RSG
Middagvervolgverhaal
'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
DIE TUISKOMS VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 50 20.04.2017 12:56
Jeffrey se lewe verander ingrypend ná 'n gesprek met Jana en 'n besoek aan Kaapstad. Die laaste las op Mina se gewete word na byna twintig jaar uitgewis.
DIE TUISKOMS VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 49 19.04.2017 13:12
Sara en Mina word deur Schoeman en Iris Oortzen oor die verlede gekonfronteer. Jana besin oor haar lewe en tree in 'n diep gesprek met Jeffrey.
DIE TUISKOMS VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 48 18.04.2017 13:13
Myra onthul 'n klompie onverwagte waarhede. Sara neem Mina na De Doorns vir 'n gesprek met Schoeman en Iris Oortzen oor Jantjie se herkoms.
DIE TUISKOMS VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 47 17.04.2017 13:08
Klaas Benson word begrawe. Jana ontvang 'n ontstellende oproep van Schoeman Oortzen. en Deon du Toit bring Mina se verlede in die reine.
DIE TUISKOMS VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 46 13.04.2017 12:49
Mina beleef ongekende emosionele pyn. Jana probeer sterk wees te midde van die krisis. Myra se lewe word aan flarde geruk.
DIE TUISKOMS VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 45 12.04.2017 12:09
Die gevolge van Deon se openbaarmaking van Jantjie se herkoms verhewig eksponensiëel. Die baaierd in Jantjie se gemoed het rampspoedige gevolge.
DIE TUISKOMS VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 44 11.04.2017 13:16
Die Jansens is besonder stug en hulle vreemde gedrag het almal aan die praat. Deon se besoek aan die Lodge se dameskroeg het katastrofiese gevolge.
DIE TUISKOMS VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 43 10.04.2017 12:50
Ouma Hannie verhoog die spanning in 'n reeds plofbare situasie. Mina en Betta ontdek 'n paar feite oor die verlede. Mina besef skielik aan wie Jeffrey haar herinner.
DIE TUISKOMS VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 42 07.04.2017 12:51
Jantjie se vakansie raak vir hom net al hoe beter. Asof die bouwerk aan die Lodge nie genoeg doen om die rus te verstoor nie, word 'n onverwagte menslike komponent bygevoeg, en veral Jana ontgeld dit.
DIE TUISKOMS VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 41 06.04.2017 12:05
Mina en Deon se gesprek in die seegrot veroorsaak meer emosionele spanning vir Mina, en sy neem haar lewe en gevoelens weer in oënskou.
DIE TUISKOMS VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 40 05.04.2017 13:09
Mina beleef 'n wipwaentjierit van emosies met Jantjie se besoek. Deon versteur Mina se ekwilibrium, en sy maak 'n gevaarlike afspraak met hom.
DIE TUISKOMS VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 39 04.04.2017 12:00
Mina se groot verlange na Jantjie word oplaas getemper wanneer hy vroegoggend by Whitewing Lodge opdaag. Die vrolike ontbyt met al Jantjie se stories word skielik vir Mina 'n onhoudbare situasie.
DIE TUISKOMS VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 38 03.04.2017 13:17
Die permanente inwoners van Whitewing Lodge probeer hulle sorge en kommer ontkom. Jana se kinderdae spook by haar. 'n Oproep verdiep die raaisel van die hangertjie wat om die geraamte se nek was.
DIE TUISKOMS VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 37 31.03.2017 12:46
Paul Jansens ontvang 'n ontstellende oproep van sy dogter. Die spanning oor die onlangse gebeure en onthullings by Whitewing Lodge bedreig Mina en Jana se vriendskap. Jana ontvang 'n oproep wat die raaisel van die geraamte verdiep.
DIE TUISKOMS VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 36 30.03.2017 13:17
Ouma Hannie vertel vir Mina wat meer as drie dekades gelede by Vier Winde gebeur het. Jeffrey kry onverwags besoek van Betta. Jana se lewe dreig om 'n ontstellende wending te neem wat niemand kon voorsien nie.
DIE TUISKOMS VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 35 29.03.2017 12:52
Die permanente inwoners van Whitewing Lodge is diep geskok oor die geraamte wat onder die toring se vloer ontdek is. Jantjie vertel Mina in 'n telefoongesprek hoe die soeke na sy ma hom affekteer. Ouma Hannie maak 'n skokkende onthulling.
DIE TUISKOMS VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 34 28.03.2017 12:56
Myra se voorspellings spook by Mina. Ouma Hannie praat haar hart uit. Die bouers maak 'n skokkende ontdekking.
DIE TUISKOMS VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 33 27.03.2017 13:16
Mina probeer sin maak by Betta ná wat Myra Ballantyne se kaarte vir haar voorspel het. Jana ontdek dat Mina nie die volle verhaal van die destydse polisieondersoek in die Hexvallei vertel het nie. 'n Onskuldige aankondiging maak Mina benoud.
DIE TUISKOMS VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 32 24.03.2017 12:18
Mina se kuiertjie by Klaas en Myra neem 'n onvoorsiene wending. Die lewe soos wat almal op Visbaai dit geken het, mag permanent verander.
DIE TUISKOMS VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 31 23.03.2017 13:25
Mina besoek Ouma Hannie met die doel om haar hart oop te maak. Desember is baie winsgewend vir Whitewing Lodge, maar besorg ook heelwat hoofbrekens. Klaas vra Mina 'n ongemaklike vraag.
DIE TUISKOMS VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 30 22.03.2017 13:26
Die Jansens se besoek het almal by Whitewing Lodge op hol. Jeffrey is raadop en Mina vrees die laat Sondagmiddagete.
DIE TUISKOMS VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 29 21.03.2017 11:43
Jeffrey laat hom nie van Mina se onwilligheid om met hom te trou, afskrik nie. Marie maak 'n laspos van haarself. Mina se verlede haal haar onverwags in.
DIE TUISKOMS VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 28 20.03.2017 12:12
Die vrede op Whitewing Lodge word versteur. Jana se oënskynlike sterk mondering word beproef. Mina en die kombuispersoneel besef hulle moet hare op hulle tande ontwikkel!
DIE TUISKOMS VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 27 17.03.2017 12:48
Jana se planne met Whitewing Lodge besorg haar heelwat hoofbrekens. Mina beken aspekte van haar verlede wat haar baie ongemaklik laat voel. Schoeman en Iris Oortzen is diep bekommerd oor Jantjie.
DIE TUISKOMS VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 26 16.03.2017 12:51
Jantjie Oortzen het sy matriekeksamen klaar geskryf, maar sy ouma, Iris Oortzen, vrees daar broei onheil. 'n Besoek aan die polisiestasie op De Doorns frustreer Jantjie mateloos.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.