RSG

Middagvervolgverhaal

Arts AF ↓ 3002 episodes

'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.

Author

RSG

Category

Arts

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 45 30.07.2018

Sybrand is in só 'n goeie luim toe Annie en Hennie op Boskloof aankom, dat sy begin glo die ontstellende gerugte oor Sybrand se flirtasie met Maggie Langeveld is waar. Hennie droom groot drome oor 'n sorgvrye toekoms.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 44 27.07.2018

Nonnie verduidelik aan Sybrand waarom die plaaswerkers Boskloof verlaat en waarom trekarbeiders nie belangstel om by Sybrand te werk nie. Annie hoor skinderstories oor Sybrand wat haar geweldig ontstel.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 43 26.07.2018

Sybrand openbaar 'n sagte sy wat Jannewarie nog nooit voorheen opgemerk het nie. Maggie skrik vir 'n verskynsel wat die hele Boskloof op hol het.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 42 25.07.2018

Die begrafnisgangers het heelwat negatiewe dinge te sê oor Sybrand en Henning se afwesigheid op sy ma se begrafnis. Annie maak 'n voorstel aan Sybrand, wat hy summier van die hand wys.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 41 24.07.2018

Sybrand stel voor hy en Betta gaan kuier by Annie en Hennie om 'n bietjie weg te kom van al die gebeure die afgelope tyd, maar Betta stel nie belang nie. Sybrand en almal op die plaas se lewens word ingrypend en permanent geraak.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 40 23.07.2018

'n Ernstige botsing tussen Henning en Sybrand het verreikende gevolge vir almal op Boskloof. Op die koop toe haal Henning hom Maggie se gramskap op die hals.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 39 20.07.2018

Henning se toekomsdrome stort in duie. Maggie probeer Henning verlei.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 38 19.07.2018

Jaap bewys aan dominee Verster dat hy net so hardkoppig soos sy aartsvyand, Sybrand van Vuuren is. 'n Nuwe, onsekere toekoms begin vir Gert en Maria.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 37 18.07.2018

Johanna besef sy sal nooit met Henning kan trou terwyl sy nog onder haar ouers se dak woon nie. Jaap en Mieta het verpletterende nuus vir Johanna. Jaap ontvang onverwags besoek van dominee Verster.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 36 17.07.2018

Maria erken teenoor Gert dat sy haar broer nie meer herken nie. Jaap is boos omdat die polisie die ondersoek na sy dam wat byna leeggeloop het, wil laat vaar. Betta laat Sybrand groot skrik.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 35 16.07.2018

Gert en Maria is beïndruk met Buks se deeglike handewerk, maar Maria let op dat Maggie afsydig is en nie kom kennismaak nie. Maria maak 'n voorstel aan Sybrand om hulle uit hulle finansiële nood te help.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 34 13.07.2018

Buks loop deur onder Maggie se skerp tong. Maria bied aan om namens Gert met Sybrand te gaan praat oor hulle finansiële verknorsing.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 33 12.07.2018

Johanna moet haar woorde tel om Mieta in die duister te hou oor haar ontmoeting met Henning. Jannewarie moet bontstaan om Henning se vrae oor die skielike water in Sybrand se waterkuile te ontduik. Johanna wil by Henning weet hoekom Betta so ongelukkig is.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 32 11.07.2018

Jaap se gesprek met Mieta oor die goeie hoedanighede van Jannie Kriek word kortgeknip toe hy die water in Sybrand se waterkuile sien blink. Henning en Johanna ontmoet skelm op die plek waar hulle afgespreek het.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 31 10.07.2018

Sybrand voer 'n gevaarlike plan in die mou. Jaap en Mieta probeer Johanna se belangstelling in 'n ander kêrel wakker maak.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 30 09.07.2018

Henning se gesprek met Betta ontstel hom, en sy negatiewe gevoelens jeens Sybrand word versterk. 'n Besoek aan die dorp lewer vir Henning veel meer op as wat hy verwag het.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 29 06.07.2018

Sybrand ontvang 'n brief van Annie wat hom ontstel. Jaap se beheer oor die water op Boskloof dryf Sybrand tot raserny en laat Jannewarie bekommerd.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 28 05.07.2018

Sybrand vererg hom bloedig oor vier osse van Jaap wat in sy hawerland wei, en laat hulle skut toe jaag. 'n Besoek van 'n jong man aan Boskloof blyk deel van Sybrand se strategie te wees om sy planne ten uitvoer te bring.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 27 04.07.2018

Sybrand maak die wêreld warm vir Andries Nel, die ouderling. Henning se gesprek met Betta laat hom erg onrustig oor haar gesondheid voel.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 26 03.07.2018

Sybrand kry besoek van onwelkome gaste. Betta se raad aan Henning oor sy verhouding met Johanna stuit hom teen die bors. Nonnie lewer 'n brief van Johanna af wat Henning geweldig ontstel.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 25 02.07.2018

Annie moedig Henning aan om sy verhouding met Johanna voort te sit. Nonnie lewer 'n brief aan Henning af wat hom baie moedeloos laat voel.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 24 29.06.2018

Sybrand is onthuts oor die geld-trommeltjie onder Willa se bed wat gesteel is. Die prokureur het sy hande vol met die verdeling van Willa se besittings.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 23 28.06.2018

Willa word begrawe, en Sybrand ontmoet die nuwe predikant teësinnig. Annie maak 'n onheilspellende voorspelling.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 22 27.06.2018

Nonnie word oorweldig deur Willa se woorde. Jaap en Mieta sit met hulle hande in die hare oor Johanna se gedrag.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 21 26.06.2018

Jaap en Mieta kry Johanna voor stok omdat sy besoek aan Boskloof gebring het. Nonnie besef dat Willa baie siek is.

Listen to the Middagvervolgverhaal podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.