RSG
Middagvervolgverhaal
'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
VERSEVLEI deur Anneli du Preez – Episode 28 05.11.2025 12:05
Joachim vind uit van die ongerymdhede wat onder sy neus op sy plaas aangaan. Abram plaas nog druk op Benita. Greta vind iets uit oor haar man Danie se dood, wat haar skok.
VERSEVLEI deur Anneli du Preez – Episode 27 04.11.2025 13:08
Suzie begin werk in die bakkery vir tyd en wyl terwyl die ondersoek by die bank steeds voortduur. Joachim stem in om die geld vir Richard se rekenaarsentrum te skenk. Joachim en Benita gaan op ‘n romantiese piekniek.
VERSEVLEI deur Anneli du Preez – Episode 26 03.11.2025 13:18
Ons vind meer uit oor Dolf se herkoms, en dat Greta meer weet as wat sy sê. Iets begin broei tussen Dolf en Wilmien, maar dit blyk dat dit net tannie Greta is wat dit raaksien.
VERSEVLEI deur Anneli du Preez – Episode 25 31.10.2025 12:10
Die jongklomp spandeer ‘n naweek in die stad, en Barto gebruik die geleentheid om ‘n ou vriendin aan Dolf voor te stel. Joachim kry die uitslag van die DNS-toetse.
VERSEVLEI deur Anneli du Preez – Episode 24 30.10.2025 12:12
Suzie moet aan haar pa verduidelik dat sy geskors is by die bank. Richard konfronteer vir Abram, en wys die geld vir die skool se nuwe rekenaarsentrum van die hand. Barto en Suzie se agterdog oor Abram neem toe.
VERSEVLEI deur Anneli du Preez – Episode 23 29.10.2025 12:06
Abram krap rond in Gerrit se verlede, en kry ‘n groter houvas op hom. Wilmien en Dolf maak vrede. Suzie se werk by die bank is in gedrang.
VERSEVLEI deur Anneli du Preez – Episode 22 28.10.2025 12:56
Wilmien en Joachim maak vrede oor die verlede. Abram en Gerrit se gladde planne word beproef.
VERSEVLEI deur Anneli du Preez – Episode 21 27.10.2025 11:55
Wilmien vind meer uit oor Dolf se verlede. Dis ‘n groot ontnugtering oor wie moontlik sy pa kan wees. Wilmien konfronteer vir Dolf oor haar agterdog. Joachim deel sy toekomsplanne vir Versevlei met Benita.
VERSEVLEI deur Anneli du Preez – Episode 20 24.10.2025 13:20
Dolf vind meer uit oor sy verlede. ‘n Groot geheim word onthul. Wie is Dolf se regte pa? Benita en Joachim maak die pap dikker aan.
VERSEVLEI deur Anneli du Preez – Episode 19 23.10.2025 11:32
Gerrit en Abram se bose planne verloop glad. Suzie neem vir Barto in haar vertroue, en vertel hom van haar agterdog oor Wilgerfontein se nuutste inwoner, Benita. Suzie besluit ook om haar eie ondersoek te begin.
VERSEVLEI deur Anneli du Preez – Episode 18 22.10.2025 11:55
Wilgerfontein se mense hou basaar. Wilmien bespreek haar agterdog oor Dolf met Gerrit. Nog manewales vir plaas Versevlei onderbreek die aand vir Joachim en Dolf.
VERSEVLEI deur Anneli du Preez – Episode 17 21.10.2025 11:40
Greta en Joachim bespiegel oor wie Dolf se pa kan wees. Gerrit se geld probleme kom aan die lig. Gerrit val al dieper in Abram se kloue in.
VERSEVLEI deur Anneli du Preez – Episode 16 20.10.2025 12:53
Dolf doen navraag oor sy ma, Katja, wat op Wilgerfontein grootgeword het. Wilmien se agterdog oor Dolf groei. Greta en Joachim dink terug aan die verlede.
VERSEVLEI deur Anneli du Preez – Episode 15 17.10.2025 11:59
Abram klop aan by Joachim om geld vir die skool se rekenaarsentrum te werf. Suzie en Barto bevraagteken met groot agterdog die aankoms van Benita op die dorp, en bespreek Dolf se aankoms.
VERSEVLEI deur Anneli du Preez – Episode 14 16.10.2025 11:54
Gerrit reik ‘n hand van vriendskap uit na Dolf. Suzie en Barto se liefdesvlam begin brand. Wilmien spreek haar agterdog uit oor Dolf se aankoms op Wilgerfontein.
VERSEVLEI deur Anneli du Preez – Episode 13 15.10.2025 12:29
Gerrit speel die onskuld van self by Joachim. Richard gaan klop aan by Abram vir hulp om sy rekenaarsentrum by die skool op te rig. Gerrit raak senuweeagtig oor die feit dat Joachim agterdogtig raak oor alles wat op Versevlei aangaan.
VERSEVLEI deur Anneli du Preez – Episode 12 14.10.2025 13:28
Joachim kom tuis ná ‘n moeilike aand in die tronk. Ons vind uit dat Benita en Gerrit mekaar baie goed ken. Joachim neem Benita uit vir ‘n romantiese ete, maar dit word kortgeknip deur ‘n onverwagse oproep.
VERSEVLEI deur Anneli du Preez – Episode 11 13.10.2025 13:10
Greta en Benita leer mekaar beter ken. Dolf, Joachim, Greta en Wilmien gaan na ‘n veiling. Alles verloop glad, tot die polisie daar opdaag.
VERSEVLEI deur Anneli du Preez – Episode 10 10.10.2025 13:19
Gerrit en Wilmien maak vinnig vrede ná ‘n uitval. Benita begin werk as Richard se nuwe assistent by die skool. Greta stel skielik baie belang in Benita.
VERSEVLEI deur Anneli du Preez – Episode 9 09.10.2025 12:08
Ons ontmoet vir Richard, Wilgerfontein se skoolhoof, en Suzie se pa. Daar’s ‘n dans op die dorp, en Benita maak haar openbare verskyning. Wilmien moet haar hart ondersoek.
VERSEVLEI deur Anneli du Preez – Episode 8 08.10.2025 12:12
Benita en Abram konkel saam. Ons ontmoet vir Barto, die aantreklike eienaar van die bakkery op Wilgerfontein, wat Suzie se knieë lam maak. Suzie is agterdogtig oor die aankoms van Benita op die dorp.
VERSEVLEI deur Anneli du Preez – Episode 7 07.10.2025 13:19
Abram besoek vir Gerrit in die hospitaal. Benita Botha maak haar aankoms op WIlgerfontein. Greta en Joachim praat oor die toekoms, en Greta plant ‘n saadjie in Joachim se kop.
VERSEVLEI deur Anneli du Preez – Episode 6 06.10.2025 12:52
Versevlei brand, en die wind maak ‘n dodelike draai. Wilmien en Gerrit maak vrede. Abram beskuldig Joachim van ‘n ondenkbare daad vir enige boer.
VERSEVLEI deur Anneli du Preez – Episode 5 03.10.2025 12:59
Abram en Gerrit stel hulle plan in werking. Joachim neem vir Dolf onder sy vlerk, en leer hom meer van boerdery en die omgewing. ‘n Brand breek uit op die plaas Versevlei.
VERSEVLEI deur Anneli du Preez – Episode 4 02.10.2025 12:40
Dolf en Wilmien leer mekaar beter ken. Suzie reël ‘n aand uit vir die dames. Gerrit se lening word afgekeer by die bank. Abram betrek Gerrit by sy planne, en die twee begin saam konkel.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.