RSG
Middagvervolgverhaal
'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
HUIS OP DIE HAWE deur André Kotzé - Episode 40 02.02.2018 13:41
Pauline wys dat sy ook maar mens is. Japie identifiseer 'n waarskynlike sindikaatleier, maar Tania en Japie is bekommerd omdat Anton besig is om homself vas te woel in 'n liefdesdriehoek.
HUIS OP DIE HAWE deur André Kotzé - Episode 39 01.02.2018 14:16
Al Anton se raadgewers wil hê hy moet vir Rina vertel van sy verhouding met Connie. Hy is onwillig, omdat beide vroue die rol van dubbelagent speel, en niemand weet hoe hulle sal reageer op die waarheid nie.
HUIS OP DIE HAWE deur André Kotzé - Episode 38 31.01.2018 11:28
Almal is bekommerd oor die nuwe verhoudings in en om die Huis, maar elkeen het blykbaar 'n ander agenda - alles behalwe ware liefde?
HUIS OP DIE HAWE deur André Kotzé - Episode 37 30.01.2018 13:28
Connie vra om saam met Anton op sy skiboot see toe te gaan, en hy stem onwillig in. Sy tree so koketterig op dat dit lyk asof sy meer as 'n werksverhouding of spioenasie in gedagte het. Japie weet van die vaart, en dring by Anton daarop aan dat hy vir Rina daarvan vertel.
HUIS OP DIE HAWE deur André Kotzé - Episode 36 29.01.2018 11:51
Nigel vra hoekom Pauline nie met hom wil trou nie. Pauline se antwoord wys dat sy al baie oor die vraag gewonder het, en gee vir Nigel baie meer om oor te dink as waarop hy gehoop het.
HUIS OP DIE HAWE deur André Kotzé - Episode 35 26.01.2018 13:07
Boelie probeer weer vir Connie nader trek. Sy vertel hom van die Chinees se spioenasie in die Huis, en Boelie reageer met 'n baie vreemde versoek.
HUIS OP DIE HAWE deur André Kotzé - Episode 34 25.01.2018 13:19
Die Chinese gas sluip rond in die Huis in die nag, en Karolus vertel vir Tania. Tania roep vir Japie in, en hulle sien wat hy besig is om te doen.
HUIS OP DIE HAWE deur André Kotzé - Episode 33 24.01.2018 13:09
Anton skakel vir Rina en vra of sy vir Connie na hom gestuur het. Rina bevestig dit, en besef dadelik dat sy jaloers op Connie is en nie weet wat sy volgende moet doen nie.
HUIS OP DIE HAWE deur André Kotzé - Episode 32 23.01.2018 12:56
Connie erken haar spioenasie-rol vir Boelie oor die Huis, en bied aan om vir Anton inligting oor Boelie te verky. Anton moedig dit aan. Wanneer Boelie weer vir Connie sien, kry sy 'n vreemde versoek van hom in verband met Karolus en die Chinese gas by die Huis op die Hawe.
HUIS OP DIE HAWE deur André Kotzé - Episode 31 22.01.2018 12:25
Boelie skiet op Japie se hommeltuig, en die tuig maak dit net-net terug tot op die Bloublits. Connie maak 'n ete-afspraak met Boelie, en skakel direk daarna vir Anton om de volgende dag met hom te gesels. Dit lyk asof Connie haar eie planne met die twee mans het.
HUIS OP DIE HAWE deur André Kotzé - Episode 30 19.01.2018 11:36
Karolus bekla sy lot teenoor Tania dat die dames van die Huis hom vermy, maar sy het min simpatie. Rina skinder saam met Connie oor Boelie se planne, maar net daarna skakel sy vir Boelie en vra ewe koketterig om hom weer te sien.
HUIS OP DIE HAWE deur André Kotzé - Episode 29 18.01.2018 11:29
Boelie wil weer vir Connie as spioen probeer werf, maar sy is al hoe minder geneë. Pauline is kwaad vir Nigel omdat hy haar nie ook as spioen vir hom en die goeie saak van die Huis wil gebruik nie.
HUIS OP DIE HAWE deur André Kotzé - Episode 28 17.01.2018 13:08
Boelie probeer om 'n dokument wat deur Rina opgestel is, vir sy “vennote” te verkry, maar sy weier. Hy kry later by Connie ook die koue skouer weens sosiale redes. Dit lyk asof sy nie meer saam met hom om op Mooi Hawens gesien wil word nie.
HUIS OP DIE HAWE deur André Kotzé - Episode 27 16.01.2018 12:03
Japie vind dat hulle kommunikasiestelsel kwesbaar is, en hy beveel spesiale beskermingsmaatreëls aan. Die nuwe Sjinese gas vra vir spesiale ruimte om sy kamera en kommunikasiestelsel op te stel. Tania vra vir Japie en Nigel om die Sjinees te help om 'n ateljee op die boonste vloer se balkonstoep in te rig.
HUIS OP DIE HAWE deur André Kotzé - Episode 26 15.01.2018 13:50
Anton en Nigel vang 'n ton vis. Japie begrawe die strydbyle oor Rina, maar Rina kry 'n uitnodiging van 'n derde hond wat probeer om met die been weg te kom, en gee 'n interessante antwoord.
HUIS OP DIE HAWE deur André Kotzé - Episode 25 12.01.2018 12:11
Anton kry interessante videomateriaal, deur Boelie se skiboot na die diepsee te volg in die nag. Karolus vind uit dat die nuwe Chinese gas vir Boelie ken, en Tania rig 'n belangrike versoek tot Karolus en Pauline.
HUIS OP DIE HAWE deur André Kotzé - Episode 24 11.01.2018 12:35
Die broers volg een van Boelie se nagvaarte met die hommeltuig wat nou nagsig-toerusting dra, en vind dat hulle 'n jetski gebruik om sakke vol perlemoen na die diepsee te sleep, maar die uiteinde is teleurstellend.
HUIS OP DIE HAWE deur André Kotzé - Episode 23 10.01.2018 12:31
Japie sien op die hommeltuig se skerm dinge waarvan hy glad nie hou nie. Anton soek nagsigvermoë vir die hommeltuig, en Japie is bereid om dit te probeer reël.
HUIS OP DIE HAWE deur André Kotzé - Episode 22 09.01.2018 12:09
Connie hou nie van die inmenging deur Tania en ander in haar privaatsake nie. Japie oorweeg dit om 'n hommeltuig aan Boelie te demonstreer en terselfdertyd op Boelie te spioeneer.
HUIS OP DIE HAWE deur André Kotzé - Episode 21 08.01.2018 13:21
Boelie kry nie die soort terugvoer oor Die Huis by Connie waarop hy gehoop het nie. Hy dreig dat hy voortaan liewer die jonger Rina as informant sal gebruik as vir Connie.
HUIS OP DIE HAWE deur André Kotzé - Episode 20 05.01.2018 13:49
Boelie vra weer Rina se hulp met die ontwikkeling van 'n perlemoenteelplaas. Haar reaksie is egter nie waarvoor hy hoop nie.
HUIS OP DIE HAWE deur André Kotzé - Episode 19 04.01.2018 15:00
Rina vra haar tannie raad omdat altwee die Joubert-broers op haar verlief is, en sy nie weet hoe om dit te hanteer nie. Sy kry interessante raad, en Japie is baie kwaad vir Anton.
HUIS OP DIE HAWE deur André Kotzé - Episode 18 03.01.2018 13:45
Rina se afspraak met Boelie lei tot moeilikheid met Anton, omdat hy jaloers raak op Boelie en vir die eerste keer besef hoe verlief hy in werklikheid op Rina is.
HUIS OP DIE HAWE deur André Kotzé - Episode 17 02.01.2018 14:21
Boelie nooi vir Rina om oor akwakultuur te gesels, maar sy planne is so idealisties dat sy al sy aanbiedinge in die verband van die hand wys.
HUIS OP DIE HAWE deur André Kotzé - Episode 16 01.01.2018 14:07
Karolus se beheptheid om dames te nooi vir ete-afsprake, is blykbaar gemik daarop om 'n maat te kry wanneer hy in sy nuwe huis intrek. Boelie laat egter nie blyk hoekom hy vir Rina vervolg nie. Rina raak bekommerd en vra Anton om saam met haar te gaan draf, weens veiligheidsredes.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.