RSG
Middagvervolgverhaal
'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.
Where to listen?
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soonPodcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts
Episodes
'N LIEFDESGESKIEDENIS deur Cor Nortjé - Episode 18 27.08.2025 11:43
Louis kuier by Jan en Wilma in die woonstel wat Louis senior gekoop het. Louis senior en Jan het ‘n gesprek oor die huwelik. Die plaas en woonstel kom ter sprake, maar draai na die outeursregte. Jan deel sy mening, en raai Louis aan om die brief te gaan soek. Lewies is nie lus om met Schalk de Villiers te praat nie. Wilma raak liries oor Louis senior ná hy weg is, en Jan voel hy begin hom nou eers...
'N LIEFDESGESKIEDENIS deur Cor Nortjé - Episode 17 26.08.2025 11:46
Louis ontmoet vir Nita in die geheim. Die flankering neem dadelik ‘n aanvang. Nita is nie lus vir ‘n ete nie, maar eerder ‘n gesellige tyd by Louis se woonstel met wyn en koffie. Nita deel haar gedagtes oor hulle geselligheid. Haar aansien vir Louis groei meer en meer, veral as hy vir haar klavier speel. Sy dink aan haar gesin, hoe die besluite wat sy neem hulle kan beïnvloed. Louis hou op speel e...
'N LIEFDESGESKIEDENIS deur Cor Nortjé - Episode 16 25.08.2025 12:01
Louis skakel die grimeringdepartement vir ‘n ete-afspraak. Nita weier hom egter om ‘n vorige gesprek oor middagete klaar te maak. Hulle gesprek draai vinnig weer na die geheimsinnige afspraak om te verhoed dat hulle nie uitgevang word nie. Louis en John bespreek kontraktuele verpligtinge vir die televisieregte en ‘n brief deur ene SJW Villiers. ‘n Hewige gesprek ontaard oor die vooraf gesprekke vi...
'N LIEFDESGESKIEDENIS deur Cor Nortjé - Episode 15 22.08.2025 11:12
Nita kontak Ans om haar te ontmoet vir ‘n gesprek. Louis deel Ben mee dat hy amper klaar is met die draaiboek, maar hy het ‘n uitdaging met die dialoog. Ben is bekommerd oor uitsaairegte van die boek. Ans gesels met Nita oor haar werk as aktrise, want sy wil baie graag in Louis Klopper se reeks speel. Nita beweer sy kan invloed uitoefen om Ans te help om die rol te kry, en hulle dink sommer daaraa...
'N LIEFDESGESKIEDENIS deur Cor Nortjé - Episode 14 21.08.2025 12:30
Wimpie wil weet waar Nita die hele middag was. Hy vermoed onraad omdat Nita so baie tyd met Louis deurbring. Sy ontken alles, en verbreek die verlowing. Wimpie aanvaar dit nie, en smeek Nita om te wag, net vir ‘n week. Haar ouers argumenteer of Nita die regte besluit maak of nie. Nita se opvoeding word ondersoek en bevraagteken. Die volgende oggend skakel Nita vir Louis om ‘n afspraak met hom te m...
'N LIEFDESGESKIEDENIS deur Cor Nortjé - Episode 13 20.08.2025 11:54
Louis en Nita moet afskeid neem ná hulle lang kuier, en sy maak haar hart vir hom oop. Louis maak die idee van liefde af deur Nita se gevoelens as sentiment te interpreteer. Hulle ouderdomsverskil is vir hom ‘n kwessie. Nita deel haar interpretasie oor liefde wat sy gelees het van ‘n ‘skrywer.’ Louis waarsku haar oor skrywers. Nita vra haar ma hoe hulle die hof gemaak het, en oorweeg om die verlow...
'N LIEFDESGESKIEDENIS deur Cor Nortjé - Episode 12 19.08.2025 12:38
Louis sit en tik verwoed terwyl Nita aan sy kantoordeur klop. Sy is nie daar met tee nie. ‘n Ligte gesprek, of flankeerdery ontaard. Die twee begin mekaar diep vrae vra. Nita is baie nuuskierig om by Louis te hoor hoe hy ‘n meisie benader. Louis op sy beurt vertel vir Nita dat sy baie waag om met ‘n man in diepte te praat wat twee keer haar ouderdom is. Louis sien die geleentheid om haar te nooi v...
'N LIEFDESGESKIEDENIS deur Cor Nortjé - Episode 11 18.08.2025 11:49
Die partytjie het goed afgeloop. Louis senior is die hoogtepunt van die aand. Jan wil net nie hê Thérèse moet seerkry nie. Louis en Peet gesels oor die tyd voor hy weggegaan het. Schalk de Villiers duik alweer op in die gesprek, met interessante afleidings. Louis gaan laai vir Thérèse af, en sy nooi hom in om iets te drink. Iemand het vir haar rose gestuur. Hulle deel herinneringe van weleer, en S...
'N LIEFDESGESKIEDENIS deur Cor Nortjé - Episode 10 15.08.2025 11:23
Die rolprentinsetsel word geskiet. Ans kry ‘n kans om met Louis te gesels oor stories en tekste. Nita is natuurlik ook by die produksie. Dis ‘n gulde geleentheid vir haar om met Louis te gesels.
'N LIEFDESGESKIEDENIS deur Cor Nortjé - Episode 9 14.08.2025 12:08
Nita gryp Lewies se verwondering aan. Sy is vir hom uniek, hy vind haar selfvertroue nogal aantreklik. Die twee het hulle eerste volledige gesprek wat baie vrae en antwoorde oplewer, en die interaksie tot ‘n kat-en-muis-speletjie dryf. Louis se telefoon lui, dis Thérèse. Sy nooi Louis persoonlik na haar partytjie toe, solank ene Schalk de Villiers nie daar is nie.
'N LIEFDESGESKIEDENIS deur Cor Nortjé - Episode 8 13.08.2025 11:54
Nita verdedig die spanning teenoor Wimpie. Ben se kommentaar oor Ans se hare het Nita ontstel, en Wimpie het haar daaroor gepols. Sy is wel gretig om vir haar gesin te vertel dat sy Louis Klopper ontmoet het. Louis en Liz gaan voort met die reëlings vir Thérèse se verjaarsdagpartytjie. Daar is steeds twyfel om Lewies te nooi. Jan se verhouding met hom maak dit ook nie maklik nie. Liz versoek ‘n na...
'N LIEFDESGESKIEDENIS deur Cor Nortjé - Episode 7 12.08.2025 11:52
Ben is tevrede met Wimpie se redigeringritme, maar Louis wonder of dit nie sy skryfwerk is wat die ritme beïnvloed nie. Louis nooi vir Ben om die aand by hom te kom eet in die woonstel wat hy by Ella Bentley huur. Hulle altwee ken haar goed. Ben vra uit oor Louis se afgekeurde manuskrip wat hy dink ‘n goeie televisiereeks sal maak. Louis lê die storie uit oor die manuskrip en wat daarvan geword he...
'N LIEFDESGESKIEDENIS deur Cor Nortjé - Episode 6 11.08.2025 12:02
Ben en Louis bespreek die produksie en tegnieke. Die hoofaktrise, Ans, trek Louis se aandag. Hy ontdek ‘n klavier in die ateljee en begin in die pouse in die donker speel. Ans en die grimeerkunstenaar, Nita, vra die beeldmenger, Wimpie, om die ligte aan te skakel om Louis te bewonder. Louis en Ben sit hulle gesprek oor Ans voort, en Nita kom ook ter sprake. Nita bring vir Louis onverwags tee in sy...
'N LIEFDESGESKIEDENIS deur Cor Nortjé - Episode 5 08.08.2025 11:56
Peet bel vir Louis junior om Lewies se mediese toestand te rapporteer. Dit blyk Lewies het ‘n probleem met sy hart. Peet vra Louis junior om uit te reik na sy pa sonder om enige agterdog te wek - dit kan die televisiekontrak in gedrang bring omdat daar baie geld op die spel is. Ben en Louis senior kom op die plaas aan. Gesprekke oor die plaas en wat dit vir Louis beteken, is ‘n ontvlugting of ‘n o...
'N LIEFDESGESKIEDENIS deur Cor Nortjé - Episode 4 07.08.2025 11:44
Peet en Louis deel jare se nuus oor ‘n glasie wyn. Die gesprek draai natuurlik na die TV-reeks en of daar iets van sal kom. Louis wonder of dit die moeite werd is om te skryf, met die worsteling tussen twyfel en erkenning. Verhoudings is ‘n gemeenskaplike gesprek vir Peet en Louis en hoe dit die skryfproses beïnvloed. Louis het ‘n uitdaging met sy gesondheid, wat Peet groot laat skrik. Peet bel ‘n...
'N LIEFDESGESKIEDENIS deur Cor Nortjé - Episode 3 06.08.2025 11:54
Louis ontmoet vir John van Zyl van televisie en Ben Loots, die regisseur. Louis kom te hore van ‘n ou vriend, Peet Steyn, ‘n onafhanklike vervaardiger en skrywer. Ben is baie geïnteresseerd in die stories wat tussen hulle kan uitkom. John waarsku Ben om nie te ywerig oor Louis se persoonlike sake uit te vra nie.
'N LIEFDESGESKIEDENIS deur Cor Nortjé - Episode 2 05.08.2025 11:54
Jan ontmoet vir Louis senior by die lughawe, en tel so paar verlore drade op. Die vaderlands gevoel met Suid-Afrika laat Louis vir goed terugkeer. Louis maak dit duidelik dat hy nie ‘n oorlas van homself wil maak nie, en dat hy hoflik teenoor hulle ma sal optree, al is die verhouding troebel. Almal is gespanne voor die familie-ontmoeting. Louis senior het die vermoë om ‘n vertrek se asem weg te sl...
'N LIEFDESGESKIEDENIS deur Cor Nortjé - Episode 1 04.08.2025 11:46
Na 12 jaar gons dit in koerante oor Louis (Lewies) senior se terugkeer. Een van Louis se boeke word verwerk vir die televisie, dus die onverwagse terugkeer uit Londen na Suid-Afrika. Liz het vir Louis junior geskakel en Jan is dadelik in kennis gestel. ‘n Familiebyeenkoms by Louis en Liz met Jan en Wilma en hulle ma word byeengeroep om te bepaal wie geweet het. Hoe voel almal daaroor, en wat doen...
BLY HARDLOOP deur Mari Snyman – Agter die mikrofoon 01.08.2025 14:20
‘n Storie het ‘n begin, ‘n middel en ‘n einde. Mari Snyman en die spelers bied ‘n blik op die ratwerk agter die ontwikkeling en opname van ‘n vervolgverhaal. Luister hoe die spelers hulle ervarings deel van toeka tot nou. Stories oor die intrige en die ligte oomblikke in die ateljee gee die luisterervaring soveel kleur. Geniet ‘n paar flaters of twee wat nooit op lug gehoor sal word nie! Mari Snym...
BLY HARDLOOP deur Mari Snyman – Episode 60 (slot) 31.07.2025 15:27
Almal kom bymekaar vir 'n ete by die Meyers se huis. Magriet het groot nuus.
BLY HARDLOOP deur Mari Snyman – Episode 59 30.07.2025 14:06
Lynette en Magriet vind uit van die aaklighede in Petro se verlede.
BLY HARDLOOP deur Mari Snyman – Episode 58 29.07.2025 13:37
Sam is tuis, en vertel Magriet van sy ware gevoelens vir Jacqui. Elsa ondersteun Petro.
BLY HARDLOOP deur Mari Snyman – Episode 57 28.07.2025 13:45
Kurt bederf Lynette, en wen haar hart. Sasha neem afskeid.
BLY HARDLOOP deur Mari Snyman – Episode 56 25.07.2025 15:01
Ansie het nuwe moontlikhede in haar lewe. Elsa vind uit hoekom Petro so 'n moelike mens is.
BLY HARDLOOP deur Mari Snyman – Episode 55 24.07.2025 13:51
Kurt se goed beplande ete loop uit op 'n fiasko. Elsa help Ansie om finaal afsluiting te vind.
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.