RSG

Middagvervolgverhaal

Arts AF ↓ 3002 episodes

'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.

Author

RSG

Category

Arts

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 50 14.09.2017

Klets en Sannie loop die akteur raak by die supermark, en Sannie nooi hom na Pieter se verjaarsdagpartytjie. Pieter vertel vir Frans dat Rachel by hom was en 'n blou oog het nadat Moolman haar geslaan het. Moolman daag onverwags op by Pieter se verjaardag en soek vir Rachel.

AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 49 13.09.2017

Moolman wil sy geld terughê ná die fiasko by die rampartytjie. Rachel daag in die middel van die nag by Pieter op met 'n blou oog nadat sy en Moolman rusie gehad het. Sannie besluit om terug te gaan.

AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 48 12.09.2017

Moolman wil hê Rachel moet gaan dans by 'n rampartytjie, maar sy weier. Frans besoek vir Sannie by die plek vir haweloses en smeek haar om huis toe te kom. Sannie aanvaar Gerda se aanbod om tydelik by haar te gaan woon.

AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 47 11.09.2017

Frans soek vir Sannie, en vind haar by Giel se Gat. Klets vra vir Gerda om te help om Sannie te vind. Gerda gaan soek vir Sannie, en vind haar by 'n plek vir haweloses. Sy probeer haar oortuig om huis toe te kom.

AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 46 08.09.2017

Frans is woedend vir Sannie wat skelm drink, en sluit haar in die karavaan toe. Pieter besoek Rachel by haar woonstel, en sy vra hom om haar nie weer te kontak nie. Klets dreig om die Welsyn te bel toe Frans en Sannie weer baklei.

AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 45 07.09.2017

Klets neem vir Pieter na Louw Visagie om hom te vertel van die geheimsinnige pakkie wat Rachel vir Moolman in Durban gaan aflewer. Louw keer Rachel voor by die lughawe en onderskep die pakkie.

AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 44 06.09.2017

Pieter doen aërobiese oefeninge saam met Klets, en kla dat sy besig is om sy lewe oor te neem. Frans besoek vir Moolman en vertel hom die polisie het kom navraag doen oor Nico se verdwyning. Rachel stem in om die pakkie vir Moolman in Durban saam met Natasja af te lewer.

AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 43 05.09.2017

Frans wys sy nuwe klere vir Sannie, en sy en Klets dink hy lyk meer soos 'n rugbyondersteuner as iemand wat werk soek. Moolman neem Rachel op 'n verrassingsuitstappie en maak haar 'n aanbod om meer geld te verdien as wat sy met die dansery by die nagklub verdien.

AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 42 04.09.2017

Pieter is geskok wanneer hy die tydrooster sien wat Klets vir hom uitgewerk het. Louw Visagie besoek Rachel by Moolman se nagklub om uit te vind wanneer laas sy vir Nico gesien het, en deel haar die nuus mee dat hulle Nico se lyk op 'n mynhoop gevind het.

AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 41 01.09.2017

Frans besluit hy gaan sy hare laat sny en vir hom klere koop, maar is geheimsinnig oor hoekom hy dit wil doen. Sannie konfronteer Klets omdat Klets kwansuis besig is om Pieter van Sannie te vervreem. Visagie lê besoek af by Frans om hom te ondervra oor Nico se verdwyning.

AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 40 31.08.2017

Blikkies se begrafnis word gehou, en Klets bly agter by Blikkies se graf. Frans is ontsteld as hy vir Sannie vang wat skelm drink. Klets besluit sy gaan voortaan Pieter se roetine vir hom reël.

AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 39 30.08.2017

Gerda ontmoet Rachel om met haar te gesels oor haar dansery by Moolman se nagklub. Klets is emosioneel oor Blikkies se begrafnis wat op hande is. Frans vra die pastoor om saam met hom na die nagklub te gaan waar Rachel dans, en is geskok as hy sy dogter voor almal sien ontklee.

AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 38 29.08.2017

Klets besluit sy gaan Blikkies se buitekamer vir Pieter inrig sodat hy daar kan bly. Pieter vertel vir Frans dat Nico spoorloos verdwyn het en dat sy ouers hom as vermis by die polisie gaan aangee het. Frans verras Sannie met 'n romantiese ete en alkohol-vrye sjampanje.

AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 37 28.08.2017

Klets gaan maak reëlings met pastoor Fredericks vir Blikkies se begrafnis. Gerda besoek Sannie en is geskok om haar in so 'n toestand te sien. Sannie gaan soek Frans op by Giel se Gat, en hulle herenig.

AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 36 25.08.2017

Klets wil by Sannie weet hoe sy pastoor Fredericks kan kontak om Blikkies se begrafnis te reël. Pieter daag by Rachel se woonstel op en vertel haar dat oom Blikkies oorlede is. Klets besluit om die vrou van die kostent te vra om met Sannie te kom praat omdat sy weer begin drink het.

AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 35 24.08.2017

Klets is histeries as sy verneem dat Blikkies die vorige aand oorlede is, en vra Sannie om haar hospitaal toe te vergesel. Louw is verbaas as hy hoor Blikkies se seun het vir Blikkies kom kuier by die hospitaal. Moolman neem Nico weer na die ou inryteater by die mynhoop, met ander planne.

AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 34 23.08.2017

Nico vra Pieter om verskoning oor die bakleiery met Dewald, en lei Pieter in 'n lokval om Moolman te ontmoet. Pieter betrap sy ma met 'n bottel wyn, en Sannie bieg sy het moed opgegee. Moolman besoek Blikkies by die hospitaal.

AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 33 22.08.2017

Louw lig Blikkies in dat Rachel blykbaar teruggetrek in die woonstel waar sy en Alet voorheen gewoon het. Klets verneem dat Blikkies 'n brief vir sy seun geskryf het, en besluit sy gaan sorg dat Blikkies en sy seun herenig. Pieter word aangerand by die skool deur Dewald.

AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 32 21.08.2017

Klets en Sannie kry amper 'n boete wanneer hulle die tweedehandse klere by die taxihalte gaan verkoop. Blikkies gee vir Louw 'n brief om aan Blikkies se seun te gee waarin hy vergifnis vra. Klets verneem by Blikkies dat die dokters hom minder as 'n maand gegee het om te leef.

AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 31 18.08.2017

Klets kom met 'n plan vorendag om Sannie te help om haar huur betaal. Pieter laat glip aan Sannie dat hy vir Blikkies bloed sien hoes het. Moolman vra Nico om sy oë en ore te wees, en uit te vind wat die polisie soek.

DIE TUISKOMS VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 55 (slot) 27.04.2017

Mina moet weer afskeid neem van Jantjie, maar die keer geniet sy die ondersteuning en liefde van almal om haar. Sy is nie meer alleen nie en boonop lyk die toekoms baie rooskleurig.

DIE TUISKOMS VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 54 26.04.2017

Jantjie vertel van sy Europese wedervaringe en van die interessante meisie van sy drome. Myra het een laaste geheim wat sy openbaar. Jantjie word gewaarsku om nie sy ou vriende in die Hexriviervallei te gaan opsoek nie.

DIE TUISKOMS VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 53 25.04.2017

Jeffrey begin 'n nuwe loopbaan. Sara bel met slegte nuus. Mina se wildste verwagtinge word oortref.

DIE TUISKOMS VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 52 24.04.2017

Mina het groot nuus vir Jeffrey. Sara het nuus oor Jantjie. Drien Adams bel met slegte nuus. Jeffrey bring 'n verrassing vir Mina.

DIE TUISKOMS VAN MINA AFRIKA deur Zuretha Roos – Episode 51 21.04.2017

Mina, Jeffrey en Betta ervaar 'n unieke belewenis by Ouma Hannie. Jana het 'n reuse uitval met haar pa. Mina breek die wurggreep van die verlede oplaas.

Listen to the Middagvervolgverhaal podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.