RSG

Middagvervolgverhaal

Arts AF ↓ 3002 episodes

'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.

Author

RSG

Category

Arts

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

HUIS OP DIE HAWE deur André Kotzé - Episode 15 29.12.2017

Anton vind uit dat die Wi-Fi-stelsel van Die Huis uiters kwesbaar is vir meeluistering, en Rina kom agter dat sy agtervolg en beloer word waar sy ook al gaan. Dit lyk asof 'n ou kalant by albei betrokke is.

HUIS OP DIE HAWE deur André Kotzé - Episode 14 28.12.2017

Boelie se astrante optrede maak vir Connie en Tania baie kwaad. Connie wil nie weer saam met Boelie gesien word nie, en neem afskeid met die voorstel dat Boelie sy inligting elders moet kry.

HUIS OP DIE HAWE deur André Kotzé - Episode 13 27.12.2017

Die raaisel waarom Boelie nooit met vangste of seeprodukte aan wal kom nie, word bespreek, maar Anton verneem dat Tania eerder vir Boelie by die sakekamer wil konfronteer. Hy besluit om by haar planne in te val.

HUIS OP DIE HAWE deur André Kotzé - Episode 12 26.12.2017

Karolus se gewoonte om jong dames uit te nooi na ete-afsprake, boemerang lelik wanneer hy, blykbaar onwetend, in Boelie se slaai begin krap.

HUIS OP DIE HAWE deur André Kotzé - Episode 11 22.12.2017

Die sukses van die hommeltuig om die skurke se planne te ontbloot, word getemper deur die feit dat die twee broers al hoe meer jaloers op mekaar begin word as gevolg van belangstelling in dieselfde meisie.

HUIS OP DIE HAWE deur André Kotzé - Episode 10 21.12.2017

Japie se tegnologiese dienste word weer deur Rina by die Huis benodig, en Anton kan nie sy jaloesie wegsteek nie. Connie leer iets oor die verhouding tussen Pauline en Nigel.

HUIS OP DIE HAWE deur André Kotzé - Episode 9 20.12.2017

Dit blyk dat Karolus nie uit die ete-afspraak met Connie gekry het wat hy verwag het nie, en Connie vind uit dat Boelie se uitnodiging eerder 'n soeke na informasie oor Die Huis is, as belangstelling in haar as persoon.

HUIS OP DIE HAWE deur André Kotzé - Episode 8 19.12.2017

Die skone lugwaardin, Connie, kom terug na die Huis en sy kry dadelik die belangstelling en ete-uitnodigings van twee nuwe bewonderaars.

HUIS OP DIE HAWE deur André Kotzé - Episode 7 18.12.2017

Die liefdesintriges tussen die broers en Rina neem toe. Rina snorkel by die bamboeswoud, en Anton raak bekommerd as sy nie weer na die oppervlak terugkeer nie.

HUIS OP DIE HAWE deur André Kotzé - Episode 6 15.12.2017

Boelie se skietery op die Blou Blits en Rina, weergalm nog in die Huis op die Hawe, wanneer Boelie daar aankom. Hy is ongeërg daaroor, en stel meer belang in die tekortkominge van die Huis.

HUIS OP DIE HAWE deur André Kotzé - Episode 5 14.12.2017

Rina gaan saam met die Joubert-broers see toe. Sy leer die hommeltuig ken, maar ook vir Boelie, die skipper van die rubberboot wat deur perlemoenstropers gebruik word. Die vaart loop uit op 'n skietery deur Boelie, en jaloesie van die twee broers oor Rina.

HUIS OP DIE HAWE deur André Kotzé - Episode 4 13.12.2017

Tania lig die gaste en personeel in oor haar voorneme om níe die Huis te verkoop nie, en Boelie is baie kwaad daaroor. Boelie waarsku Tania oor haar samewerking met Anton en die gevaar wat dit inhou om Rina saam met Anton see toe te stuur.

HUIS OP DIE HAWE deur André Kotzé - Episode 3 12.12.2017

Anton se jonger broer, die briljantjie Japie, stuur 'n hommeltuig die lug in op see, en die reaksie van medevissers is aggressief en gewelddadig. Die ontvangsklerk by die Huis, Pauline, word aangepraat oor haar geneigdheid tot “matchmaking” onder die gaste.

HUIS OP DIE HAWE deur André Kotzé - Episode 2 11.12.2017

Die jong visserman, Anton Joubert, skaf 'n nuwe skiboot aan, maar raak bekommerd oor die toekoms van die Huis, wat verreweg sy beste kliënt op Mooi Hawens verteenwoordig. Tania Nel, se niggie, die jong student Rina Nel, se versoek om saam see toe te gaan met 'n vissersboot, laat wenkbroue lig.

HUIS OP DIE HAWE deur André Kotzé - Episode 1 08.12.2017

Die eienaar van die Huis op die Hawe, Tania Nel, kry 'n aanbod van sakeman en visserman, Boelie Prinsloo, om die Huis te koop, maar sy weier. Boelie bly knaend op haar spoor en sy wonder hoekom hy met vuil spel begin dreig as sy nie wil verkoop nie.

AFSLUITING deur Joe Kleynhans - Episode 50 (slot) 07.12.2017

Mollie Muller kry na al die jare afsluiting oor haar tergende geheim. Wat gebeur met Martha Sithole se swaarverdiende aftreegeldjie? Wie is die reeksmoordenaar?

AFSLUITING deur Joe Kleynhans - Episode 49 06.12.2017

Morkel Nienaber voer nog 'n meesterplan uit. Privaatspeurders is nie goedkoop nie, en soms wonder mens of hulle die baie geld werd is wat hulle betaal word. Die reeksmoordernaar word gevang.

AFSLUITING deur Joe Kleynhans - Episode 48 05.12.2017

Die Sondagkoerant is vol van die storie agter die Dame van die Nag. Sweetness Botes is op die oorlogspad. Morkel Nienaber huil lang trane omdat hy weer nie 'n kontrak behoorlik gelees het nie.

AFSLUITING deur Joe Kleynhans - Episode 47 04.12.2017

Ná 17 jaar word die storie van die Dame van die Nag uiteindelik vertel, met al die hartseer wat daarmee saamgaan.

AFSLUITING deur Joe Kleynhans - Episode 46 01.12.2017

Daar is in meer as een opsig 'n verrassende wending in die verloop van sake. Ná langer as 'n jaar vind Seef Visagie uiteindelik uit wie sy Susara so wreed vermoor het.

AFSLUITING deur Joe Kleynhans - Episode 45 30.11.2017

Goedbegin is vol emosie ná die skielike dood van 'n geliefde. Daar is hope kwelvrae. Dr. Dawie Becker word voor stok gekry, maar het dit die gewenste uitwerking?

AFSLUITING deur Joe Kleynhans - Episode 44 29.11.2017

Seef Visagie maak planne om sy skilderye terug te kry, en hy ry spesiaal deur Pretoria toe daarvoor. 'n Bedrywige joernalis van die Sondagkoerant is besig om oral gevoelens los te maak. Dan gebeur iets wat Conrad gevrees het...

AFSLUITING deur Joe Kleynhans - Episode 43 28.11.2017

Dis soms moeilik om te bepaal wie die slinkste van die twee is: Morkel Nienaber of dr. Dawie Becker. Feit van die saak is, as die twee saamspan is dit 'n gedugte kombinasie wat nie maklik die onderspit delf nie.

AFSLUITING deur Joe Kleynhans - Episode 42 27.11.2017

Cindy Nel moet op haar voete dink, maar sy kan nie haar planne op haar eie deurvoer nie. Sy het hulp nodig. Die skilderye verwissel uiteindelik van hande.

AFSLUITING deur Joe Kleynhans - Episode 41 24.11.2017

Dokter Dawie Becker wys sy ware kleure. Morkel Nienaber bly die ene planne om 'n geldjie te maak. Iemand dra iets uit die plaashuis op Goedbegin weg.

Listen to the Middagvervolgverhaal podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.