RSG
Middagvervolgverhaal
'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
VERSEVLEI deur Anneli du Preez – Episode 3 01.10.2025 14:36
Joachim jaag die Du Walt-myngroep van sy plaas af. Gerrit en Wilmien probeer deel met die uitval ná Gerrit se flop huweliksaanbod. Dolf begin die jong dames van Wilgerfontein beter ken.
VERSEVLEI deur Anneli du Preez – Episode 2 30.09.2025 13:50
Suzie is Wilmien se beste vriendin. ‘n Hegte band word gevorm tussen Wilmien, Dolf en tannie Greta. Gerrit vra vir Wilmien ‘n baie belangrike vraag.
VERSEVLEI deur Anneli du Preez – Episode 1 29.09.2025 14:05
Gerrit Gouws storm uit bankbestuurder Abram Jakobs se kantoor. Dolf du Plessis neem sy intrek op Wilgerfontein, en word vinnige vriende met Wilmien en tannie Greta.
'N LIEFDESGESKIEDENIS deur Cor Nortjé - Episode 40 (slot) 26.09.2025 12:14
Louis het vir Louis junior gevra om in te kom. Uiteindelik kry hulle ‘n geleentheid om te praat. Lewies deel sy wense met Louis junior. Professor Simpson het nie enige hoop nie. Jan en Thérèse wil hom sien, maar Nita en Ans is ook daar. Louis wil ‘n onsmaaklike ontmoeting vermy en probeer die laaste besoek slim koördineer. Louis stel Liz aan Nita voor, en verseker haar dat hulle na haar sal kyk. T...
'N LIEFDESGESKIEDENIS deur Cor Nortjé - Episode 39 25.09.2025 11:41
Nita bepeins haar lewe. Sy is nou ‘n plaasvrou. Die eerste draaiboek is op die plaas gekyk saam met Ben en van die akteurs. Alles wat Louis en Nita vir mekaar was het nou die alledaagse geword. Louis se familie het anders gevoel oor die huwelik. Die situasie is iets waaraan almal moet gewoond raak as hulle wil. Ans is een wat hulle nog hartlik ontvang. ‘n Koffieafspraak word ‘n aanslag op alles wa...
'N LIEFDESGESKIEDENIS deur Cor Nortjé - Episode 38 24.09.2025 12:27
Jan is aangeklam toe hy by sy pa aankom. Jan wil weet hoekom Louis teruggekom het. ‘n Ondervraging begin oor sy pa se onlangse gedrag. Jan voel hy moet opkom vir Thérèse, maar Louis voel dis nie nodig nie. Jan het geen reg om vir Louis te sê hoe hy sy lewe moet lei nie. Jan wens Louis iets onsmaaklik toe. Louis is nie seker hoe om op die twee gesprekke oor die aanname te reageer nie. Sy gedagtes d...
'N LIEFDESGESKIEDENIS deur Cor Nortjé - Episode 37 23.09.2025 12:08
Louis deel sy gedagtes oor Nita se besluit ná hulle gesprek. Hy besef hy het sy werk afgeskeep, en vestig weer sy volle aandag op die draaiboek. Peet Steyn is sy vaste baken na wie hy hom wend om hom weer te anker. Louis en Peet gesels oor die draaiboek, gesondheid en verhoudings. Louis beweer sy gesondheid is nie in gevaar nie. Hy het nie op hom laat wag om saam met Tillie Hamman te gaan eet nie....
'N LIEFDESGESKIEDENIS deur Cor Nortjé - Episode 36 22.09.2025 11:59
Nita maak vir Louis ontbyt op die plaas. Jan daag onverwags op om vir Louis om verskoning te vra. Wimpie daag by Roelf-hulle op om ‘n belangrike brokkie nuus te deel. Roelf bel vir Ans en sit twee en twee bymekaar. Ans smeek hom om nie sy ouers te vertel nie. Terug by die ateljees kom Nita met Louis praat oor iets wat swaar op haar hart weeg. Hulle geheim is in gevaar, en Nita besef sy moet ‘n moe...
'N LIEFDESGESKIEDENIS deur Cor Nortjé - Episode 35 19.09.2025 12:37
Louis berei homself voor om vir Wilma die groot nuus te vertel. Sy maak verskoning vir haar en Jan se reaksie op die koerante en die wolhaarstorie oor Louis se besoek aan die Kaap. Hy begin vir haar vertel wat die rede was vir sy weggaan 12 jaar gelede, en hoe dit relevant is tot die huidge situasie. Louis wend hom tot Nita na ‘n paar glasies. Sy leen haar oor aan hom terwyl hy weer ‘n gelykenis v...
'N LIEFDESGESKIEDENIS deur Cor Nortjé - Episode 34 18.09.2025 11:38
Jan wil nie vir Louis sien nie. Wilma vra Jan uit oor sy reaksie teenoor Louis. Hy wil net sy familie beskerm, veral sy ma. Wilma hou vol dis nie wat hy dink dit is nie. Lewies kontak vir Louis junior oor Jan. Louis junior is salig onbewus van die gevoelens wat Jan koester teenoor Lewies, nietemin het Louis onderneem om Jan op te soek. Die twee broers ontmoet om oor Lewies te gesels. Louis moet Ja...
'N LIEFDESGESKIEDENIS deur Cor Nortjé - Episode 33 17.09.2025 11:42
Met Louis se terugkeer, is Ben heel nuuskierig oor die vakansie in die Kaap. Die repetisies het begin in aanloop tot die eerste opnames. Ben deel Louis mee dat Thérèse hom gesoek het toe hy weg was. Ben skakel Thérèse dadelik sodat Louis met haar kan praat. Louis vertel vir haar ‘n hele storie oor die Kaap, en Thérèse vertel hom oor die geboorte van hulle kleinseun. ‘n Familiebyeenkoms is op hande...
'N LIEFDESGESKIEDENIS deur Cor Nortjé - Episode 32 16.09.2025 12:11
Louis bel na die woonstel, en Ans is glad nie beïndruk nie. Nita huiwer om Kaap toe te gaan. Louis het vir haar ‘n kaartjie gekoop, en sy probeer hom uitvra oor sy stilte en of sy welkom sou wees. Toe hulle vir die eerste keer alleen is, vertel Nita vir hom hoekom sy ontsteld is. Louis beweer hy het glad nie vir Tillie Hamman gesien nie. Hy is in die Kaap om ander redes. Die twee vra mekaar om ver...
'N LIEFDESGESKIEDENIS deur Cor Nortjé - Episode 31 15.09.2025 12:06
Die Kloppers word binnekort ‘n kleinkind ryker. Thérèse onderneem om vir Lewies in kennis te stel dat hy ‘n oupa gaan word, maar Ben deel haar mee dat hy tans in die Kaap is. Jan is hewig ontsteld oor ‘n foto by ‘n koerantberig. Die kleinding lyk soos ‘n Klopper. Liz se ouers het die hele familie genooi om die geboorte te vier. Jan en Wilma daag op om vir Thérèse op te laai, maar sy het ‘n migrain...
'N LIEFDESGESKIEDENIS deur Cor Nortjé - Episode 30 12.09.2025 12:45
Ans deel haar indrukke van Louis toe hy by die partytjie opdaag. Dan praat sy oor die kuier op die plaas. Ans begin gewoond raak aan Nita en Louis. Bolangs is alles pluis, maar onderlangs begin die krake wys. Louis speel vir Nita en Ans klavier. Louis raak kreatief, en vertel vir hulle ‘n verhaaltjie van ‘n meisie wat hy op universiteit gehad het. Die beskrywing van die meisie klink toevallig na d...
'N LIEFDESGESKIEDENIS deur Cor Nortjé - Episode 29 11.09.2025 12:13
Ben vertel vir Louis dat John baie gelukkig is, en sommer die begroting gaan vergroot. Louis vat sy kans en sit ‘n goeie woordjie in vir Ans. Ben wonder oor haar beskikbaarheid, maar Louis knip hom kort en beklemtoon dat Ans via ‘n bostelegram die rol wil hê. Ben laat blyk dat Ans ‘n daknatmaak gereël het vir die nuwe woonstel, en dat Nita ook daar intrek nadat sy en Wimpie uit is. Louis beweer hy...
'N LIEFDESGESKIEDENIS deur Cor Nortjé - Episode 28 10.09.2025 12:00
Ans is besig met die gordyne vir die woonstel. Nita daag op, en is net betyds om te help. Ans vra waar Louis is, maar Nita laat blyk dat hy nie in ‘n goeie bui is nie. Dis ‘n komplekse gesprek want Louis se bui het baie kante. Ans gee haar weergawe van Thérèse om Nita bewus te maak van haar. Nita vertel ook van die spannende oproep van Louis junior af. Ans is nie ten gunste van die verhouding nie,...
'N LIEFDESGESKIEDENIS deur Cor Nortjé - Episode 27 09.09.2025 11:49
Roelf en Wimpie ontmoet mekaar by die muurbalklub. Wimpie is baie gretig om by Roelf te verneem wat met Nita aangaan. Roelf ontken ‘n geheime verhouding en beweer hy weet niks. Wimpie probeer om alles uit te pluis. Hy stort sy hart uit teenoor Roelf. Louis skakel Nita nadat hy terug is van die plaas, en maak dadelik ‘n afspraak. Hy is versigtig dat Ben hulle nie sien nie. Louis wil sy voorskrif he...
'N LIEFDESGESKIEDENIS deur Cor Nortjé - Episode 26 08.09.2025 12:15
Ans en Nita is besig om die woonstel te bekyk vir gordyne en meubels. Die grappies draai vinnig na Louis. Ans deel weer ‘n stukkie wysheid oor Nita en Louis se geheimsinnige vriendskap. Lewies peins oor Jan en Louis junior se opvoeding. Hulle is nie soos hy nie, hy beweer hy het hulle in hulle opvoeding bietjie verwaarloos. Wilma pols Louis junior oor sy eie opvoeding. ‘n Swerwersbestaan op soek n...
'N LIEFDESGESKIEDENIS deur Cor Nortjé - Episode 25 05.09.2025 11:00
Jan en Wilma kom kuier by Louis junior en Liz. Thérèse maak ook haar opwagting. Al die drade oor Louis senior word opgetel. Die outeursreg, die hernuwing van sy voorskrif en die afrond van die draaiboek. Louis vertel van die angina wat Louis senior in Peet Steyn se teenwoordigheid gekry het. Die kommer is dat Louis medikasie gebruik vir hartkrampe. Hoekom steek Louis senior sy toestand weg? Jan ve...
'N LIEFDESGESKIEDENIS deur Cor Nortjé - Episode 24 04.09.2025 11:32
Louis is gretig om te verneem hoe Nita se gesprek met haar ouers gegaan het. Nita het iets om te bieg by Louis. Sy vertel Louis dat Ans uitgepluis het dat hulle mekaar sien, maar eintlik wil Ans ‘n rol in die televisiereeks hê wat Louis skryf. John bel om die nuus te deel dat Schalk se seun hom laat weet het die saak oor die outeursreg is uitgesorteer. Lewies bel vir Louis junior om ‘n voorskrif t...
'N LIEFDESGESKIEDENIS deur Cor Nortjé - Episode 23 03.09.2025 12:24
Nita dink terug aan die konfrontasie met haar pa, en sy wens sy kan haar emosies deel met Louis. Meteens stop die klavierspel in Louis se blyplek. Die skemer daal oor die vertrek en hulle begin weer hulle gevoelens met mekaar deel. Klavierspel word die metafoor vir kunsmatige en werklike gevoelens. Nita is duidelik nie tuis nie, en haar ouers en Roelf begin bekommerd raak. Roelf wil vir Wimpie bel...
'N LIEFDESGESKIEDENIS deur Cor Nortjé - Episode 22 02.09.2025 12:15
Nita is bekommerd oor Ans se reaksie, maar is verlig. Ans se woorde bring dalk waarhede aan die lig. Louis en Nita bewerk weer ‘n manier om ‘n afspraak te maak. Louis moet sy draaiboek kom aflewer, en Ben is in sy noppies. Ben pols vir Louis oor die regte. Louis beweer hy het die regte. Tydens die afspraak vermoed Louis iets is nie pluis met Nita nie. Hulle gesels oor die eerste konsep van die dra...
'N LIEFDESGESKIEDENIS deur Cor Nortjé - Episode 21 01.09.2025 11:51
Roelf klop Nita wakker en probeer haar pols oor die verbreking van die verlowing. Hy probeer Wimpie se kant stel, en vertel vir Nita dat die gesin nie verstaan nie, en hulle ouers ontsteld is. Nita vertel Roelf die ooreengekome storie oor haar doen en late, en dat sy en Ans in ‘n woonstel gaan intrek. Roelf raak agterdogtig. By die ontbyttafel bou alles op tot konfrontasie. Fritz wil glad nie hê N...
'N LIEFDESGESKIEDENIS deur Cor Nortjé - Episode 20 29.08.2025 11:57
Thérèse en Schalk ontmoet op die kampus vir ete. Sy begin met ‘n draai uitvra oor boeke en TV. Schalk kom met die nuus uit dat Louis die regte op televisie en rolprente uit die kontrakte gehou het. Schalk deel ook mee hoekom Louis kwaad is vir hom. Die laaste manuskrip. Schalk maak dit duidelik dat die manuskrip deur geen uitgewer gepubliseer sou word nie. Hy beweer Louis moet hom dankbaar wees da...
'N LIEFDESGESKIEDENIS deur Cor Nortjé - Episode 19 28.08.2025 11:54
Jan verras vir Thérèse met ‘n besoek voor ‘n afspraak met Wilma. Thérèse vra dadelik uit of hy en sy pa weer gepraat het. Jan vertel sy ma van al Louis senior se planne met die plaas, woonstel en huis. Hulle kom ooreen om algeheel na al die geldsake te kyk. Jan wil eintlik met Thérèse oor Louis se outeursregte praat. Thérèse deel haar wysheid oor die verhouding tussen Louis en Schalk de Villiers....
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.