RSG
Middagvervolgverhaal
'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
AFSLUITING deur Joe Kleynhans - Episode 40 23.11.2017 14:25
Hoe is dit moontlik dat Cindy Nel soos 'n gevangene in haar eie huis voel? Wat se 'evidence' krap Sweetness Botes alles uit? Wie se motor is van die pad af die veld in?
AFSLUITING deur Joe Kleynhans - Episode 39 22.11.2017 14:57
Hoekom het Cindy in die hospitaal beland? Wat het regtig gebeur? Wie ontpop skielik as speurder? Wie word aangerand?
AFSLUITING deur Joe Kleynhans - Episode 38 21.11.2017 14:58
Hoe ernstig is klein Amelia Rossouw toestand? 'n Gewigte besluit word geneem. Met watter voorstel kom Morkel Nienaber op Goedbegin aan? Met watter skok begin Seef Visagie se dag?
AFSLUITING deur Joe Kleynhans - Episode 37 20.11.2017 14:39
Hoe verloop die aand by Cindy Nel se hotel? By wie gaan soek Conrad Nienaber troos? Wie daag almal by Cindy se eie pa se paroolverhoor op?
AFSLUITING deur Joe Kleynhans - Episode 36 17.11.2017 14:59
Vriendskappe word flenters geslaan, en hope venyn kom na vore. Soms bedoel iemand om goed te doen, maar dis nie noodwendig die regte ding nie. Hoe desperaat is dr. Dawie Becker om sake met sy dogter, Cindy Nel, uit te praat?
AFSLUITING deur Joe Kleynhans - Episode 35 16.11.2017 15:03
Wie daag almal op vir die Koster-het-talent-program? Wie is die grootste verrassing van die dag? Wat is in die koevert?
AFSLUITING deur Joe Kleynhans - Episode 34 15.11.2017 13:57
Conrad Nienaber kan skielik kies en keur waar hy wil bly, maar almal is nie so ingenome oor sy wye keuse nie. Meer lig word gewerp op die inhoud van Cindy Nel se ma se testament.
AFSLUITING deur Joe Kleynhans - Episode 33 14.11.2017 14:39
Mollie Muller en Martha Sithole word betrek by die Koster-het-talent-program, en Martha ontdek self 'n nuwe talent. Eric Sithole word uit die hospitaal ontslaan. Grace maak 'n voorstel wat 'n paar asems wegslaan.
AFSLUITING deur Joe Kleynhans - Episode 32 13.11.2017 15:03
Dr. Dawie Becker bedink nog 'n blink plan, en voer dit tot op die letter uit, maar iemand breek by sy brandkluis in...
AFSLUITING deur Joe Kleynhans - Episode 31 10.11.2017 15:37
Wie beland in die hospitaal? Seef Visagie besluit dis tyd om die manne vierkantig in die oë te kyk en ernstig bors skoon te maak. Waar word die Dame van die Nag uitgestal?
AFSLUITING deur Joe Kleynhans - Episode 30 09.11.2017 14:35
Skielik, en nie heeltemal onverwags nie, is nege skilderye die fokus van alle gesprekke. Verskeie weergawes sien die lig, terwyl almal probeer om agter die kap van die byl te kom. Die kernvraag is wie het destyds nou eintlik die Dame van die Nag gekoop en hoekom?
AFSLUITING deur Joe Kleynhans - Episode 29 08.11.2017 14:18
Wat presies het gebeur die dag wat Cintaine Becker, Cindy Nel se ma, van die berghang na haar dood geval het? Die skilderye in die Duitser se gastehuis is skielik die fokus van alle belangstelling, en sorg vir groot onmin. Wie verras Mollie Muller op Goedbegin?
AFSLUITING deur Joe Kleynhans - Episode 28 07.11.2017 14:56
Morkel Nienaber het nou maar eenmaal die vermoë om die bordjies te verhang. Conrad Nienaber werk hard aan die uitdaging wat aan hom gestel is. Hoe suksesvol is hy?
AFSLUITING deur Joe Kleynhans - Episode 27 06.11.2017 14:57
'n Brand breek uit, en Seef Visagie en sy span werkers swoeg en sweet. 'n Bedrag van R100,000 is skielik druk onder bespreking. Wie maak aan Conrad Nienaber 'n aanbod, en wat is sy reaksie?
AFSLUITING deur Joe Kleynhans - Episode 26 03.11.2017 14:15
Wie beland in die Heidelberg Hospitaal? Wat het in 1992 op Dundee gebeur? Wat het Amelia Rossouw oorgekom? Wie verras vir Conrad Nienaber?
AFSLUITING deur Joe Kleynhans - Episode 25 02.11.2017 15:24
Henk Rossouw se begrafnis verloop nie soos beplan nie. Die duiwel laat twee mense 'n snaakse ding doen. Sweetness Botes beleef 'n slegte dag. Cindy Nel is hoogs ontsteld.
AFSLUITING deur Joe Kleynhans - Episode 24 01.11.2017 13:47
Dawie Becker wys hy is 'n bedrewe sakeman wat nie maklik tweede kom nie. Daardie een brokkie inligting wat Morkel Nienaber heeltyd soek, val onverwags in sy skoot. Daar is alles behalwe vrede op Vrede.
AFSLUITING deur Joe Kleynhans - Episode 23 31.10.2017 14:43
Dis skielik besiger in Seef Visagie se studeerkamer as by 'n dokter se spreekkamer. Die vonke spat behoorlik op Goedbegin. 'n Verslag in 'n rooi omslag kry voete.
AFSLUITING deur Joe Kleynhans - Episode 22 30.10.2017 14:24
Die skilderye sorg vir groot onmin, en agt van die kunswerke moet skielik 'n nuwe tuiste vind. Hoekom is Cindy Nel so geheimsinnig oor haar biologiese pa? Watter skokontdekking maak Conrad Nienaber?
AFSLUITING deur Joe Kleynhans - Episode 21 27.10.2017 14:44
Die polisie daag op Goedbegin op. Martha Sithole en Mollie Muller moet op hulle voete dink. Seef Visagie is so kwaad, hy kan slange vang.
AFSLUITING deur Joe Kleynhans - Episode 20 26.10.2017 14:48
Die storm wat Seef Visagie voel aankom het, bars opeens fel los met verskeie verrassende skerp kante, wat meer as een betrokkene sprakeloos laat.
AFSLUITING deur Joe Kleynhans - Episode 19 25.10.2017 14:41
Sweetness stap noodgedwonge 'n draai deur gister met al sy seer. Cindy Nel word verras. Seef Visagie gaan 'n vreemde ooreenkoms aan.
AFSLUITING deur Joe Kleynhans - Episode 18 24.10.2017 15:06
Die vonke spat oral. Seef Visagie hoor die een na die ander ding wat hom teen die mure uitdryf en hom kort duskant 'n hartaanval laat omdraai.
AFSLUITING deur Joe Kleynhans - Episode 17 23.10.2017 15:19
Die sewende straatvrou word vermoor. Seef Visagie se hart huil opnuut oor sy skoonseun se doen en late. Dawie Becker is bitter ongelukkig.
AFSLUITING deur Joe Kleynhans - Episode 16 20.10.2017 14:52
Mollie Muller krap waar sy nie veronderstel is om te krap nie, en maak nie vriende in die proses nie. Morkel Nienaber is op die oorlogspad, maar ook op 'n missie.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.