14.03.2017

Klaas maak 'n oorlas van homself, en Myra kom tot die redding. Mina praat haar hart uit, en Jana maak 'n belangrike aankondiging.

DIE TUISKOMS VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 23 13.03.2017

Jeffrey besoek Mina met ontstellende nuus. Mina soek vrugteloos by al haar vertrouelinge na rigting en berusting. Ouma Hannie probeer Jeffrey uit sy emosionele warboel help.

DIE TUISKOMS VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 22 10.03.2017

Die hele Visbaai is in rep en roer, en beskou Mina en Jeffrey as 'n paartjie, maar Mina ontken dit ten sterkste. Jeffrey gaan wys die vordering van sy huis vir Mina, en sy vrees dat hy haar formeel om haar hand sal vra. 'n Eenvoudige belewenis laat Mina besef waar sy regtig tuis is en hoort.

DIE TUISKOMS VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 21 09.03.2017

Mina word oorreed om saam met Jeffrey in die laerskoolkonsert te sing. 'n Onverwagse herinnering bring Mina van stryk. Die konsert is 'n reuse sukses, maar Mina beleef ontstellende emosies.

DIE TUISKOMS VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 20 08.03.2017

Mina is geskok oor die slot van Jeffrey se vertelling. Doorsie se lewe kry nuwe betekenis, en Mina word voor 'n uitdaging gestel.

DIE TUISKOMS VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 19 07.03.2017

Jeffrey vertel sy hartseer verhaal aan Mina op Visbaai se rotse. Mina hoor van die groot leemte in sy lewe en sy liefde vir Bonita Small.

DIE TUISKOMS VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 18 06.03.2017

Jeffrey begin Mina sy hartseer verhaal vertel. Hy spreek die vrees uit dat die waarheid oor sy verlede hulle vriendskap in die gedrang sal bring.

DIE TUISKOMS VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 17 03.03.2017

Jeffrey is besorg oor die feit dat Mina te veel werk en te min rus, en gaan spreek Jana oor die aangeleentheid. Terwyl hulle langs die see stap, wil Mina by Jeffrey weet hoekom sy oë so vol hartseer is.

DIE TUISKOMS VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 16 02.03.2017

Besoeke aan Whitewing Lodge kry 'n hupstoot ná 'n verrassende wending. Meer personeel word benodig om in die kombuis te help. Jeffrey stuur 'n geskenk vir Mina.

DIE TUISKOMS VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 15 01.03.2017

Dit is in die winter van 1975 en Jana is opgewonde oor die toeloop van gaste, ten spyte van die nat koue. Mina staan op die kaai om vis te koop, en ontmoet 'n baie aantreklike man wat vaagweg bekend lyk. Terug by die gastehuis sit sy twee en twee bymekaar...

DIE TUISKOMS VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 14 28.02.2017

Mina kry koue rillings in die ou kliptoring langs Whitewing Lodge. Betta stel Mina voor aan Ouma Hannie. Jeffrey Wilson hoor by sy ouma dat daar 'n baie mooi, opgevoede vrou by die gastehuis werk en dat sy wonderlik kan kosmaak.

DIE TUISKOMS VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 13 27.02.2017

Mina begin stadig maar seker die mense in Visbaai ken. Veral die jong mans is gek oor die pragtige jong vrou. Sy vind uit by Betta en Myra wat Jana se sondes is waarvan sy praat, en twee gaste, waarvan een 'n Australiër, is kwistig met die heuningkwas.

DIE TUISKOMS VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 12 24.02.2017

Mina leer haar “nuwe familie” van Whitewing Lodge beter ken. Sy is oortuig sy het die regte besluit geneem om nie in die Kaap te bly nie.

DIE TUISKOMS VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 11 23.02.2017

Jana en Mina kom op Visbaai aan, en Mina is in vervoering oor die klein dorpie en sy eenvoud. Onderweg van Visbaai na Whitewing Lodge, vertel Jana die treurige verhaal van 'n jong bruin moeder wat nog voor Jana se geboorte by Vier Winde gewerk het en een nag op pad huis toe met die paadjie oor die rotse hoog bo die see na haar dood geval het.

DIE TUISKOMS VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 10 22.02.2017

Sara en Mina ry na De Doorns om van Mina se besittings te gaan haal, en hulle word getref deur die veranderinge aan Goedemoed. Jana kom Mina haal en hulle pak die rit aan na Whitewing Lodge. Mina voel vir die eerste keer weer opgewonde oor die toekoms.

DIE TUISKOMS VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 9 21.02.2017

Mina lig Sara in dat sy besluit het om vir Jana te gaan werk. By die munisipale kantore waar Mina probeer uitvind wat van Sarah Adams geword het, word wonde uit die verlede oopgekrap. Jana bel om te reël om Mina te kom haal om haar nuwe lewe as sjef vir Whitewing Lodge te begin.

DIE TUISKOMS VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 8 20.02.2017

Sara en Mina is ingeburger in die dubbelverdiepinghuis in Tamboerskloof. Mina het gehoor dat Distrik Ses volgens die groepsgebiedewet 'n wit gebied verklaar is, en sy gaan kyk hoe dit lyk. Die afgryse van haar besoek aan Distrik Ses laat Mina 'n belangrike besluit neem.

DIE TUISKOMS VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 7 17.02.2017

Mina waarsku die werkers van Goedemoed om ander werk te soek, want Cluver Coetzee is nie iemand vir wie hulle sal wil werk nie. Mina ontmoet 'n jeugkennis, Jana Jansens, wat haar lewe en toekoms ingrypend sal verander. Sonia Tredoux loop haar rieme styf.

DIE TUISKOMS VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 6 16.02.2017

Sara is besig om in te pak, en word deur die emosionele las oorweldig. 'n Plaaswerker deel ontstellende nuus aan Mina mee, wat later deur die nuwe eienaar, Cluver Coetzee, bevestig word. Mina besef sy moet begin afskeid neem van haar geliefde wingerdhuisie.

DIE TUISKOMS VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 5 15.02.2017

Sonia word aangestel as Julie's Bistro se nuwe bestuurder. Mina begin saam met Sara planne maak om Kaap toe te trek. Iris vra Sara of daar nie dalk 'n manier is om Mina te oortuig om haar bedanking terug te trek nie. Mina trap 'n laaste stel af met Sonia.

DIE TUISKOMS VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 4 14.02.2017

Mina hoor by Mietjie dat Sonia male sonder tal die wens uitgespreek het dat Mina nooit terugkom na Julie's Bistro nie. Sara probeer Mina weer oortuig om saam met haar Kaap toe te gaan. Mina neem 'n drastiese besluit.

DIE TUISKOMS VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 3 13.02.2017

Sara probeer Mina oortuig om saam met haar Kaap toe te gaan, en Mina spreek haar vrese en kommer uit. Mina gaan spreek Iris met die doel om weer te begin werk, en ontmoet die giftige Sonia Tredoux.

DIE TUISKOMS VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 2 10.02.2017

Iris besluit om 'n pasafgestudeerde huishoudkundestudent, Sonia Tredoux, aan te stel om in Mina se plek waar te neem totdat sy gereed is om weer te kom werk. Sara wil die twee familieplase, Goedemoed en Hooglande, verkoop en teruggaan Kaap toe. Mina ervaar weer die gevoel wat sy as kind gehad het – dat sy 'n “tussenmens” is.

DIE TUISKOMS VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 1 09.02.2017

Iris Oortzen, Mina Afrika en Mietjie staan rustig en gesels in Julie's Bistro se kombuis oor die afgelope agt jaar se sukses. Dan bel Sara de Graaff met nuus wat hulle almal se lewens ingrypend en blywend sal verander.

Listen to the Middagvervolgverhaal podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.