RSG

Middagvervolgverhaal

Arts AF ↓ 3002 episodes

'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.

Author

RSG

Category

Arts

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

BURE deur Mari Snyman - Episode 5 09.03.2018

Emelda word gekonfronteer met onaangename herinneringe uit haar verlede. Sy het baie om te verduidelik, maar is sy bereid om die waarheid te vertel.

BURE deur Mari Snyman - Episode 4 08.03.2018

Hoekom is die nuwe inwoner so geheimsinnig? Dit is waaroor Mathilda en haar broer Johannes bespiegel.

BURE deur Mari Snyman - Episode 3 07.03.2018

Mathilda se lewe word skielik en onherroepbaar verander deur die sjarmante, maar volgens haar arrogante, Albert Havenga. Sy hou net mooi niks daarvan nie.

BURE deur Mari Snyman - Episode 2 06.03.2018

Wanneer goeie vriende toevallig langs mekaar bly, is dit 'n bonus. Hulle kom goed oor die weg, en hulle kan deel in mekaar se lief en leed. Dit is hoe Mathilda en Dita oor mekaar voel.

BURE deur Mari Snyman - Episode 1 05.03.2018

Mathilda Schoeman beskou haarself as 'n goeie buurvrou. Dis net jammer sy kan nie dieselfde sê van van haar ander bure nie, veral van Emelda te Water, die gewese operasangeres.

HUIS OP DIE HAWE deur André Kotzé - Episode 60 (slot) 02.03.2018

Die “ondersteuners”, Nigel, Pauline, Japie en Karolus neem deel aan 'n plesiervaart en feesmaal as dankbetuiging vir hulle aandeel aan die arrestasie. Karolus bekla sy lot omdat Tania hom telkens ontduik. Nigel demonstreer hoe 'n mens die ja-woord vra in 'n rolspel met Pauline. Die rolspel verloop anders as wat hy verwag het...

HUIS OP DIE HAWE deur André Kotzé - Episode 59 01.03.2018

Tania noem aan Anton, Rina en Connie dat sy 'n geleidelike opgradering van die Huis op die Hawe beoog. Anton vra “ouertoestemming” by Tania dat hy en Rina mag trou, en sy willig in.

HUIS OP DIE HAWE deur André Kotzé - Episode 58 28.02.2018

'n Groot botsing vind plaas tussen twee skibote op die diepsee. Eers ná terugkeer na die hawe en 'n nabetragting met behulp van 'n video van die botsing, besef die betrokkenes wat werklik gebeur het.

HUIS OP DIE HAWE deur André Kotzé - Episode 57 27.02.2018

Boelie neem die twee dames op die Night Rider na die motorjag vir die oorhandiging, maar almal se planne loop skeef wanneer Boelie agterkom dat die polisie en die vloot 'n vangnet om die sindikaat gespan het. Boelie reageer baie vreemd.

HUIS OP DIE HAWE deur André Kotzé - Episode 56 26.02.2018

Rina wil verloof raak, maar Anton se aandag is by die arrestasie van Boelie en die sindikaat. Tania wil nie hê dat Rina as 'n lokvink gebruik word om Boelie en sy sindikaat te arresteer nie, maar Anton stel haar gerus.

HUIS OP DIE HAWE deur André Kotzé - Episode 55 23.02.2018

Boelie skets sy plan vir die groot oorhandiging en partytjie aan Connie, maar dit verskil aansienlik van Anton en Tania se planne vir dieselfde geleentheid.

HUIS OP DIE HAWE deur André Kotzé - Episode 54 22.02.2018

Anton bevestig by Connie aan wie se kant sy in die konflik is, en maak seker dat sy en Rina gereed sal wees om die oorhandiging van dokumente aan die sindikaat te doen.

HUIS OP DIE HAWE deur André Kotzé - Episode 53 21.02.2018

Die broers red een van Boelie se spanlede uit die stormsee, maar kry weinig dank daarvoor. Boelie skiet Japie se hommeltuig af, maar hulle herwin die tuig.

HUIS OP DIE HAWE deur André Kotzé - Episode 52 20.02.2018

Op see gesels Anton en Nigel reguit oor die huwelik, lojaliteit en liefde. Japie laat weet van 'n vreemde missie wat Boelie vir môre beplan, ten spyte van die gure weer wat voorspel word.

HUIS OP DIE HAWE deur André Kotzé - Episode 51 19.02.2018

Iemand gooi in die nag 'n baksteen deur die skuifdeur van die Huis se balkonstoep. Die polisie word ontbied, en vroegmôre is daar brandstigting in die Huis se boothuis. Nigel vind bewyse van wie die oortreders is.

HUIS OP DIE HAWE deur André Kotzé - Episode 50 16.02.2018

Tania betrap Mister Chang op heterdaad by die inbraak, en die Sjinees vertrek summier uit die Huis. Boelie stem in dat Anton die dames van die motorjag af kan terugbring met die Blou Blits, maar waarsku Anton om nie sy partytjie te bederf nie.

HUIS OP DIE HAWE deur André Kotzé - Episode 49 15.02.2018

Nigel ruil soortgelyke selfone om, sodat Japie Mister Chang se selfoon kan ontleed. Japie lei af dat Mister Chang 'n inbraak in Tania se kantoor beplan. Tania vra vir Japie om 'n lokval vir Mister Chang te stel.

HUIS OP DIE HAWE deur André Kotzé - Episode 48 14.02.2018

Karolus bied aan dat Mister Chang in sy nuwe huis intrek, en Japie en Nigel gryp die kans aan om te help met die trek sodat hulle meer kan uitvind van Mister Chang se kommunikasie-toerusting.

HUIS OP DIE HAWE deur André Kotzé - Episode 47 13.02.2018

Rina dring by Anton daarop aan om vir Connie te sê dat Connie nie Anton se nommer een meisie is nie. Anton probeer die konfrontasie uitstel.

HUIS OP DIE HAWE deur André Kotzé - Episode 46 12.02.2018

Connie praat met Rina oor die sketsplan van die perlemoen teelplaas, en sy is ontsteld omdat sy niks van Rina se pogings weet nie. Anton oortuig Connie om te bly totdat sy gehelp het om Boelie vas te trek, maar Tania vertrou nie vir Connie nie.

HUIS OP DIE HAWE deur André Kotzé - Episode 45 09.02.2018

Anton en Nigel kry bewyse dat Boelie se mense die vrot vis en aas in Tania se boothuis gestort het, maar Anton dink dit is kinderspeletjies teenoor die groot misdade wat eersdaags aan die lig sal kom. Waarom het Rina na Oos-Londen gegaan? Connie vind uit dit het dalk te doen met die feit dat Boelie nou haastig raak.

HUIS OP DIE HAWE deur André Kotzé - Episode 44 08.02.2018

Connie dreig om te onttrek van haar werk vir Anton as hy nie meer toenadering tot haar wys nie. Tania maak 'n onbehoorlike voorstel aan Anton, en sy ervaar 'n onwelriekende aanval op die Huis.

HUIS OP DIE HAWE deur André Kotzé - Episode 43 07.02.2018

Nigel verrig wondere met sy spioenasie en waagstukke, maar Connie klink asof sy wil tou opgooi omdat sy voel sy misbruik word deur twee hanteerders.

HUIS OP DIE HAWE deur André Kotzé - Episode 42 06.02.2018

Karolus nooi Tania vir 'n daknatmaakpartytjie. Sy aanvaar die uitnodiging, maar demp Karolus se geesdrif vir romantiek. Anton, Japie en Nigel agtervolg die sindikaatleier om sy bande met Boelie te bevestig.

HUIS OP DIE HAWE deur André Kotzé - Episode 41 05.02.2018

Connie bars helder oordag by Anton se woonstel in, en Anton slaag daarin om haar versteek en terug in haar woonstel te kry. Tania kry 'n nuwe aanbod vir die Huis, wat sy amper nie kan weier nie.

Listen to the Middagvervolgverhaal podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.