RSG

Middagvervolgverhaal

Arts AF ↓ 3002 episodes

'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.

Author

RSG

Category

Arts

Podcast website

www.rsg.co.za

Latest episode

Jul 10, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android almost 10M downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 10 03.09.2018

Oorlede Susara Visagie kom nou maar net nie tot rus nie - sy bly spook by meer as een geliefde. Dis ekstra woelig op kampus, en dis nie net studente wat bedrywig is nie. Morkel Nienaber kry die skok van sy lewe.

BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 9 31.08.2018

'n Plan is 'n boerdery, en iemand boer deesdae met planne. Seef Visagie se kop is besig, en dis nie vanweë die kanker nie. Om van blyplek tot blyplek te verhuis, kan negatief op die psige van die arme betrokkene inwerk. Wie moet weer en weer verhuis? En vir wat?

BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 8 30.08.2018

Grace Fortuin het alles behalwe afsluiting oor die tragedie gekry toe sy haar seun, Paul, verloor het. En Wicus Nel se onverwagse opwagting by haar gastehuis is meer as net 'n beproewing. Dit krap die ou seer oop. En seer mense tree nie altyd rasioneel op nie.

BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 7 29.08.2018

Conrad Nienaber, glo nie in terapeute nie. Hy dink as hy net sy kop kan leegmaak van al die vrae, sal dit ook sy nagmerries minder maak. Daarom is hy bly oor die geleentheid om te kan praat en sy vrae te kan vra. Met wie praat hy sy hart leeg?

BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 6 28.08.2018

Die nagmerries ry Conrad Nienaber bloots. Om dokter Dawie Becker te baby-sit is groot moeite. Wat pla Conrad? Wat lê soos 'n berg voor Seef Visagie?

BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 5 27.08.2018

Wie ry met 'n pakkie Stellenbosch toe? En wie vlieg almal Zambië toe? Die oorlede Cintaine Nel se testament bevat 'n tweede baie belangrik bepaling. Wat is dit, en wie krap dit uit?

BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 4 24.08.2018

'n Klompie tergende vrae spook skielik by Conrad Nienaber. Stilbly is egter nie een van sy sterk punte nie. Dokter Dawie Becker word verras. Hoekom is die Francois van Dyk-skilderye skielik so belangrik?

BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 3 23.08.2018

Die nuwe Morkel Nienaber is vol verrassings. Kan 'n mens hom glo? Werk hy met feite of is hy maar net daarop uit om sekere mense se koppe deurmekaar te maak? As dit feite is, hoe en waar sou hy daaraan gekom het? Cindy Nel werk skielik met nuwe feite wat haar baie laat wonder.

BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 2 22.08.2018

Cindy Nel moet skielik 'n handvol besluite neem. Dokter Dawie Becker weet hoe om druk toe te pas. Wicus Nel draai sy mantel slim. Watter onaangename verrassings loop Conrad Nienaber alles op die lyf?

BEPROEWING deur Joe Kleynhans - Episode 1 21.08.2018

Soms loop alles op een slag skeef, soos met Seef Visagie. Dokter Dawie Becker sal jou vertel dis nie hoe jy val nie, maar hoe jy opstaan wat die belangrikste is. Hoe staan hy op? Die arme Cindy Nel kry die een skok na die ander.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 60 (slot) 20.08.2018

Sybrand is 'n vereensaamde, patetiese figuur. Hy weet sy einde is naby, maar hy klou verbete vas aan die lewe in die hoop dat Henning sal kom sodat hy sy seun net nog een keer kan sien.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 59 17.08.2018

Jannewarie waarsku Sybrand, en Annie lê bekommerd besoek af by Maria. Sybrand se lewe word in chaos gedompel.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 58 16.08.2018

Jaap het verrassende nuus vir Mieta. Sybrand en Jannewarie gesels kopstukke een bitter koue winternag terwyl hulle probeer om lammers van 'n gewisse dood te red.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 57 15.08.2018

Johanna skuil in haar kamer terwyl Henning besoek aflê by Jaap en Mieta. Sybrand lê 'n verrassingsbesoek af.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 56 14.08.2018

Maria verstom Sybrand. Maggie se ontboeseming laat 'n vriendin benoud na haar luister.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 55 13.08.2018

Maggie en Annie se ernstige woordewisseling maak die wêreld warm vir hulle mans. Sybrand vlug dorp toe om te gaan lafenis soek vir die moeilike situasie waarin hy hom bevind.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 54 10.08.2018

Jannewarie is bekommerd oor Sybrand, maar Henning het weinig simpatie. Annie en Hennie besoek Sybrand en Maggie, maar die atmosfeer is uiters gelaai.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 53 09.08.2018

Sybrand en Maggie se huweliksbootjie bevaar stormagtige waters. Johanna se lewe verander ingrypend en permanent.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 52 08.08.2018

Sybrand bring 'n verrassende besoek aan dominee Verster. 'n Gesprek tussen Jaap en Johanna heel vele wonde.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 51 07.08.2018

'n Diaken se besoek aan Jaap, Mieta en Johanna loop skeef. Sybrand se gewete besorg hom slapelose nagte.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 50 06.08.2018

Johanna praat haar hart uit teenoor Mieta. 'n Ongeluk op Boskloof laat die skinderpraatjies gons, en plaas Sybrand onder verdenking.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 49 03.08.2018

Sybrand verdink Jaap daarvan dat hy vir die dood van twee van sy spog populiere verantwoordelik is. Maggie laat blyk teenoor Buks dat sy van oom Sybrand hou.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 48 02.08.2018

Jaap sukkel om die skande van Johanna se swangerskap te verwerk. Mieta glo dis haar taak as moeder om Johanna te ondersteun. Jaap wil sy woede op Sybrand gaan uithaal, maar loop sy rieme styf.

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 47 01.08.2018

Mieta is geskok om te sien hoe afgerem en sieklik Johanna voorkom. Jaap voel gevlei oor die honderd pond wat hy gevra is om vir kerkbasaar te skenk, maar ontvang ontstellende nuus van Mieta...

LAAT VRUGTE deur C.M. van den Heever - Episode 46 31.07.2018

Tienie en Jurg begin voel Johanna raak vir hulle 'n oorlas. Tienie wil veral nie verantwoordelik wees vir Johanna as sy selfmoordgedagtes koester nie. Jaap en Mieta voel gerus om Johanna te laat terugkeer na Langvlei aangesien Henning geheel en al van die toneel verdwyn het.

Listen to the Middagvervolgverhaal podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.